VERWOERDMAAND

GODSDIENS- VRYHEID SE DAE GETEL

Ons het verneem dat die Staat die wet op die vryheid van kerke in hierdie maand gaan hersien met die doel om die kerk onderhewig aan staatsbeheer te maak. Hierdie maand, Oktober, word ook in die Protestantse Kerke as die maand van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste aan 31 Oktober herdenk. Die datum is dié waarop Maarten Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het. Nou wil dit lyk of Protestantse Kerke in Suid-Afrika ook in hierdie maand die begin van ‘n verbod op godsdiensvryheid gaan beleef en ons weer die geveg wat Maarten Luther geveg het, sal moet deurgaan. Sover het talle van ons Christen-Afrikaners reeds van vóór 1994 die padda-in-warm-water-reaksie getoon - waar die padda in koel water wat gelydelik tot kookpunt verhit word, heerlik rondplas tot hy skielik doodbrand. Sal ons hierdie keer dieselfde doen, of sal ons besef dat die laaste bastion die moeitewerd is om voor te veg en die moed daarvoor aan die dag lê?

Die inhoud van Luther se stellinge het gehandel oor die verwerplikheid van die aflaathandel en die aard van die ware boetedoening. Luther se daad het heelwat opsien verwek en uit verskeie oorde steun ontvang. Die Pous was verplig om te reageer, en toe Luther weier om sy stellinge terug te trek tensy met bewyse uit die Skrif aangetoon kan word dat hy verkeerd is, is hy in die ban gedoen.

Jesus sê: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15). En dis wat Maarten Luther gedoen het. Al 95 stellings wat hy op Sondag 31 Oktober 1517 teen sy kerkdeur in Wittenberg vasgespyker het, was oor dinge waar die kerkleer nie met die Bybel se waarheid ooreengestem het nie. Luther het bv. ernstig beswaar daarteen gemaak dat mense by priesters gaan bieg het om van sonde bevry te word en in baie gevalle selfs daarvoor betaal het. Die eertydse aflaathandel waar die RK mense geld laat betaal het om gestorwenes uit die sg. vagevuur te bevry, om die Petruskerk in Rome te kon bou, was bedrog. Luther het hierdie bedrog ontbloot en in 1521 is hy voor die Ryksdag in Worms gedaag waar sy saak ondersoek is. Toe hy weer weier om sy geskrifte terug te trek is hy tot ketter verklaar en is die ryksban op hom toegepas. In Wartburg by Eisenach het hy skuiling gevind en daar die Bybel in Hoogduits vertaal. Toe hy in 1546 sterf was die Hervorming in Duitsland in volle gang.

Die Kerkhervorming het ook na lande soos Engeland, Skotland, Frankryk en Nederland uitgebrei. Die Gereformeerde leer het sy stempel op die Protestanse Kerke in Nederland afgedruk omdat die geloofsbelydenis opgestel is deur persone wat kwekelinge van Calvyn was. By die Nasionale Sinode van Dordrecht (1618 tot 1619) is die belydenisskrifte aan die Skrif getoets en finaal goedgekeur. Ook Frankryk het by die Gereformeerde belydenis ingang gevind.

Die Gereformeerde belydenis is saam met Van Riebeeck en die eerste nedersetters na die Kaap gebring en is in 1688 versterk met die aankoms van die eerste Hugenote wat op verskeie gebiede 'n groot invloed op die Afrikanergemeenskap uitgeoefen het.

Hoewel daar godsdiensvryheid in ons land bestaan het, het die Kerkhervorming, en by name die Gereformeerde leertipe, so 'n groot rol in die godsdienstige lewe van die Afrikaner gespeel dat die belydenis van die oorgrote meerderheid daardeur gevorm en hul optrede in baie opsigte daardeur bepaal is.

Alles in ag genome kan ons God nie genoeg dank vir die egtheid en eenvoud van Protestantisme nie. Ons dank Hom vir ʼn Maarten Luther wat teen die Satan se leer opgestaan het en Protestantisme op die regte fondament begin bou het.   Dis ʼn vaste fondament omdat Jesus Christus die fondament is.

Bid dat die Here die Staat verhoed om ons Protestantse Kerke in Suid-Afrika onder hulle beheer te neem want die volgende stap is ‘n algehele verbod op godsdiensbeoefening. Soos dit in alle kommunistiese lande gebeur het, is die ware God van hemel en aarde met wette verban en moes Christene òf kapituleer, òf hul godsdiens ondergronds neem. Sien ons enigsins vir enigeen van die twee kans ?   Of sal ons gereed maak vir die groot stryd tussen Lig en Donker vóór wetgewing ons verbied om ‘n erediens te hou, of Bybel te lees en dit te behou wanneer daar van huis tot huis deur kommunistiese staatspersoneel inspeksie gedoen word? Mag elke Christen in ons land die regte besluit neem!

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1399 gaste aanlyn