NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vir talle mense is SIEN wel GLO; tog glo almal wat sien NIE, want slegs diegene wat bereid is om hulle harte te verander sal glo wat hulle sien. So sal groot getalle siele verlore gaan ten spyte daarvan dat hulle God se wonderwerke aanskou het.

DIT IS WEER OUJAARSDAG

Ds A.E. vd Berg

Oujaarsdiens

“En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie”(Hand.16:7).

Ons leef net eenmaal op die aarde en nooit weer nie. Daarom moet ons alles wat eerbaar is doen om sin daaraan te gee. Wat ons nie doen nie, is ons vir altyd kwyt. Daarom is dit goed om vooruitsigte te hê. God wil dat ons hoog mik en sukses behaal. By geleentheid neem ʼn Amerikaanse onderwyseres haar klas na die Withuis en vra hulle daarna om ʼn opstel oor hul ervaring te skryf.   Een seun begin dit met: “Dankie vir die geleentheid om gister my toekomstige ampswoning te kon besoek”. Hy het sommer baie hoog gemik!

Ons kan die nuwe jaar nie sonder sinvolle voornemens aanpak nie. Dit kan ʼn jaar van groot veranderings in ons land wees. Op politieke gebied moet daar ʼn waterskeiding kom. Totdat God se Woord gehoorsaam word, gaan die kerklike verwarring voortduur. Op kulturele gebied sal vrysinnige volksgenote hulself nog verder vasdraai en die volksvyand sal dit wat eerbaar is, nog verder afbreek. Gedagtes hieraan, laat baie mense wat glo dat hulle pionne op die skaakbord van die noodlot is, nie juis na die nuwe jaar en toekoms uitsien nie.

Gelowiges kyk anders na die toekoms. In die tyd van Paulus het gelowiges die wind baie sterker van voor gekry. Sommige, soos dié in Efese, het selfs gevoel om op ʼn hopie te gaan sit en wag vir die ergste. God roep hulle tot daadwerklike optrede op. Moenie sit nie, staan op, doen iets! “... word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efes.6:10,11). Gelowiges moet vir God en sy koninkryk uitdagings aanvaar. Daarom bid ons: “Laat U koninkryk kom”. En daarvoor durf ons nie passief sit en wag nie!

Wie hom as werktuig vir God beskikbaar stel, moet na die stem van die Heilige Gees luister. Hy lei ons in die waarheid. Ons kan in die hitte van die stryd ʼn weg inslaan wat vir ons goed lyk, maar nie God se wil is nie. Dis hier waar die leiding van die Heilige Gees onontbeerlik is. Ons wil soms graag iets doen, maar dan verhinder Hy ons sodat ons wil vra: “Maar, Here, waarom dan nie hierdie pad nie; dit lyk dan so goed?” Dis hier waar geloof in God se bestiering ter sprake kom – Hy weet beter.

In die teksvers lees ons: “En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie”. Waarom het die Heilige Gees Paulus se plan verhinder as hy maar net die Evangelie in Bithínië wou gaan verkondig? Die antwoord bly n raaisel. Al wat ons kan sê is dat God ander planne vir hom gehad het. Die mens wik, maar God beskik!

Miskien het Paulus van Bithínië gedroom en alles wat hy daar kon vermag. Dit was ʼn groot landstreek met besonderse natuurskoon, indrukwekkende geboue en vooraanstaande filosofiese skole in die Ooste. Miskien was Paulus net nuuskierig of wou hy miskien intellektuele kragte met die wysgere van die streek gaan meet.   Die rede vir sy voorgenome reis word verswyg. Ons weet net dat by baie graag daarheen wou gaan. Toe kanselleer die Heilige Gees sy reisplan en het sy groen lig na God se rooilig oorgeslaan.   God het nee gesê.

Ons het almal ook Bithíniës – simbool van ons ideale, planne en drome. Bithínië word die plek waar ons geluk wil gaan soek, ʼn neseier bymekaar wil gaan maak, plek waar ons wil gaan werk of gelukkig gaan aftree. Ons het almal Bithíniës, ʼn Eldorado, Utopia of Eden, wat ons dit ook al wil noem – ons wil Bithínië toe. Was dit nie maar ʼn Bithínië wat vir die verlore seun gewink het nie?   Daarom het hy gebrand om te gaan en sy erfporsie opgeëis.

Dis goed om toekomsdrome te hê. Dit mag egter nooit jou meester raak nie. Drome is die grondplan van toekomsbeplanning. Nogtans moet ons rekening daarmee hou dat God vir ons dalk ander planne het en dat Hy vir ons nee kan sê, al kan ons nie met ons eie planne fout vind nie. En hier kom geloof te pas. As God nee sê, dan sien ek van my eie planne af, uit en gedaan!

Dinge kan so skielik gebeur. Net een telefoonoproep en die lewe verander. Jy stap uit die dokter se spreekkamer en jy weet dat die lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie. Jy verloor jou werk weens die onreg van regstellende aksie en nou covid. Jou hele lewensplan sal hersien en aangepas moet word. Jy kan nie meer na jou Bithínië gaan nie. God laat jou ʼn koersaanpassing maak.

Paulus wou Ooste toe. God stuur hom Weste toe waar wonderlike dinge gebeur het – in Filippi kom Lydia en die tronkbewaarder tot bekering. God maak die een deur na die ander oop en Paulus ervaar ongekende groot seën op sy werk. God se koninkryk brei uit en Paulus bring die Evangelie tot binne die keiserlike leërafdeling waar heidene tot bekering kom. Hy reis op die kaart wat God vir hom geteken het.

Wanneer God soms vir ons nee sê en ons nie by die Bithínië van ons drome uitkom nie, moet dit ons geloof nie knou nie.   God het ons lewens al lank voor ons geboortes só beplan. Ons sien die hier en die nou; Hy sien die hele prentjie: “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is”(1 Kor.13:12).

Die pad waarop die Heilige Gees vir Paulus gelei het, was nie sonder probleme nie.   Hy is ernstig vervolg, selfs gestenig, skipbreuk gely – alles dinge wat hom kleinkoppie moes laat trek en die geloofspad kon verlaat het.   Baie mense se geloofslewe hang van hul omstandighede af – as die son in hul lewe skyn, loof hulle die Here en as dit donker word, verwens hulle Hom. Paulus se geloof het selfs in die donker van sy lewe gegroei omdat hy geweet het dat hy op God se pad was en volgens sy hemelse Vader se reisplan vir hom gereis het. God was sy Herder en niks sou hom ontbreek nie.   Op God se pad kan niks ʼn gelowige van stryk bring, ontmoedig of die geloof laat opsê nie. God se pad is die beste pad al gaan dit met stampe en stote. Jy sal jou bestemming bereik.

God loop die lewenspad enduit saam met ons. As Paulus in die tronk in Rome sit en op die voltrekking van die doodsvonnis wag, skryf hy sy laaste brief aan Timoteus: Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou” (2 Tim.4:7). In Rome was Paulus bitter ver van Bithínië, die verste ooit in sy ganse lewe. God open sy geestesoë en hy sien iets wonderliker as Bithínië: “Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het” (:8).

God se nee was reg. Dit het Paulus se geloof ryp gemaak. Hy was gereed vir die ewigheid soos ʼn koringaar reg is vir die inbring van die oes. God se nee het baie mense op die pad van vrugbare arbeid en salige voleinding geplaas. David Livingstone wou ʼn sendeling word maar hy was geen goeie spreker nie. Toe word hy maar ʼn dokter en ontdekkingsreisiger en maak daarmee die pad vir die Evangelie oop. Ds. AA Louw wou ʼn stadspredikant word maar moes weens swak gesondheid die Kweekskool verlaat. Hy bied hom toe as Sendeling aan en word die stigter van Morgenster sendingstasie.

Wat God se plan vir ons toekoms is, weet ons nie. Die pad mag dalk ver verby die Bithínië van ons drome en voornemens loop. Dit mag ons wat die waarheid liefhet en verkondig, in die warboel van kerklike misleiding, meer gehaat maak. Dit was hoofsaaklik kerklui wat Paulus teengestaan en leed aangedoen het.

Al wat in die nuwe jaar saak maak, is dat ons volgens God se reisplan sal reis en op sy pad sal bly. En ons sal stop as Hy ʼn rooi lig laat aankom. Laat ons nie teen die hier en die nou vaskyk nie, maar deur die geloof baie verder sien.   Moenie dat iets jou spoed breek en van stryk laat bring nie al lei dit ook ver verby die Bithínië van jou drome.

Koning Dawid gee goeie raad: “ Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer” (Ps.37:5). Sy seun Salomo skryf: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak” (Spr.3:5,6).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 737 gaste aanlyn