Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen voorspoed – hetsy ons eie, hetsy dié van ander – moet ons laat verbygaan sonder om met lof- en dankbetuiging te getuig dat ons God se Hand daarin erken nie.
WORD 'N PASAANGEËR!
Ds Andrè van den Berg
“So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus ... En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word” - 1 Kor. 4:1,2
Alhoewel God miljoene engele tot sy beskikking het, maak Hy van mense wat aan sy stem gehoorsaam is gebruik om sy koninkryk op aarde uit te brei. Jesaja is ʼn sprekende voorbeeld: “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my”. (Jes.6:8). Die kerk van Christus werk met mense wat God dien - godsdienstige mense wat nie los van mekaar funksioneer nie, maar wat onder leiding van verkose ampte as ʼn span saamwerk.
Hierdie werkswyse kan met ʼn langafstand-item tydens ʼn atletiekbyeenkoms vergelyk word. Daar is twee groepe mense – atlete en toeskouers. Baie van die atlete het rus nodig en baie van die toeskouers het oefening nodig!
WARE KWINKSLAE (22)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Wingerdwys...
R.W. Schikkerling, Hoe ry die Boere:
Langs die pad het ons talle gevangenes aangetref wat onbewaak en myle agter die ander streep-streep met die pad langs aangetou het. Kort-kort het hulle by een van ons vemeem of hulle nog "op die regte pad was laer toe". Een van die gevangenes het op 'n perd gery terwyl die man wat hom gevang het, die baas van die perd, ewe doodluiters langsaan voetgeslaan het. Kort-kort het die gevangene sy waterbottel vol rum ondertoe aangegee waaruit die oorwinnaar gretig gedrink het. Laasgenoemde het nog een keer verlangend omhoog gestaar en die gevangene het ewe gelate beduie: "Empty, empty," en die bottel omgekeer om te wys dat dit regtig leeg was. Net daar verander die Boer se sagmoedige en smekende houding en hy bulder: "Nou klim dan dadelik af van my verdomde perd!"
HET GOD NOG 'N PLAN MET ISRAEL?
Ds Andrè van den Berg
Mt.21:33-46:1 Pet.2:7-10
Daar word in verskeie godsdienstige kringe geglo dat Israel nog steeds die uitverkore volk van God is en ʼn beduidende rol in die laaste dae gaan speel. Hulle glo dat God nooit sy beloftes aan Israel opgeskort het nie en net voor die wederkoms van Christus vir ʼn grootskaalse bekering onder die Jode gaan sorg ten einde sy beloftes aan Israel na te kom.
Dis ʼn dwaling! Die Bybel leer dat die Christelike kerk die nuwe Israel is en dat God se beloftes op hulle van toepassing is. Mense wat die Skrifgedeeltes wat al vir 2000 jaar op die kerk betrekking het op die fisiese Israel van toepassing wil probeer maak, slaan die bal baie ver mis!
Christus waarsku die kerklui van sy tyd dat daar ʼn tyd gaan aanbreek dat hulle hul guns as uitverkore volk van God gaan verloor:
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (18)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die Pool word bereik — Scott se laaste Reisskofte
Die besonderhede oor Scott se laaste reisskof na die Pool, en die hartverskeurende verhaal van sy terugreis, van Evans se tragiese dood, Oates se edelmoedige offerdaad, en die martelaarsdood van Wilson, Bowers en Scott self, is deur die lengte en breedte van die beskaafde wêreld gepubliseer. In Scott’s Last Expedition, Deel I, word die groot ontdekkingsreisiger se dagboek feitlik volledig weergegee. Mnr. Leonard Huxley wat die verslag in 1913 saamgestel het, het ook met Scott se eerste werk, The Voyage of the Discovery se samestelling gehelp, en, soos mnr. Huxley dan ook opmerk, was daar nie veel persklaarmaakwerk aan hierdie twee boeke verbonde nie. Scott se laaste boek is geskrywe namate hy met sy reis gevorder het, en diegene van ons wat die ekspedisie en die Eerste Wêreldoorlog oorlewe het — en daar is maar min van ons — is baie trots op die feit dat hy ons uitgesoek het.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (11)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
In erdvarkgate voor 'n Engelse leer
J. G. de Jager
Dit was ongeveer 22 April 1902, iets meer as ’n maand voor die vredesluiting, dat die Engelse hul laaste “kraal” gemaak het waarin ons kommando van Bethlehem vasgekeer was.
Die Engelse het blokhuise gebou van Kroonstad oor Bethlehem na Harrismith tot aan die Drakensberge op die grens van Natal; dit was dan een “muur” van die “kraal”. Die ander “muur” was van Heilbron oor Frankfort en Vrede in die rigting van Bothaspas.
Die blokhuise was van sink gemaak in die vorm van ’n rondawel met skietgate in die mure en van binne met sandsakke opgevul om veilig te wees teen koeëls wat dalk deur die sink dring. Die blokhuise was meestal sowat duisend tree van mekaar opgerig, en tussen die blokhuise is doringdraadheinings gespan met baie lee blikke daaraan gehang, sodat die geringste aanraking met die draad ’n groot geraas veroorsaak het.
JAARKONGRES AFRIKANER VOLKSPARTY
Die Afrikaner Volksparty hou op 10 Oktober hul 6e jaarkongres.
MESSIAANSE JODE...
...ʼn DODELIKE MISLEIDING
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
1 Tim.4:1-4
Soos wat die Israel Visie nie ʼn enkele beweging is nie maar die versamelnaam vir talle versplinterings wat dieselfde dwaalleer verkondig, is die Messiaanse Jode ook ʼn versamelnaam vir ʼn ergerlike dwaling. Vroeg in die 20ste eeu het dwaalleraars begin verkondig dat die geloof in Christus as Verlosser nie genoegsaam is om in die hemel te kom nie, maar dat die Wet van Moses ook onderhou moes word, so ook die sabbat en Joodse heilige feesdae. Jesus word wel as Redder bely, maar om hierdie redding te behou, moet die Wet van Moses ook onderhou word.
Hierdie dwaling het in 1916 as die Sacred Name Movement ontstaan en in 1937 die Worldwide Church of God genoem. Hulle word vandag die Hebrew Roots Movement genoem en beskuldig die kerk van dwaling omdat sy die Hebreeuse agtergrond van die NT glo minag.
GETROU AAN GOD
Hannes Ollewagen
Daniël 3:1-30
“…Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?”
Koning Nebukadnésar is klaarblyklik so stomgeslaan dat hierdie drie manne nie in vervoering raak soos die menigte van mense en hul tesame neerbuig voor sy afgodsbeeld nie, dat hy hulle voor hom laat verskyn om ‘n verduideliking te eis oor hul versuim om hierdie afgodsbeeld te aanbid. Dalk het hulle die opdrag nie mooi verstaan nie of dalk het die boodskap nie betyds by hulle uitgekom nie? Dit kan tog nie wees dat hierdie manne doelbewus weier om voor die glorieryke beeld wat hy laat maak het, te buig nie?
KOM VEROOTMOEDIG SAAM
KENNISGEWING VAN BEOOGDE VEROOTMOEDIGINGSDIENSTE VIR DIE AFRIKANERVOLK VAN GOD:
9 DESEMBER 2014 – 16 DESEMBER 2014
Op 16 Desember 1949 het die woorde van ons eertydse Eerste Minister, dr. DF Malan, die wekroep tot sy volk gestuur het met dié vraag:
“Waarheen Suid-Afrika?"
“As u weggedwaal het van die Voortrekkergees en –gedagte; as daardie vraag 'waar gaan jy heen?' aan u opgedring word, staan dan stil en draai terug! Terug na u volk, terug na u kerk en terug na u God.”
Vandag, 65 jaar later, het ons volk só ver weggedwaal ook omdat menige van ons kerke daarin voorgeloop het. Sou ons stil raak wanneer die vraag “Waar gaan jy heen?” vandag aan ons opgedring word, is die antwoord steeds: Terug na ons God! By Hom alleen lê ons heil en ons verlossing!
WARE KWINKSLAE (21)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Die dagboek van Hugo H. van Niekerk, De Wet-armale 1:
Hendrina Rabie-Van der Merwe is deur die Engelse op Jagersfontein as redelik gevaarlik beskou. Een aand word 'n paar soldate gehuur om haar na haar huis toe te vergesel waar sy die nag bewaak moos word.
Sy sê vir hulle: "Go back to your officer and tell him that it is beneath me to be seen walking with two common soldiers. If they want me to come they must send an officer to fetch me."
Een offisier word toe gestuur en hy is baie beleefd. Terwyl hy staan en wag, sê Hendrina aan 'n ander vrou wat ook in die huis is: "Give me my gown." Die twee wagte voor die huis hoor dit en verstaan dat sy sê: "Give me my gun!"
"O no!" sê die een vir die ander, "let us clear out, she is going to shoot!"
Ná die misverstand opgeklaar is en hulle op pad na die huis is, sê sy vir die offisier: "Look here, Sir, you are an Englishman, I am an Afrikaner woman. You are not to walk near me but at a distance of ten yards!"
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (10)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Tussen water en vuur
G.D. Kotze
Swaar reëns het in die Vrystaat geval toe genl. De Wet ’n rapport van een van sy verkenners ontvang dat ’n groot Engelse mag in die rigting van die Sandrivierbrug opruk en heel moontlik die rivier sal oorsteek. Daar was wel ’n drif en ’n skuit ’n paar myl bokant die brug, maar mens kon net met groot gevaar daar deurtrek, en dit was onwaarskynlik dat die Tommies dit sou waag.
Dit het die Boeregeneraals nou ’n gulde geleentheid gebied om die Engelse in ’n hinderlaag te lei en hulle met ’n sekere mate van sukses teen die oormag te verdedig.
’n Groot Boeremag onder genl. De Wet en kommandante Froneman en Du Plooy het dus by die Sandrivier saamgetrek. Omdat die generaal niks aan die toeval wou oorlaat nie, het hy kmdt. Du Plooy beveel om saam met dertien burgers, my inkluis, die drif en skuit wat aan die oorkant van die rivier in vyandelike gebied gelê het, te gaan bewaak en hom dan dadelik te laat weet as daar gevaar van daardie kant dreig.
BEKEER ONS TOT U, HERE...
...DAN SAL ONS ONS BEKEER
Ds Andrè van den Berg
“Bekeer ons tot U, Here, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd” - Klaagl.5:21
Daar is niks so hartseer as om in tye van swaarkry na die goeie ou dae terug te verlang nie, veral as jy weet dat die swaarkry nie jou eie skuld is nie. Dit het met Juda gebeur. Jeremia het die onaangename taak gehad om Juda 40 jaar lank te waarsku dat God hulle gaan straf. En toe hulle nie wou luister nie, was God se geduld met hulle op en het Hy hulle met die Babiloniërs as tugroede in sy hand ʼn loesing gegee. Jerusalem is in Augustus 586vC, hierdie maand presies 2,600 jaar gelede, platgeslaan en baie van die inwoners in ballingskap weggevoer. In Klaagliedere huil Jeremia oor die verwoesting van hierdie eens glorieryke stad.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (9)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Twee maal voor 'n vuurpeloton
W.J.H. Jacobs, opgeteken deur sy dogter mev. E.J. Weeber
Vóór die oorlog was ek ’n welgestelde boer van Griekwastad. Met die uitbreek van die oorlog het kmdt [J.J.] Jordaan ons dorpie in die Kaapkolonie op 17 November 1899 as Vrystaatse gebied geproklameer, en alle diensbare manne opgeroep as Vrystaatse burgers. Ons kommando is na Kimberley en het deelgeneem aan die Slag van Magersfontein. Met die oorgawe van genl. Piet Cronje het ons rebelburgers almal teruggekeer na ons huise. Ons het toe kennis gekry om ons wapens neer te lê. Dat ons so lig daarvan afgekom het, is seker toe te skryf aan die feit dat ons opgekommandeer was.
In Julie 1901 was daar weer gerugte van ’n Boerekommando onder genl. De Villiers. Ons het onmiddellik kennis gekry om al ons bruikbare perde vir beskerming na die dorp te bring. Maar ek het liewer gesien dat die Boere my perde kry as die Engelse. Dus het ek my perde weggesteek en kalmpies gaan aanmeld dat die Boere my perde gevat het. Die Engelse kolonel was toe al klaar ingelig dat ek die perde weggesteek het sodat hulle my in die tronk gestop en die perde laat haal het.
WARE KWINKSLAE (20)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Die volgende twee staaltjies kom uit Hendrina Rabie-Van der Merwe se boek Onthou! In die skaduwee van die galg, pp. 121-122
In Calvinia laat Generaal Hertzog my (Rooi Faan van der Merwe) toe roep en hy sê vir my: "Kyk, Faan, ons het nou Calvinia van die Engelse afgeneem en ek en generaal Nieuwoudt gaan verder — ons wil gaan tot by Lambertsbaai en ons kan nie Calvinia sommerso los dat die Engelse hom weer inneem nie. Ek stel jou nou aan as landdros van Calvinia; jy kan vir jou 'n klompie man uitsoek — so tussen twintig en vyf en twintig en dan bly julle agter en julle sien toe dat wet en orde in Calvinia gehandhaaf word totdat ek terugkom."
So gesê, so gedaan. Ek word aangestel as landdros van Calvinia en die twee generaals gaan verder. Daar het nou nie juis ernstige sake voor my gedien nie, maar ek het gou uitgevind dat 'n man soos ek geen kennis van regspleging het nie en baie gou in die war gebring kon word deur getuienis aan te hoor vir 'n man en teen 'n man, terwyl aan die ander kant, as 'n man skuldig pleit, word daar geen getuienis gelei nie! Toe maak ek 'n plan.
WARE KWINKSLAE (20)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Die volgende twee staaltjies uit C R de Wet, De Strijd tusschen Boeren Brit:
Daar was ook ’n paar Jode in Calvinia wat winkeleienaars was en wat glad nie gediend met die Boerelanddros en sy regstelsel was nie. Tewens soveel so dat hulle my glad nie gegroet het nie. Ek het dit 'n rukkie lank verdra en toe op 'n dag vervies ek my vir die Jode. Ek sê eendag vir my manne "Kyk, moreoggend bring julle almal van hulle — bring hulle voor die hof." Die volgende oggend is die hele ou spul daar en ek laat hulle onmiddellik weet dat ek hulle aankla van minagting van die landdros. Natuurlik het ek nie geweet of daar so 'n wet was of nie, maar nietemin dit is waarvoor ek hulle aangekla het. Ek vind hulle toe een na die ander skuldig en beboet hulle elkeen met £10. Hulle het geen opsie gehad nie en moes maar opdok. En daarna? Waar 'n Jood my ook al op die straat gesien het, of dit nou twee of drie blokke ver was, sê hy al: "Môre, miester Landdros, môre miester Landdros!"
KINDERVERHALE (18) (SLOT)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
"Binne ons bereik"
Drie kort verhaaltjies:
EENDAG kom daar 'n besoeker in die huis van 'n baie eenvoudige paartjie. Wat was hy verwonderd om te sien daar hang aan die muur in 'n raam 'n banknoot van taamlike hoë waarde. Hy vra om dit te sien en toe hulle dit afhaal en nader gee, merk hy op dat dit 'n banknoot van 'n vreemde land is, maar wel een wat uitgeruil en gebruik kan word."Waar kom u daaraan?" wil hy weet.
"O meneer," antwoord hulle, "in die oorlog het 'n gewonde man eendag hier aangesukkel gekom. Ons het hom ingeneem, verpleeg en versorg. Hy was baie dankbaar, veral daar hy een van die vyand was, en toe die vrede gesluit word en hy weggaan, het hy vir ons hierdie mooi ou prentjie gegee; ons bêre dit as 'n aandenkinkie van hom.
WARE KWINKSLAE (19)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Robert de Kersauson de Pertnendreff, Ek en die Vierkleur, p. 52:
By Kruidfontein was ons almal in die huis besig om koffie te drink terwyl 'n paar van ons op die klavier en 'n ghitaar musiek maak toe een van ons Kleurlinge die deur oopdruk en benoud skree: "Baas! Kakies!"
Ons hardloop uit met ons wapens in die hand en verras twee Engelse wat net daar aangekom het op fietse. Hulle gewere was aan die fietsrame vasgemaak. Een skree dadelik: "Don't shoot, we surrender!" terwyl die ander een byvoeg: "I'll be damned if I want to get shot for five shillings a day!"
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (8)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
"Wil julle Boere sien wegloop?"
D.J. du Toit
D.J. du Toit skryf dat hy letterlik drie jaar in ballingskap was. Hy is op 21 Oktober 1899 met die Slag van Elandslaagte gevang en het St. Helena op 21 Oktober 1902 verlaat op pad terug na Suid-Afrika. Van Elandslaagte af is hy en ander krygsgevangenes na Durban gebring, daar op 'n smerige skip gelaai en na Simonstad vervoer, waar hulle op 'n skoon oorlogskip, die Penelope, oorgeplaas is. Die lewe op die skip was maar baie eentonig daar in die hawe, maar aangesien die gevangenes van 'n hele aantal nasionaliteite was, kon hulle die tyd met 'n groot verskeidenheid speletjies verdryf. Bolandse vriende het allerhande lekker kossoorte gestuur sodat hulle in plaas van skeepskos lekkernye kon geniet soos heerlike vet skaapvleis, boerbeskuit, koek, lekker Bolandse vrugte, konfyt en botter. Eendag het daar soveel hoendereiers aangekom dat elkeen vyftien gekry het.
Hy vertel self:
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (17)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Terugreis (vervolg)
Lashly het styf vasgehou en op die een of ander manier het ek en Crean van die brug afgekruip. Ons het ons ysspore vas in die ys gedruk en na die plek waar Lashly was, opgekruip. Ons het aldrie aan die bergklimmerstou vasgehou en op die een of ander buitengewone manier het ons die bopunt van die lys bereik. Hier het ons ons vasgeanker en reggemaak om die slee boontoe te hys. Soos ek reeds gesê het, het die slee 400 lb. geweeg en omdat ons aldrie heeltemal uitgeput was, het die spanning van die gewig van die slee ons krag tot die uiterste getoets. Die ellendige ding het eenkanttoe gegly en op die helling omgeslaan. Byna het die slee ons in daardie ysige afgrond afgeruk, maar ons gesamentlike pogings het ons gered en weereens het ons die gevaar van die oomblik vergeet.
WARE KWINKSLAE (18)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
HENDSOP EN UITSKUD
J.A. Smith, Ek rebelleer!, p. 28:
Die vyand moes vir alles sorg. Ons het altyd genoeg Kakies met hulle perde en uitrusting gevang sodat ons soms kieskeurig kon wees.
Ek het baie kere gesien dat die Kakies wat al gewoond daaraan geword het, gaan sit en skoene uittrek of hulle kamaste afhaal om dit te oorhandig, sodra hulle ontwapen word en nog voor hulle beveel word om dit te doen. Soms is die burger nogal ontevrede en teleurgesteld as die Kakie wat hy gevang het, nie by hom het wat die burger wou gehad het nie.
So dam oom Andries eendag 'n Kakie by om nuwe stewels te kry. Die ou soldaat sit reeds en begin dit los te maak.
"Boots, tommie, boots!" beveel oom Andries. "Pull out!"
Die ou soldaat spook om die swaar en stywe goed los te kry. Oom Andries buk om te help en bemerk meteens dat dit nie die soort is wat hy kan gebruik nie.