Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Almal raak soms bang. Ps 108 nooi jou uit om veilig by die Here te voel selfs al verkeer jy in gevaar. Hierdie psalm praat van 'n geloof in dinge wat ons nie kan sien nie, 'n geloof wat jou staande hou selfs in die swartste nag. Die Here is altyd vir jou daar; daarom hoef jy nie bang te wees vir môre en oormôre nie: jy is veilig by God!
OFFER VAN EENSGESINDHEID
Hannes Ollewagen
“ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.” Filippense 1:27
Een van die mees effektiewe wapens wat die satan gebruik om gesinne, families en volke uitmekaar te skeur, is tweedrag. Die gees van twis, tweedrag en onmin het ’n opdrag vanuit die hel ontvang om vernietiging en verwoesting te saai waar hy ookal beweeg. Die woord tweedrag beskryf so duidelik wat uiteindelik ná die twis ontstaan: verdeeldheid.
Die wapen wat die bose geldmagte (dienaars van die satan) met groot sukses ingespan het om ons volk ten gronde te rig, was dan ook natuurlik tweedrag. Hierdie magte wou nie net die rykdom van ons land inpalm nie, hulle wou ons volkstradisie van Christelike geloof wat soos ‘n goue draad deur ons geskiedenis geweef is, vernietig. Ons kan dus met reg sê dat dit nie net ‘n aanval op ons land en volk was nie, maar veel dieper gerig met die oog op die vernietiging van ons Christelike geloof.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (3)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
President Steyn vertel hoe hy ontsnap het
Een van die joiners het 'n Britse kolonne vroeg die môre van 10 Julie 1901 na die Noord-Vrystaatse dorp Reitz begelei om byna al die lede van die Vrystaatse regering te vang. Omdat pres. Steyn "die siel van die oorlog" was, soos genl. Louis Botha dit uitgedruk het, sou sy gevangeneming 'n nekslag vir die stryd gewees het.
Die lede van sy staf en kommando het altyd die grootste respek en liefde vir Steyn gehad. Meer as een maal het van hulle gesê dat die wyse waarop hy die agting van almal behou en die onderlinge vrede bewaar het, 'n wonderwerk was. Daar was soms meningsverskille tussen sy manne, maar Steyn kon met 'n paar woorde die eensgesindheid herstel. Sy kalm, deurdringende aanblik kon niemand weerstaan nie. "As President liewers wil raas of die sambok gebruik, dan kon ek my man beter staan," het een van sy vernaamste amptenare eendag gesê, maar daardie kyk!"
GEMENGDE HUWELIKE
Lees reeks by WAT SÊ DIE BYBEL OOR...
WAT SÊ DIE BYBEL OOR GEMENGDE HUWELIKE?
Omdat Suid-Afrika so ’n wye verskeidenheid van rasse met uiteenlopende lewens- en kulturele verskille huisves, is die erkenning van veelvolkigheid en rasseverskille onontbeerlik vir vreedsame naasbestaan. Ongelukkig het die verwysing na rasseverskille vandag so ’n politieke plofkrag verkry, dat die onderwerp liefs vermy word.
Toe die eertydse verbod op gemengde huwelike jare gelede geskrap is, het die liberale media rassevermenging begin ophemel. Vandag is feitlik alle TV-sepies en advertensies kunsmatig rasgemeng.
Vroeër het mense by hul eie ras gehou om hul eenselwigheid en kultuurverskille te bewaar. Dis nie deur regerings of kerke op hulle afgedwing nie, maar uit eerbied vir God se skeppingsorde gehuldig.
OFFER VAN DANKBAARHEID
WANNEER HY KOM
Hannes Ollewagen
Lukas 19:29-44
Vers 44 "…omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie."
In hierdie gedeelte lees ons hoedat die Seun van God, die Koning van alle konings, Jerusalem op die rug van ‘n esel besoek. Hierdie nederige handeling van ons Meester wat vir ons as voorbeeld moet dien, het egter tot gevolg gehad dat sommige hulle nie eers aan sy besoek gesteur het nie aangesien Hy nie met ‘n roemryke en wêreld-aanskoulike optog Jerusalem binngegaan het nie.
Gebeur dit nie dikwels dat God ook ons besoek of met ons praat nie? Maar omdat dit op ‘n manier gebeur wat ons nie verwag nie, sien of hoor ons Hom nie? Dít laat ‘n mens aan die gelykenis in Matthéüs 25 dink (vers 40):
“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”
Onthou ons nog dat die mens die kroon van God se skepping is en dat ons aan ons hemelse Vader offers van dankbaarheid kan bring deur aan ons broeders in Christus goed te doen met die gesindheid asof ons dit vir/aan Hom doen?
TATOEËERMERKE
Lees reeks by WAT SÊ DIE BYBEL OOR...
WAT SÊ DIE BYBEL OOR TATOEËERMERKE?
Nie net ons jongmense vandag nie maar ook talle middeljariges, dink hulle moet hul 'jonkheid van gees' met 'n tatoeërmerk bewys. Wat hulle nie besef nie is dat dit geen moderne gier is nie maar 'n baie outydse manier om onderdaniges te merk. Heidene het reeds in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui, dieselfde beginsel wat boere vandag nog met hulle vee uitoefen – 'n inskrywing om aan te dui dat dit sy eiendom is. So ook het afgodedienaars reeds van ouds af hulself met verskillende tekens laat tatoeëer om te wys aan watter afgod hy behoort. Die laaste afgod van alle tye word in Openbaring 13 beskryf waar afvallige mense uiteindelik sy merk sal ontvang en verlore sal gaan.
Israel het tatoeëermerke as toewydingstekens aan afgode verafsku.
“Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here”. (Lev.19:28).
Die antwoord hieruit is baie duidelik - jy mag nie doelbewus merke in jou vel laat insny nie want dit is liggaamskending en 'n sonde.
KINDERVERHALE (15)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Heilige Beker
IN die Middeleeue, d.w.s. tussen die jare 500 en 1500, was daar in die verskillende Europese lande mense wat Ridders genoem was. Hulle was van adellike afkoms en het rondgegaan om met hul swaard en hul sterk regterarm veronregtes gelyk te gee. Hulle het veral graag skone dames gered wat in die mag van bose persone geval het; en as hulle daarna weer aan die een of ander toernooi deelneem, dan het hulle 'n stuk lint van daardie dame gekry om as liefdesknoop te dra om vir hulle geluk te bring in die wedstryd.
Die hele stelsel was uiters interessant. Die seuns van die adel het reeds, as knapies van twaalf, dertien jaar aan die hof van die een of ander beroemde ridder as boodskappertjie en sleepdraertjie vir die vrou van die kasteel diens gedoen.
DIE DOODSTRAF
Lees reeks by WAT SÊ DIE BYBEL OOR...
WAT SÊ DIE BYBEL OOR DIE DOODSTRAF?
Ons leef in 'n land met van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld omdat die staat nie wet en orde handhaaf nie. Om orde te handhaaf is die doodstraf ’n vereiste. Lande wat dit afgeskaf het, het met dieselfde wetteloosheid as Suid-Afrika te kampe.
Die NuweTestament maak dit baie duidelik dat slegs die staat die doodstraf mag oplê en voltrek, nie 'n individu nie:
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte... want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede, maar as jy kwaad dien, vrees dan, want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:3,4).
Gód het dus aan die staat die opdrag gegee om wet en orde te handhaaf. Burgers het gevolglik die reg om in veiligheid te woon. En nêrens in die Nuwe Testament is die doodstraf ooit opgehef nie.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (2)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, stukke oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Die geheimsinnige gidse
G.R. von Wielligh was krygskommissaris oor die Britse krygsgevangenes in die eerste deel van die oorlog, en 'n tyd lank was hy dag na dag met hulle in aanraking. 'n Paar van hulle het hom vrywillig met sy werk gehelp, onder andere korporaal Edwards van die Northumberland Fusiliers, wat 'n rol in die verhaal speel. Op 6Junie is die Britse krygsgevangenes ontset. Daarna het die Britte Von Wielligh in Pretoria gevange gehou.
Die vervelige niksdoen, maar nog meer die gevoel dat hy die kommando's moes gaan help veg, het hom laat besluit om uit Pretoria te ontsnap. Dit was 'n gevaarlike onderneming, want die Engelse krygsraad het juis in hierdie tyd twee mans laat doodskiet omdat hulle probeer ontsnap het.
Op 'n Sondagaand, moontlik 2 Maart 1901, het hy dit gewaag om weg te loop in die rigting van genl. J.H. de la Rey.
HOE LYK 'N CHRISTEN?
Ds Andrè van den Berg
“ .... en die dissipels is in Antiochië vir die eerste keer Christene genoem” - Hand.11:28
Daar word gesê dat Suid-Afrika se bevolking uit nagenoeg 80% Christene bestaan. Dit is ʼn leuen! Christene sal nie ʼn Christelike grondwet met ʼn sekulêre een vervang soos wat in 1994 gebeur het nie. Christene sal ook nie dinge soos aborsie, homoseksualisme en ander gruwels goedpraat nie.
Dit laat die vraag ontstaan: Wat is ʼn Christen? Is dit iemand wat gedoop en aangeneem is? Is dit ʼn persoon wat kerktoe gaan en die Nagmaal gebruik? Wat sê die Bybel? Hand.11, waar die gelowiges in Antiochië vir die eerste keer in die geskiedenis Christene genoem is, verdien ons aandag.
Hulle is destyds so genoem om vyf redes wat vandag nog geld. Hulle was eerstens onherroeplik aan Christus verbind. Hulle liefde vir Hom was met onsigbare klinknaels aan hulle siele vas toe die poppe in Jerusalem begin dans en hulle begin vervolg is.
KINDERVERHALE (14)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Oneerlike Bediende
EK wonder of julle weet hoe streng die wet 'n paar honderd jaar gelede was - anders as vandag waar polisie en regeringslui met moord wegkom! Baie mense is opgehang weens diefstal, al was dit net een skaap wat hulle gesteel het. Baie ander is lewenslank na 'n vreemde land verban om daar as bandiete te werk omdat hulle 'n geringe dingetjie van die een of ander ryk, invloedryke man geneem het. Al het hulle gesteel om net aan die lewe te bly, is dit nie in ag geneem by die toepassing van die vonnis nie. In daardie tye was die wet die arm man se vyand en, nie sy vriend en beskermer nie.
In elk geval, ons word vertel van 'n sekere ryk man wat 'n bediende gehad het wat hom onder andere ook aan tafel moes bedien. Die ryk man was 'n godloënaar.
VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (6)
C Pama
Lees reeks by Vlae van Suider-Afrika
Die vlae van ons buurlande
Namate die Britse, Franse en Portugese kolonies en die Suid-Afrikaanse swart tuislande selfstandig geword het, het ook hul nasionale simbole ontstaan, naamlik staatswapen en vlag.
Om die opsoek van die vlae makliker te maak, is die selfregerende en onafhanklike state van Suider-Afrika in een alfabetiese volgorde geplaas. Eers volg die beskrywing van die vlag en daarna wat dit voorstel of simboliseer. Daar word veronderstel dat ’n mens voor die vlag staan en daarna kyk.
ANGOLA
Vlag: Twee horisontale bane, rooi bo en swart onder. In die middel oor alles heen ’n geel embleem wat bestaan uit simbole wat onderskeidelik sosialisme, nywerheid en landbou voorstel, naamlik ’n vyfpuntige ster, ’n halwe kamrat en ’n kapmes. Hierdie vlag is gebaseer op die een wat deur die MPLA (Movimento Popular de Libertacao de Angola) in 1965 aangeneem is wat net ’n ander embleem in die middel gehad het, naamlik ’n groot vyfpuntige ster.
WARE KWINKSLAE (14)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
R.W. Schikkerling, Hoe ry die boere, p. 113:
Onlangs het hier 'n man uit die Kaapkolonie aangekom vergesel deur sy agterryer, 'n bruinman, wat gedurig gekla het omdat hy in die peslike Transvaal moes bly. Terwyl hy besig was om 'n jong perd te leer, is hy afgegooi sodat hy op sy kop te lande gekom het... Hy het 'n paar oomblikke gesit en kyk na die duik wat hy in die grond gelaat het; toe gemompel: "Nei, Transvaal, ma' ek het jou darem hard gestamp, nê!"
Wilhelm Mangold: Vir Vaderland, Vryheid en Eer, p. 61:
Die vlaktes by Lombardskop en Bulwana het 'n menigte dongas waar wilde akasia- en doringbome groei en hier het ons voorposte geskuil. Een van ons agterryers wat hout bymekaargemaak het, was skoon oorbluf toe 'n Kakie hom skielik vra: "Where is the road to Ladysmith?"
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (14)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Op die Beardmore-Gletser en verder
Die bestyging van die Beardmore-gletser was bepaald die aangenaamste deel van hulle suidelike reis. Diegene wat dit oorlewe het, kan alleenlik aangename herinneringe aan hierdie genotvolle deel van ons sleereis hê. Uit ’n wetenskaplike oogpunt was dit beslis die interessantste streek waaroor hulle gereis het, en vir die nie-wetenskaplikes het dit elke dag iets interessants gebied, al was dit net wat betref die vorm, kleur en grootte van die rots- en-berge-soom, wat ’n geweldige verligting na die eentonige reis oor die Ysbank was.
Eers was daar Berg Hoop aan die laer kant van die gletser. Berg Hoop is ’n granietkoppie wat omtrent 280 voet hoog is. Die kruin is met swerfblokke bestrooi, wat daarop dui dat die gletserwerking vroeër veel groter in omvang was.
KINDERVERHALE (13)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
'n Hen-heldin
BAIEMAAL boor 'n mens van heldedade deur diere, maar dit is seker maar selde dat 'n hoenderhen die rol van heldin speel.
'n Sekere predikant het eenmaal met vakansie na 'n plaas gegaan. Hy was werksaam in 'n besige stad, en het die stilligheid en die vry, ope plaaslewe baie geniet ná al die gewoel van sy alledaagse omgewing. Hy was 'n ware sielesoeker en al was hy met vakansie, was hy nogtans gedurig op die uitkyk of daar nie iemand is wat hy vir sy Meester kon win nie. Baie gou het hy agtergekom dat die eienaar van die plaas nie 'n bekeerde man is nie. Hy het toe met hom ernstig gepraat oor sy sieleheil, maar tevergeefs. Die boer bly maar ongeêrg en word selfs kwaad, en vermy daarna die dominee se geselskap.
WARE KWINKSLAE (13)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
De Wet! De Wet!
Andre Malan, Pretoria:
My ouma het vertel dat die Engelse eendag by haar ma op die plaas aangekom het waar sy besig was om brood te bak. Die troepe was baie haastig en wou opsluit brood hê. Hoe meer sy egter aan hulle beduie dat die brood nog nie uitgebak is nie en dat sy hulle dus nie kon help nie, hoe driftiger raak die tommies want hulle broodhonger was groot. Ten einde laaste sug sy moedeloos: "Maar die brood is nog te wit!"
Toe is daar groot konstemasie. "What! De Wet!" skree een en soos een man ruk hulle hulle perde om en kies die hasepad!
DIE "HELLE" WAARONDER ONS LY
Jeanette Koekemoer
"Vandag is ons weer in 'n soortgelyke oorlewingstryd. Ons word verdruk en vermoor, en ons taal versmoor met beletsels van die "helle waaronder ons ly". Maar daar brand 'n helder lig van hoop wat direk uit ons verlede na vore skyn: die dag wanneer die Boerevolk genoeg van sy onderdrukkers verduur het sal hy weer die taal van vervreemding soos gif uit sy mond spuug en ons kosbare taal sy eie maak."
"Jij is 'n Afrikaner en jij skrijwe in die taal van die helle onder wie ons lij!" Só het genl De Wet vir J A B Joubert gesê toe dié as rebel teen die inval in Duits-Suidwes 1914-15, in aanhouding vir sy vrou 'n brief in Engels geskryf het. Genl De Wet was 'n sterk taalbewuste Afrikaner wat hom dikwels uitgelaat het oor die taalkwessie. In sy pleidooi op 'n kongres te Brandfort reeds op 1 en 2 Desember 1904 het hy hom beywer vir eie skole ter wille van die eie taal: "Al moeten wij onszelf en onze familien van benodigdheden afknijpen om onze taal te behouden, zullen wij het doen tot den dag dat het God sal behagen het hart van die Regering te weken alvorens ons volk uitgewist is." Hierdie hartstogtelike pleidooi was vir fondse vir die C.N.O. – skole (Christelike Nasionale Onderwys) waar die Boerevolk hulle eie taal kon huldig. (Vandag het ons die C.V.O – skole tot ons redding as ons dit net wil gebruik).
VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (5)
C Pama
Lees reeks by Vlae van Suider-Afrika
Die Engelse tradisie
Dit is ’n merkwaardige sameloop van gebeure dat juis die Afrikaners wat in die eerste eeue van hul bestaan tog ’n landelike volk is, vasgekleef het aan ’n vlag wat op see gebore en getoë is. Die Engelse daarenteen, wat veral in die latere eeue van hul geskiedenis by uitnemendheid tuis gehoort het by die seevarende volke, het ’n vlag wat in al sy besonderhede die vlag van ’n landsbevolking is: die sogenaamde Union Jack.
In sy huidige vorm is hierdie vlag nie baie oud nie. Dit word die eerste maal beskryf in ’n koninklike proklamasie van 1801 met die volgende bewoording:
". . . that the Union Flag shall be Azure, the Crosses Saltire of St Andrew and St Patrick Quarterly, per Saltire counterchanged Argent and Gules; the latterfimbriated of the second, surmounted by the Cross of St George of the third, fimbriated as the Saltire."
Hierdie stukkie Engelse heraldiese terminologie verdien ’n verklaring. Heraldiese kleure het naamlik spesiale name:
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (13)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die Reis na die Suide — die Motorsleë vertrek
Op 24 Oktober het die voorhoede van die suidelike geselskap wat uit Day, Lashly, Hooper en lt. Evans bestaan het, met twee motorsleë van Kaap Evans vertrek. Hulle het drie ton voorrade, poniekos en petrol op vyf 12 vt.-sleë vervoer en hulle eie tent, ens., op ’n kleiner slee. Hulle het so ’n swaar vrag voorrade vooruit gestuur omdat die ponies teen die gevare van die wisselende see-ys, wat op party plekke bulterig en op ander weer so glad was dat ’n mens nie daarop kon staan nie, wou gevrywaar word. Verder het hulle geweet dat dit oor die eerste dertig myl oor die Ysbank moeilik sou gaan en dat die ponies, tensy hulle ’n ligte vrag sou vervoer, daardeur onnodig uitgeput sou word. Hier was dit dus ook weer nodig om die motors vir die swaar sleepwerk te gebruik.
QUO VADIS?
UITNODIGING: VOLKSVERGADERING
GELOFTEVOLK KOÖRDINERINGSKOMITEE
Kennis geskied hiermee van die sesde Volksvergadering van die Geloftevolk van Suid-Afrika – D.V. 10-12 Oktober 2014 te Dankbaar CVO Skool, Bloemfontein.
Tema: Ps.33:12a “Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is,...”
CHAOS is besig om elke sektor van die Nuwe Suid-Afrika lam te lê. Die land met die “beste grondwet” in die wêreld, stort in duie! Parlementslede maak ‘n bespotting van die Parlement en die Regering ondersoek die moontlikheid om 50% van die blanke boere se plase ten gunste van die plaasarbeiders te onteien. Myne, banke, nywerhede, privaat eiendom, besighede, ens. staar nasionalisering in die gesig. Elke myn, plaas, dorpshuis en besigheid in hierdie land kom onder die Hamer en Sekel. Selfs u beleggings is onveilig en pensioenskemas is ook aan’t wankel.
Die waarborge [wigte en teenwigte] wat die Nuwe Suid-Afrika vir die Blankes moes bestendig het saam met die Nasionale Party van die toneel verdwyn en is vervang met die beleid van Regstellende Aksie wat ongekende blanke emigrasie en ellende teweeg gebring het.
POLITIEKE KORREKTHEID
ʼn Marxistiese slagyster
Andrè van den Berg
Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg
DIE WAARHEID het talle karikature waarvan die sosiale euwel wat as politieke korrektheid bekend staan een van die skadelikste is. Dit het veld begin wen toe kommunisme in Oos Europa ineen begin stort het. Politieke korrektheid poog om stabiele volke se trotse geskiedenis te herskryf as vergoeding vir sg. onregte van die verlede. Ironies genoeg, het dit nêrens ter wêreld enige onreg herstel nie, maar dit eerder help skep. Bestendige regerings is ontwrig en polities korrek-vertrapte lande is geskep.
Politieke korrektheid het in 1923 in die Frankfurt Skool van Denke (Duitsland) ontstaan en sou aanvanklik die Instituut van Marxisme genoem word. Daar is toe op die Instituut van Sosiale Navorsing besluit ten einde die bose wortels van Marxisme te verbloem. Die doel van hierdie instituut was om ʼn oplossing te vind vir ʼn probleem waarmee die kommuniste geworstel het - hulle ideologie het nie genoegsame steun verkry nie.