NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die beste wapen teen hartseer is dankbaarheid.  Dankbaarheid bring blydskap.  Blydskap is weer ‘n vrug van die Heilige Gees.  As jy God dus wil behaag, moet jy leer om verdriet uit jou lewe te weer.

KORRUPSIE

Waar ons pas tydens 'n onderhoud met Andre de Ruyter gehoor het hoe Eskom elke maand sowat 'n miljard rand steel en Eskom letterlik eiehandig afbreek, dit terwyl die land feitlik sonder krag sit, kan ons gerus na meer van die misdade kyk. 

Misdaadstatistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is.   Jare gelede was dit een van die veiligste en beleggingvriendelikste lande in die wêreld.   Wat het hierdie verval veroorsaak? Dwase politieke besluite en grootskaalse korrupsie.

Korrupsie is een van die grootste, vernietigende magte want alles wat daardeur aangeraak word, verval onvermydelik.   As korrupsie by ʼn land se voordeur inkom, loop voorspoed by die agterdeur uit.   Die geskiedenis van Afrika is ʼn eindelose tablo van die tragiese gevolge van korrupsie. Laasgenoemde is ʼn resep vir die dood!

Naas moord is korrupsie die tweede ergste misdaad in Afrika.

Die Afrika-Unie het onlangs bereken dat Afrika-leiers jaarliks meer as $148 miljoen steel en dat meer as 25% van Afrika se bruto binnelandse inkomste jaarliks weens korrupsie verlore gaan.

Global Financial Integrity het bereken dat Afrika minstens $900 miljard sedert 1970 verloor het.  Dis meer as die totale ontwikkelingshulp wat Afrika gedurende hierdie tyd van die buiteland ontvang het.   Die Wêreldbank het in 2012 berig dat 40% van Afrika se privaatrykdom in die buiteland bewaar word.

Meer as die helfte van Afrika se mense leef van minder as $2 per dag en dit word, benewens onverantwoordelike mense-aanwas, aan korrupsie toe geskryf.   Buitelandse hulp kan nie Afrika se armoede uit die weg ruim nie. Korrupsie moet eers hokgeslaan word. Afrika ontvang al vir meer as 50 jaar oorvloedige buitelandse hulp sonder dat dit enige armoedeverligting gebring het.   Dit het net diktators en hul politieke kaders verryk.  

In Afrika word die reg gereeld verkrag sodat staatshoofde en ander korrupte hoëlui aanklagtes van korrupsie teen hulle kan omseil. Salomo waarsku: “Die goddelose neem ʼn omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig” (Spr.17:23).  

Solank as wat Afrika nie van korrupsie vry raak nie, sal dit die armste vasteland in die wêreld bly en selfs nog baie armer word.   Onbevoegde, geldgierige regeringslui steel Afrika leeg. Dit skep ʼn atmosfeer van verskrikking soos wat tans in Zimbabwe heers.

Korrupsie waai ook teen orkaansterkte in Suid-Afrika. Ons land gaan gebuk onder politici wie se korrupte lewens ensiklopedies groot is. Plaaslike nuusmedia berig feitlik daagliks van regeringslui se skandale – wapenskandale, reisskandale, die misbruik van openbare fondse, dokumentvervalsing, omkoopgeld ens.   Dis die nuus van die dag! En dan is daar die groter korrupsie-skandale van die ANC-regime  wat eerder deur die media verswyg word.

Die regering se gewaande besorgdheid oor die opheffing van armes was ʼn rookskerm en slenter om die deur vir korrupsie en selfverryking te open. Sal die Allan Boesak-episode ooit vergeet word!  

In 2012 het die ouditeur-generaal rapporteer dat meer as R20 miljard aan ongemagtigde uitgawes in Suid-Afrika bestee is en minstens R30 miljard weens korrupsie verlore gegaan het.   Van die 39 staatsdepartemente het slegs drie ʼn skoon oudit gehad.

Ten spyte van die miljarde rand wat die staat met belastinggeld inwin, is daar nog elke jaar ʼn tekort aan broodnodige fondse. Hospitale het ʼn tekort aan medisyne en skoolkinders moet sonder handboeke klaarkom. Hierdie droewige prentjie het ʼn onderskrif: Korrupsie!

"There is enough for everyone’s need, but not for everyone’s greed!”

Geen pen kan die omvang van korrupsie in Suid-Afrika beskryf nie. Leiers is soos muise wat in ʼn bos gevang en in beheer van ʼn kaasfabriek geplaas is!   Ongelukkig het die publiek al so gewoond aan korrupsie-beriggewing geword, dat die booswigte nie veel teenstand kry nie.

Korrupsie voer nie ʼn alleenbestaan nie. Dis die vroedvrou van ontwrigting. Gevolglik gaan dit met anargie, geweld, wetteloosheid en onsedelikheid gepaard.   Korrupte gemeenskappe is sedelose gemeenskappe.

Korrupsie is wesenlik diefstal, iets wat die Woord van God duidelik verbied.   Wat dryf mense daartoe om hierdie gebod te oortree? Geldgierigheid. Wie hul aan korrupsie skuldig maak, is nie noodwendig arm nie.   Baie van hulle het genoeg om van te leef, maar wil nog meer hê!  

Daar is ʼn groot verskil tussen armoede en gierigheid.   Armoede is om dinge te benodig en gierigheid is om alles te wil hê.   Gevolglik is korrupsie ʼn een-man strooptog en ʼn gruwel: “Die Here laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg” (Spr.10:3).

Rykdom wat weens korrupsie verkry en by die dood aan erfgenames bemaak word, bring ʼn vloek oor erfgenames. “In die huis van die regverdige is ʼn groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring” (Spr.15:6).

Korrupsie en omkopery is stalmaats en ʼn gruwel omdat dit die reg verdraai en wetsgehoorsame burgers skaad. “Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges” (Ex.23:8).

Korrupsie is vir leiers ʼn groot versoeking. Samuel het nie geswig nie. “Hier is ek; getuig teen my voor die Here en voor sy gesalfde; wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak – dan sal ek dit aan hom teruggee” (1 Sam.12:3).

Saggeus is nog ʼn voorbeeld.   Toe hierdie korrupte tollenaar deur die Heilige Gees van sonde oortuig is, het hy die sonde laat staan: “... Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug” (Luk.19:8).   Daarna sê Jesus: “... Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom...” (:9).

Eerbare mense vind meer rus op ʼn bed as korrupte konings op ʼn troon. Mense smag na sielerus.   Daarom sê Jesus: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).   Korrupsie daarenteen vermoei en takel mense af.

Korrupsie is selfopgelegde tronkstraf en ontneem mense van vryheid. Jesus het juis gekom om sondaars van die kettings van sonde te bevry. In Joh.8 sê Jesus dat die waarheid mense vrymaak.   Dis egter net moontlik indien mense die lewenspad reguit stap.   Daar is geen tolgeld op die reguit pad van die lewe te betaal nie. Die reguit pad lei altyd na regte dinge. Korrupsie daarenteen is ʼn donkerte van die siel. Dis soos ’n maanlose nag sonder sterre.

’n Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, kan nooit deur korrupte politici in stand gehou word nie.   Salomo sê in Spr.29:4 dat korrupsie ʼn land se ontwikkelingsmoontlikhede skaad. Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan waar alles sienderoë onder die gewig van korrupsie in duie stort.

Korrupsie maak lande sag vir bewindsoorname. Kommunisme het byvoorbeeld nog nêrens in die wêreld vastrapplek verkry alvorens die land nie deur korrupsie geteister is nie.   Korrupsie is wesenlik skadeliker as prostitusie. Prostitusie skaad enkelinge, maar korrupsie ʼn hele volk.   Daarom is die einde van ʼn korrupte regering vreugde vir ʼn volk!

In die tyd van die profeet Amos was korrupsie sterk aan die orde van die dag. God het Israel deur die profeet gewaarsku dat Hy hulle werke sal oordeel: “Die Here het gesweer... Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie” (Amos 8:7). En Hy het ook nie. Kort daarna is Israel deur die Assiriërs in ballingskap weggevoer.  

Die Bybel eis dat gelowiges eerbare maatstawwe handhaaf: “Twee soorte gewigte, twee soorte maat – hulle al twee is vir die Here ʼn gruwel” (Spr.20:10). “Sal Ek rein kan wees by ʼn valse weegskaal en by ʼn sak vol bedrieglike gewigte? Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal en hulle tong is bedrog in hulle mond” (Miga 6:11,12).

Korrupsie neem toe omdat skurke nie vinnig of swaar genoeg gestraf word nie. “Omdat die oordeel oor ʼn verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen” (Pred.8:11).

ʼn Owerheid moet korrupsie beveg. Paulus skryf: “Want hy is ʼn dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ʼn dienaar van God, ʼn wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:4). Petrus skryf: “Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here – of dit koning is of opperheer, of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys” (1 Pet.2:13,14).

Gelowiges moet eerbaar wees. Saggeus het besef dat om ʼn eerbare lewe te leef, hy self eers skoon moet wees. Een blinde kan nie ʼn ander blinde lei nie. Paulus skryf aan die Efesiërs: “...en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efes.5:11).

Ware volksleiers verskil hemelsbreed van booswigte wat hul as leiers voordoen.   Volksleiers het waardes; korrupte politici nie. Hulle het slegs ʼn prys omdat hulle gewetens met geld vervang is.   Mense mag geld vervals. Geld vervals egter ook mense! 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5972 gaste aanlyn