Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense het al etlike kilometer in die aardkors geboor en op geen hel afgekom nie. Beteken dit dat dit nie bestaan nie? Indien wel, waar is die hel dan? Reg aan die einde van ‘n Christuslose lewe.
LIBERALISTE SE DAG KOM...
In Maart 1955 skryf mnr Boy Mussmann in 'n brief aan die Volksblad oor wat Siener aan hom gesê het aangaande sekere gebeurtenisse wat nog moes plaasvind voordat die getroue Afrikaner sy vryheid gaan terugkry. Van die tekens wat Siener op wys het ons bespreek in die artikel :
SIENER – 'N BIETJIE PERSPEKTIEF
DIE AANSLAG OP JACOB ZUMA wat handel oor die liberaliste wat nie kan sien wat besig is om te gebeur nie. Mnr Mussmann se gesprek met Siener het onder andere so verloop:
"Ek het aan Siener gevra: ' Hoe is dit mogelik dat ons Afrikaner-Sappe (liberaliste) met die beste argumente en feite nie kan oortuig nie?' Toe was die Siener se antwoord: 'Ek het hulle oë gesien, dit is wit en soos 'n dier wat blind is en dit peul uit. Ons kan hulle nie oortuig nie.' Toe vra ek Siener: 'Nou hoe sal ons Afrikaners dan ooit bymekaar kom?' Siener sê toe:
'Ek het die verdeelde volk gesien: twee houte, een met penne soos 'n hark, en een met 'n gat. Die rooi kielhouer gaan oor hulle. Die penne steek dan in die gate en die twee houte voeg so goed dat geen mens die nate kan sien nie.' Ek het hom toe gevra: 'Oom Niklaas, wat is die kielhouer?' Sy antwoord was: 'Oorlogsmoeilikheid, 'n smeltkroes.' "
Maar Siener het ook 'n gesprek met genl. De la Rey se seun, Adaan, gehad waarin hy gesê het dat daar behoorlik met die Jingo's en verraaiers afgereken sal word. Siener het gesien hoe die 'Sappe' op hulle knieë neersak met trane in hul oë en om genade pleit. Toe kyk Siener na Adaan en sê: "Dan sien ek jy en ek het ook trane in ons oë." Hierop het die jong De la Rey baie beslis geantwoord: "Dit sal die dag wees wat ek oor 'n Sap sal huil!" Waarop Siener hom toe antwoord: "Nee broer, dis trane van blydskap dat God ons nie verneder soos vir hulle nie."
Siener het ook gesê dat die smeltkroes vir die opregtes in die "Boerelaer" sal wees soos 'n 'tweede Bloedrivier' en dat van geeneen van die Afrikaners wat in hierdie 'Boerelaer' skuiling soek, 'n druppel bloed gestort sal word nie. Op die vraag waar hierdie Boerelaer sal saamtrek, was sy antwoord: "Elkeen wat hiér reg is, is reeds in die laer", terwyl hy met sy voorvinger op sy hart tik. Op die vraag hoe iemand sal weet of hy in sy hart regtig reg is, het Siener geantwoord: "Jy sal weet dat jy in jou hart reg is as jy opstaan om gesien te word". Dit sal diegene wees wat nie skroom om openlik te kenne te gee dat hulle nie bereid is om die pad van oorgawe te loop nie, die bittereinders wat van die begin af hierdie chaos en bloedvergieting in die land wou verhoed maar uitgelag is deur die verloopte Afrikaners wie se oë, hart en verstand gesluit is vir die waarheid. Dank God dat daar getroue Afrikaners is wat nog vasstaan en tot die dag van oorwinning sal veg vir hierdie Godgegewe vaderland en 'n Christenregering sodat ons weer 'n ordelike land sal word waarin God welkom sal voel! Want God is 'n God van orde!
wat handel oor die liberaliste wat nie kan sien wat besig is om te gebeur nie. Mnr Mussmann se gesprek met Siener het onder andere so verloop:
"Ek het aan Siener gevra: ' Hoe is dit mogelik dat ons Afrikaner-Sappe (liberaliste) met die beste argumente en feite nie kan oortuig nie?' Toe was die Siener se antwoord: 'Ek het hulle oë gesien, dit is wit en soos 'n dier wat blind is en dit peul uit. Ons kan hulle nie oortuig nie.' Toe vra ek Siener: 'Nou hoe sal ons Afrikaners dan ooit bymekaar kom?' Siener sê toe: 'Ek het die verdeelde volk gesien: twee houte, een met penne soos 'n hark, en een met 'n gat. Die rooi kielhouer gaan oor hulle. Die penne steek dan in die gate en die twee houte voeg so goed dat geen mens die nate kan sien nie.' Ek het hom toe gevra: 'Oom Niklaas, wat is die kielhouer?' Sy antwoord was: 'Oorlogsmoeilikheid, 'n smeltkroes.' "
Maar Siener het ook 'n gesprek met genl. De la Rey se seun, Adaan, gehad waarin hy gesê het dat daar behoorlik met die Jingo's en verraaiers afgereken sal word. Siener het gesien hoe die 'Sappe' op hulle knieë neersak met trane in hul oë en om genade pleit. Toe kyk Siener na Adaan en sê: "Dan sien ek jy en ek het ook trane in ons oë." Hierop het die jong De la Rey baie beslis geantwoord: "Dit sal die dag wees wat ek oor 'n Sap sal huil!" Waarop Siener hom toe antwoord: "Nee broer, dis trane van blydskap dat God ons nie verneder soos vir hulle nie."
Siener het ook gesê dat die smeltkroes vir die opregtes in die "Boerelaer" sal wees soos 'n 'tweede Bloedrivier' en dat van geeneen van die Afrikaners wat in hierdie 'Boerelaer' skuiling soek, 'n druppel bloed gestort sal word nie. Op die vraag waar hierdie Boerelaer sal saamtrek, was sy antwoord: "Elkeen wat hiér reg is, is reeds in die laer", terwyl hy met sy voorvinger op sy harte tik. Op die vraag hoe iemand sal weet of hy in sy hart regtig reg is, het Siener geantwoord: "Jy sal weet dat jy in jou hart reg is as jy opstaan om gesien te word". Dit sal diegene wees wat nie skroom om openlik te kenne te gee dat hulle nie bereid is om die pad van oorgawe te loop nie, die bittereinders wat van die begin af hierdie chaos en bloedvergieting in die land wou verhoed maar uitgelag is deur die verloopte Afrikaners wie se oë, hart en verstand gesluit is vir die waarheid. Dank God dat daar getroue Afrikaners is wat nog vasstaan en tot die dag van oorwinning sal veg vir hierdie Godgegewe vaderland en 'n Christenregering sodat ons weer 'n ordelike land sal word waarin God welkom sal voel! Want God is 'n God van orde!