Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Almal van ons maak foute. Ons moet egter eg in ons berou wees sodat ons nie God se saak benadeel nie.
VROT SKUTS DALK ONS REDDING...
Kriewelkop
Ons is dalk veiliger as wat ons gedink het.
Want die ANC-minister van Polisie, Nathi Nhleko, het erken dat die opleiding van die ANC-polisie so ver tekort skiet dat polisie-offisiere selfs 'n gevaar vir gewone landsburgers inhou terwyl hulle veronderstel is om hul te beskerm. Maar aangesien beskerming nie juis een van die ANC-polisie se take is nie, is hierdie nuus mos nou nie juis slegte nuus nie, of hoe? Veral toe Nhleko bevind het dat minstens 25% van die polisie geen bevoegdheid toon nie, allermins met vuurwapens nadat hulle die toetsings gedruip het.
Klink of die ANC sy polisie vir die publieke oog probeer polisieer met statistiek soos net 116 201 van die 155 534 SAPS-lede wat die toetsing om 'n vuurwapen te hanteer in Julie 2014 geslaag het. Dit bring mee dat 39 333 of nagenoeg 25.3 persent van aktiewe polisielede geen bevoegdheid het om 'n vuurwapen te dra nie.
Dit maak dus sin dat die 27 000 offisiere wat in 2012 hulle toetsings gedruip het nou in 2014 op nagenoeg veertigduisend te staan kom.
DIE LOSPRYS VIR JOU SIEL?
Hannes Ollewagen
Markus 8:34-38
In vers 38 leer Jesus vir ons: “…Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” Is dit verniet dat Christus ons self leer dat wanneer ons besluit (deur God se oortuiging in ons lewens) om Hom te dien, ons onsself moet verloën? Is dit nie in teenstelling met die hedendaagse humanistiese “godsdiens” waar alles in der waarheid oor myself gaan nie? Hoe leer Christus dan nou die teenoorgestelde?
Die wêreld verkondig ‘n “godsdiens” wat rondom die mens draai en daarop uit is om die mens bewus te maak van sy regte en ook hoe wonderlik as wese hy dan nou is.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (9)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Voorlopige Verkenningstogte
Op 27 Junie het dr. Wilson met Bowers en Cherry-Garrard op ’n buitengewone reis na Kaap Crozier wat, oor Hutpunt en die Ysbank, byna sewentig myl van Kaap Evans was, vertrek. Die doel van hierdie onverskrokke manne was om die uitbroei van die keiserspikkewyne te bestudeer in hul boerplek wat, na ons verneem het, naby die bymekaarkomplek van die rand van die Ysbank en die rotsagtige krans van Kaap Crozier was. ’n Mens moet in gedagte hou dat dit die eerste Suidpoolreis in die middel van die winter was en dat die drie manne noodwendig met abnormaal lae temperature en ongekende ontberinge tydens hul sleereis oor die ysige Ysbank te doen sou kry. Hieromtrent het hulle genoeg kennis gedurende die sleereise tydens die najaar en ten tyde van die Discovery- ekspedisie opgedoen. Kaptein Scott het dus nie sonder aansienlike bedenkinge sover gekom om Wilson toe te laat om die winter-ekspedisie na Kaap Crozier te onderneem nie.
WORD STERK IN DIE HERE
Ds Andrè van den Berg
“En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” - Mt.24:37-39
Toe Jesus hierdie woorde gespreek het, was dit oor iets wat baie ver in die toekoms gelê het. Tog was die boodskap toe alreeds duidelik: Die aarde sal, soos in die dae van Noag, weereens vergaan, maar nie weer herstel word nie. Die wederkoms van Christus is die finale gebeure. Glo u dit?
Ongelowiges glo nie in die wederkoms nie; die aarde sal maar net aangaan soos dit reeds eeue lank die geval is. Dit getuig van ongeloof, ʼn ongeloof waarvan Jesus in Mt.24 praat. Min mense sal vir sy wederkoms reg wees, ook mense wat dit met die mond bely, maar, soos die vyf dwase maagde in die gelykenis, dit eintlik nie verwag nie.
WARE KWINKSLAE (8)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Uit Holster, Renier-versameling:
Ou Fred was nou nie juis bekend vir sy dapperheid nie. Eintlik was die ou baie bang — veral as ons in 'n benarde situasie was. As dit goed gegaan het, was hy kaatjie van die baan. Ons was daardie dag weer in so 'n noute. Fred was so bang daardie betrokke dag dat hy vir hom so 'n kraaltjie van 6 duim hoog gebou het. 'n Flukse pikkewynwyfie sou trots daarop gewees het. Hieragter het hy gelê en huil en elke keer wanneer daar in sy rigting geskiet word.
Een van ons burgers — hy was so 'n eienaardige, onverskillige kêrel — het eenkeer so onder die bombardement van die Engelse aan die slaap geraak. Toe daar 'n liddietbom baie naby aan hom bars, het hy wakker geskrik en sy kort mausergeweer vuurwarm geskiet. Een van sy maats vra hom toe: "Jan, waarna skiet jy so geweldig?"
"O," sê hy, "ek skiet sommer so in die bosse en reken maar soos die Hollanders sê 'wat wij treffen, treffen wij!' "
DIE STOCKHOLM-SINDROOM
Uitkoms of verraad?
Andrè van den Berg
Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg
Verraaiers verag baie van die dinge wat vir ʼn volk kosbaar is. Dit was onlangs weer die geval toe Steve Hofmeyr Die Stem in Nelspruit in die openbaar gesing en beswaarmakers nie op hulle laat wag het om kapsie daarteen te maak nie. Sulke teenstand laat nie net ʼn wrang smaak in die mond nie, maar toon ook die Stockholm-sindroom wat baie volksgenote verlam.
Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle so met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig. Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het. Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek.
Die Stockholm-sindroom is logiese verraad.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (8)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Voorbereidings vir die Winter
Binne veertien dae ná hulle terugkoms by Kaap Evans op 23 April, om presies te wees — het die son ons verlaat en sou dit vier eentonige maande agter die gesigseinder bly. Daar was natuurlik ’n aansienlike mate van skemerlig en selfs in die middel van die winter was daar op die middaguur ’n mate van grys lig in die noorde. Verskillende mense het, namate hulle in temperament van mekaar verskil, die winter op verskillende maniere die hoof gebied. Daar was manne onder hulle wat dit nie sou reggekry het om ’n tweede winter met ’n sprankie opgeruimdheid tegemoet te gaan nie, maar oor die algemeen het hulle hul goed gedra en toe die somer weer aangebreek het, was hulle weer die ene geesdrif. Dit het veral vir diegene gegeld wat gekies is om die groot reis na die suide te onderneem, selfs al was dit duidelik dat party lede hul leier slegs oor ’n klein deeltjie van die groot wit reis sou kon vergesel.
Gedurende die vier donker wintermaande het elk hom met sy besondere vak besiggehou en dit was toe dat dr. Wilson getoon het dat hy nie net ’n bekwame hoof van die wetenskaplike personeel was nie, maar ook ’n goeie vriend en maat van die uitvoerende lede, naamlik Bowers, Oates, Meares en Evans.
WARE KWINKSLAE (7)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Robert Kersauson de Pennendreff, Ek en die Vierkleur, p. 52:
Dit is reeds elfuur die nag toe ons Brakfontein, waarvan die eienaar 'n Engelsman is, bereik. Generaal Maritz besluit ons moet die Engelsman 'n poets bak en sê aan my: "Robert, gaan klop aan die huis se deur en maak of jy lid is van Brabant's Horse wat op patrollie is met nege maats. Jy praat goed Engels en jy het 'n kakie-uniform — ek is seker jy sal hom om die bos kan lei."
Ek gaan dus na die huis toe terwyl die ander Boere in die donker by die buitegeboue wag. Nadat ek geklop het, word die voordeur versigtig oopgemaak deur 'n ou man wat reeds in sy slaapklere is. Hy vra: "Who are you? What do you want?"
"Good evening, Sir, I am Sergeant Jones of Brabant's Horse. I am here with nine men and thirty horses. I must put up at your farm for the night. Will you please give us a place to sleep and forage for our horses? I shall give you a receipt for the forage we used tomorrow."
VERTROU HOM VOLKOME!
Hannes Ollewagen
Spreuke 3:1 – 35
Eers wil ek ‘n paar verse uit 1 Konings 4:29-31 as agtergrondkennis van die skrywer van Spreuke aanhaal: “EN God het aan Salomo wysheid gegee en ‘n baie groot verstand en ‘n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê, sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte. Ja, hy was wyser as al die mense, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom.”
Wanneer ons van Salomo in bogenoemde gedeelte lees, is dit die beskrywing van ‘n waarlik wonderbaarlike mens en kan ons verstaan waarom hy so goed oor sy land kon regeer – daar sou geen probleem te moeilik vir hom wees om te verstaan nie!
JY'T NET EEN LEWE
DANIËL EN SY DRIE VRIENDE SE OORWINNINGSGELOOF
Ds Andrè van den Berg
“... laat dit u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie” - Dan.3:18
Wat het nie alles deur die gedagte van die drie jongmanne gemaal toe die wagte hulle vasbind en vuuroond toe sleep om tereg gestel te word nie. Alles het binne ʼn ommesien verander - die een oomblik was hulle veilig, die koning het van hulle gehou en net die volgende oomblik staar hulle ʼn grusame dood in die gesig! Waarom het God die teregstellingsbeamptes nie laat versteen sodat hulle hul taak nie kon uitvoer nie? Het die jong manne se gehoorsaamheid aan God vir hulle dan niks in die sak gebring nie? Drie jong manne se son was besig om te sak terwyl dit nog dag was! Wat het skeef geloop?
Die Bybel beskryf vaagweg die gebeure wat tot hierdie dramatiese gebeure in Babel gelei het. Nebukadneser was in ʼn politieke stryd gewikkel. Baie van sy hooggeplaastes was glad nie met die Joodse ballinge wat na Babel weggevoer is gediend nie omdat hulle die plaaslike geleerdes oorskadu het.
KINDERVERHALE (10)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Rusie-duiwel
DIE dramas van daardie groot digter, Shakespeare, bevat baie kostelike lesse vir ons mense, as ons dit maar net wil raaksien.
Luister bietjie na die verhaal van sy baie mooi Romeo and Juliet.
In Verona, 'n stad in Italië, was daar twee families wat mekaar gehaat het. Net waar hulle mekaar raakloop, baklei hulle. Tot hulle bediendes het onder mekaar baklei om die eer van hulle base hoog te hou. Dinge het later so erg geword dat die prins tussenin moes kom en bevel gegee het dat die eerste een van die twee families Montague en Capulette, wat weer die vrede versteur, verban sou word.
Een aand gaan Romeo, 'n Montague, vir 'n grap vermom na 'n party van die Capulette-familie, waar hy smoorverlief raak op hul dogter, Juliet, en sy raak net so verlief op hom.
WARE KWINKSLAE (6)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Danie Stegman, Nooit gevang nie, pp. 29-30:
Waar hulle kon, het die kommando's ons op die plaas gehelp. Dit was al so te sê pikdonker toe 'n kommando een aand papnat gereën daar aangekom het. Vanweë die geweldige storm wat die middag losgebars het, kon ons nie melk nie. 'n Paar van die burgers het dadelik aangebied om te gaan melk. Nie een van hulle het enige besware gemaak nie, al was almal doodmoeg. Ongeveer 'n halfuur later het hulle teruggekom met die melk. Almal het egter geskater van die lag.
"Wat was die grap?" wou een van die mans weet wat intussen by die huis gebly en hout gekap het.
"Oom," het een van die melkers begin vertel, maar hy het so begin lag dat dit moeilik gegaan het om te praat, "ons het ons boeglam geskukkel om een van die koeie gemelk te kry. Ons het naderhand die hele kraal op horings gehad met die vervlakste koei." Toe het die lagbuie hom so oorval dat hy nie verder kon praat nie.
KINDERVERHALE (9)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Staaltjie Omtrent Napoleon
BAIE van julle het seker al in die geskiedenis geleer van Napoleon Bonaparte, die Korsikaanse korporaal wat later 'n wêreldveroweraar en keiser van Frankryk geword het. Hy is eindelik in 1815 verslaan en verban na die eiland van St. Helena, waar hy na 'n paar jaar aan maagkanker dood is. Soos dit gewoonlik gaan met so 'n groot historiese figuur, is die geskiedenis vol staaltjies omtrent hom. Party verduidelik sy edele karaktertrekke en andere bewys dat die grootste en magtigste persoon ook nog maar mens is, met al die gebreke en foute van 'n Adamskind.
Die verhaal wat ons nou weergee, skilder hierdie geskiedkundige figuur vir ons op sy beste:
Nadat hy tot volle mag gekom het in Frankryk, het hy baie manne tot hoë posisies in die land verhef. Party van sy familielede het hy konings gemaak oor die lande wat hy verower het, en baie van sy vriende het groot gunste en bevordering van hom ontvang. Onder meer was die hertog De Polignac een van sy gunstelinge.
HY GAAN ONS BYMEKAARMAAK
HOU MOED, GOD KEN DIE TYD
Kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon... Want so sê die HERE: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek. - Jeremia 32
Soos die HERE die volk Israel aan die Chaldeërs oorgegee het omdat hulle ander gode gedien het, het Hy ook die Afrikanervolk aan ‘n goddelose owerheid vir presies dieselfde rede oorgegee.
Tans betaal hierdie volk vir hulle afvalligheid; die vyandelike aanslag is bedoel om vernietigend te wees. Ons word vermoor, verdruk, verraai, gebreinspoel en belieg. Hierdie poging met sy gevolglike verdeeldheid in ons geledere het daartoe gelei dat daar maar bitter min volksgenote oor is wat die waarheid van ons haglike toestand raaksien; die liberaliste en verraaiers het grootliks daarin geslaag om verwarring en twyfel onder volksgenote teweeg te bring wat die terugkeer ernstig bemoeilik.
Maar God wil ons vergewe en terugbring op sy eie tyd. Toe die tyd reg was en Hy Israel wou vergewe, het Hy hulle bymekaargemaak en hulle teruggebring na veiligheid in die land waar Hy weer hulle enigste God was, en dit is presies wat Hy met ons wil doen.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (7)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Op 16 Maart het agt van die manne op ’n sleereis van ’n week vertrek, maar die temperatuur het nou ’n onaangename laagtepunt bereik en tot sowat 40° benede zero gedaal. Hulle is die swaarste geteister deur betrokke weer en deur die uiters swak lig op die dae wanneer geen bakens wat hulle die pad na die opslagplek kon aandui, sigbaar was nie.
Die manne vertel: Ons slaapsakke was ook bevrore en ongerieflik. Aan die binnekant van ons tente het ’n dik ryp gevorm en elke windjie het dit in ’n ysbui laat neerstort. Terwyl ons tydens die etes op ons slaapsakke gesit het, het ons koppe en skouers dikwels stukke van hierdie ryp afgestamp. Dit het gou in ons slaapsakke versamel, met die gevolg dat ons nagte in ’n klam ellende verander is. Die oppervlaktes was baie moeilik en dit was selfs ’n inspannende werk om ligte sleë van die opslagplek af te trek.
Hierdie herfs is deur ’n reeks storms en sterk winde gekenmerk, en daartussenin was kwalik meer as ’n paar uur stilte of ligte winde. Hulle het soms die ski’s gebruik, maar soms was die ski’s ook heeltemal nutteloos, en wel omdat die sneeu in klompe onder hulle aangepak het.
KINDERVERHALE (8)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
'n Spotter kry sy Antwoord
TOE 'n sekere predikant eendag op reis was, moes hy een nag by 'n herberg oorbly. In die sitkamer ontmoet hy 'n jongkêrel wat hom onmiddellik uitnooi om 'n glasie brandewyn saam met hom te geniet.
"Nee, dankie," sê die predikant beleef, "ek is nie dors nie."
Toe vra die vreemdeling. "Drink u dan nooit anders as net wanneer u dors het nie?"
"Baie selde," antwoord die dominee.
"Dan," sêdie jong man ewe parmantig, "is u mos nes 'n dier. Want 'n dier drink net om sy dors te les."
"So?" was die antwoord. "Drink u dan ook op tye wanneer u nie dors is nie?"
"Ja, sekerlik! Dikwels."
"In daardie geval," sê die leraar kalm, "is u dan erger as 'n dier, juis omdat 'n dier net drink om sy dors te les."
WARE KWINKSLAE (5)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Die volgende staaltjie deur H.C. Hopkins, uit die boek Maar een soos hy:
Ek moet nou weer agter die kommando aan na Perdekraal toe. Ongelukkig het die burgers nie stelling ingeneem by die krale nie, maar onderkant die huis agter 'n skerp klipbankie. Toe ek na die huis aangery kom, sien ek twee perde ruiters ut die plantasie regs van die opstal na my kant toe aankom. Een ry vooruit op so 'n mooi, blou perd en vas onder die indruk dat dit my burgers is, skree ek: "Sê vir die ander hulle moet hier na onder toe kom en by die huis posisie inneem!"
Meteens spring die twee van hulle perde af en die volgende oomblik klap daar twee skote. Die koeëls fluit so skrams by my verby!
Vas onder die indruk dat dit my eie mense is wat so onverantwoordelik op my begin skiet, trek ek los en gil op hulle: "Ellendige skepsels, wat de duiwel skiet julle op my? Waarom skiet julle nie die Engelse nie?"
GEE U GEES IN ONS BINNESTE, O GOD!
Hannes Ollewagen
Eségiël 36:1-38
In vers 17-21 lees ons hoedat die volk van God hulself skuldig maak deur hul land te verontreining deur hulle goddelose wandel en handelinge. Ons eie volk hier in Suid-Afrika het ons ook skuldig gemaak aan dieselfde oortredinge en het ook die Heilige Naam van God in ons land verontreining deur van Hom afvallig te raak en Hom te vergeet. En is óns volk nie óók onder die nasies verstrooi en in ander lande versprei soos wat ons lees met die volk Israel gebeur het nie? Is ons nie ook geoordeel volgens ons handel en ons wandel nie? (Vers 19)
Ons is as ‘n geringe volkie geplant aan die suidpunt van Afrika met ‘n roeping om as Godsvolk te leef tot eer van sy naam. Ons was veronderstel om dit wat kosbaar en heilig vir ons volk was, nl. ons geloof in God Drie-enig en ons geloftes aan Hom, te vertroetel, te beskerm en die kennis daarvan aan ons nageslag oor te dra. Ons was bestem om ons kinders in die weë van die Here op te voed en hulle te leer van die wonders wat God vir ons volk gedoen het.
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (5)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Die Krugerstandbeeld waaraan Anton van Wouw met soveel tere liefde en opoffering gewerk het, het dan ook nooit in die Suid-Afrikaanse Republiek verrys nie. Op 11 Oktober 1899, nog voordat die gegote beelde en basreliefs in Suid-Afrika aangekom het, het die Tweede Vryheidsoorlog, wat soveel ellende en verwoesting vir Suid-Afrika gesaai het, losgebars ; en al was die Boere vir die eerste vier maande ook so suksesvol dat hulle die vyandelike strydmagte buite die grense van die Republieke gehou het, het die Krugermonument tog nie die Boeregebied gehaal nie. Die gegote stakke is wel—wanneer, kon deur ons nie vasgestel word nie—na Suid-Afrika verskeep, maar hulle het nie verder as Delagoabaai gevorder nie waar hulle bly lê het, aangesien die Boere, in 'n stryd op lewe en dood gewikkel, daar op dié tydstip geen aandag aan kon gee nie.
WARE KWINKSLAE (4)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Deneys Reitz, Kommando, p. 254
Gedurende die Boereoorlog is ons in 'n geveg by Harrismith naby die Wilgerivier. Dit duur nie lank nie of die vyand vlug. Ek sien 'n vlaggie waai in die lang gras en toe ek daar kom, sit kaptein Bentley by 'n gewonde soldaat. Ek vra wat ek vir hom kan doen.
"Could you get some water, he is very thirsty."
Ek het 'n agterryer met die naam Klaas gehad wat ek rivier toe stuur vir water. Terwyl Klaas op pad is, bied kaptein Bentley my 'n sigaret aan. Hy gee die pakkie aan my met 'n groot Union Jack op die een kant. Die sigarette het bekend gestaan as Flag. Ek bekyk die pakkie en sê: "Nee dankie."
Hy draai die pakkie om met 'n glimlag en sê: "Try it this way!"
Gedurende die tyd toe lord Clarendon die goewerneur-generaal van die land was, vertel ek hom wat gebeur het en van die Flag- sigarette.
Hy lag en sê: "Oh! I see the point, you are still trying to burn the flag!"