NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om gelukkig te wees in die lewe hang ten sterkste af van jou opregte dankbaarheid oor wat jy wel het, al is dit hoe min in jou eie oë; en as jy dankbaar is oor daardie 'klein' iets, weet jy dat jou hart reg is, jy tevrede sal wees, en ook ander mense van hierdie geheim sal wil vertel.

SA SE EMMER BLOED

Kriewelkop

Met die sirkus wat Malema nou in die ANC-parlement ontketen, word dit weer tyd om in oënskou te neem in watter fase ons land en ons volk tans verkeer.  Mens kan nie anders as om te onthou dat Siener van Rensburg voorspel het dat die emmer bloed in Suid-Afrika sal omval kort nadat die parlement weer in sitting gaan. Hierdie sitting sou die een wees net ná twee uitsonderlike reënseisoene, en dit sou ingelei word deur grootskaalse plaaslike stakings en die begin van groot probleme oorsee. Met Rusland en nou ook Amerika se nuutste waagstukke pas dit alles baie goed in die geheelprentjie. Klink dit dan nie of ons nou van die regte parlementsitting praat nie?

Mnr Jaap Marais het ook dikwels gesê dat die fase van groot geweld tussen die Swartes self sal begin en dan na die Blankes sal oorspoel. Malema wat gister ná net drie dae in die parlement met al sy kamerade daar uitgehelp is, het met sy optrede daar deurlopend hierdie voorspelling bevestig. Sy laaste skellery op die ANC oppad uit was onbeheerste dreigemente met woorde soos "murderers, murderers!"  Hierdie is nie die laaste wat ons van die Swartstryd gaan sien nie, soos ons ook nog net die begin van landswye, verlammende stakings gesien het waaronder Rustenburg en omgewing wat reeds hulpbehoewend in die proses verarm het.

As 'n mens Siener van Rensburg se profesieë  oor Suid-Afrika bestudeer,  besef jy dat hy nog altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag reeds met sy pote op ons nek, sal dit niks kan verander  aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie.

Volgens Siener, sou  die geskiedenis van die Afrikanervolk  in Suid­-Afrika in drie fases verloop:

  1. Ten eerste was daar die militêre fase wat vanaf 1834 tot 1914 gestrek het -  gedurende  hierdie tydperk is elke bedreiging  of konflik  waarvoor die volk te staan gekom het, met die vuurwapen  besleg. Maar op Maandag 25 Januarie 1915 het die Siener op Upington  aan genl. Jan Kemp  gesê:  Ons (die   Afrikaner  se) werk is afgedaan, want ek sien ons gewere word in die kas weggepak.
  2. Daarmee het die militêre fase tot  'n  einde gekom  en is die politieke fase ingelui. Die ware Afrikanerpatriot  sou ook nie weer in groot getalle  die wapen  opneem  voordat  sy laaste vryheidstryd aan  die  einde  van  die  eeu  aanbreek  nie.  Die politieke fase  het gestrek vanaf  1914 tot en met die 1994- verkiesing  toe dit finaal afgesluit is. Hierna,  sê die  Siener,  sou  selfs  die  eens  magtige Nasionale Party van die toneel verdwyn,  en sal daar ook nie weer 'n Algemene Verkiesing  plaasvind  nie, want  hy  'sien'  hoedat  'n Swart regering  die regeermag  oorneem  en oor sy volk heers totdat daar 'n  Blanke  geestelike leier op  die  toneel  verskyn   om  die verdeelde Afrikanervolk  weer bymekaar  te bring.
  3. Hierdie  geestelike leier verteenwoordig  dan ook van die derde en laaste fase vóór die Afrikanervolk   'n vrye en onafhanklike  republiek  gaan kry. Nicolaas van Rensburg het gewaarsku dat die onafhanklike republiek se koms voorafgegaan  sal word deur 'n donker tyd waar jy nie jou hand voor jou  oë sal kan sien nie. Tog sou dit, volgens die Siener, vir die opregte Afrikaner  wat 'weet',  nie so donker wees soos vir hulle wat nie 'weet'  nie en met al die veranderinge  saamgestem of daaraan meegedoen het. Hy het dit so aan sy vriend, Boy Mussmann,  beskryf:  
    "Ek sien 'n emmer bloed in die noorde (Pretoria,  Johannesburg en die Vaaldriehoek)   omval -    groot geweld waarin honderde sal sterf." Hy het verder ook beskryf  dat hierdie geweld so skielik en onverwags  gaan losbars, dat duisende  Blanke vroue halsoorkop  en verskrik op die vlug gaan slaan. Daar was skynbaar by hom min twyfel dat hierdie Gees van Verskrikking hoofsaaklik  onder  die  liberaalgesindes  gaan  voorkom.  Die 'donker wolke' sal ook saamval met die grootste staking  in die land, het die Siener voorspel;  Dan sal daar groot moeilikheid wees met die Swartes en die Indiërs, behalwe ook vir die groot moeilikhede oorsee (rassekonflik   en burgeroorloë).  In verband met die Swartmoeilikheid het hy gesien die vroue vlug. Hul het nie eens tyd om hul vensters toe te maak  nie. Die gordyne waai na buite, het hy gesê.

Tog het Siener sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle  ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike  republiek,  sonder  'n pennie  skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee  monde  praat,  want  eers  sê hy daar  gaan  'n  emmer bloed  omval  en baie gaan sterf, en nou sê hy weer  daar sal nie 'n druppel  bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord:  "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier...  van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."

En toe  'n vriend  van hom wou weet waar  die volk dan hierdie keer gaan Laer trek, was oom Niklaas  se antwoord:  "Nee, julle  sal nie weer Laertrek soos by Bloedrivier  nie, want die ding werk so: almal wie se harte reg is, wat nie meegedoen het aan die oorgawe nie, vir hulle sal dit wees asof hulle  in die Laer is ... in God se beskermende Hand.  Maar julle  gaan  tog  daar  by  Prieska  saamtrek  om  'n  eie president  te kies..."

Hier breek dan ook ‘n tyd van grootse  ellende  en vernedering  vir die volksverraaiers aan. Siener het destyds  het aan genl  De la Rey se seun, Adriaan,  vertel hy sien hoedat hulle in wanhoop  en met trane in die oë op hulle knieë neersak.  En toe het hy bygevoeg: "Dan sien ek, jy en ek het ook trane in ons oë." Waarop die jong De la Rey antwoord  dat hy nooit 'n traan oor een van die verraaiers sal stort nie. Toe was die Siener se antwoord:  "Nee, broer; dis trane van blydskap omdat God ons nie verneder het soos vir hulle nie."

En uiteindelik sal ons ook van die Geldmag se katarms verlos word. Juis wanneer hulle dink hulle het hierdie volk nou finaal  ondergrawe,  sal hulle, volgens die Siener, self in die proses verpletter  word. Hulle ekonomieë sal in duie stort  - hulle eie lande in rook en as opgaan - en die dekades van beplanning om God se volk te vernietig,  sal aanstons  soos die oggendmis verdwyn.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 961 gaste aanlyn