Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen volksleier is bo die reg verhewe nie. Dit wat vir die volk geld, geld ook vir hom. Hy durf nooit die regsbevoegdhede as ‘n persoonlike besitting gebruik nie. Slegte volksleiers misbruik graag die reg om vir hulself naam te probeer maak deur vrees by onderdane in te boesem. Dis sleg om iemand uit vrees te moet eerbiedig. Ongelukkig maak ‘n donkie met ‘n leeuvel aan ook mense bang!
BEGIN VAN DIE EINDE VAN BLANKE HEERSKAPPY IN SA
Hierdie hoofstuk plaas die kollig op die Vorster-era wat van September 1966 tot Augustus 1978 gestrek het. Toe B.J. Vorster op 13 September 1966 ingehuldig is as Eerste Minister van die Republiek, het hy belowe dat hy in die voetspore van dr. Verwoerd sou volg. Tyd sou ons leer dat daardie belofte geen krag sou dra nie, want Vorster was vanweë sy obskure verlede reeds ingebind by kragte wat die Afrikaner nie goedgesind was nie. Ons sal vind dat Vorster tot hy sy bedanking as premier op 28 Oktober 1978 gehou het by die riglyne van die bloudruk wat in 1964 deur die Council on Foreign Affairs aan hom gegee is.
Die Illuminati het met hulle beplanning gesorg dat Vorster se bewindsjare sou saamsmelt met Richard Nixon se bewindsjare toe hy president van die Verenigde State van Amerika sou word. Omrede Nixon hom deur die Council on Foreign Relations laat inbind het, het hy sy buitelandse administrasie met die struktuur van die Council on Foreign Relations laat verstrengel raak. Dit het ook meegebring dat Kissinger 'n dryfkrag sou word wat die Blanke heerskappy in Suid-Afrika en Suidelike Afrika wesenlik sou beïnvloed.
Dit is ook so dat 1972 'n waterskeidingjaar vir Suid-Afrika sou wees. Dit was die jaar waarin Vorster se 'liberale staatsgreep' in die Broederbond voltooi is. Sedert 1973 sou die CIA met sy frontorganisasie, Verligte Aksie-beweging, die sogenaamde "liberalisation of South Africa " in die potitieke hoofstroom stuur na 'n veelrassige bestel. Verligte Aksie-beweging, die CIA se mees klandestiene operasie, was toe nog nie onthul nie. Die Verligte Aksie-beweging se eerste taak was om die Broederbond se Uitvoerende Raad finaal oor te vat en dit daarna as 'n forum te misbruik om 'n politieke hoofstroom daar te stel wat die CIA se goedgunstige oorweging wegdra. Ons sal in die volgende hoofstuk leer dat Samuel Huntington 'n bloudruk formuleer wat 'n inhoud sou gee aan hierdie CIA politieke hoofstroom.
Die CIA antisipeer die gedagte van 'n Inligtingskandaal om Connie Mulder se droom van premierskap te blokkeer. Selfs Eschel Rhoodie se onortodokse metodes om inligting te bestuur is 'n CIA front. Ook Nico Diederichs word vanweë sy geldgierigheid ingetrek by die Rockefeller-CIA-konneksie wat nie alleen daartoe sou lei dat hy Hendrik van den Bergh manipuleer om Mulder se Inligtingsdepartement as 'n glyplank te gebruik om geheime inligtingsprojekte te loods nie, maar hom ook skuldig sou maak aan valutabedrog wat uiteindelik sou lei tot die sluipmoord op Robert Smit en sy eggenote.
Van die belangrikste geheime projekte waarop ons die kollig laat val, is die stigting van die Afrikaner Weerstandsbeweging en Inkatha. Ons sal vind dat Tienie Groenewald by hierdie geheime inligtingsprojekte ingetrek word, dat hy van Rhoodie leer en dat Groenewald inderdaad gou agterkom dat hy die regering se ruggraat is in die geheime inligtingsprojek. Hy ontwerp Totale Aanslag en Totale Strategie wat ook die magstrukture van P.W. Botha wesenlik sou beïnvloed.
Onder Vorster se heerskappy behou die Afrikaner wel sy superioriteit, maar hy doen afstand van die bepaalde beginsel van Apartheid wat die eerste stap sou wees na politieke oorgawe aan 'n Swart meerderheidregering (African National Congress en Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party). Hy het ook nie alleen gehelp om die Smithregering van Rhodesië te ondergrawe nie, maar ook die Blankes van Suidwes-Afrika tot 'n groot mate aan die genade van 'n toekomstige Swartmeerderheidsregering oorgelaat. Die Buro vir Staatsveiligheid het hulp aan Frelimo verskaf om die CIA te help om die Portugese bewind in Kommunistiese hande te laat beland. Voorts sal ons vind dat die Buro saamspeel met die CIA se planne om Suid-Afrika by die Angolese oorlog betrokke te kry teneinde P.W. Botha se kanse op premierskap te sink. Daarby voer die Buro ook met die KGB geheime gesprekke wat ook lig werp op die Buro se anti-Afrikanersentiment. Ons kom tot die gevolgtrekking dat Vorster in die geheim saamgewerk het met die Illuminati en die Geldmag. Ons reeds geleer dat Vorster nie eg-Afrikanernasionalisties georiënteerd is nie. Derhalwe moet die Vorster-era gesien word as deel van die aanslag teen Afrikanernasionalisme.