NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die kosbaarste besitting wat ek aan ander sou wou gee is my geloof in Jesus Christus, want by Hom alleeen kan jy gelukkig wees – al besit jy alles in die wêreld maar het Hom nie in jou lewe nie, sal nie waaragtig nie gelukkig wees nie.

DIE WERKLIKE RASSEHATERS!

SWARTES SIEN “VERSOENING” AS ‘N SWAKHEID WAT OM SLAE VRA

Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees.  Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: "Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! " Intussen neem swart rassehaat epidemiese afmetinge in ons land aan en is die duidelikste in die werksopset te sien soos pas weer gebeur het. 

Weer eens seëvier rassisme in sy ergste vorm. Dis die tweede gyselaarsdrama in net ‘n paar maande by die Gold One se Springs-myn waar swart werkers die blanke werkers vir dae lank aangehou en gemartel het. Hulle is pers en stukkend geslaan en gedwing om hulle klere uit te trek terwyl hulle uitgeskel is vir “boere”. Die blanke myners sê hulle is agv hulle ras geteiken en as pionne gebruik in die magstryd tussen vakbondleiers en die mynbase. Hulle moes 350m onder die grond luister na die sataniese planne van die swartes dat daar “genoeg blankes is om dood te maak, dan sal die mynbase luister…” Stakers het paletplanke met spykers aan mekaar vasgekap, daarmee en met pikstele en pype die blanke werkers op hulle boude, bene, arms en rue geslaan. Brandblussers is in hulle gesigte uitgespuit en is hulle gedwing om al bloeiende slagspreuke soos Viva en Amcu te skree.

Dit het verlede Donderdag begin en tot Maandag geduur toe 447 werkers uiteindelik vrygelaat en vir ernstige beserings behandel is. Natuurlik is niemand nog in hegtenis geneem nie te midde van swaar polisieteenwoordigheid gedurende die hele drama.

Blankes is oor die algemeen katvoet vir die woord rassisme.  As hulle daarvan beskuldig word, slaan baie soos 'n oester toe wat natuurlik op ‘n skulderkenning neerkom.  Sulke misplaaste skulderkennings doen ons volk oneindige skade aan want daardeur maak ons sagte teikens van onsself net soos nou weer in Springs gebeur het.

Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.  Eendersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort te eien.  Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want hulle is dan almal blank!

As blankes dit waag om swartes op hulle flaters te wys, word hulle vir rassehaters uitgekryt.  Swartes het al 'n refleksreaksie ontwikkel om kritiek teen hul onbevoegdheid met die teerkwas van rassehaat by te kom.  Maak jy ‘n opmerking oor hulle roofkultuur en misdaadgeneigdheid, is dit 'n rashatige opmerking.  Is jy oor hulle oproerige optredes en ontwrigting van skole en tersiêre inrigtings in opstand, is jy 'n rassehater!

Om blankes chronies van rassehaat te beskuldig, is natuurlik 'n gerieflike bos waaragter die ANC sy onvermoë om sinvol te kan regeer, verskuil.  Swartes het ook geleer dat aanval die beste manier van verdediging is. Waar blankes altyd probeer om rassewrywing te vermy, gryp swartes weer elke geleentheid aan om dit aan te vuur.

Die enigste rassehaat wat egter in Suid-Afrika geduld, geregverdig, gewettig en aangemoedig word, is dié van swartes teenoor blankes. Daarom sal daar geen skuldige in die Springsmyn gevind word nie. Hulle kan sê net wat hulle wil, daar word niks aan hulle gedoen nie, selfs nie aan ‘n slagspreuk soos "Kill, a Boer, kill a farmer” nie!

Die swart regering ontsien nie eens eerbiedwaardige blanke regslui nie.  Daar is al van baie blanke regters ontslae geraak; mense wat uitsprake gelewer het wat nie in die ANC se kraal gepas het nie.  Die regering is skynbaar net met hofuitsprake gediend wat met hulle belange en eie siening van skuld of onskuld strook.

Regter L.F Weyers van die Pretoriase Hooggeregshof het ‘n paar jaar gelede die volgende gesê: "In die huidige Suid-Afrika geld dit wat 'n regter dink en besluit oor vonnisse in die atmosfeer van die verhoor, blykbaar baie min by die administratiewe burokrasie wat hulle agterna links en regs in dié vonnisse inmeng".

In 'n land wat volgens die ANC se grondwet kleurloos geword het, sien swartes nog steeds alles deur 'n kleurbril. Daar word onbeskaamd met twee maatstawwe gemeet.  Daar is ‘n begunstigde een vir swartes en 'n penaliserende een vir blankes.  Sedert die bewindsprysgawe gaan alles om 'n skaamtelose bevoordeling van swartes in die algemeen; in besonder vir die swart élite wat glo dat daar ‘n swaar verligting op hulle rus om hulself te verrryk.

Die verfoeilike optrede van die Waarheids- en Versoeningskommissie van ‘n paar jaar gelede was ‘n sprekende bewys van swartes se onbeskaamde rassehaat.  Hierdie heksejagters het van die leuenstandpunt uitgegaan dat die Boerevolk apartheid gebruik het om onreg en wreedhede teen swartes te pleeg.  

Terwyl die volksvyandige media chronies ‘n eier oor die sg. onreg van die verlede lê, word volksgenote daagliks op barbaarse wyses afgemaai. Van ware versoening is daar aan die suidpunt van Afrika hoegenaamd geen sprake nie.  Ons beleef eerder ‘n smadelike veragting daarvan.  Swartes sien versoening as ‘n swakheid wat om slae vra.  Gevolglik het die Boerevolk slagoffers van rassehaat geword.  Dis die gevolg van ‘n verkeerde ideologie wat in die hande van die verkeerde persone beland het! Daarom sal ons nog talle “Gold One”- gevalle beleef.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1500 gaste aanlyn