NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As 'n mens glo, is alles moontlik! – Mark 9:23

TERRORISME IN DIE MIDDE-OOSTE

Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings

DIE SEWENTIGER- EN TAGTIGERJARE

Jeanette Koekemoer

" Ghadaffi  van Libië wat deesdae weer baie in die nuus is het skynbaar heelwat hulp aan Nidal verskaf soos wat hy ook aan talle ander terroriste-organisasies geldelike hulp verleen het en daardeur vandag nog terroristevriende, ook in Suid-Afrika, het. Aan Nidal het hy in die tagtigerjare na bewering jaarliks 5 miljoen dollar gegee en sowat 6 miljoen vir die aanvalle op die lughawes van Rome en Wenen betaal tesame met aktiewe hulp waar nodig. Dit is nie bekend hoeveel hy aan die ANC tydens hulle aktiewe terrorisme-jare betaal het nie."

Alhoewel hierdie artikel nie hoofsaaklik oor 'n Suid-Afrikaanse terroristebeweging handel nie hou dit verband en word dit onder dieselfde reeks geplaas.

Aan die begin van die sewentigerjare het die organisasie Tahir al Hatani al Falsetini (Al Fatah) die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) oorgeneem. Yassir Arafat, toe nog leier van Al Fatah, het die leier van die nuwe groep geword wat as die PBO bekend gestaan het. Andrew Mack beweer dat een groep nie as verteenwoordigend van die Palestynse volk gesien kan word nie omdat daar soveel verdeeldheid onder die Palestyne bestaan. Wiesband en Roguly verklaar egter dat "the end of 1974 and early part of 1975 witnessed the rise of the PLO as fully authorised representative of the Palestinian people".

Volgens Eliyahu Tal het die groep reeds in 1964 ontstaan, maar dit het later 'n sambreelorganisasie geword vir 'n wye verskeidenheid groepe wat dikwels antagonisties teenoor mekaar was. Die meeste van hierdie groepe is in die laat sestigerjare en vroeë sewentigerjare gestig.

"Die PBO het as gevolg van 'n wye verskeidenheid redes versplinter: van persoonlikheidsbotsings tot ideologiese verskynsels was daarvoor verantwoordelik – of selfs omdat 'n besondere Arabiese land sy eie, nie-amptelike terroriste-organisasie wou hê. 'n Aantal groepe – soos Swart September – dien as surrogate vir die 'gematigde' PBO vir die uitvoer van terreurdade in Europa en Asië. Die BPO ontken dan betrokkenheid hierby".

Al Fatah is die grootste en dominante deel van die groep. Die Palestynse Bevrydingsleër (PBL) bestaan uit drie afdelings en word deur Irak, Sirië en Al Fatah beheer.
Saika is die tweede grootste groep. Saika maak van die Siriese weermag en wapens gebruik en tree volgens hul bevele op.
Die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) is nog 'n groep binne die PBO. Hierdie groep is in 1966 gestig deur dr George Habash en Waddih Haddad. Dit was die sterkste van die sogenaamde "Rejectionist Front " – organisasies. Die PFBP het onder andere met groepe soos die Wes-Duitse Baader-Meinhofbende en die Italiaanse Rooi Leër kontak gehad. Dié Marxisties-Leninistiese organisasie wou nie net Israel vernietig nie maar ook 'n wêreldwye rewolusie veroorsaak. Die PFBP het begin met die gebruik om vliegtuie te kaap terwyl Habash die stelling "no innocent victims" verkondig het. Terroristegroepe het hierdie stelling met ope arms verwelkom en aangegryp, en dit is deur almal gebruik.

Gedurende die sewentigerjare het Haddad talle terreurdade beplan en laat uitvoer. Hy was onder andere die beplanner van die transnasionale aanslag van die Verenigde Rooi Leër (VRL) op die Lod-lughawe waarin 26 mense gedood en tientalle gewond is.

Habash het as die leier en Haddad as die "hoof van spesiale operasies" bekendheid verwerf. Volgens Tal het die "PFBP" Waddih Haddad" ontstaan nadat Haddad in 1975 van Habash weggebreek het. Die splintergroep se basis was in Suid-Jemen, en hulle was verantwoordelik vir verskeie terroristedade in Europa. Hulle was ook verantwoordelik vir vliegtuigkapings soos dié by Entebbe en Mogadishu. Haddad was ook die regstreekse leermeester van die berugte en suksesvolleVenezolaanse terroris, Illich Ramirez Sanchez, alias Carlos Martinez, of net Carlos, ook bekend as Die Jakkals. Sanchez wat baie jare op vrye voet was het ook met bykans elke terroriste-organisasie in die wêreld kontak gemaak.  Hy en Muammar Ghadaffi van Libië was voortdurend in verbinding met mekaar terwyl Sanchez ook finansiële hulp van Ghadaffi ontvang het.  Toe hulle later nie meer kon klaarkom nie soos dit maar met 'n spul misdadigers gaan, het Sanchez uit Libië na Damaskus gevlug. Haddad is in 1978 deur inligtingsagente van Irak vergiftig.

Die PFBP Algemene Bevel onder Ahmed Jibril is gestig nadat hy in 1977 van die PFBP weggebreek het. Hierdie groep was sterk onder Libië se invloed en dié terroristetroepe het opleiding van die Siriese weermag ontvang. Hulle het hulle veral toegespits op Israeli-kinders as teikens en was vir aanvalle soos dié in 1970 op 'n skoolbus by Avivim verantwoordelik waarin nege kinders en drie onderwysers dood is.

Die Populêr-Demokratiese Front vir die Bevryding van Palestina (PDFBP) is in 1969 deur Nayef Hawatmeh gestig ná 'n geskil in die PFBP. Dié groep volg die Fatah-patroon en was vir aanvalle soos dié op Ma'alot in 1974 waarin 16 tieners dood en 62 gewond is, verantwoordelik.

Die Abu Nidal-groep onder Sabriel al Banna, alias Nidal, is vir aanvalle soos op die lughawes van Rome en Wenen op 27 Desember 1985 verantwoordelik.
Op 2 April 1986 is vyf persone dood en nege gewond toe 'n bom aan boord van 'n TWA-vliegtuig oppad van Rome na Athene ontplof het. Die Arabiese Rewolusionêre Selle en Die Selle van die Martelaar Azzidan al-Kaschash, wat ook 'n verbintenis met Abu Nidal en Abu Musa het, het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.

Op 6 April 1986 het 'n bom in 'n Berlynse diskoteek ontplof. 'n Amerikaanse soldaat en 'n Turkse vrou is in die aanval dood terwyl 155 mense gewond is. Vier organisasies het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar naamlik die Rooi Leër, die Baader-Meinhofbende, die anti-Amerikaanse Arabiese Bevrydingsfront en die Swaard van Islam. Volgens polisie-offisiere wat die daad ondersoek het, is die aanval egter heel waarskynlik deur Abu Nidal beplan.

Ghadaffi  wat deesdae weer baie in die nuus is het skynbaar heelwat hulp aan Nidal verskaf soos wat hy ook aan talle ander terroriste-organisasies geldelike hulp verleen het en daardeur vandag nog terroristevriende, ook in Suid-Afrika, het. Aan Nidal het hy in die tagtigerjare na bewering jaarliks 5 miljoen dollar gegee en sowat 6 miljoen vir die aanvalle op die lughawes van Rome en Wenen betaal tesame met aktiewe hulp waar nodig. Dit is nie bekend hoeveel hy aan die ANC tydens hulle aktiewe terrorisme-jare betaal het nie.

Die paspoorte wat aan die terroriste vir bogenoemde dade verskaf is was van Tunisiese werkers afkomstig.  Hulle is uit Libië geskop nadat hulle paspoorte deur die Libiese owerheid gekonfiskeer is. Volgens Nordland en Wilkinson het Sirië moontlik nog meer hulp verskaf as Libië.

Terroristegroepe, veral die Palestynse groepe, steun mekaar onderling. In Maart 1986 het Yassir Arafat in 'n toepsraak gesê:
"The PLO was masterminding most of the operations carried out in southern Lebanaon against Israel... The legitimacy of the Palestinian gun will not be dropped until the Palestinians return to their state, with Jerusalem as its capital".

Die algemene Arabiese strategie het aanvanklik invalle uit Jordanië en Sirië op sekere teikens in Israel ingesluit. Hul doelwit, naamlik die demoralisering van die volk en die uiteindelike kapitulering van die regering, het in hierdie geval misluk. Die aanvalle het nie die Jode se moed en moreel gebreek nie maar dit inteendeel versterk.

Rob Kroez beskryf hulle strategie as volg:

  • Hulle werk nie vanuit Israel nie maar vanuit onder andere Libanon en Sirië, dus het hulle meer vryheid van beweging as wat hulle in Israel self sou gehad het.
  • Hulle beskik oor die fanatieke moed om 'n daad van terreur deur te voer. Vrees vir die dood skrik hulle nie af nie.
  • Omdat hulle baie steun in die Arabiese lande geniet is hulle wapens altyd van die nuutste en beste, en het die groepe selfs tot gesofistikeerde lugafweermissiele toegang. Die PBO beskik oor hul eie kantore en uniforms. Wapens word vryelik van kommunistiese kant af aan hulle verskaf.

Die Palestynse terroriste is baie wreed soos deur die jare geblyk het uit hulle aanvalle op lughawes en kinders. Dit is ongelukkig so dat die nuusmedia weens onderlinge mededinging gedurig die mees sensasionele nuus probeer verkry het om dit so aan die wêreld te bied. Terroriste het dit geweet en hierdie feit tot onbeskaamd misbruik want terrorisme het die nuusmedia baie nodig om hul doelwitte te bereik naamlik skok, vrees en berugtheid. So het hulle deurentyd gesorg dat die risiko's wat hulle neem nie tevergeefs is nie want die bevolking moet van hulle stryd bewus gemaak word deur  middel van die media. So hoor ons ná 16 jaar onder 'n kommunistiese regering, 'n voormalige terroristebeweging wat duisende swart en wit Suid-Afrikaners vermoor het, nog steeds van hulle "struggle"-jare om beheer oor Suid-Afrika  te kon kry om daarvan die "Black Republic" te maak waarin hulle nou vinnig besig is om te slaag deur die blankes te verwilder en uit te moor.

 

Bron: Terrorisme, die feite – RJ Greyling

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1324 gaste aanlyn