VERWOERDMAAND

REGSTELLENDE AKSIE

Booswigte kruip dikwels agter eerbare maskers weg en gebruik selfs mooi woorde om lelike dinge mee te verberg. Een hiervan is regstellende aksie - een van die heel grootste onregte wat ons land ooit aangedoen is. Desondanks word dit as ’n regstelling van sogenaamde onregte van die verlede voorgehou.   Dis ʼn leuen. Dit stel niks reg nie, maar skep eerder onreg in die hede!

Regstellende aksie verwoes volksgenote se toekoms. Nagenoeg twee en 'n half miljoen blankes het sedert dit van stapel gestuur is, alreeds Suid-Afrika verlaat. Handelsondernemings word genoodsaak om hierdie onreg toe te pas uit vrees vir dwangmaatreëls wat hulle op die kantlyn kan laat beland.   Dit vervang die Bybelse maatstaf van verdienste met ʼn gekamoefleerde onreg wat geen morele of Bybelse verdienste het nie.

Baie mense het geglo dat regstellende aksie ’n rasse-oorlog sou verhoed en ʼn versoening tussen rasse bewerkstellig.   Die teenoorgestelde het gebeur. Dit het rassehaat tot ongekende hoogtes aangevuur.  

Ons volksgenote is in dieselfde posisie as die eertydse Griekse slawe in Rome.   Die slawe was beskaafd en goed opgelei en moes die Romeine se kinders oplei en van die nodige kundigheid voorsien. Hulle was egter ondergeskikte mense met geen politieke mag nie.  

Die golf van rassehaat wat regstellende aksie van meet af aan veroorsaak, dreig om ons land te vernietig.   Wat kan ons daaraan doen?   “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2).   Gelowiges moet anders as die wêreld optree deur God se wil soos wat in die Bybel opgeteken is te doen.

Gelowiges beywer hul vir gelykheid voor die reg. “Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die Here wees. Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef” (Num.15:15,16).

“Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy jou naaste oordeel.” (Lev.19:15).

Voor die koms van Christus het heiden-nasies op hande-arbeid neergesien en slawe daarvoor gebruik. Met Christus se geboorte het die helfte van die Romeinse ryk uit slawe bestaan. So ook driekwart van die Atheners.   Wat arbeid betref, het Jesus ’n groot omwenteling gebring toe Hy met ’n byl, saag, hamer en ander gereedskap in ’n timmermanswinkel gewerk het.   Daardeur het Hy ’n nuwe waardigheid aan arbeid gegee.  

Jesus het sy bediening met die volgende woorde begin: ” Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbrysel van hart is, te genees” (Luk.4:18).

Omdat die Bybel gelowiges oproep om hul naaste lief te hê, barmhartig te wees en aan ander te doen wat hulle aan hulself gedoen wil hê, het talle gelowiges hul lewe daaraan gewy om slawehandel te beëindig, kinderarbeid te belet en onderdruktes te bevry.   Slegs die Christendom het ’n einde aan slawehandel gemaak.

Charles Darwin het met sy Ewolusieleer wat ongelowiges begeester, geen poging aangewend om rassehaat te bekamp nie.   Dit het ’n horde van bose ideologieë soos Kommunisme laat ontstaan.   Marx was ’n vurige aanhanger van Darwin. So ook Josef Stalin wat met rassehaat deurspek was. Hy het geglo dat ewolusie tot rewolusie sou lei.  

Die Oxford woordeboek omskryf rassisme as diskriminasie of vyandskap jeens ander rasse. Die ironie is dat baie van die mense wat so teen rassisme gekant is, hul in werklikheid daaraan skuldig maak.   Regstellende aksie is verbloemde rassehaat!

Mag gelowiges rasse-onderskeid maak?   Ja, slegs op grond van natuurlike skeidslyne ter wille van oorlewing en onderlinge vrede.   Jesus sê: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei en hulle sal na my stem luister en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).

Die Skrif veroordeel karakterhaat.   Die maklikste om dit aan te wakker, is om vir iemand te sê dat jy beter as hy is.   Dis uiteraard die oorsprong van etniese geweld. Jare gelede is ongeveer 800,000 Tutsi’s deur Hutu’s in Rwanda uitgemoor. Dit was hier ʼn geval van maksimum haat vir die minste rede.

Rassehaat vernietig ʼn land.   Dit het Zimbabwe van welvaart na armoede laat tuimel. Kenners beskou dit as die bedenklikste ekonomiese verval in die ganse mensegeskiedenis!   “Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls…” (Jer.12:4).

Suid-Afrika wemel van politieke huigelary; mense wat teen die sogenaamde eertydse onreg van rassediskriminasie gal braak, maar met regstellende aksie ʼn nuwe diskriminasie daarstel. Killing old discrimination with new discrimination soos die Engelse sou sê.  

Regstellende aksie het alles met vrees te doen. Swartes vrees om met hardwerkende, gedissiplineerde blankes met ’n Calvinistiese, Europeesgeskoeide arbeidsetiek mee te ding en te verloor.  

Daniel Etounga, ’n skrywer van Kameroen, slaan die spyker op die kop met sy artikel Does Africa need a cultural adjustment program?   Hy skryf dat die Afrika kultuur met afguns deurspek is en vergelyk Afrika-samelewings met ’n sokkerspan wat deur twis en gebrek aan spangees geteister word.   Een speler wil nie die bal na die ander een skop nie omdat hy bang is dat daardie persoon dalk ’n doel kan aanteken!  

Met regstellende aksie word die blanke se lig bewustelik doodgemaak met die hoop dat dit die swarte se lig helderder sal laat skyn.   Regstellende aksie is in werklikheid niks anders as gewettigde, georganiseerde roof nie. Dis ’n verbreking van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie”.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1075 gaste aanlyn