Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Talle van ons volksgenote kry baie swaar in die lewe – gesondheid, geldtekorte, swak verhoudings ens. Weet een ding: As jy nie goed kan leef nie, sterf dan ten minste reg! Dis salig om voorbereid te sterf! Wie die dood verwag, kan elke dag voluit vir Jesus leef.
BLY WEG UIT VERKIESINGS- BORDEEL!
Kriewelkop
Vrae word nou volop gevra oor die komende algemene verkiesing, veral dié een oor vir wié daar gestem moet word. En jy wonder: gaan jou stem gebruik word om ons volkskrag te versterk? Is die DA of die VF+ ’n werklike opposisie teen die ANC of is dit alles 'n klug? Of hoe moet ons dan ons volkstryd 'n slag met erns aanpak? Jy sou nie hierdie vrae gevra het indien jy nie gedink het ons volk is in 'n benarde posisie nie - heeltemal tereg. En indien ons hierdie stryd nie oorleef nie, sal ons die jongste volk ter wêreld in die geskiedenis wees wat uitgesterf het – deur volksmoord en rasse-integrasie.
Die antwoord lê in Hosea 4:6. Besef jy dat daar net een rede vir ons haglike omstandighede is? Oningeligtheid omdat ons doelbewus mislei is deur wêreldmagte wat verskuilde belange in Suid-Afrika het!
Daar is talle volksgenote wat hierdie vrae vra want hulle dink nog soos in die ou bedeling dat hulle stem dalk 'n verskil kan maak aan die korrupsie, misdaad en chaos van die kommunistiese ANC-regime. Vrae word veral gevra omdat mense nie die valsheid van die ANC-grondwet verstaan nie. Blankes redeneer dat jy darem iets met jou stem moet doen om ’n sterk opposisie te verseker.
Die belaglike argument om met jou stem 'n sterk opposisie te verseker kom meestal neer op ’n stilswyende voorneme om vir die DA te stem; en soms word daar gereken dat die Vryheidsfront Plus miskien ondersteun moet word maar, redeneer hulle verder, in die geval van ’n stem vir die Vryheidsfront Plus sal dit duidelik nie ’n stem vir ’n “sterk opposisie” kan wees nie want soos almal weet, die leier van die VF+ is tog effektief deur die ANC in die Zuma-regering gekoöpteer, en sal ná die verkiesing waarskynlik in dieselfde rol wil optree; so, wat sal 'n stem vir die VF+ jou tog in die sak bring, word gevra – heeltemal tereg.
Een argument wat mens ook hoor, is dat ’n stem vir die VF+ minstens neerkom op “inspraak”. Wat dit prakties vir ons volk se toekoms beteken, is heeltemal onduidelik, veral wanneer mens die ANC se oorheersing van die Suid-Afrikaanse politiek in gedagte hou - dus ewe belaglik.
En met die gekke argument dat ’n wegblystem ’n stem vir die ANC is, word daar wyd verwarring onder mense gesaai. ‘n Wegblystem is immers die sterkste protes wat ’n kieser in ons onregverdige bedeling kan aanteken! Sou al die wegblystemmers hulself in ’n sinvolle volksbeweging organiseer, word die toekoms van die volk betekenisvol aangeraak want konsolidasie van kragte ter wille van ideale is vir ons van die uiterste belang.
Deelname aan die ANC-regime se verkiesings op die voorwaardes soos dit in die kommunistiese SA-grondwet vervat is, is wesenlik ’n erkenning dat die volk se toekoms binne die huidige bestel gesoek moet word. Om te gaan stem beteken kortom dat jy die onwettige bestel erken en glo dat jy daarbinne kan voortbestaan – sinneloos né!
Omdat almal wat somme kan maak voor hulle siel weet dat Blanke kiesers nooit ’n meerderheid kan wees in hierdie land met sy miljoene Swartes nie, word die troosprys voorgehou dat jy darem nog inspraak kan verkry, en sodoende kan aandring op die beskerming van jou kulturele regte – wat 'n klug! As Blanke het jy geen kulturele regte nie, dis as jy nou nog nie weet dat jou vel nie die regte kleur het nie. Kultuur sluit in: jou godsdiens, jou taal, jou reg op 'n veilige land en 'n eie woongebied, opvoeding vir jou kinders, ens, ens.
Diegene wat hul stem vir ’n “sterk opposisie” ten gunste van die DA wil uitbring, is die mees bejammerenswaardige kiesers. Hulle voeg hulle daarmee, meestal onwetend, by die geldmagpolitiek wat in die eerste instansie, saam met die destydse NP van PW Botha en FW De Klerk, verantwoordelik was vir die neerlaag van 1994 toe kiesers weer eens mislei en belieg is.
Dit het pas aan die lig gekom dat groot geldskieters agter die poging gesit het om die DA en Agang bymekaar te voeg. Daar word in hierdie verband van “geheime skenkers” en “geheime geld” gepraat. Sulke belangrike inligting word van die publiek weerhou en niemand moes nie geweet het wie die DA-politiek of Agang van Ramphele finansier nie.
Dit is egter bekend dat die groot mynbelange, die ou Oppenheimer-empire (die goud-, diamant- en platinum-empire), wesenlik die finansiers van die DA is. Onder andere was die koerante van Media-24 duidelik teleurgesteld dat die samesmelting tussen die DA en Agang so onsmaaklik misluk het. Ook hulle het hul verkiesingshoop op die DA en Agang gevestig ter wille van ’n 'sterker opposisie'.
Die federale voorsitter van die DA, Wilmot James, het pas in die pers onthul dat intensiewe samesprekings tussen die DA en Agang reeds sedert verlede jaar gevoer is. Daar is glo tweeweekliks vergader om die bestaande verskille dringend uit te stryk en die moontlikhede vir ’n gemeenskaplike beleidsplatform te ondersoek. Die DA het dit natuurlik nie saam met die Blankes of die Afrikanerleiers gedoen nie! En nou kom vra Blanke kiesers vir wie hulle moet stem...
Daar is ook verder onthul dat die Suid-Afrikaans- gebore Nathan Kirsh die geheime donateur was wat geld sou skenk vir die samewerking tussen Helen Zille en Mamphela Ramphele en dat laasgenoemde eintlik desperaat uitgesien het na dié biljoenêr se geld.
Nathan Kirsh is ’n Joodse eiendomsmagnaat wat sy geld in Swaziland gemaak het. Hy het daarna verskeie maatskappye geloods en besit nou eiendomme wêreldwyd, veral in Suid-Afrika, Brittanje en Australië. Vrae word veral oor Kirsh gevra omdat hy sy ondergrondse ryk beskerm deur geld in belastingvrye hawes te versteek. Ons kan aanneem dat Nathan Kirsh verbintenisse het met verskeie Swart “sakeleiers” in Suid-Afrika.
Ons volksgenote wat uit desperaatheid dink hy moet sy stem uitbring, moet besef dat ’n stem vir die DA neerkom op ’n stem vir die geldmagte se politiek van agter die skerms. Die geldmag en die DA kan nie ‘n betekenisvolle opposisie vorm sonder die Swart kiesers se steun nie. Die mislukte samesmeltingspoging sal niks verander nie.
Oor die korttermyn is die DA gekwes en is die einde van Agang waarskynlik in sig, maar ywerige pogings om meer Swart kiesers by die DA te betrek, sal wel voortgesit word. Moet ook nie uit die oog verloor dat Helen Zille baie lank voor haar DA-dae 'n voorste lid van Black Slash was nie – vandaar haar perfekte toi-passies saam met die hordes Swartes.
Tony Leon het onlangs verklaar dat dit nie noodwendig goed is om nou van die ANC ontslae te raak nie, maar dat ’n sterker opposisie noodsaaklik is. Daarmee word die spel heeltemal weggegee, want die geldmag finansier immers steeds die ANC agter die skerms. Solank die ANC die mynmaatskappye en die geldbelange beskerm, is hulle vir die groot geldbase heeltemal aanvaarbaar. By Marikana het die ANC-regime byvoorbeeld met geweld opgetree om die lewe van die platinumbedryf in Suid-Afrika te red terwyl hulle in ander situasies slegs toesig hou soos nou met die talle gewelddadige oproere dwarsoor die land, want dit is in die belang van die groot geldmagnate dat Suid-Afrika oproerig bly ter wille van maklike oorname. Dit is tog waarom die Wêreldgeldmag 'n Swart owerheid in Suid-Afrika bewerkstellig het.
Wat die Blankes se stemme betref, reken hulle daarop dat hulle iets kan bereik as almal saamstaan teen die ANC. Sal ons arme volkie nie maar die sommetjies gaan doen wat hulle by die slotsom sal bring dat daar geen so 'n moontlikheid by die stembus bestaan nie, maar wel op ander terreine!