NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Al is ons hulpeloos, arm en ellendig, help God ons.  Dis mos die hart van die Evangelie – in Jesus Christus buig God tot ons neer wanneer Hy self die kuil van vernietiging op Golgotha betree.   As ek dus deur donker dieptes gaan, is Jesus my beste Metgesel.

'N OORLOG SONDER KOEËLS

Die Afrikaner Volksparty

Heel gepas is die tema van die Afrikaner Volksparty se kongres op 10 Oktober 2014, 'n Oorlog sonder Koeëls. Dit was immers die verklaarde doel van Brittanje met die Afrikaner by monde van Alfred Milner pas nadat hulle deur middel van die barbaarste metodes denkbaar die Boere in 1902 tot vrede gedwing het:

The Boer war continues. It is not a war with bullets, but it is a war still.

'n Honderd jaar later duur hierdie sielkundige oorlog teen die Afrikanervolk onverpoosd voort en is die oorlog verhewig sedert die verraderlike oorgawe van die FW de Klerk-regering in 1994.

Die vraag vandag is of die Afrikaner ooit werklik besin het wat hierdie oorlog behels en wat die teenoptrede  behoort te wees. Die Amerikaanse senator, Barry Goldwater het in die sestigerjare hierdie balangrike uitlating gemaak in sy boek Gewete van 'n Konserwatief: 

As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy - tensy jy aan oorgawe dink - verkeer in 'n oorlog met hom. Verder, tensy jy aan verraad dink - sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie vrede nie, maar oorwinning.

Die Anglo-Amerikaanse magte het onverpoosd sedert 1902 oorlog teen die Afrikaner gevoer en al hulle hulpbronne en kragte vir die doel  gebruik.  Dit was die krag van Afrikaner-nasionalisme wat hulle gestuit het in 1948. Toe hulle daarin geslaag het om dr Verwoerd in 1966 te vermoor, is die oorlog teen die Afrikaner verskerp. Met "koeëls" kon hulle die oorlog nie wen nie; sielkundig wel. Verloopte Afrikanerleiers, en meer spesifiek John  Vorster, PW Botha en FW de Klerk, het nooit oorwinning ten doel gehad nie, maar "vrede" bepleit, terwyl die vyand oorgawe bewimpel het.

Vandag beleef ons dat elke instelling wat die Afrikaner daargestel het, òf reeds vernietig is, òf totaal van gedaante verander het. Ons kultuurorganisasies is verrot, taalligame terminaal siek, kerke 'n Satansnes, universiteite kommunistiese kweekskole en skole leë doppe. Weens die invloed van leiers wat verraad bedink het, is 'n volk besig om selfmoord te pleeg. Intussen lewe hierdie volksverleiers in 'n staat van ontkenning en is hulle geslote vir die werklike euwel van die liberalisme en sy waterlote waaronder Kommunisme wat in die plek van aparthied gekom het en van ons land 'n puinhoop gemaak het van dobbel en dwelmverslaafdheid, misdaad, ekonomiese verknegting, sedelike verwering en sosiale verwildering. Waar ons Afrikaanse kerke die voorste linie moes vorm in die weerstand teen 'n geslepe vyand, het dit gekies om eerder gemeensaak met hierdie vyand te maak.

Steeds heers 'n verwoede aanslag op ons geloof, ons waardes, ons sedes en ons geskiedenis. Dis 'n omvattende geruislose revolusie waarin 'n totale hervertolking van ons reg op bestaan die sleutelfaktor is. En wat mense nog steeds nie besef nie, is dat wanneer 'n aggressor se aanslag en aandrang met toegeelflikheid beantwoord word, neem sy aggressie toe! Hoe skandelik veragtelik dus daardie leiers en organisasies wat hulle met hierdie aanslag vereenselwig.

Soos Jaap Marais dit so treffend gestel het:

In die benouenis van 'n volk is daar by die sagte buiterand altyd 'n begeerte om nie met die          bedreiging slaags te raak nie, maar liefs aan te pas by die eise van die bedreiger.

Hierdie sagte buiterand tree sedert 1966 as volksleiers op van verskeie instellings en organisasies met die gevolg dat daar van weerstand en verset nie sprake is nie. Dit was moeilik genoeg om die vyand buite ons geledere te identifiseer; om ons eie mense van die vyand in ons eie midde te oortuig, was dikwels 'n onmoontlike taak. Dat die vyand steeds nie die Afrikaner finaal kon onderwerp nie, spreek boekdele van die onnaspeurlike mag van nasionalisme wat steeds vaardig is in die Afrikanervolk.

Wat staan ons te doen vandag? Die aanslag is so geweldig en verbete, dat die taak op die oog af onmoontlik lyk. Tog is ons eie geskiedenis 'n bron van inspirasie. Smart en teenspoed kan 'n volk tot verlamming dwing, of dit kan 'n band word wat 'n volk omspan en begeester tot dade wat baie groter is as die volk self. Die Afrikanervolk het 'n heroïse geskiedenis om op terug te kyk. Ons is nasate van daardie helde en daardie gene is in ons bloed. 'n Sielkundige oorlog kan gene nie vernietig nie.  Terwyl vlug, vrede, oorgawe en versoening aan ons gepredik word, is daar 'n stem in ons wat protesteer en wat uitroep om verset.

Wanneer ons dus vra na wat ons te doen staan, is die volgende van belang. Ons Afrikanerskap is gesetel in die twaalf "geloofsartikels" van nasionalisme. Dit is godsdiens, gesin, gesag, geskiedenis, identiteit, selfrespek, selfbehoud,  selfbetuiging, begrensing, kontinuïteit, vaderland en vryheid. 'n Herbesinning van hierdie kenmerke en die uitlewing daarvan maak die Afrikaner onvernietigbaar.  Dit is hierdie kenmerke wat in die spervuur was en waarvan sekeres bykans aan flarde geruk is. Om die eerste vier te herstel is makliker as wat meeste van ons besef. Dit stel ook 'n basis daar waaruit die ander noodwendig voortspruit.

Daar is geen kortpaaie nie. Die vlug na 'n tuisland sonder stryd bied geen begeestering nie en sal, soos nou reeds gesien word, deur die parasitiese barbare van Afrika as 'n aanloklike heenkome en uiteindelike prooi beskou word. Onderhandeling met die vyand oor dit wat histories jou eie was, is die hensopperdaad van mense wat verraad bedink. Om boonop met krummels tevrede te wees, is so bisar dat dit die gesonde verstand te bowe gaan. Deelname aan verkiesings gee legimiteit aan De Klerk se verraad en beledig die Afrikaner se intelligensie in 'n stelsel waar dit om alles behalwe die Afrikaner se vryheid gaan. Laat ons maar weer heriiner word aan wat Odinga Odinga, lid van Yomo Kenyatta se kabinet in die vyftigerjare in die wetgewende raad van Kenia kwytgeraak het:

Dit is vir die Swartes self om te besluit watter tipe van lewe hulle in hulle eie land wil voer. As     hulle besluit op barbaarsheid as die mees geskikte vorm dan sal hulle so besluit.

Ons kla oor swak dienslewering en alles en nog wat, terwyl ons nie wil besef dat die Swartes, terwyl hulle regeer, sal besluit hoe goed of sleg sulke dienste sal wees nie.

Wat bly vir ons  oor?  Verset met vryheid in ons eie land as doelwit. Waar begin dit? By die uitlewing van die twaalf beginsels van Afrikanerskap. Deur wie sal dit gelei word? Deur leierskap wat bereid is om in die bresse te tree vir die Afrikaner teen sy vyande. Is daar so 'n organisasie? Ja daar is. Die Afrikanervolksparty is in 2008 gestig toe die Herstigte Nasionale Party gekies het om sy rug op Afrikaner-nasionalisme te draai.  Dikwels in ons geskiedenis het 'n groepering hulle onderskei deur in die brandpunt te staan namens ons volk. Dit is vandag weer so. Slegs 'n party wat bereid is om steeds aan te dring op die historiese herstel van ons land en 'n beleid soos dr Verwoerd dit verwoord het, kan namens die Afrikaner praat. Apartheid is net 'n sonde omdat Brittanje dit as sonde verklaar het en die Afrikaner dit as beleid gehad het. Van Brittanje kan ons dit immers verwag. Is dit nie hulle wat steeds verkies om die Afrikaner in die smerigste terme denkbaar te beskryf nie? So onlangs soos 1994 skryf die London Express die volgende:

The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance. They are                 probably the most unattractive breed on earth.

Ons moet geen illusie hê dat enige ander beleid as apartheid, ja afsonderlike vryhede vir elke volk,  sal meewerk daaraan dat die Afrikanervolk van die bodem van Afrika verdwyn. Dit was bloot uit oorweginge van eiebelang dat baie Afrikaners daartoe beweeg is om hulle te skik na die wil van die heersende magte en kragte, en hulle af te keer van en neer te sien op hulle eie mense. Daarom dan ook die vyanskap uit eie geledere van mense wat net op hulle eie gerief en gemak konsentreer en hoegenaamd nie dink of wil besef wat hierdie afvalligheid vir ons kinders inhou nie.

Die Afrikanervolksparty roep die Afrikaner op om te herbesin en te besef dat ons land bloedloos verower is in 1994 met 'n vrede wat die Afrikanervolk nie sal red nie, maar sal vernietig. Hierdie vrede is 'n vrede van die dood. Ons kies nie vir oorlog nie; die vyand het dit gekies. Ons keuse lê tussen hierdie dood of gepaste teenoptrede - optrede wat die Afrikanervolk waardig is!

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1043 gaste aanlyn