Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus Christus, die Vredevors, is die Vredemaker by uitstek. Die vrede wat Hy tussen God en ons bewerk het, moet nou ook in ons werk. Daadwerklike pogings om onmin uit die weg te ruim word van ons geëis. Mense wat vyandskap aanblaas word volgens Jesus uitgewerp waarteenoor vredemakers as erfgename van God aangeneem word. Bid dat die vrede van God in en ook déur jou werk en bid vir 'n wêreld vol vrede.
ONS EKONOMIESE WURGGREEP
Bittereinder
Ons lees in BM Schoeman se reeks hier op Gelofteland hoe Anglo American deur middel van Harry Oppenheimer (lid van die internasionale geldmagte) nog voor die moord op dr Verwoerd Suid-Afrika reeds in ‘n ekonomiese wurggreep gehad het. Dit is die inligting wat in Die Hoekverslag aangebring is nadat dr Verwoerd aan prof Hoek toestemming verleen het om ondersoek daaroor in te stel. Die Hoekverslag is op daardie tydstip deur John Vorster wat met Oppenheimer bevriend was, hoogs geheim gehou, in so ‘n mate dat hy genl Hendrik van den Berg opdrag gegee het om elke afskrif wat reeds gemaak is te kodifiseer. Klaarblyklik sou Die Hoekverslag die middag van 6 September 1966 net na ete in die Parlement onthul word en sou dr Verwoerd dit bekend maak. Is dit toeval dat dr Verwoerd presies daardie tyd vermoor is, minute voordat hy die inligting openbaar sou maak? Natuurlik was dr Verwoerd deurentyd ‘n stok in die geldmagte se speek met die voorspoed wat hy in ons land bewerkstellig het deur sy weerstand teen die geldmagte, maar die openbaring van die geldmagte se geknoei moes toegesmeer word en dr Verwoerd was oppad om dit bekend te maak.
Pas voor Nelson Mandela as president verkies was, het Anglo American hom ook onder hande gehad. Die res is geskiedenis. Mandela het soos Mbeki en Zuma, die geldmagte gedien. Nou is Ramaphosa die gewillige dienaar van die geldmagte en sal die ekonomiese agteruitgang met groter spoed plaasvind. Geen populistiese president, (wat werklik die belange van almal - en dus ook die armes - wil bevorder), sal in die huidige omstandighede hier aan bewind kom nie, want dit sal beteken dat die beskikbare bronne meer eweredig verdeel moet word. As bronne meer eweredig verdeel moet word, sal van die superrykes weggevat moet word om aan die armes te gee. Die geldmagte sal dit nooit toelaat nie.
Maar terug by die rede waarom onstabiliteit vir die geldmagte belangrik is. Dit is belangrik omdat vreedsame toestande, en regerings wat nie deur die geldmagte aan bande gelê word nie, gewoonlik billikheid tussen almal wil en kan bevorder. Almal weet reeds dat die ANC sy nomenklatura (amptenary) beskerm omdat hulle die ANC elke vier jaar weer aan bewind hou. Die een sorg vir die ander. Hoe groter die nomenklatura, hoe groter die ANC se kieserskorps. Die geldmagte het eerstens daarvoor gesorg. Toe die ontevredenheid oor hierdie toedrag van sake dreig om te begin handuit ruk, moes die geldmagte 'n teenvoeter vir die ANC daarstel — die EFF. Laasgenoemde se agenda word eweneens beheer omdat sy fondse deur MI6 beheer word.
So word die ANC nie net in toom gehou nie, maar heers daar 'n toestand van beheerde chaos. Die huidige onluste is bewys daarvan. In sulke toestande kan die regering geen besluit neem sonder om die geldmagte se toestemming daarvoor te kry nie. Die ANC-regime se magte is grootliks aan bande gelê deur die geldmagte en dien tans net een doel, naamlik om wetgewing deur te voer wat uiteindelik die geldmagte sal bevoordeel. Elke Afrikastaat getuig hiervan. Daardie leiers en regerings wat weier om gehoor te gee, word verwyder. Ghaddaffi kon wees wat hy wil, maar hy het gesorg vir sy mense. Hy het egter vierkantig in die pad van die Amerikaanse geldmagte gestaan en is brutaal verwyder onder die dekmantel van demokrasie. Is daar enige land wat nou vreedsaam is nadat die VSA daar toegetree het?
Daar is baie redes waarom Suid-Afrika meer brutaal en gewelddadig sal word. Kultuurverskille en persepsies en verwagtinge wat verskil, is van die grootste redes. Daarby 'n korrupte regering wat alles sal doen om aan bewind te bly en hoop dat die geldmagte nie sy krane sal toedraai nie. Die chaos is dus enersyds gewaarborg deur die kultuur- en ander verskille, maar word andersyds bevorder deur die magte agter die skerms. In chaotiese toestande trek monopolieë geweldige voordeel. Gaan kyk maar na Irak vandag en nou ook Libië. Terwyl die gewone burger sukkel om te oorleef, word die superrykes astronomies ryker.
Ons situasie is hagliker as wat ons dalk self besef. Die geldmagte se media hou graag 'n ander prentjie aan ons voor. Hulle word betaal om dit te doen. Daar is geen sterk alternatiewe media in hierdie land (soos byvoorbeeld Russia Today), wat Media 24 en al die ander media monopolieë die stryd kan aansê nie. Die situasie kan egter heeltemal handuit ruk en die voorspelling is dat die VSA deur middel van AFRICOM ook hier gaan toetree om die chaos (beter) te beheer, indien die Suid-Afrikaanse veiliigheidsmagte nie die mas gaan opkom nie.
Stephen Lendman skryf op die webwerf www.globalresearch.ca na aanleiding van 'n verslag van OXFAM:
In 2015, 62 billionaires had more wealth than half the world’s population – compared to 388 in 2010. The wealth of 62 richest people increased 44% since 2010 to $1.76 trillion. In contrast, resources of humanity’s bottom half fell over $1 trillion, a 41% decline. Half of all newly created new millennium wealth went to the top 1% – at the expense of the world’s least advantaged.
Een persent van die wêreld se bevolking besit tans netsoveel soos die ander 99%. Is daar 'n beter bewys dat superkapitalisme aan die orde van die dag is? Oral in die wêreld en ook in Suid-Afrika is dit die toestand, waarvan die einde sal wees die uitwissing van die Blanke in hierdie land, tensy ons Vader in die hemel sy genade oor ons uitstort, ons volk vergewe vir ons dwalinge, ons land Self kom reining, en Self kom regeer want ons kan dit nie op ons eie doen nie!