NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat is fout met ons Christene? Wanneer ons 'n klein kindjie oor 'n besige straat sien hardloop sal ons vinnig reageer om die kind te probeer red; intussen sien ons elke dag ontwrigte siele wat smeek om hulp maar ons gaan praat nie met hulle nie. Is die liggaam dan vir ons belangriker as die siel?

DIE AGTER- GEBLEWENES (1)

Andrè E van den Berg

Lees reeks by Agtergeblewenes

Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek "The African Giant":

" 'Your Excellency, what would happen if the white man left the Congo?  How long would it last?'
'A few years' he said, 'because we have built well.  The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent.  There is no other answer".

VOORWOORD

As daar na Afrika verwys word as die 'donker' vasteland, verwys dit nie na die voorkoms van sy inheemse kinders nie.  Afrika se donkerte strek baie verder as blote velkleur.  Dis 'n donkerte van die gees.  Afrika is die agterlikste vasteland ter wêreld en die tuiste van etlike miljoene mense na wie verwys word as 'agtergeblewenes'.

Afrika het agtergebly omdat hy so goed as niks bygedra het tot die mensdom se ontwikkeling nie.  Daar is niks wat hy met trots kan wys nie.  Hy het feitlik geen swartes van naam opgelewer nie.  Enkeles het wel 'n rimpeling op die groot meer van die Afrikasiel veroorsaak wat die rustigheid van die riete aan die oewer liggies versteur en die voëls selfs vir 'n rukkie laat swyg het.  Verder het hulle niks vermag nie.  Absoluut niks nie.

Afrika se mense kon nie eens diere tem of nuwe landbougewasse ontwikkel nie.  Elke dier wat hulle besit en elke gewas wat hulle plant, het van die buiteland gekom.  Nogtans word sy leiers gereeld met heuningkwasse bygekom asof hulle groot verdienste gehad het.  Oor die gruwels waarvoor hulle in hul eie land verantwoordelik is, word daar liefs geswyg.  Afrika se leierskap is 'n deurlopende prentjie van algehele onbeholpenheid en 'n gebrek aan beskawing.

'n Voortreflike landsbestuur bestaan altyd uit 'n korrupsievrye regsbank, 'n vooruitstrewende poswese, 'n florerende mediese- en vervoerdiens, 'n hoogs betroubare polisiediens en doeltreffende staatsdepartemente onder bevoegde administratiewe leiding.  Afrika lewer geen bewys hiervan nie.

Waarom is daar dan so min sukses in Afrika behaal?  Waarom het die meeste Westerse ontwikkelingsprogramme klaaglik misluk?  Navorsing het getoon dat al hierdie tekortkominge en gebreke te wyte is aan swartes se anderse geestesingesteldheid.  By hulle ontbreek noodsaaklike kapitalistiese beginsels soos individualiteit, begripsdenke, skeppingsvermoë asook die rassionele benadering van oorsaak en gevolg.  Derhalwe kan die Afrikamens basies geen sinvolle, konkrete toekomsbeplanning doen nie.

Sonder blanke hulp kon swartes nog geen noemenswaardige vordering in die lewe maak nie.  Let maar net op hoe alles ten gronde gegaan het nadat die koloniale moondhede hulle aan Afrika onttrek het.  Paaie, spoorlyne, geboue, hospitale, skole ensovoorts.

Oral waar blanke regerings vir swartes teruggestaan het, het wet en orde onmiddellik verdwyn en misdaad hoogty begin vier.  Verder het die meeste Afrikalande lelik verstrik geraak in 'n anargie van onbevoegdheid en wanadministrasie.  Euwels soos verdoeseling, vervalsing, bedrog, korrupsie ("struggle bookkeeping") en diefstal het die algemene gang van sake geword.

Afrika se inheemse kinders het 'n baie duidelike wanopvatting oor wat politieke vryheid is.  Dis nie vryheid sonder verantwoordelikheid, rykdom sonder moeite en dienste sonder betaling nie.  Nog minder is dit die vernietiging van die ordelike beginsels van 'n blanke beskawing.

Swartes is terdeë bewus van hul agterlikheid, maar in plaas van die fout by hulself te soek, skryf hulle dit eerder toe aan uiterlike belemmerende faktore.  Dis natuurlik 'n slenter om die simpatie van die wêreld op hulle gevestig te kry en om 'n stuiwer of twee in die bedelbordjie te laat val.  Nee, agterlikheid moenie bejammer word nie.  Dit moet eerder beveg word!

Agterlikheid is geen lewenslange vonnis waaronder sekere mense noodwendig gebuk moet gaan nie.  Dis nie 'n onvermydelike toestand nie, maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte te lewer as die res van die wêreld nie.  Dis natuurlik 'n baie gerieflike bos waaragter hulle hul innerlike swakhede, luiheid en totale gebrek aan ambisie kan verskuil.

Blankes se moeitevolle arbeid met Afrika se inheemse kinders loop na baie jare van groot opofferings op feitlik niks uit nie.  Dit het astronomiese bedrae belastingbetalersgeld en derduisende onskuldige lewens gekos sonder enige noemenswaardige en meetbare sukses.  Die halstarrige swart perd is met groot moeite tot by die beskawingswater gebring, maar hy wou nie en sal ook nooit daarvan drink nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1307 gaste aanlyn