Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Niemand sal verskil oor die feit dat elke gelowige op aarde steeds 'n daaglikse stryd voer nie. Hierdie oorlog woed omdat Satan onverpoosd veg om kinders van God te verslind. Elke gelowige is egter 'n soldaat van die Here en ons veg teen die duiwel en sy bose magte, maar ons voer nie 'n hopelose stryd nie, wel 'n oorwinnaarstryd want: Christus het reeds die oorwinning vir ons aan die kruis behaal!
IS DAAR NOG HOOP?
Dr Danie Theron
Want ons kan niks doen teen die waarheidnie, maar wel vir die waarheid. - 2 Kor 13:8
Die jaar 2021 is nie met groot entoesiasme begroet soos dit in vorige jare die geval was nie. Behalwe dat ons uitgelewer is aan seker die slegste regering in Afrika (en dus in die wêreld), sit ons boonop nog met die Covid-19 hoax wat mense op hol het en boonop uitmekaar jaag.
Laat ek myself baie duidelik maak oor wat ek met “hoax” bedoel. Covid-19 is ‘n doelbewuste misleiding waar mense bevrees en beangs gemaak word oor ‘n “virus” terwyl, as mens net bereid is om bietjie wyer te lees as dit wat die klomp walglike adders van Netwerk24 aan ons opdis, dit baie duidelik is dat ons opsetlik mislei word oor onder meer die volgende:
- Die oorsprong van die “virus”;
- Die aard van die “virus”;
- Die fei tdat “lockdowns” alles behalwe immuniteit bevorder en dit inteendeel afbreek;
- Die feit dat “lockdowns” mense se lewens verwoes, hulle inkomste en bates uitwis en state se ekonomieë ten gronde rig , terwyl ‘n klein uitgesoekte groepie astronomies verryk word;
- Die feit dat die hele “hoax” beplan was en tot die letter uitgevoer word;
- Die feit dat die vaksiene wat op ons afgedwing gaan word lewensgevaarlik is gesien die kort tydsduur waarin dit daargestel is en die agenda wat Gates en Kie daarmee het;
- Die feit dat die vaksien nie immuniteit gaan verseker nie;
- Die leuens rondom natuurlike immuniteit en medikasie wat versprei word slegs om Big Pharma (en die vaksien met sy miljarde in opbrengs) te bevoordeel;
- Die leuens oor hoeveel “gevalle” daar is en hoeveel werklik daaraan sterf.
Ek staan geensins onverskillig teenoor die feit dat daar wel mense sterf nie, maar het baie vrae oor waaraan hulle werklik dood is. Ek glo egter geen woord wat die regime en die hoofstroom media daaroor verkondig nie.
So kan mens aangaan. In ‘n pdf-dokument beskikbaar op globalresearch.ca geskryf deur prof Michael Chossudovsky word die saak deeglik ontleed en die misleiding en die gevolge daarvan in besonderhede bespreek.
Die aanbidders van Netwerk24 en die regime plaas al hulle hoop op die vaksien. Hulle sal dus hulle verdere verarming (en alles wat daarmee saamgaan) effe brommerig aanvaar en alles in hulle vermoë doen om een en elk te oortuig om die vaksien te neem. Dis die “paspoort” na die “nuwe normaal”. Hulle glo dat met hierdie paspoort hulle weer toegang sal hê tot ‘n “normale lewe”. Wel, ek het nuus vir hulle.
Het u ooit gewonder hoe dit moontlik was dat iets soos 193 state soos een man almal presies dieselfde maatreëls in hulle lande kon instel en miljarde mense soos skape kon laat glo aan hierdie “hoax”? Daar is tog net een verklaring daarvoor en dit is dat die beheer van Gates en sy trawante so volkome is dat hulle deur middel van organisasies soos die Wêreld Ekonomise Forum, die Wêreld Gesondheidsorganisasies en die Verenigde Nasies state kon dwing om onmiddellik in pas te kom. En hulle duld geen teenspraak nie. Skeptici word van Twitter en Facebook verban en as iemand teen die vaksien uitvaar dan is hy geestesongesteld (en in die geval van die hoofregter, nie bevoeg vir sy amp nie). Dat hulle volledig gebreinspoel is sal hulle natuurlik ontken.
Jarelange indoktrinasie deur die bewerkers van die NuweWêreldorde het nou sy vrugte afgepluk. Mense is saggemaak deur “gevare” soos Islamietiese “bomaanvalle” en “verregse terreur”, maar nou het hierdie sataniese bende die boerpot geslaan. Ek glo hulle het self nie kon dink die wêreld gaan op hierdie wyse reageer nie.
En nou dat hulle die beheer het, waarom sal hulle dit verslap? Waarom sal “normailiteit” terugkeer? Dit sou tog jare se beplanning en inspanning ongedaan maak! My voorspelling is dat onder die dekmantel van “vryheid” of “verslapping van maatreëls” (soos om byvoorbeeld tog net weer “drank te kan koop” – bid jou dit aan), ons gedoem is om onder baie streng maatreëls te bly lewe. Die nuwe normaal sal alles behalwe normaal wees, hoor my lied.
Wat is dit dan wat kort by ons mense? Moed! Ja, moed om op te staan. Moed om “nee” te sê. Moed om anders te dink. Moed om te glo aan wat reg is en dit uit te lewe. Passiwiteit lei tot ongeërgdheid wat op sy beurt weer lei tot depressiwiteit. Mense het toegelaat dat die “intellektuele” prostitute van die geldmagte, die media,vir hulle dink en voorskryf. Die geldmagte self dink niks van hierdie klomp nuttige idiote wat hulle agenda bevorder nie en sal enige dag van enigeen ontslae raak as sy gebruikswaarde verval het. Hulle is gekoop met geld ensal terwille van ‘n salaris hulle eie mense uitlewer aan hierdie bose magte. Is die gedeelte in Matteus 28:12 nie van pas op die media nie? Om omkoopgeld te ontvang om die leuen te laat voortsnel nie?
Dit is hierdie indoktrinasie van die media wat gelei het, soos Alexander Solzhenitsyn dit gestel het, “paralyzing man’s noblest impulses”. Helaas moet mense besef dat die “wonderlikste grondwet in die wêreld toe niks beteken nie, en inderdaad slegs die volgende (in die woorde van die Russiese skrywer) tot gevolg het:
“Life organized legalistically has thus shown its inability to defend itself against the corrosion of evil”.
Ja jou menseregte is toe deur ‘n virus uitgewis!
Maar waar kom moed vandaan? ‘n Vlaamse skrywer het by geleentheid opgemerk dat moed die kosbaarste kruid is om aan te kou. Inderdaad. Moed spruit uit ‘n hoopvolle verwagting en hoop spruit uit geloof. Geloofaan God, jou volk en jouself soos dr DF Malan dit so pragtig gestel het. Dit is juis mense se kleingeloof en bygeloof wat gemaak het dat hulle nie meer die gawe van onderskeiding vandag het nie. Dat hulle verwagtings op die materiële eerder as die ewige berus.
Ons geestelike taak op aarde is baie groter as ons materiële taak.Want die geestelike duur voort nadat jy sterf terwyl die materiële tot ‘n einde kom. Ons het dus ‘n hoër roeping as om vir die stoflike te leef en dit te versamel. Dit is ons gees en nie ons liggaam nie, wat gered moet word!
Sonder geloof, sonder hoop, sonder verwagting en sonder moed, sal ‘n vaksien ons nie red nie. Sal ons dat ander ons opinies vorm? Maar daarmee sal ons weer begeester word om groter dinge te doen. En belangriker, om die gawe van onderskeiding te verkry om deur hierdie bose planne te sien wat nou stap vir stap op ons afgedwing word.
Leef dan soos iemand wat glo aan ‘n doel anderkant hierdie lewe. Aan ‘n taak groter as blote oorlewing. En verkry moed deur ‘n vaste geloof. Dit is immers jou roeping!