Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou spiere nie oefen nie, word hulle swak. As jy die vermoëns en vaardighede wat God jou gegee het, ewe-eens nie gebruik nie, sal jy dit verloor. As jy die vermoëns werklik gebruik soos dit bedoel is, sal God dit ook vermeerder – dit is 'n belofte wat Hy aan ons maak.
NIKS IS NUUT NIE (9)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
"Indiërs het baie jare later 'n beduidende rol in die beplanning van Marxistiese terreur in Suid-Afrika gespeel, iets wat veral met die opspraakwekkende Rivoniaverhoor aan die lig gekom het."
Die Britse owerheid se openlike vyandiggesindheid jeens die Boerevolk was al te duidelik in die aanloop tot die Tweede Vryheidsoorlog te bespeur. Nadat goud in die ZAR (
Toe Chamberlain verneem dat buitelanders dit vir president Paul Kruger moeilik gemaak het om wet en orde te handhaaf, het hy met voorbedagte rade in die sake van die ZAR-regering begin inmeng. Chamberlain het eerstens teen die aanname van die Uitsettingswet beswaar aangeteken, ‘n wet waarmee hy van ongewensde immigrante ontslae geraak het. Brittanje kon laasgenoemdes natuurlik baie handig teen Kruger gebruik!
Daarna het Chamberlain teen die Vreemdelingewet (immigrasiebeheer) beswaar gemaak. Hoe meer vreemdelinge die ZAR binnegekom het, hoe groter kopseer het dit vir die ZAR-regering geword - presies wat die Britse grondrowers wou hê! Voorts het Chamberlain ook teen die Perswet beswaar gemaak. Hierdie wet het Kruger in staat gestel om volksvyandige koerante vas te vat.
Toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, het Brittanje voorgegee dat hulle ook in belang van swartes wat deur die Boere van hul grond ontneem is, geveg het. Britse soldate het swartes selfs aangehits om met Boerekrygs-gevangenes die spot te dryf. Tydens die latere rebellie is generaal De Wet byvoorbeeld met opset in ‘n luisbesmette swart kampong by Kinberley aangehou. In Kaapstad het kleurlinge weer die Boerekrygsgevangenes bespot. Dis jammer dat die kleurlinge hul telkens in die geskiedenis by die volksvyand geskaar het en die Boerevolk geleer het om hulle nooit vertrou nie.
Vrouens en kinders het dikwels onder swartes se spot en hoon deurgeloop. In etlike gevalle is vrouens en dogters selfs van al hul klere gestroop om die voorwerp van Britte en swartes se vernedering, spot en wellus te word. Weerlose plaasvrouens is dikwels deur swartes aangeval en verkrag omdat laasgenoemdes geweet het dat hulle nie gestraf sou word nie. Die Britte het altyd ‘n blinde oog na sulke gruweldade gedraai.
Beweringe dat baie swartes sy aan sy saam met die Boere teen die Britte geveg het, is van alle waarheid ontbloot. Anderskleuriges was nog altyd 'n gewillige instrument in volksvyandige hande en het tydens die Tweede Vryheidsoorlog aktief aan Britse kant deelgeneem. Daarom was dit onder die Boerekrygers 'n ongeskrewe reël om anderskleuriges in Britse uniforms onmiddellik tereg te stel.
Toe Brittanje sy berugte verskroeide aarde beleid begin toepas het, het talle boere hul vee na Zoeloeland aangejaag ten einde die gruwel te probeer ontkom. 'n Zoeloe-impi van nagenoeg 1500 swartes het die Britte egter gehelp om op die boere se vee te beslag lê. Op 5 Mei 1902 het Zoeloes selfs 'n Boeremag naby Vryheid aangeval en 56 blankes wreed om die lewe gebring.
Indiërs was ook van meet af aan teen die Boerevolk gekant en in baie gevalle vir baie van die rassespannings verantwoordelik. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Indian Planters Gazette hom openlik teen die Boerevolk uitgespreek en die Britte versoek om die Boere soos pesbesmette rotte genadeloos uit te roei.
Indiërs het baie jare later 'n beduidende rol in die beplanning van Marxistiese terreur in Suid-Afrika gespeel, iets wat veral met die opspraakwekkende Rivoniaverhoor aan die lig gekom het. Tydens hierdie verhoor is Nelson Mandela as 'n gewetenslose terroris ontmasker en saam met ‘n klompie Jode en Indiërs die doodstraf opgelê. Etlike van hierdie Indiërs het na April 1994 leiersposisies in die nuwe bedeling ontvang. 'n Mens wonder net vir hoe lank? Swartes het in werklikheid geen erg aan Indiërs nie. Laasgenoemdes het al dikwels onder 'n swart bewind die slegste daarvan afgekom!
Die Tweede Vryheidsoorlog het ook sy kwota volksverraaiers opgelewer, volksgenote wat vir die volksaak geen duit omgegee het nie omdat hulle slegs op eiebelang ingestel was. Onder hulle was daar ook kerklui soos Adriaan Hofmeyr, 'n NG Kerk-leraar, wat die Boerevolk oneindige skade aangedoen het.
Hofmeyr het as agent van Kitchener talle konsentrasiekampe besoek en die vrouens aangespoor om hul mans tot oorgawe te oorreed. Toe Emily Hobhouse haar mededelings oor die haglike lewe in die konsentrasiekampe in