Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons lewe word deur ons gedagtes ingekleur. Daarom is eerbare gedagtes die moeder van alle wysheid. ‘n Eerbare volksleier se karakter word soos kunstige borduurwerk stekie vir stekie al hoe mooier. Dit bring nie net sonskyn in sy eie lewe nie, maar ook in diè van sy volksgenote.
GEBOORTE VAN DIE AFRIKANERVOLK
In die begin het die Here die hemel en die aarde geskape. Daarna het Hy die mens gemaak en hom in sy eerste tuiste geplaas in die tuin van Eden, êrens in Klein-Asië. Ná die sondeval het die verderf en ongeregtigheid so toegeneem dat Hy dit nodig gevind het om die mens met die sondvloed feitlik van die aarde af te verdelg, met uitsondering van die Noag-gesin. Maar saam met Sem, Gam en Jafet se afstammelinge het die groot verderf maar spoedig weer in volle blom gestaan toe die mens in sy grootheidswaan homself wou herskep in ‘n reënboognasie, wat in staat moes wees om by die toring van Babel sy Skepper uit te daag.
Die almagtige God het hulle met taalverwarring uitmekaar gedryf en apartheid ingestel, sodat hulle in verskillende nasies kon ontwikkel, wat in afsondering van mekaar, die gegewe aarde kon bewoon.
Deur die eeue heen is hierdie Godgegewe reëlings deur Satan teengestaan in sy pogings om die nasies teen mekaar op te rui en hulle aan te hits om mekaar se grondgebied te verower. Die grotes het hulself verlei om in verwoestende oorloë gruwelike onregsdade teenoor die kleiner nasies te pleeg.
Uit die warboel van Europa se kompeterende nasies, het die Here in die 17e eeu ‘n klein groepie Hollanders aan die Kaap gevestig, wat met sy wil daar moes gedy en ontwikkel en groei tot ‘n selfstandige volk, ‘n nuwe nasie in eie reg, met eie grondgebied en eie taal, ‘n volk wat Hom moes dien en eer en die lig van die Christelike beskawing onder die barbaredom aan die suidpunt van Afrika moes uitdra.
Dit was die geboorte van die Afrikanervolk, wie se vestiging en groei die afgelope drie eeue lank gekenmerk is deur felle stryd teen meedoënlose onreg wat gedurig teen hom gepleeg is met die doel om sy voortbestaan te vernietig.
Vandag is ons steeds in dieselfde situasie met Satan as aanvoerder van sy gesante in kategorieë vanaf die wêreldgeldmag tot hieronder by die marionette soos die ANC-regime en sy bendelede soos Malema wat dreig om Eskom se krag op 20 Maart finaal af te skakel sodat hy Ramaphosa uit die kussings kan haal.
Daar is nuus vir hierdie verskeie swart faksies wat glo hulle gaan met ‘n staatsgreep self in die regeerstoel land. Dieselfde God wat destyds hemel en aarde geskape het, is steeds God van Suid-Afrika. En Hy alleen sal besluit wie Hy in daardie stoel toelaat. Soms moet sy volk deur hel gaan om Hom in sy volle glorie te erken en eer, en ons hét deur hel gegaan die afgelope 27 jaar, maar die tyd is nou naby dat dinge gaan verander. Wanneer die swart geweld ons land pikdonker maak – ons eerste burgeroorlog – sal NAVO kwansuis orde uit die chaos kom skep en ‘n interrim-regering instel wat uit die Suid-Afrikaanse geldmag sal bestaan; wat soveel skade sal aanrig dat die Boere uiteindelik die wapen teen hulle sal opneem en ná ‘n intense tweede oorlog die oorhand kry en die geldmag vir altyd uit die land verdryf. Dan sal ons weer vry wees onder ‘n teokratiese regering met God aan die stuur sodat ons nooit, maar nooit weer hierdie pad hoef te stap nie.
Maak u reg vir ‘n rowwe rit en moenie moed opgee nie; veg, al lyk alles donker, nodeloos en verskriklik; die son sal weer skyn en ons sál ons vryheid ná hierdie tweede oorlog in ons land finaal terugkry.
Vertrou op God, versterk u geloof in Hom, raak geestelik en fisiek paraat en moenie twyfel nie!