Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het aan die fariseërs gesê dat Hy barmhartigheid wil sien by mense, nie allerhande offerandes nie. Is ons nie dikwels wreed en veroordelend teenoor ons medemens sonder goeie rede nie? Ons moet onthou dat die oordeel God alleen toekom.
NIKS IS NUUT NIE (5)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE KERK IN DIENS VAN DIE VYAND
" Dit was vir die Boerevolk ‘n wrede ontnugtering toe die NG Kerk sy lidmaatskap vir anders-kleuriges oopgestel het. Die kerkleiding wou die volksvyand ter wille wees al sou dit ook ‘n vervreemding van sy eie mense beteken. Geen prys was te hoog nie! Meer as 'n eeu later het die NG Kerk weereens in die hand van die volksvyand gespeel toe hy sy lidmaatskap vir alle rasse oopgestel het. Daarmee het hy hom so laat kompromiteer, dat hy geen vinger kon verroer ten einde te keer dat Suid-Afrika se Christelike Grondwet met 'n heidense een vervang word nie. Gevolglik is die NG Kerk instrumenteel daarin dat die staatsgesag in die hande van rassehaters beland het wat geen geheim van hul kommunistiese ideale gemaak het nie! "
Met die koms van die Britse setlaars (1820) was die Zoeloes besig om opgang onder die bloeddorstige Tsjaka te maak. Dit het vir blankes en ander swart rasse niks goeds voorspel nie. Brittanje se onversadigbare drang na gebiedsuitbreiding het in 1836 die Cape of Good Hope Punishment Bill die lig laat sien wat bepaal het dat alle blankes suid van die 25 grade breedtegraadlyn aan die plaaslike Britse gesag onderhorig was. Dit het swartes in staat gestel om Boere vir vermeende wandade voor die geregshowe te daag.
Die Boerevolk was in ‘n onbenydenswaardige situasie.
Buitelanders wat met nuwe idees en filosofieë begeester was, was totaal uit voeling met die ware toedrag van sake in verafgeleë lande soos Suid-Afrika. Mense met praktiese ervaring het geweet (en ervaar!) dat Afrika se edel barbare allermins edel was. Die Britte het egter halstarrig geweier om van hulle sinnelose vredesverdragpolitiek af te sien en voortgegaan om die barbare as’t ware vir hulle vergrype te beloon!Mooipraatpolitiek het beslis nie met die swartes gewerk nie. Dis as ‘n swakheid gesien wat uitgebuit moes word. Die lamsakkige optrede van die plaaslike owerheid was byvoorbeeld vir die dood van landdros Andries Stockenström en 14 burgers verantwoordelik! Ten spyte van alle beskikbare, onweerlegbare feite, was Brittanje nog steeds daarvan oortuig dat die grensoorloë nie swartes se skuld was nie, maar Boere wat hulle getart het, ‘n mening wat deur die verfoeilike Britse filantroop-sendelinge georkestreer was.
Die doelbewuste verengelsing van die Kaap was vir die Boerevolk 'n verdere bitter pil om te sluk. Sir Richard Bourke se Proklamasie (1828) het Engels die enigste amptelike landstaal gemaak. Hierdie ongelukkigheid sou 54 jaar duur. Die Britse owerheid het die taal van meer as 80 % van die burgers geminag.
In hulle poging om alles te verengels en die Boerevolk van hul gevestigde tradisies te vervreem, het die volksvyandige owerheid selfs nie die Boerevolk se grootste kerk ontsien nie. Hulle het geweet dat die Boere baie geheg aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) was en die kerkleiding blindelings gehoorsaam het. Die NG Kerk was as’t ware die Boerevolk se gewete.
Die Boerevolk kon baie dinge van die Britse owerheid verdra, maar nie die gelykstellingspolitiek wat op hulle afgedwing is nie. Daarom was dit vir hulle ‘n wrede ontnugtering toe die NG Kerk sy lidmaatskap vir anders-kleuriges oopgestel het. Die kerkleiding wou die volksvyand ter wille wees al sou dit ook ‘n vervreemding van sy eie mense beteken. Geen prys was te hoog nie!
Die Boerevolk se nasionale- en rassebewussyn was op daardie tydstip alreeds sodanig ontwikkel, dat hulle onmiddellik teen die beoogde rassevermenging in opstand gekom en geweier het om dieselfde gees as die ontspoorde kerkleiding te adem. Vir hulle was die leer van die gelykheid en broederskap van die mensdom allermins op die Bybel gegrond, maar eerder op die bose.
Tragies genoeg het die meerderheid van die burgers die ontsporing van die NG Kerk gelate aanvaar. Die verloopte kerkleiding het hom openlik by die volksvyand geskaar deur hom in geen onduidelike taal teen die Groot Trek uit te spreek nie. Baie van die Voortrekkers is daarna selfs onder sensuur geplaas!
Die NG Kerk was van mening dat die Voortrekkers hulle eerder aan die Christelike owerheid wat God oor hulle aangestel het, moes onderwerp. Dit was uiters naïef van die NG Kerk om te verwag dat die Voortrekkers die Britse landrower-owerheid as die wil van God sou aanvaar. Die Bybel het te duidelik teen landrowery gewaarsku. "Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is" (Jes.5:8). "Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die man en sy erfdeel" (Miga 2:2). Die NG Kerk het sy hand oorspeel.
Meer as 'n eeu later het die NG Kerk weereens in die hand van die volksvyand gespeel toe hy sy lidmaatskap vir alle rasse oopgestel het. Daarmee het hy hom so laat kompromiteer, dat hy geen geen vinger kon verroer ten einde te keer dat Suid-Afrika se Christelike Grondwet met 'n heidense een vervang word nie. Gevolglik is die NG Kerk instrumenteel daarin dat die staatsgesag in die hande van rassehaters beland het wat geen geheim van hul kommunistiese ideale gemaak het nie!