Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Suid-Afrika het sedert sy Christelike grondwet vernietig is, in ’n tipiese Grieks-heidense denkwyse verval. Volgens hierdie denkwyse is die mens selfstandig genoeg om te weet wat reg en wat verkeerd is. Gelowiges het egter die Bybel met die Tien Gebooie as riglyn vir ’n vreedsame samelewing nodig. Wie dit gehoorsaam, leef in vrede. Wie dit minag, leef in vrees, soos in die Nuwe Suid-Afrika!
MAG ONS DIE REGERING TEENSTAAN?
Daniël is ’n baie belangrike boek vir die gelowiges van die eindtyd. Ons wat vandag leef sien reeds die tekens van die eindtyd. Soos wat gelowiges in die tyd van Daniël geleef het, sal dit ook aan die einde wees. Daar sal vervolging van staatsweë se kant wees en ons sal moet sterk staan in ons Christelike oortuigings. Ons hoef nie bang te wees nie want daar sal ook Goddelike ingrypings wees soos in die tyd van Daniël en sy drie vriende!
Die Bybel het ook talle ander voorbeelde van gelowiges wat ter wille van God burgerlik ongehoorsaam was. In Ex.1 het die Farao twee Hebreeuse vroedvroue opdrag gegee om alle manlike babas dood te maak. Hulle het geweier: “Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe” (:17). En God het hulle geseën: ” Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys.… En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk” (:22,21).
Jos.2 vertel van Ragab wat die koning se opdrag veronatgsaam het om die twee Israelitiese spioene uit te lewer en hulle laat ontsnap. Alhoewel dit ’n opdrag van haar koning was wat met die dood gestraf kon word, het sy geweet dat sy dit nie kon doen nie. Die Israeliete het dan ook haar lewe gespaar toe hulle die stad ingeval het.
In 1 Sam. gee Saul opdrag dat niemand moes eet voordat hy die geveg teen die Filistyne gewen het nie. Toe Jonathan die opdrag veronatgsaam en heuning eet om hom te versterk, het Saul opdrag gegee dat hy doodgemaak moes word. Toe sê sy manskappe vir hom: “ …. Moet Jonathan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! Sowaar as die Here leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie!.... So het die volk dan Jonathan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie” (1 Sam.14:45).
1 Kon.18 vertel van Obadja wat God gevrees het. Toe sy koningin Isebel die profete van God begin vermoor, het hy 100 van hulle versteek en hul so aan die dood laat ontkom. Sy optrede was direkte ongehoorsaamheid aan die regering van die dag, maar in ooreenstemming met God se wil. Daarom het Isebel se plan om al die profete van God dood te maak, nie geslaag nie.
2 Kon. 11 vertel van Atalia, koning Ahasia se moeder, wat na sy dood die hele koninklike geslag van Juda laat uitmoor het. Die koning se dogter het egter vir Joas weggesteek om die bloedlyn te behou. Toe hy ses jaar later koning word, het hy sy ouma laat teregstel. En dit was reg in God se oë.
Die boek Daniel vertel van twee gevalle van burgerlike ongehoorsaamheid. Die eerste in hoofstuk 3 - die bekende verhaal van Sadrag, Mesag en Abednego wat nie voor die beeld van koning Nebukadneser wou buig en uit die brandende vuuroond verlos is. Die tweede verhaal is in hoofstuk 6 waar Daniël koning Darius se bevelskrif om niemand anders as die koning te aanbid nie, veronagsaam het, waarna God hom uit die leeukuil verlos het.
Handelinge 4 vertel van Petrus en Johannes wat ’n verlamde man genees het en weens hul getuienis oor Christus in die tronk gegooi is. Die Joodse kerklui wou die Christendom probeer keer en die dissipels beveel om nooit weer van Jesus te praat nie: “ Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis. ; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien of gehoor het nie” (Hand.4:19,20). Toe die kerklui hulle daarna weer aan die opdrag herinner, sê Petrus: “… Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Hand.5:29).
Nog ‘n voorbeeld van burgerlike ongehoorsaamheid wat in die Bybel opgeteken is, is in Openb.13 waar die Antichris almal wat in die eindtyd leef, opdrag sal gee om die beelde wat van homself gemaak is, te aanbid. Dis ’n soortgelyke geval as in die tyd van Daniël. Johannes skryf dat die gelowiges van die eindtyd dit nie sal doen nie.
Burgerlike ongehoorsaamheid is nie sonder meer sonde nie. Inteendeel, deur gehoorsaam te wees aan 'n heidense regering se opdragte is gewoonlik sonde! Die Bybel gee vir gelowiges duidelike riglyne. Hulle moet ʼn regering wat gruwels wettig en mense tot boosheid aanhits, teenstaan. Mag ons volk wat so stukkend en verward is as gevolg van die bose swart regime met hulle wetgewing soos aborsie ea, deur God genees word en nie aan die regime se gruwels meedoen nie, al is dit direk teen regeringsopdragte, solank dit in ooreenstemming met God se wil is.