NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons genadige Vader in die hemel, ons vra dat U in hierdie nuwe jaar ons land sal reinig van al die onheile, en u kinders sal beskerm en na u terug bring sodat hulle weer vir U 'n biddende volk sal wees. Ons bid ook dat U vir ons 'n Christenregering sal gee sodat ons met die regte leiding nooit weer so sal verval soos tans nie. Amen.

WANNEER DIE BESTEL IN DUIE STORT

Andries Breytenbach

Wyle mnr. Jaap Marais het dikwels voorspel dat die politieke bestel waaronder ons land sedert 1994 gebuk gaan, in duie sal stort. Wanneer dit gebeur, sal dit gepaard gaan met geweld en dan sal daar “nuwe” grense getrek word — langs etniese lyne. Daardie tyd moet ons volk gereed wees om ons grense af te baken.

Wat presies word bedoel met “die bestel sal in duie stort”? Ons sien en hoor daagliks hoe die land agteruitgaan: die staatskorporasies, paaie, munisipale dienste. Dorpe sit dae lank sonder water, kort-kort verduur ons beurtsonderkrag, die land se geld is op, die fiskus is leeg gesteel, en dies meer.

Daar gaan letterlik nie ʼn dag om wat daar nie op een of ander plek betogings teen “swak dienslewering” plaasvind nie. Die betogings gaan telkens met geweld, brandstigting, vernielsug en ontwrigting van ander mense se lewens gepaard.

Die instrumente wat wet en orde in die land moet handhaaf en verseker dat die regering in beheer bly, naamlik die polisie, weermag, howe en gevangenisse, funksioneer egter nog — weliswaar nie na wense nie, maar darem tog. Daarom bly die swart regering in beheer van die land. Wanneer hierdie instrumente nie meer funksioneer nie, is die staat se vermoe om wet en orde — en daarmee saam sy gesag — te handhaaf, tot niet. Dan neem die burgery oor: die gepeupel met die doel om te plunder, te verwoes en anargie te skep; en die beskaafdes om in hul onmiddellike omgewings of belangegebiede hulself en hul eiendom te beskerm en orde te handhaaf. Die gebeure in Natal en dele van Transvaal vroeër vanjaar is ʼn voorbeeld van so ʼn situasie.

In ons land met sy 90 persent swart inwoners, waarvan die grootste deel onontwikkeld en boonop werkloos is, vorm hierdie gepeupel die falankse wat roof, plunder en verwoes. In die onderhawige omstandighede ontstaan daar tussen hulle faksies wat met mekaar wedywer (byvoorbeeld die bendes op die Kaapse vlakte). Sulke faksies maak hulle eie reels wat op die inwoners van die gebiede wat hulle domineer, afgedwing word.

As die polisie nie in staat is om die wettige gesagstrukture daar in stand te hou nie, word die gewone landswette effektief vervang met die reels van die sterkste faksie in ʼn bepaalde gebied. Ons het iets daarvan gesien gedurende die ANC se “struggle”, toe hulle die land onregeerbaar wou maak en met halssnoermoorde die bevolkings van talle swart woongebiede tot onderhorigheid aan hulle gesag gedwing het.

Wanneer die anargie uitgebreid en erg genoeg is, proklameer die regering gewoonlik ʼn noodtoestand, want dit stel hom in staat om die gewone regsprosesse en menseregte te systap en allerlei streng reëls en regulasies uit te vaardig ten einde sy gesag te probeer handhaaf. Die polisie word met spesiale magte beklee wat vinnig tot magsmisbruik en onderdrukking van die gewone burgery lei.

Die teenswoordige ramptoestand, wat telkens net verleng word, toon hoe maklik dit is om die verkose parlement te ignoreer en die regte van die burgery wat deur die land se grondwet “gewaarborg” word, na willekeur op te skort en ʼn tirannieke bewind te voer.

Neem die anargie toe en die burgery bereik ʼn punt waar hulle hul met geweld en offensiewe aksie teen die regering se tirannie en die gewapende magte wat dit moet afdwing, verset, slaan die anargie oor in ʼn volskaalse rewolusie. In sulke omstandighede moet die veiligheidsmagte besluit waar hulle lojaliteit lê: by die regering in wie se diens hulle staan, of by die opstandige bevolking wat dalk vorentoe met hulle gaan afreken.

Daar is tans ʼn videoknipsel op die sosiale media in omloop oor drakoniese maatreëls wat in die staat Victoria in Australië ingestel word of staan te word teen persone wat nie die Covid-inentings wil aanvaar nie. Dit behels onder meer dat sulke persone nie winkels mag besoek nie of toegang tot bankdienste kan kry nie, swaar boetes vir winkeliers wat sulke persone sou bedien en swaar boetes vir minderjarige kinders wat nie maskers dra nie.

As so iets in Suid-Afrika geproklameer sou word, wil ek nog die polisie sien wat vir ʼn horde honger gepeupel voor ʼn winkel vol voorraad beduie dat hulle hul eers moet gaan laat inent voordat hul kos mag koop. Uit vrees vir die gepeupel en uit simpatie met hulle, is daar min twyfel oor waar daardie polisie hulle lojaliteit sal laat geld. Wanneer die punt bereik word, stort effektiewe beheer en gesag van die wettige regering in duie, en as die gepeupel eers die gevoel kry dat hulle die oorhand het, ken hul optrede nie meer perke nie. In Frankryk het hulle die Bastille bestorm en die koning se kop afgekap.

In Rusland het hulle die Tsaar en sy hele gesin vermoor.

In Suid-Afrika het oorlede Winnie-hulle geleer hoeveel krag daar in ʼn dosie vuurhoutjies verpak is. Ek sidder vir die parlementsgebou daar in

die Kaap…

Dit is nie net die Covid-beperkings wat so ʼn toestand kan laat ontwikkel nie. Met alles wat die ANC reeds in Suid-Afrika agteruit laat gaan of vernietig het en hulle onuitvoerbare beloftes aan die swartes waarvan dadels gekom het, het die vlakke van ontevredenheid en spanning in die land abnormaal hoog gestyg. Dit word aangevuur deur die onderdrukkende diskriminasie teen ons volk en die voortdurende haatpropaganda wat die witmense blameer vir die swartes se agtergeblewenheid en alles wat verkeerd is in die land, en die gevolglike aanvalle en moorde op ons mense.

Nog ʼn faktor wat die land oornag in anargie kan dompel, is die onbestendige kragvoorsiening deur Eskom as gevolg van sabotasie, diefstal, onwettige kragaansluitings en ander vorms van ondermyning wat klaarblyklik daarop gerig is om te “bewys” dat die huidige hoof ook maar nie beter kon vaar as sy swart voorgangers nie.

Wat ook al die oorsaak mag wees, wanneer so ʼn toestand ontstaan, is die burgerlike gemeenskap op homself aangewese vir sy veiligheid. Die verantwoordelike deel van die bevolking het geen keuse nie as om in die gebiede waar hulle woon, strukture te vestig wat gesag kan uitoefen, orde kan afdwing en hulle mense teen die terreur van die gepeupel en gesagsdraers van die tirannieke owerheid kan beskerm. Ons moet onder geen illusies verkeer nie, regerings kapituleer nie maklik nie en solank hulle volgelinge wapens in die hand het, is daar altyd ʼn klomp lojaliste wat met ongekende magsvergrype die bevolking sal viktimiseer en intimideer. Dit is wat mnr. Marais bedoel het toe hy voorspel het dat die bestel in duie sal stort.

Ons het gesien hoe, tydens die voorgenoemde onluste in Natal en dele van Transvaal, die voorsiening van lewens- en ander noodsaaklike voorrade en dienste ontwrig is tot die mate dat winkelrakke, vulstasies en ander voorsieningspunte leeg geraak het en noodsaaklike lewensmiddele onverkrygbaar was. Vanaf die streke in die land waar die lewe normaal voortgegaan het, kon daar gelukkig noodvoorrade na die onlusgeteisterde dele geneem word. Maar hoe gemaak wanneer die anargie landswyd plaasvind en vervoer so belemmer word dat mense mekaar nie meer op die gewone manier kan bereik nie?

Dit is dan wanneer die inwoners georganiseer moet wees, want nou gaan dit om selfbehoud. Indiwidue met hier ʼn pistool en daar ʼn jaggeweer en ʼn klomp wat hulleself ontwapen het toe hulle hul wapens by die polisie ingehandig het, keer nie ʼn massa besetenes waarvan baie oor ongelisensieerde wapens en selfs outomatiese gewere beskik nie. Dit moet ʼn behoorlik georganiseerde verdedigings- en burgerlike bestuursaksie wees, want die gewone behoeftes van die burgery duur voort.

Die gemeenskap moet weet wie voer die bevel oorhoofs en per groep; wie doen watter take, waar klop hulle aan vir hulp, waar bied hulle hulp aan.

Hulle sal in spanne georganiseer moet word om na die voorsiening van ʼn menigte noodsaaklike dienste en goedere om te sien: elektrisiteit, water, brandstof, brandbestryding, noodhulp, voedsel, medisyne en dinge om babas, oumense en hulpeloses te versorg. Ook kommunikasie, want daar sal nie op selfone en die Internet staatgemaak kan word nie. Ervaring het getoon hoe maklik torings en sentra wat onder regerings- of vyandige beheer is, afgeskakel kan word. Toegang en verblyfreg vir inwoners en arbeiders sal beheer moet word, en fasiliteite om gearresteerde persone aan te hou en met hulle te handel, moet daargestel word.

So sal gebiede tot stand kom waar ons onsself, en ander volke hulleself regeer, nie onder gesag van die huidige volksvreemde regering en wette van hulle parlement nie, want die huidige politieke bedeling sal irrelevant wees, tot niet, sal nog net op papier bestaan. Op die grond sal die toestand anders lyk as tans, en wanneer orde herstel en die land tot bedaring gebring is, sal ʼn nuwe Grondwet en ander wette geskryf word wat die werklikhede van Suid-Afrika en sy volkere verskeidenheid weerspieel, nie die onhoudbare akademiese teorieë van die liberaliste nie.

Is ons gereed om ons grense af te baken? Dit sal goed wees as volksgenote van verskillende instansies byeenkom voordat so ʼn toestand oornag op ons daal. Ons moet oor verskeie van die dinge ooreenstemming bereik en inligting uitruil, want sommige gebiede het al ver gevorder met beplanning vir so ʼn situasie, terwyl ander nog geen gebeurlikheidsplan in plek het nie. Wanneer dit skielik op ons afkom, sal daar nie tyd wees vir beplanning nie, die leidende persone sal te besig wees om die praktiese dinge wat gedoen moet word, te bestuur.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 699 gaste aanlyn