Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geduld is nie ‘n doodse berusting om te bly soos wat jy is nie, maar eerder ‘n gewilligheid om te word wat God wil hê. Geduld is dus die kuns van hoop waarby jy meer baat as by geweld.
GODLOSE AFRIKA
"DIE FOUT WAS DAT HY GESTERF HET"
Neo Genocide
Vanwaar ek agter in die kapel van die tronk staan en die diens lei, tref die soet rookwalms van dagga my wat deur die oop vensters inwaai. Die ritmiese gedreunsang van die gevangenes wat op sulke kwart kussingkies slaan vir ritme terwyl hulle sing, is die tipiese ritmiese Afrika-dreunsang. Dan asof die gevangenes elektronies beheer word, sing hulle al sagter todat die sangery skielik stop. Nou gaan hulle bid.
Wat volg is skrikwekkend vreemd.
Daar bars 'n kakofonie van geskree uit elke gevangene se mond los, wat almal kliphard saam skree tot een of ander god om gehoor te word. Dis 'n waansinnige chaos. Elke gevangene se oë is bottoe, en almal raak bleek terwyl die sweet hulle gesigte aftap binne minute. Hulle is almal in een of ander koma of beswyming. Net soos die beswymingsdans by Boesmans, waar die dansers almal in een of ander beswyming verval. En hulle hoor of sien niks anders nie. En dan na twintig minute, kom almal skielik weer by uit hulle beswyming, maar moeg.
Ek kan almal se gesigte sien en lees.
Agter in die kapel staan 'n fors man met uitdrukkinglose oë. Sy gesig is vol snywonde, wat met uiters fyn steke toegewerk was, lank gelede. Mediese kunswerke wat defnitief nie die werk van hospitale in Suid Afrika was nie.
Hy wil praat of kontak maak want hy bly staan na die diens. Ek roep hom nader en groet. Ek vra vir hom of hy van Mosambiek af kom, en antwoord bevestigend.
y wonde is die van 'n oorlog.
Ek vra vir hom of hy eens lid was van Frelimo, die marxistiese terreurbeweging wat die land regeer. Weereens antwoord hy bevestigend. Nou wat maak hy hier in ‘n Suid Afrikaanse tronk, vra ek.
“Nee, jy sien pastoor, die ding is so. Ons het mense by vulstasies in Suid Afrika geroof, en soms het ons hulle geskiet.”
“Waarmee?” vra ek.
“Met AK-47′s’ antwoord hy.
“Maar dis nie die fout hoekom ek hier is nie. Die fout is dat een van die mense wat ek geskiet het, gesterf het.”
Ek word lam.
‘n Marxistiese terroris uit Mosambiek funksioneer in Suid Afrika, deur plekke soos vulstasies met AK-47′s te beroof, en onskuldige slagoffers sommer te skiet. En dit is nie verkeerd of n probleem volgens hom nie, maar normaal.
Die fout hoekom hy gevang is, is nie vir terrorisme nie, maar omdat een van sy slagoffers gesterf het.
En dit is die waardestelsel van voormalige terroriste wat daagliks ons landsgrense oorstroom, en met moord en terreur ‘n bestaan in Suid Afrika maak.
Terroriste vir die skiet, verminking, terrorisering en traumatisering van onskuldiges doodnormaal en aanvaarbare gedragspatrone is.
En daarvan is daar miljoene eendersdenke immigrante uit Afrika wie se gedragspatrone en waardestelsels glad nie as die van n beskawing genoem kan word nie.
En jy besef dan dat Afrika se persepsie van die blankes presies dieselfde is, ongeag van watter land hulle afkom. Hulle deel die gemeenskaplike waardestelsel en persepsies van kulturele marxisme, wat reken alle eiendom behoort aan almal, en niemand kan daarop aanspraak maak dat voorwerpe of kapitaal se eiendomsreg in een persoon setel nie.
Kulturele marxisme omvat nog baie meer as dit. Hierdie is maar net die punt van die ysberg.
Die probleem is dat Afrika 'n slagoffer is van die propaganda van kulturele marxisme, en dat diegene by wie die waardestelsel en ideologie ‘n deel vorm van van hulle kognitiewe denke, 'n lewensgevaarlike bedreiging inhou vir enige persoon wat hulle pad sou kruis, of sou durf waag teëgaan.
In kort is persone uit Afrika ‘n lewensgevaarlike bedreiging soortgelyk aan ‘n gewonde luiperd, leeu, buffel of ander gewonde wilde dier. Die rede is dat hulle lewensbeskouings, waardestelsels en gedrag al so vergiftig is deur ideologieë, staatspropaganda en marxistiese massamedia, dat hulle te eniger tyd iemand summier kan doodmaak. Daar is soveel haat in hulle ingestort, dat die haat op 'n stadium net oorloop.
Die weerstand teen doodmaak van 'n ander mens, is lankal in burgers van Afrika vernietig. Sielkundige weerstand teen doodslaan van 'n ander, is al lankal en ook effektief vernietig in die psiges van mense uit Afrika.
Vir sommiges is dit nie ‘n probleem om ‘n onskuldige slagoffer met ‘n AK-47 te skiet nie. Solank die slagoffer net nie ‘n fout maak en sterf nie.
Ek praat ná die tyd met een van die leiersfigure in die kerk. Frisgeboude man met die lyf van 'n liggaamsbouer. Hy was 'n polisieman vertel hy.
Hy is in die tronk omdat hy iemand nege keer geskiet het. Die probleem was dat die persoon hom van sy dwelmgeld beroof het. Hy het dwelms van die polisieman gevat en verkoop en die geld nie vir die polisieman gegee nie. Dis die probleem: die diefstal van die geld, en nie die skiet van die man nie.
Sien, hy is eintlik onskuldig. Die ou moes nooit sy geld gesteel het nie.