Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy alleen kan so maklik ander mense in die verderf inhelp òf hulle na Christus lei – iets waarvoor jy eendag verantwoording sal moet doen (Rom 5:19)
PLIGTE VAN GODS- GEHOORSAME KINDERS
Hannes Ollewagen
1 Petrus 3:1-7
In die bose samelewing waarin ons leef raak ons soms só verstrengel in die stryd vir ons geloof en beginsels dat ons amper uit die oog verloor waarvoor ons stry. Dikwels maak ons onsself ook aan ongehoorsaamheid aan die Evangelie skuldig.
Ons stryd aan die suidpunt van Afrika is ‘n edele stryd teen die bose en vir die behoud van die Christelike geloof en Evanglie in ons land, want sou ons volk as ligdraer hier ten gronde gaan, word die Evangelie bes moontlik saam met ons begrawe.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (7)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Die kinders (2)
E.F. Rohm
2 DIE BAASSPIOEN THYS VAN TONDER
Thys van Tonder se grootste begeerte was om een van die lang verkykers te besit wat die Engelse offfisiere gebruik het. Op ’n dag toe drie van hulle gebuit is, het hy so gesoebat dat hy ene gekry het. Van dié dag af het hy verkenningswerk van geen geringe gehalte gedoen nie. Sy bruin mêrrietjie se stert het hy kort geknip sodat sy op ’n afstand soos ’n Engelse perd moes vertoon - en hy natuurlik as Engelsman. Hy het altyd ’n entjie van die kommando af gery en verkenningswerk op sy eie verrig.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ronald Reagan, gewese Amerikaanse president het ewig 'n humoristiese aanmerking kwytgeraak. So ietsie daarvan:
"Politiek is nie 'n slegte beroep nie. As jy slaag, daar is baie belonings. As jy 'n skandaal aanvang, kan jy altyd 'n boek skryf."
"Resessie is wanneer jou buurman sy werk verloor. Depressie is wanneer jy joune verloor. En herstel is wanneer Jimmy Carter syne verloor."
"Wanneer 'n man 'n fles gekleurde lekkergoed sit en eet verklap dit sy karakter – hou dop of hy een kleur uitsoek, of sommer 'n handvol vat en eet..."
"Een manier om seker te maak misdaad betaal sou wees om die regering dit te laat beheer."
"Ek sien almal wat ten gunste van aborsie is, is reeds gebore."
ONTHOU VOLKS- VERGADERING 10 OKTOBER
van die Geloftevolk van Suid-Afrika –
D.V. 10-12 Oktober 2014 te Dankbaar CVO Skool, Bloemfontein.
Tema: Ps.33:12a “Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is...”
Geagte Volksgenoot,
CHAOS is besig om elke sektor van die Nuwe Suid Afrika lam te lê. Die land met die “beste grondwet” in die wêreld, stort in duie! Parlementslede maak ‘n bespotting van die Parlement en die Regering ondersoek die moontlikheid om 50% van die blanke boere se plase ten gunste van die plaasarbeiders te onteien
[i] . Myne, Banke, Nywerhede
[ii] , Privaat eiendom, Besighede, ens. staar nasionalisering in die gesig.
Elke myn, plaas, dorpshuis en besigheid in hierdie land kom onder die Hamer en Sekel. Selfs u beleggings is onveilig en pensioenskemas is ook aan’t wankel. Die waarborge [wigte en teenwigte] wat die Nuwe Suid-Afrika vir die Blankes moes bestendig het saam met die Nasionale Party van die toneel verdwyn en is vervang met die beleid van Regstellende Aksie wat ongekende blanke emigrasie en ellende teweeg gebring het.
SIEN DIE VOLLE PRENTJIE
Ds Andrè van den Berg
“... dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel....” (:28).
Ses blinde mans kom eendag by ʼn dieretuin aan en huur vir hulle ʼn gids om hulle rond te neem en van die diere te vertel wat hulle nie kon sien nie. Die gids neem hulle toe na ʼn mak olifant en gee aan elkeen die geleentheid om aan een deel van dier te vat en vir hom te sê hoe ʼn olifant vir hom voel.
Die eerste blinde het aan die stert gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn dik tou voel. Die tweede een het aan die poot gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn boomstomp voel. Die derde een het aan die sy vel gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn skurwe muur voel. Die vierde blinde het aan die olifant se oor gevat en gesê dat dit soos ʼn groot waaier voel. Die vyfde een het aan die slurp gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn groot slang voel. Die sesde een het aan die tand gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn sabel voel.
Omdat hulle almal blind was, kon nie een van hulle die werklikheid sien nie.
WARE KWINKSLAE (17)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Oom Ben Wasserman, W.H. Ackerman se Opsaal!, p. 169:
Op kommando het dominee Burger van Middelburg altyd 'n pakmuiltjie gehad waarop al sy losgoed vasgebind was, en die muiltjie het oral agter hom aangedraf. Dominee Burger het die kommando's gereeld besoek en dienste gehou. Soms het hy lank by Jack Hindon se korps gebly en dan weer na 'n ander kommando vertrek. Ons was eenmaal weer afgesaal op Nooitgedacht en dominee Burger was by ons. Onderkant ons was 'n groot pan waarheen die muiltjie altyd gedwaal het om water te gaan suip en in die groen gras langs die kant te wei. Maar hierdie muiltjie het die nuk gehad om altyd eenkant te wei as Dominee hom nodig gehad het, tot groot ontsteltenis van sy eienaar. Ek en 'n maat was op kampwag en het bokant die pan in die lang gras gesit toe ons Dominee hoor aankom.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (6)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Die kinders
E.F. Rohm
Seuns van selfs jonger as tien jaar het hul aandeel aan die oorlog gehad as beeswagters en spioene. Spioenasiewerk het hulle veral gedoen vir hul eie gesinne of soms vrouelaers wat van plek tot plek gevlug het om aan die konsentrasiekampe te ontkom. Sommige van die kinders was oud genoeg om by die kommando's aan te sluit. Kinders wat as te jonk beskou is vir kommandodiens het weggeloop van plase, uit kampe en Basoetoland (die huidige Lesotho) om te gaan veg. Baie van hulle het op die ou einde in die krygsgevangenekampe beland.
Die vegtende seuns was oor al die kommando's versprei, maar daar was ook een geval waarin 'n klein veldkornetskap net uit seuns bestaan het - ongeveer 25. Die burgers het na hulle verwys as "die kinders". Die veldkornet van "die kinders" was E.F. Rohm, uit wie se artikel in Die Huisgenoot van 22 Januarie 1943 hierdie uittreksel gemaak is.
KINDERVERHALE (17)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Storie van 'n Bekende Lied
HOEVEEL van julle ken die lied wat gebaseer is op ons Heiland se gelykenis van die verlore skaap? Dit kom nie voor in die Halleluja, sover soos ek kan vasstel nie, maar die Engelse lied is alombekend.
"There were ninety and nine that safely lay
In the shelter of the fold;
But one was out on the hills away,
Far off from the gates of gold;
Away on the mountains wild and bare,
Away from the tender Shepherd's care."
Hierdie lied is geskryf deur 'n Skotse dame in die jaar 1851, net voor sy haar een en twintigste verjaardag sou vier.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (16)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Terugreis van die Laaste Hulpgeselskap
Teddy nog aan die woord:
Ten spyte van die ongunstige weerstoestande wat sake deurentyd vir hom bemoeilik het, het Scott reeds ’n groot geografiese reis afgelê, maar nogtans het hy nie na verwagting gevorder nie en alhoewel die bereiking van die Pool feitlik binne sy bereik was, moes hy nog die lang terugreis van 900 myl aflê. Dit was hoofsaaklik as gevolg hiervan dat kaptein Scott sy reisplan gewysig het en Bowers uit die laaste hulpgeselskap geneem het.
Ná die eerste dag van die terugreis het ek besef dat ’n skof van nege uur onvoldoende sou wees. Indien ons op die terugreis oor die kaal, sneeubedekte plato op volle voedselrantsoene wou bly, moes ons daagliks 17 myl aflê.
WARE KWINKSLAE (16)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
R.D. McDonald, 'n Terugblik op my oorlogsjare, p. 56:
Terwyl ons vir die vyand moes vlug, kon een van die burgers maar net nie wegkom nie. Die Engelse was al baie naby aan hom en die muil, waarop hy gery het, was ongelukkig baie steeks. Daar was gevaar dat hy met die muil en al in die hande van die Engelse kon beland. Toe ek by hom verbygaan, het ek verneem hoe dit met hom gaan.
"Dit gaan sleg, Meneer," was sy antwoord, "ek is die hel in."
"Foei tog," het ek gesê, "daardie plek is al te warm. Hoe eerder jy daaruit kom, des te beter."
CHRISTELIKE GELOOF IN SKOLE IN HOF BEVEG
OPE BRIEF AAN MNR. JOHANNES DE KLERK PIETERSEN
(VOORSITTER VAN DIE ORGANISASIE VIR GODSDIENS-ONDERRIG EN DEMOKRASIE)
3 September 2014
Mnr. Pietersen,
I/S: BERIG IN DIE VOLKSBLAD, 2 SEPTEMBER 2014
Luidens bogenoemde berig in die Volksblad meen u dat u organisasie se aanval op die Christelike geloof nie ‘n heksejag is nie. Wanneer ‘n persoon homself of sy argument in dieselfde asem verdedig as wat die argument gestel word, moet die vraag gevra word wat is daar wat nie op die tafel geplaas is nie. ‘n Mens vra mos nie om verskoning vir iets wanneer jy nie oor iets skuldig voel of weet dat jy verkeerd is nie?
Daar is ‘n wonderlike spreukwoord in die Afrikaanse taal wat lui: “Al gaan die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal dit wel.” Dit is egter so dat die waarheid soms langer neem om die leuen in te haal, want die leuen word gewoonlik as ‘n halwe waarheid voorgehou.
In die berig onder bespreking ontbloot die probleem homself.
DIE GETUIENIS VAN ONS WERKE
Hannes Ollewagen
Openbaring 3:14-22
“…Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!” – Openb. 14, 15.
Let daarop dat vers 14 nie die woorde of getuienis van Johannes is nie. Die 'waaragtige Getuie ' is met ‘n hoofletter geskryf; dus is dit God se eie getuiens! In vers 15 getuig Hy dan dit wat ons weet – dat Hy alsiende en alwetend is. Ten spyte van die feit dat dit ‘n gemeente is wat aangespreek word, wys Hy die aangesprokenes daarop dat hul werke nie by die geloof pas nie. Hy wys die gemeente daarop dat hulle besig is met godsdiensbeoefening maar hulgesindheid nie reg is nie. Daarom is die werke wat daaruit spruit ook nie voor Hom reg nie. Die boom dra nie vrugte wat by die bekering pas nie.
LEWE IN CHRISTUS
Ds Andrè van den Berg
“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense” - Joh.1:4
Die lewe is soos ʼn valskermsprong; jy móét dit die eerste keer regkry. Jy kry nie ʼn tweede kans nie. Maar hoe spring ons hierdie belangrike sprong reg? Deur die regte besluite te neem. Die lewe is die somtotaal van ons besluite. En besluite uit liefde en geloof geneem, is nooit verkeerde besluite nie.
Ons lewe gaan almal dieselfde eindig - met die dood. Slegs die inhoud van ons lewens onderskei ons van mekaar. Elke lewe is ʼn kunswerk wat deur die persoon wat dit leef self gevorm word. Hoe vorm ons dit? Deur die regte keuses in die lewe te maak.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Lastige selfoonboodskappe...
Die ou oom is bietjie swaksiende en weet gewoonlik nie waar hy sy bril neergesit het nie.
Hy en sy vrou sit lekker onder die bome by hulle agterdeur en koffie drink.
Kort-kort maak die oom se selfoon 'bliep-bliep'. Dan haal hy dit uit sy sak, kyk daarna en kla oor die lastige ou Bettie Louw wat hom alweer pla net voor hy die foon weer in sy sak bêre.
Sy vrou word naderhand agterdogtig en vra hom wie Bettie Louw is. Hy sê nee, hy ken haar nie.
Toe die foon nog 'n keer 'bliep', sê sy hy moet dit vir haar gee. Sy kyk, en toe sê sy: "Dis nie Bettie Louw nie man, dit sê Battery Low!"
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (5)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Ons ontvlug uit die trein
J.M. du Plessis
Ons was 39 krygsgevangenes in die Rustenburgse tronk aan die einde van Junie 1901. Teen die einde van Augustus het genl. Christiaan de Wet Rustenburg van Potchefstroom se kant af bedreig, en genl. R.S.S. Baden-Powell het ons dorp met ’n kommando verlaat en die krygsgevangenes na Pretoria saamgeneem. Ons moes ’n afstand van 70 myl loop hoewel daar genoeg waens en ander voertuie beskikbaar was. In Pretoria is ons ’n paar dae in die tronk aangehou en toe per trein weggestuur Kaap toe. Ons het in ’n oop trok agter die lokomotief gery, met net agter ons ’n tweede oop trok met ongeveer twintig Tommies wat ons moes oppas.
In Bloemfontein het ek aan my jonger broer Theunis en ons vriend Hansie Riekert dit voorgestel om te ontvlug deur van die trein af te spring as ons ’n kans kry.
WARE KWINKSLAE (15)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
J.F. Naude, Vechten en vluchten van Beyers en Kemp;
Teen tienuur die aand het ons afgesaal en ons perde in 'n sirkel gespan ten einde 'n bietjie te kan slaap. Van die kêrels het egter nie hulle perde in die sirkel vasgemaak nie, maar aan hulle voete. So het Joe Andrews dan ook met sy ou perd Boesman gemaak. Boesman het later rustig begin wei, en hy trek natuurlik in die proses die riem styf. Joe wat teen die tyd heerlik gelê en slaap het, skrik so groot dat hy die kombers van hom afgooi. Boesman skrik op sy beurt so groot vir die skielike gevaarte wat deur die lug trek dat hy verskrik aan die hardloop gaan. Daar hang Joe nou in 'n onnatuurlike posisie met sy regtervoet in die lug, waarvoor Boesman natuurlik nog groter skrik.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (15)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Teddy vertel
Die wind het ons asems gedurigdeur in yskoeke op ons baarde verander. Die rigtinglesings by ons stilhouplekke was ’n bitter koue werk. ’n Mens moes jou vingers ontbloot om die teodolietskroefies te draai, en in die ysige wind het ’n mens se vingerpunte gou bevrore geraak. Toe Kersaand aanbreek, het ons ’n dagskof van meer as 16 myl agter die rug gehad. Ons ligging was nou breedtegraad 85° 35' S., lengtegraad 1590 8' O. Hier het ek die kompasafwyking vasgestel — 179° 35' O. Ons was dus tussen die magnetiese en die geografiese pole.
Na die einde van die dagskof, wanneer ’n mens afgekoel en lewenskrag verloor het, het die temperatuur wat tot 10° benede zero gedaal het die waarnemings onaangenaam gemaak.
ONS AFGODSOFFERS
Hannes Ollewagen
“EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.” - Rigters 10:6:
Ons kan tog so verdraagsaam wees teenoor die kwade en bose, maar teenoor mekaar se gebreke is daar nie eens sprake van hierdie verdraagsaamheid nie.
Die verkeerde gesindheid van misplaaste verdraagsaamheid is by ons gekweek deur werkers van die bose magte. Soos hulle ons lewens kom vul het met nietige afgode wat ons van ons God en sy Woord vervreem, só is ons ook oorspoel met booshede wat ons maar móés verdra om ‘n daaglikse bestaan te voer.
KINDERVERHALE (16)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Eerlikbeid Beloon
AS daar 'n Christelike deug is wat meer verwaarloos word as ander, dan is dit sekerlik eerlikheid. Die meeste mense is eerlik in sover dat hulle nie steel of moedswillig dinge sal vertel wat nooit gebeur het nie. Maar hulle sal dit as 'n goeie grap beskou as hulle byvoorbeeld verniet met die trein kan ry sonder om uitgevind te word, en hulle sal maklik 'n "wit leuen" vertel om uit moelikheid te kom.
Jan was 'n kantoorseun wat by 'n groot handelsfirma in diens was. Dikwels is hy afgestuur dokke toe met briewe vir een of ander skeepskaptein in verband met handelsware wat die firma ingevoer het.
Eendag laat die hoof van die firma hom roep en sê:
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (4)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Gasvryheid beloon
’n Paar maande ná die Jameson-inval in Transvaal [1895-1896] het daar een aand twee Engelse op my oupa se plaas aangekom. Hulle kon nie Afrikaans praat nie en die oumense nie Engels nie, maar Oupa kon darem verstaan dat die twee wandelaars op pad was na Mafeking [Mafikeng] en dat hulle graag herberg wou hê. Hulle is binnegenooi.
Van gesels was daar natuurlik geen sprake nie, maar die vreemdelinge het darem vir Ouma beduie dat hulle baie lekker geëet het en dankbaar is. My oupa het hulle daarna na ’n buitekamer gebring waar hulle die nag geslaap het. Na ontbyt die anderdagmôre is hulle daar weg met genoeg padkos om te hou tot op Mafeking.
Met die begin van die oorlog was my oupa reeds te oud om krygsdiens te doen, maar hy was nie te oud om die rantjies uit te klim en vir sy landgenote in die veld verkenningswerk te doen nie onder die voorwendsel dat hy skape oppas.