NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is tog so besorg oor ons kinders, maar ons doen ook soms groot skade daarmee. Ons kinders is nie óns kinders nie; hulle behoort aan God – ons moet hulle ons liefde gee en hulle liggame huisves maar nie hulle siele nie, dit behoort aan God. Ons moet ook nie probeer om hulle te maak soos ons is nie want die lewe beweeg nie agteruit nie. Vertrou hulle net aan God toe terwyl julle hulle in liefde versorg.

SO HET HULLE SA UITVERKOOP

Jeanette Koekemoer

Terwyl Vorster vroeg in die sewentigerjare besig was om Suid-Afrika se binnelandse beleid te verander na 'n toestand waar ras en kleur nie meer bepalend sou wees nie, het daar in die buiteland 'n toestand geheers wat met opset van die Suid-Afrikaner weerhou is. Engeland en Amerika was, soos altyd, die twee lande wat druk op Suid-Afrika toegepas het om sy binnelandse beleid van afsonderlike ontwikkeling te laat vaar. Wat egter in daardie tyd dáár afgespeel het was juis die ideale klimaat om hul druk op Suid-Afrika in die wind te strooi, maar nóg het Vorster voortgestoomroller om etniese grense te verwyder, ongeag hoe kunsmatig dit deurforseer sou word.

Om te verstaan hoe maklik dit sou wees om die internasionale geldbase uit ons binnelandse beleid te hou moet ons na die binnelandse toestand van Brittanje en Amerika in daardie tyd kyk.

In die ná-oorlogse jare is Brittanje letterlik oorstroom deur swart en bruin immigrante uit die Statebond. Reeds teen die einde van die sewentigerjare was ongeveer 4 % van die Britse bevolking Nie-blankes. Natuurlik is ook dáár 'n ernstige poging aangewend om die rasse-integrasieproses suksesvol te laat geskied maar hierdie beleid het nie baie goed op die Blanke Britse publiek neergekom nie.  Daarom het geweldige rassegeweld uitgebreek totdat skeiding tussen rasse naderhand na die enigste uitkoms gelyk het. Ná 'n ondersoek oor die etniese toestand is daar tot die slotsom gekom dat waar rasseharmonie heers, dit uitsluitlik in gebiede was waar swart en wit apart gewoon en gewerk het. Selfs The Guardian, die liberale Britse koerant, het in April 1977 erken dat daar geen rasseharmonie in ander gebiede as in afsonderlike woonbuurtes heers nie.

Daarna is 'n verslag deur die Britse statutêre kommissie vir rassebetrekkinge uitgereik waarin onomwonde verklaar is dat rasseverhoudinge sal verbeter indien swart en wit heeltemal geskei word in woongebiede sowel as werk. Die kommissie het ook 'n nuwe rasseklassifikasie voorgestel. Hiervolgens moes opgawes van die etniese oorsprong van alle werknemers deur hul werkgewers gehou word. Selfs mev Margaret Thatcher wat toe leier van die opposisie was, het dit ondersteun en gewaarsku dat rasse-integrasie groot gevaar vir die Britte inhou.

In die VSA is die integrasieproses natuurlik ook toegepas, veral in die ná-oorlogse jare. Alle universiteite, kolleges die staatsdiens en die sakewêreld is aangesê om studente en werknemers aan te stel ooreenkomstig die verhouding wat hulle etniese groep van die totale bevolking uitmaak. Dit het daarop neergekom dat 1 uit elke 10 studente en werknemers swart moes wees. Skole was reeds vanaf 1954 geïntegreer en programme om diskriminasie op alle vlakke af te breek was in werking,  maar weer eens was die diskriminasie teen die Blanke so oorweldigend dat talle insidente vingerwysend was.

In 1978 het 'n hofsaak deur 'n Blanke student 'n groot deurbraak gemaak toe die Hooggeregshof beslis het dat die kwotastelsel strydig met die Amerikaanse grondwet is. Allan Bakke het in 1972 en weer in 1973 aansoek gedoen om toelating tot die mediese fakulteit in Kalifornië maar telkens is sy aansoek geweier. Sestien swartes met laer kwalifikasies as hy het by elke geleentheid toelating verkry. Bakke het na die Hooggeregshof van Kalifornië geappelleer en die saak is in die Federate Hooggeregshof voortgesit met 'n beslissing in Bakke se guns. Dwarsdeur Amerika is hierdie uitslag as 'n groot terugslag vir swartes sowel as rasse-integrasie beskou.

Talle gebeure soos hierdie het in Amerika en Brittanje plaasgevind maar is uit die aard van die saak vir die buiteland stilgehou. Dit was 'n ontnugterde en verwarrende tyd waarin dit duidelik was dat die buiteland nie die reg gehad het om enige druk op Suid-Afrika toe te pas oor die beleid van afsonderlike ontwikkeling nie.  Nog het Vorster met die grootste onderduimsheid voortgegaan om die publiek te mislei en rasse-integrasie af te forseer met die uiteindelike gevolg van 'n swart regering wat vandag bekend is vir sy korrupsie en onvermoë om 'n land te regeer. En hoe het Vorster dit reggekry?

Om hierdie antwoord te kry, moet ons kyk na van die oudste misleidingtegnieke in die politiek: daar word een ding vir die publiek gesê, en 'n ander ding gedoen. En die goedvertrouende landsburgers aanvaar dat wat vir hulle gesê word, tot hul voordeel sal strek. Kan u F W de Klerk se strategie in die 1992-referendum onthou? Hy het nie vir die kiesers gevra of hy Mandela, die terroris en bomplanter, uit die tronk mag uitlaat en tot president verhef nie; nee, hy het slegs gevra of hulle ten gunste was van onderhandelings in dié verband, en dat hy sou terugkom na die volk ná die onderhandelings. En toe hy 'n meerderheid ja-stem kry, het hy sonder verdere onderhandelings Mandela vrygelaat; die res ken u.

En Vorster? Dieselfde strategie het hom in die 1977-verkiesing laat wen. Dit druis in teen alle logika dat ’n mens ’n vyand kan beveg deur presies dit te doen wat hy van jou verwag. Andersom gestel, sulke optrede kom alleenlik daarop neer dat jy jou vyand gelyk gee dat daar iets skort met jou saak, en dit was presies die boodskap wat die totale beleidvoering van die NP-regering in die sewentiger jare uitgestraal het. Die nuut ingeslane rigting om weg te beweeg van afsonderlike ontwikkeling was nie weg van die land se vyande nie, maar ná hulle toe. Hoe het Vorster dit dan reggekry as sy beleid so onlogies was?

Dit rus in die leuen-strategie wat die NP in die verkiesing gevolg het.

Die twee belangrikste strydvrae van die algemene verkiesing op 30 November 1977, was buitelandse inmenging in die grondwetlike voorstelle wat later bekend geword het as die ’77-voorstelle.

Die opvallendste kenmerk van die verkiesing was die feit dat Vorster ’n mandaat van die kiesers gevra het téén buitelandse inmenging, terwyl sy totale beleidvoering juis buitelandse inmenging uitgelok het.  Die druk van buite is as ’n aanslag teen die hele land beklemtoon en die NP-regering het hom voorgestel as die groot kampvegter vir die handhawing van die land se soewereiniteit.

Op 27 Oktober 1977 het mnr Vorster byvoorbeeld gesê die bedoeling van die buitewêreld is om “. . . ons skade te berokken. . . en om ons te ontneem, dit wat ons s’n is”. ’n Paar dae later het hy in ’n toespraak gesê: “Ons het amper by die punt gekom waar niks meer van ’n self-respekterende land gevra kan word nie as om te sê: so ver en nie verder nie!” Die kiesers was oortuig dat Vorster hul steun in nasionale belang nodig gehad het en dat hy halt geroep het.  So het Vorster die kieserskorps agter hom verenig.

Wat in werklikheid gebeur het, was dat die Vorster-regering die verset in die binnelandse geledere teenoor die oplaaiende buitelandse inmenging suksesvol by die stembus gemobiliseer het, terwyl die einste NP-regering die klimaat vir die inmenging van buite gekweek het. Hoe groter die buitelandse druk was, hoe sterker kon die kieserskorps agter die regering verenig word. Dit was die hoofrede vir die NP se sukses in die verkiesing van 1977. So was dieselfde taktiek van F W de Klerk die rede vir die vrylating van Mandela wat Suid-Afrika vandag in die knelgreep van 'n fatale toestand onder 'n swart regering gebring het waar ons 'n snelnaderende ekonomiese ineenstorting tegemoet gaan met al die chaos wat daarmee gepaard gaan – presies wat die buiteland wou hê moes gebeur sodat hulle hul hande op die laaste van Suid-Afrika se rykdomme kan lê.

Só is die Blankes deur hulle eie leiers uitverkoop.

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 918 gaste aanlyn