Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie is die mense wat die tekens van die tye, ook van dié tye waarin ons nou leef, duidelik raaksien en akkuraat verstaan? In Mt 16 sê Jesus sommer reguit dat 'n slegte en owerspelige geslag tevergeefs sal soek na tekens maar dat dit nie aan hom gegee sal word nie. Dus gee die HERE self aan mense hierdie insig – aan wie dan? Net aan diegene wie hulle harte op Hom rig, met Hom 'n oop verhouding het – aan hulle sal Hy die wysheid gee om betyds te weet wat om te doen in elke situasie.
SO WORD ONS LAND AFGEBREEK
Dr Pieter Swart
Magnus Heystek is seker een van die min ekonome wat die waarheid praat oor die stand van sake in ons land.
Op 5 Februarie 2018 skryf hy op Biz News se webblad onder die opskrif: “Zuma’s nine wasted Years” dat toe Rome gebrand het en Nero op sy fluit gespeel het, dit darem net sewe dae geduur het, maar ons moes nege jaar beleef.
Heystek is natuurlik verkeerd. Dit duur al 25 jaar! In daardie nege jaar van Zuma het hy gedans en gesoek na ‘n masjiengeweer...
Maar Zuma, wat nie kan tel nie, spog met sy bewindstermyn:
I remain proud of what we and the country achieved over the past decade. Could we have done more? Yes. Was it a wasted decade? No.
Van die skade deur Zuma aangerig sal waarskynlik nooit herstel kan word nie. En om te dink dat dit gaan herstel onder enige swart leier is ‘n leuen deur enigiemand wat dit verkondig.
Die tragiek is dat ekonome en politieke ‘kundiges’ te bang was om reguit daaroor te praat. Politieke korrektheid en die feit dat regeringskontrakte, of-rekenings van hulle maatskappye/boeke weggeneem kan word, het veel swaarder geweeg as die waarheid. Ja, geld is almal se baas. Terwyl orkaan Jacob deur die land gewoed het, het geld mense tot swye gerig. En al die ekonomiese aanduidings was daar, dog het die banke se ekonome geswyg en was hulle selfs optimisties. Dit was darem lekker om stroom-af te vaar nê!
Ekonomiese groei, buitelandse investering, werkloosheid, die Rand se waarde, waarde van eiendom, regeringskuld, pensioenfondse se prestasies, die effektebeurs – almal het die simptome gewys van ‘n ekonomie wat besig is om in duie te stort. Dit het vader Jacob min gepla. Want hy kan nie tel nie...
Intussen, soos Heystek dit stel, het ekonome van die “sunshine financial” kliek gesê “alles sal regkom”.
Dit was president Jan Brandt se woorde daardie. Maar die Vrystaatse president het daarby gevoeg:
“...as elkeen sy deel doen.”
Enige ekonoom deur ‘n groot maatskappy aangestel wat dit sou waag om die regering te kritiseer, verloor òf sy werk òf word gedwing om sy stelling terug te trek. So het Andrew Canter van Futuregrowth eers gesê hy raai beleggers af om in Eskom, Transnet , SANRA, die landbank, die NOK en die Ontwikkelingsbank te belê. Sy baas is Trevor Manuel van Ou Mutual en dié het waarskynlik ingespring en die stelling heeltemal gewysig. Maar dankie tog, toe weet ons!
Intussen versleg sake feitlik daagliks by die SOE’S, die staatsbeheerde koöperasies. Eskom alleen se skuld is R400 biljoen en sy diens verswak daagliks – nou het Eskom glo geld geleen maar ons mag nie weet waar nie. My raai? Die IMF!
Kom ons kyk na die syfers:
1 Ekonomiese groei is so 1,9% per jaar. Al vir baie jare. Almal weet dit moet minstens 3% wees om ten minste net werkloosheid hok te slaan.
2 Werkloosheid staan amptelik op 27,5%. Die nie-amptelike syfer is nader aan 40%.
3 Die totale openbare skuld as ‘n persentasie van BBP staan nou al op 53%. Suid-Afrika se totale skuld is nou al R3 triljoen.
4 Die begrotingstekort is op pad na 5%. Wie gaan dit befonds? My raaiskoot? Die IMF!
5 Elektrisiteitspryse het met 350% gestyg vanaf 2008 tot 2017.
6 Die Per capita BBF neem jaarliks af en is nou $6268 per jaar.
7 Investering in die land neem jaarliks af. Buitelandse vertroue is in sy maai in.
8 Staatsamptenare gebruik al 14% van die begroting vir salarisse. En die res van die geld word òf gesteel òf vermors.
9 Suid-Afrika is tans in ‘n resessie.
10 SA het “junk status” bereik. Maar Zuma kan nie lees nie...
11 Die eiendomsmark belewe al vir 10 jaar ‘n krisis met pryse wat in reële terme met 22% gedaal het. Verband-aansoeke het met 16% gedaal.
12 Die JSE presteer glad nie soos verwag en steek baie sleg af by ander internasionale effektebeurse.
Op elke straathoek staan mense en bedel terwyl die res inbreek en steel. Plakkerskampe word groter en meer. Plase gaan sonder vergoeding onteien word – dus net gevat word.
En Zuma kon nie tel nie...