NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid  het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.

DIE ONTEIENINGSWET EN ‘N CHRISTEN

Bennie van Zyl (TLU SA)

Die emosie rondom grond en besitreg in Suid-Afrika vier tans hoogty. Dit maak van die ANC-regering, wat polities bankrot is, ’n baie gevaarlike rolspeler in dié sin dat dit amper die enigste aspek is waarmee hulle die massas verder met beloftes, maar ook moontlik met die daad, kan tevrede hou. Pres. Jacob Zuma is op rekord dat hul (die ANC) die land na sosialisme en kommunisme gaan neem. Die Onteieningswet behoort dus binne hierdie konteks beskou te word.

Die vraag kan tereg gevra word of die grond net geneem gaan word soos in Zimbabwe. Baie jare gelede was ek teenwoordig toe ’n ANC minister gesê het dat hulle nie soos Zimbabwe gaan maak nie – in Suid-Afrika gaan hulle dit met wetgewing doen! Met die Onteieningswet, maar ook ander wetgewing soos bv. Esta e.a., is die tafel gedek daarvoor dat daar wel met wetgewing, hetsy geleidelik of vinnig, grond (of ander bates) onteien/ontneem kan word.

Daar moet dadelik gemeld word dat persone verskil oor die moontlike aanwending van die wet. Groot ruimte bestaan vir moontlike verskil in interpretasie. Die vraag is egter wie se siening uiteindelik sal geld?

Wetgewing moet ingevolge die bedoeling van die wetgewer beoordeel word en dan moet dit grondwetlik wees.

In Artikel 25 van die grondwet word daar o.m. genoem dat eiendom onteien kan word vir die openbare belang of ’n openbare doel. Die grondwet beskryf openbare belang o.m. as die nasie se verbintenis tot grondhervorming en ook om gelyke en billike toegang tot hulpbronne te bewerkstellig. Daar word voorts gemeld dat eiendom nie tot grond alleen beperk word nie.

Onteiening ter wille van openbare belang is wêreldwyd ’n aanvaarbare praktyk. Dit word aangewend om bv. infrastruktuur soos damme, kragstasies en paaie te bou.

Volgens die grondwet behoort die volgende vyf aspekte in ag geneem te word by die prysvasstelling van grond/bates wat die regering wil onteien: Huidige gebruik, rede vir die onteiening, vorige subsidies ontvang, markwaarde en die geskiedenis van die grondbesit. Gereeld word dit van politieke platforms af verkondig dat blankes die grond gesteel het met hul aankoms in Suid-Afrika. Indien dit dan wel gevestig word as die waarheid, sal die argument gevoer kan word dat daar nie vir gesteelde goed betaal word nie.

Daar word ook in die grondwet voorsiening gemaak vir die ontneming van bates. Geen vergoeding is dan ter sprake nie. Twee sulke hulpbronne is reeds deur die regering ontneem, naamlik water- en mineraleregte.

Die hoogste hof in die land het dan ook bevestig dat daar nie vir die mineraleregte van burgers betaal moet word nie, aangesien die staat dit net reguleer namens al die mense en nie vir hulself onteien het nie. Weer eens ontstaan die vraag of grond nie ook moontlik ontneem kan word in die openbare belang (soos die grondwet magtig) om gelyke en billike toegang tot die hulpbron te bewerkstellig en die staat dit dan bloot reguleer namens al die inwoners nie?

Baie mense reken dat hierdie wet net op plase/grond van toepassing sal wees. Dit is ’n mistasting en moet besef word dat alle bates hieronder hanteer kan word – selfs die yskas of kos in jou huis.

Dat onteiening nie slegs vir ’n openbare doel gedoen hoef te word nie, maar ook gedoen kan word waar dit in openbare belang is, is ook problematies. Die interpretasie van wat in die openbare belang is, kan uiteenlopend wees. ’n Onverantwoordelike regering wat irrasioneel in hul optrede is, kan dit moontlik aanwend as politieke instrument om die voetvolk, na wie se stemme hul vry, ’n verdere rat voor die oë te draai.

’n Verantwoordelike regering se taak in ’n demokrasie is tweërlei van aard, naamlik om na die veiligheid van die inwoners om te sien en om ’n gunstige klimaat te skep wat beleggings bevorder en sodoende ekonomiesegroei bevorder. Die ANC-regering faal klaaglik in beide.

As gevolg van die moontlike wanaanwending daarvan, bring hierdie wet net te veel onsekerheid en is die volume geld wat tans die land uitstroom waarskynlik die hoogste ooit. Dit bring mee dat daar op geen wyse by die nodige ekonomiese groei uitgekom kan word nie.

Die kapasiteit wat benodig word om bv. werkloosheid en armoede aan te spreek, word nie geskep nie en verval die land in ’n bose, negatiewe spiraal wat die slegte dinge net slegter maak.

Dit lyk inderdaad nie rooskleurig nie. As Christen is daar egter altyd ’n beter antwoord as dit wat die bose magte en die owerhede (Efés. 6:12) op ons probeer afdwing. Deur Christus is ons reeds oorwinnaars en kan ons daarom ons koppe optel en steeds ingevolge ons kultuuropdrag (Gén. 1:28 en Gén. 2:15) positief skep en bewaar. Die Christenboer weet waar kom al die antwoorde vandaan en in tye van voorspoed en ook in tye van nood word daar gehandel as rentmeesters van die grond met ’n uitgangspunt dat die grond, soos alles anders in ons lewe, eintlik aan God behoort en dat ons dit net leen by ons nageslag wat ook weer rentmeesters moet wees. Dit beteken allermins dat ons die spreekwoordelike “God’s water oor God’s akker”-benadering moet volg en maar wag en kyk wat gaan gebeur. Die huidige situasie verg van ons elkeen om juis die wapenrusting (Efés. 6:10-20) op te neem, want dit is al hoe ons staande kan bly.

Omgord met hierdie wapenrusting en toegerus met ons Godgegewe gawes en talente, behoort ons te woeker en planne te maak sodat God se koninkryk eerstens al meer hier op aarde gevestig word, ook in ons wetgewing.

Dit bring die belofte mee dat Hy al die ander dinge wat ons nodig mag hê, vir ons sal byvoeg (Mt. 6:33). Vandag is wysheid nodig om die regte keuse te kan maak voor al die uitdagings wat ons nou en ook in die toekoms gaan ervaar. Ons kragtigste wapen is gebed. Gebruik ons dit regtig nog in diepe nederigheid en afhanklikheid?

Kom ons bid vir wysheid – dan sal die insig kom oor hoe en waar ons wel ons energie moet aanwend en dieregte uitkoms sal ons dan beskore wees

Uiteindelik lê die toekoms nie ons hande nie, maar dit lê ook nie in die ANC-regering se hande nie.

Ons het in hierdie tye ‘n keuse of ons ons oog op die ANC gaan hou, of gaan ons die oog rig op die lewende God wat beskik oor die lotgevalle van alle volke en nasies. Daarin lê ons toekoms, ongeag watter wet of handeling ‘n sekulêre regering skep of aanvang.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 833 gaste aanlyn