NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In Suid-Afrika steek afvalligheid en sedeloosheid die een grens na die ander oor.  ’n Parlementslid het onlangs die spot-opmerking gemaak dat die parlement ’n wet moet maak wat die woord 'nie'  uit die Tien Gebooie moet haal en na die geloofsbelydenis verskuif om in pas met die gees van die tyd te kom!
Dit sou op die volgende neerkom:Jy mag vir jou enige gesnede beeld maak…Jy mag steel…Jy mag valse getuienis spreek…”    Die 12 Artikels (wat die 'nie' ontvang), sou dan lees:“Ek glo nie in God die Vader….en nie in Christus Jesus….nie in die gemeenskap van die heiliges...” ens. Ja, en dan verwag ons dat dit met ons goed sal gaan in hierdie land!!

PETRUS: Hoofstuk 2

Wie is Hy werklik ?

Nadat ons vier manne by Jesus aangesluit het, het ons meteens ‘n baie bedrywige tyd begin beleef.  Waar ons bedags saam met Hom langs die meer geloop het, het al hoe meer mense ons knaend begin volg.  Hulle het gehoor Hy kan hulle siektes genees en het sommer hulle kreupeles en lammes en selfs blindes en dowes saamgebring.
Ek het gewonder wat al hierdie mense van Jesus gedink het dat hulle so na Hom toe aangeswerm gekom het.  Is dit net ter wille van die hoop om ‘n genesing of ander wonderwerk te sien, of hou hulle Hom vir ‘n profeet, of selfs vir die Messias?  Ek self het nie geweet wat om te dink nie.
Daardie eerste aand, nadat Jesus ons vier van ons skuite af weggeroep het, het ek vir Andreas gesê ek dink ek het ‘n groot fout gemaak; ek dink ek gaan môre maar weer terug na my skuit toe.  Wie gaan vir ons sorg as ek nie meer visvang nie?

Andreas wou nie daarvan hoor nie.  Vir hom is Jesus die Messias, uit en gedaan.

“Maar Andreas, die Messias moet ons tog van die Romeinse juk bevry.  Lyk Jesus vir jou soos ‘n militêre aanvoerder?  As Hy die Messias is, hoe dink jy, hoe gaan Hy dit doen?”

Maar Andreas het ook nie geweet nie.  Ons het saamgestem dat Hy ‘n wonderlike Persoon is.

Na ‘n paar dae saam met Hom, het ek nie meer gedroom om my visbedryf te gaan hervat nie.  Trouens, ek het reeds só verkleef geraak aan hierdie Man van Nasaret,  dat ek begeer het om dag en nag in sy teenwoordigheid deur te bring.  Ek het vir Hom verblyf in my huis in Kapernaum aangebied, wat Hy geredelik aanvaar het.

 

Toe gaan hou ons bruilof

Daarna het Jesus se bediening in die dorpies aan die noordelike oewer van die Galilese See begin.

Op ‘n sekere dag sê Hy vir ons vier volgelinge van Hom, dat ons uitgenooi is om ‘n bruilof te gaan bywoon in die dorpie Kana, wat wes van die meer geleë is.  Kana is nie baie ver van Nasaret af waar Hy grootgeword het nie en hulle het die paartjie wat gaan trou geken.  By ons aankoms daar het ek Jesus se moeder, Maria, ontmoet, en ook vriende van Hom, Lasarus en sy twee susters, Martha en Maria, wat in Betanië gewoon het.

Daardie middag was die vrolike bruilofsfees net mooi lekker op dreef, toe die wyn wat die bruidegom aan sy gaste voorsien het, opraak.  Ek het gesien Jesus se moeder het met Hom daaroor gaan praat.  Hy het ses groot klipkanne vol water laat maak, waarna die water in wyn verander het.  Dit was die lekkerste wyn wat ek nog ooit gedrink het.

Daarna het ek weer besef dat Jesus nie ‘n gewone mens kan wees nie.  ‘n Profeet kan gewoonlik ook nie sulke wonderlike dinge doen nie.  Hy moet seker maar die Messias wees.  Maar hoe gaan Hy dit regkry om die Romeine in die see te jaag?  Dis mos groot dinge daardie.

‘n Dissipel vir elke stam
Die aantal mense wat kom kyk het wat Jesus hier by die Galilese See doen, het elke dag meer geword.  Naderhand was daar ‘n aantal wat Hom voortdurend gevolg het, net soos ons vier manne wat Hy eerste geroep het.  Jesus het uit hulle geledere nog agt manne gekies om, niet soos ons vier, sy dissipels te wees.  Die ander manne se name is Filippus, Bartholomeus, Matteus, Tomas, Jakobus (sy pa was Alfeus), Simon (hy is ook die Yweraar genoem), Judas (sy pa was Jakobus)  en Judas Iskariot.

Nadat ek besluit het dat Jesus seker maar ons verwagte Messias moet wees, het ek gedink dat Hy ons twaalf dissipels uitgesoek het om ons as generaals op te lei vir die komende stryd teen die Romeine, en elkeen van ons daarna as ‘n minister te gebruik om oor een van die twaalf stamme van Israel te regeer.  Hy het mos vir my en Andreas en Jakobus en Johannes gesê hy gaan ons gebruik om mense te vang.  Maar as ék die twaalf moes kies, weet ek nie of ek vir Tomas sou kies nie.  Hy betwyfel alles wat ‘n mens vir hom sê en glo net aan dinge wat gebeur wat hy self gesien het.

Dit het my ook baie ontstel toe ek sien Jesus kies vir Matteus.  Hierdie man was as doanebeampte in diens van die Romeine, hier in Kapernaum.  Hy kan geen skoon gewete hê oor die onregverdige mammon wat hy daar by die tolhek vir Israel se vyand gesit en insamel het nie.  En dan was daar Judas Iskariot.  Ek het niks van hierdie man gehou nie.  Maar ek het gesien hy kan goed met geld werk en Jesus sal hom seker  as minister van finansies aanstel.

Ek het gou geleer om met al die ander dissipels klaar te kom.  Ek het naderhand nie meer gewonder hoe Jesus ons vyand gaan oorwin nie, want ek het besluit dat Hy dit eenvoudig deur ‘n wonderwerk sal laat gebeur.  Daarom was ek haastig dat ons in offensief moet begin om suidwaarts te beweeg in die rigting van Jerusalem, waar ons vir Jesus as koning gaan salf.

Maar intussen het hier in Kapernaum en in die omgewing van die Galilese See sulke merkwaardige dinge begin gebeur dat ek en almal wat dit ervaar het, meesal geheel en al verstom gestaan het oor die ongelooflike wonder daarvan.  Dit het my laat besef dat ons nie gou hier van Galilea af gaan wegkom nie.

Toe ons een middag laat by die huis aankom, deel my vrou my met ontsteltenis mee dat haar ma skielik baie siek geword het met ‘n geweldige hoë koors.  Jesus het na haar toe gegaan, haar aan die hand geneem en opgehelp.  Die hoë temperatuur was weg en sy was dadelik heeltemal gesond en het ons ‘n rukkie daarna aan die eettafel kom bedien.

Wat kom al hierdie mense doen ?

‘n Dag of wat later was ons van my huis af op pad na die hawe, toe ‘n melaatse man op ons afstorm en voor Jesus neerval en smeek om genees te word.  Jesus het dit gedoen en hom na die priesters gestuur, wat hom moes ondersoek en sertifiseer dat hy volkome gesond is.

Die nuus dat Jesus hier in Kapernaum mense genees en wonders doen, het oor ons hele land, en selfs in die buiteland versprei.  Die mense het in groot getalle vanaf Galilea en Judea en uit Jerusalem en vanaf Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, hier na Kapernaum en die Galilese See gestroom.  Dit het vir Jesus en ons dissipels ‘n woelige tyd geword, want hulle was gedurig op soek na waar Jesus Hom bevind het en as hulle Hom kry, wou hulle nie weer weggaan nie.  Hulle het ontdek dat Hy in my huis tuis was en van toe af was ons feitlik onder beleg, want jy kon jou letterlik nie draai sonder dat ‘n aantal van hulle jou nie omsingel en wil weet waar Jesus is nie.

Een middag kom ons van die hawe af aangestap na my huis toe.  Ons was gou omring van ‘n hele skare wat ons gevolg het.  Ek kon hulle nie uit my huis uithou toe ons binnegaan nie.  Hulle het my hele huis volgeswerm, totdat daar naderhand niemand van buite af kon inkom nie.  Ek het na Jesus gekyk waar Hy in die middel van ‘n oop ruimtetjie in my groot woonvertrek staan en kalm met die mense in die volgepakte plek begin praat.  Toe het my ontsteltenis verdwyn.  Jesus het van die ewige dinge gepraat en almal het stil geword en gretig begin luister.

Die gat in my huis se dak

Toe hoor ek ‘n geraas op die dak en na ‘n rukkie verskyn daar ‘n gat wat al hoe groter en groter word.  Ek sou toe agterkom dat daar vier manne op my huis se dak is met ‘n draagbaar waarop ‘n man lê wat totaal verlam is.  Hulle kon nie by een van die buitedeure van die huis binnekom nie, so dig versper het die mense daar gestaan.  Toe het hulle maar op die dak geklim, hulle vriend saam opgetrek en toe die gat wat hulle maak groot genoeg was, hom met draagbaar en al laat afsak tot voor Jesus se voete, op die plekkie waar Hy gestaan het.
Ek was verstom en almal het groot oë getrek, maar Jesus het die verlamde doodluiters aangekyk en gesê:  “Vriend, jou sondes is vergewe.”

Toe hoor ek ‘n gegrommel hier naby my waar ek staan:  “Wat dink Hy, sê Hy daar?  Dink Hy Hy kan mense se sonde vergewe?  Net God alleen kan dit doen.”

Toe kom ek agter dat daar ook ‘n paar Fariseërs en skrifgeleerdes hier binne is.  Hulle het ook van Jesus gehoor en het kom kyk wat Hy alles doen.

Jesus het hulle ook gehoor.  Hy sê toe:  “Dis maklik om te sê, ‘Jou sondes is vergewe.’  Dis net so maklik om te sê, ‘Staan op en loop.’  Maar Ek sal nou vir julle bewys dat Ek wel mag het om mense se sondes te vergewe.”  Daarop sê Hy vir die verlamde man:  “Staan op, vou jou draagbaar op, en gaan na jou huis toe.”

Almal se monde het omtrent oopgehang toe die man dit werklik doen.  Jy moes gesien het hoe vinnig die mense wat die deur so toegestaan het dat hy nie kon binnekom nie, nou vir hom padmaak om uit te kom!  Ek het gekyk of ek nie die geagte skrifgeleerdes kan raaksien nie, maar hulle het blykbaar vinnig die aftog geblaas.

Daar was nou gereeld van hierdie geleerde voorgangers van ons volk tussen die mense wat hier na die Galilese See gekom het om vir Jesus te sien en te hoor.  Ek het agtergekom dat hulle niks van Hom hou nie, want dit begin duidelik word dat die volk wat so agter Jesus aangaan, Hom vereer.  Dit het nie in die smaak van die Fariseërs, skrifgeleerdes en priesterhoofde geval nie, want hulle wou graag alle eer vir hulle self gehad het as sogenaamde leiers van die volk.  Daarom was dit nie hoe lank nie, of hulle was bitter vyandiggesind teenoor Hom.

Wanneer jou kalf in die put val

Ons het elke sabbatdag na die sinagoge gegaan, wanneer ons in Kapernaum was.  Toe ons een Saterdagmôre weer daar kom, sien ek ‘n man met ‘n gebreklike hand daar tussen die mense.  Dit was vir my snaaks, want die kreupeles en blindes en lammes het gewoonlik nie die sinagoge besoek nie.  Maar dit het gou duidelik geword waarom die man daar was. Die hovaardige volksleiers het hom self daar gebring en gehoop dat Jesus hom sou raaksien en hom gesond sal maak.  Dit het toe ook so gebeur en toe het hulle tog so’n lekker klag teen Hom gehad, dat Hy dan die sabbat ontheilig deur op dié dag mense gesond te maak.  Jesus het vir hulle gesê:  “Ja, julle geveinsdes, nie een van julle sal ‘n dier wat op die sabbat in ‘n put val, daarin laat lê en doodgaan nie, maar Ek mag nie ‘n mens, wat veel meer werd is as ‘n dier, op die sabbat gesond maak nie?  Die mens is nie vir die sabbat gemaak nie.  Die sabbat is vir die mens gemaak om in sy behoeftes te voorsien.”

Op ‘n volgende keer was ons weer hier in Kapernaum se sinagoge saam met Jesus, toe daar ‘n duiwelbesetene opspring en hard begin skree:  “Jesus van Nasaret, het U gekom om ons te verdelg?  Ons wil niks met U te doen hê nie.  Ek weet wie U is; U is die heilige van God!”

Jesus sê toe vir die bose gees:  “Bly stil en gaan uit hom uit!”  Die demoon het die arme man stuiptrekkings laat kry toe hy hom verlaat, maar daarna was hy gesond.  Dis snaaks, die wetgeleerdes het toe nie weer hulle monde daaroor gerek nie.

Wanneer gaan ons na Jerusalem ?

Nadat Jesus ons twaalf dissipels aangestel het en ek deur sy wonderwerke oortuig is dat Hy wel die beloofde Messias van God is wat gestuur is om ons volk te kom verlos, het ek haastig geword dat ons suidwaarts moet beweeg om in offensief teen die Romeine in Jerusalem op te trek.  Maar Jesus het blykbaar gemeen dat die tyd daarvoor nog nie ryp was nie, want Hy het ons elke dag na die oewer van die meer geneem, om vir ons daar aan die waterkant meer van die koninkryk van God te leer.  Soms het ons ‘n endjie teen die berg uitgeklim.  Dan het ons dissipels onsself so in ‘n kring om Hom geskaar, waar Hy op ‘n klip gaan sit het om met ons te praat.  Dan het ek gedink dat Jesus seker nie wil koning wees oor ons en oor ‘n volk wat so ver afgedwaal het van God en sy gebooie nie.  Ons moet ons eers van ons sondige weë bekeer, voordat Hy sal toelaat dat ons Hom in Jerusalem as koning kroon.  Ek het my met hierdie gedagte vergenoeg en besluit om te wag totdat Hy self aandui dat die tyd ryp is vir die groot gebeurtenis om plaas te vind.

Gee vir hulle iets om te eet

Een môre het ons uit Kapernaum se hawe met my skuit na die oorkant van die meer gevaar en op ‘n taamlike stil en eensame plekkie weer aan wal gestap.  Dit was naby Tiberias.  Jesus wou dat ons hiervandaan in die rigting van Dalmanuta stap.  Ek het gesien Hy wil so’n bietjie wegkom van die gewoel af.  Dit sou ‘n lekker geleentheid vir ons dissipels gewees het om Hom tog ‘n slag vir ons alleen te hê, maar ons het nie rekening gehou met die oplettendheid van die mense wat ons so knaend agtervolg het nie.  Hulle het ons ontdek en hulle getalle het gaandeweg aangegroei.  Ons kon nie verder loop nie, want
hulle het ons omring.

Ek het gesorg dat Jesus ‘n gerieflike sitplekkie op ‘n boomstomp kry, naby die waterkant.  Hy wou met die mense praat, maar het geen geleentheid daartoe gekry nie, want hulle het aanhoudend kreupeles, lammes, dowes, blindes en ander siekes na Hom gebring om genees te word.  Ons dissipels het ons hande vol gehad om die verkeer te reël en te sorg dat hulle hom nie vertrap in hulle pogings om Hom heel eerste te bereik nie.

Jesus het hulle almal, een vir een gesond gemaak.  Ek is seker daarvan dat Hy naderhand vermoeid geraak het weens die aanhoudende kragstroom wat uit Hom gevloei het, maar Hy het nie een van hulle weggewys nie, maar elkeen met goddelike deernis en meegevoel gehelp.

Toe sien ek ‘n vrou uit die gewoel tevoorskyn tree en oor die sand na Jesus aangestap kom.  Sy het ‘n volgepakte mandjie in die hand.  Ek loop haar voor om te vra wie sy is en wat sy van plan is om te doen.  Sy kyk my vriendelik aan en sê:  “Ek ken jou al, Simon Petrus.  Ek is Maria Magdalena.  Ek kom nou net van my huis af in Magdala, om vir Jesus hierdie kos te bring.  Julle honger dissipels kan ook maar saam eet.  Hier is genoeg vir al twaalf van julle.”

Net daar vertel sy my vlugtig dat sy ‘n duiwelbesetene was en dat Jesus nie minder nie as sewe demone uit haar gedryf het.  Nou lê sy haar daarop toe om met die hulp van ‘n paar vroue in Jesus se stoflike behoeftetjies te voorsien, wanneer Hy Hom nie by my aan huis bevind nie.  So sorg die Here vir ons.

Laat daardie middag was daar nie meer siekes om te genees nie.  Die mense het rondgedwaal en het moeg en honger gelyk.  
Ek het na Jesus toe gestap en gevra dat Hy hulle moet huis toe stuur.  Dié wat ver vandaan gekom het, kan in die naaste dorpie vir hulle gaan kos koop.  Jesus wou hulle nie wegstuur nie.  Hy het tot my ontsteltenis gesê dat ons dissipels vir hulle moet kosgee.  Filippus sê toe ons het nie geld nie, maar tweehonderd pennings sal ook nog te min wees om vir soveel mense brood te koop.  My broer Andreas sê hy het ‘n seuntjie met ‘n mandjie gesien waarin vyf garsbroodjies en twee gaar vissies is.

“Ag Andreas, ons kan tog nie dié arme kind se ou padkossies annekseer, wat skaars genoeg vir een man sal wees nie.  Wat van al die ander duisende?” sê ek.

Daarop vra Jesus dat ons die seuntjie na Hom toe moet bring.  Hy was ewe gewillig om sy ou kossies vir Jesus aan te bied.  Jesus het ons gevra om die mense nader te roep en hulle in groepe op die groen grassies te laat plaasneem.

Daarna het ek asemloos gestaan en kyk wat Jesus gaan doen.  Hy het opgestaan en boontoe gekyk en vir Jehova dankie gesê.  Daarna het Hy die broodjies geneem en dit in stukke begin breek en aan ons uitgedeel om aan die skare te gee.  Hy het dieselfde met die vissies gedoen.

Ek het by tye gedink dat ek droom en dat dit nie die werklikheid is wat plaasvind nie, onderwyl ek die stukke brood en groot porsies vis uitdeel om geëet te word.  Ons het ons hande vol gehad om te sorg dat almal daarvan kry, en die voorraad in Jesus se hande raak net nie op nie!  Toe almal genoeg gehad het, het daar nog twaalf mandjies vol oorgebly.  Jesus het met vyf broodjies en twee vissies vyfduisend mans en ‘n aantal vrouens en kinders genoeg laat eet.  Ek het gesien daardie ou seuntjie het later met baie meer in sy mandjie daar weggestap as die vyf broodjies en twee vissies wat hy gehad het toe hy daar gekom het.

Ek was verstom oor wat ek daardie dag gesien het.  Al die dissipels was feitlik spraakloos saam met my, onderwyl ons na die wonderlike maaltyd opruimingswerk op die terrein gedoen het.  Jesus het vir die mense gevra om na hulle dorpe en huise te gaan, want die nag was op hande.  Hulle  het dit baie traag gedoen, want almal wou net by Hom wees en by Hom bly, na hierdie groot wonderwerk wat Hy gedoen het.  Ek self het ook weer meteens haastig geword dat ons na Jerusalem moet gaan, want ek het geglo dat Jesus die Romeine sommer met een asemteug in die see gaan blaas.  Waarom talm ons dan nog?

Kan ‘n mens op die water loop?

Nadat al die mense uiteindelik die terrein verlaat het en na hulle tuistes vertrek het, was dit reeds sterk skemer.  Jesus het toe vir ons gesê dat ons in die skuit moet oorvaar na die dorpie Gennesaret, maar dat Hy self eers ‘n endjie hier teen die berg op wil stap, om in die stilte en eensaamheid te gaan bid.  Ek wou eers daarteen protesteer, want hoe gaan Hy weer by ons uitkom as ons nou sonder Hom met die skuit wegry?  Maar toe dink ek daaraan dat alle dinge vir Hom moontlik is.  Toe het ons maar gedoen wat Hy gevra het.

Die Galilese See kan by tye baie bedrieglik wees.  Daar kan meteens sommer ‘n kwaai wind opsteek wat hoë golwe opjaag en dit lewensgevaarlik maak vir skuite wat hulle dan op see bevind.  So ‘n wind het daardie nag ons oorvaart na Gennesaret bemoeilik.  Ons het die heel nag teen die sterk wind en die golwe geworstel, totdat dit lig geword het.

Toe sien ons iets wat ons asems skoon wegslaan.  ‘n Man het al op die bruisende waters na ons aangestap gekom!  Ons kon nie glo wat ons sien nie en ‘n paar van ons skree, “Help, dit is ‘n spook!”  Maar dit was Jesus wat so op die water na ons aangestap kom.  Toe Hy naby die skuit kom en sien hoe verskrik ons almal is, roep Hy uit:  “Moet tog nie so bang wees nie; dit is Ek!”
Toe hou ek my skielik baie kordaat en ek roep:  “Here, beveel my om daar na U toe te kom!”

Jesus wink met sy hand en roep:  “Nou toe kom!”

Sonder om twee keer te dink, is ek oor die kant van die skuit en daar stap ek op die water na Hom toe.  Die wind loei en die golwe dein op en af.  Daar kom ‘n grote aangerol en maak dat ek Jesus ‘n oomblik lank gladnie kan sien nie.  Ek skrik en hoor die dissipels in die skuit agter my gil:  “Petrus, wat maak jy!”  Toe sink ek.  Voordat die skuimende kouwater my insluk, kry ek dit uit.:  “Here help!”  Meteens is ek weer uit, bokant die watervlak, aan Jesus se sterk hand geklem, saam met Hom op pad na die skuit.  Ek hoor die deernis in sy stem, bokant die geraas van die wind toe Hy sê:  “Petrus, jy het só mooi begin.  Waarom het jy dan getwyfel, ou kleingelowige?”

Toe ons in die skuit oorklim, was my mede-dissipels se oë so groot soos pierings van verstomming.  Niemand het gepraat nie.  Die wind het gaan lê.  Ek het my gesig in my hande verberg van skaamte en teleurstelling, omdat ek met my voortvarendheid hierdie ding veroorsaak het en met my kleingelowigheid vir Jesus so teleurgestel het.  Toe ek uiteindelik opkyk, sien ek Andreas en die twee broers Jacobus en Johannes sit aldrie met so’n meewarige uitdrukking op hulle gesigte my en aanstaar, asof hulle wil sê:  “Wat het die arme kêrel probeer doen?”
My broer Andreas het eenmaal vir my gesê:   “Ouboet Simon,  jy doen dinge partykeer sommer impulsief en halsoorkop, sonder om vooraf eers te dink of dit die regte ding sal wees om te doen.”  Ek het my toe vir hom vererg, maar vanmôre het ek regtig ‘n ding probeer doen, sonder om te dink.  Maar Jesus het dan gesê ek het so mooi begin.  Dit was net my vrees en kleingeloof wat my laat sink het.  Ek sal Hom nie weer teleurstel nie!

‘n Rukkie later het ons by Gennesaret aan wal gestap.  Ek kom toe agter dat die dorpie se inwoners geweet het van ons koms, want daar was reeds honderde mense op die strand.  Hulle het hul siekes gebring om deur Jesus genees te word.  Net waar ons die volgende paar dae gegaan het, is ons deur ‘n groot gedrang van mense omring.  So het dit gegaan by elke dorp waar ons gekom het.  Ons is daarvandaan oor land na Kapernaum en toe oor die Jordaan na Betsaida en toe nog verder noord tot by Gorasin.

Op elke plek waar ons gekom het, wou die mense vir Jesus net met geweld koning van Israel maak, wanneer Hy met hulle oor die koninkryk van God praat en hulle die wonderwerke sien wat Hy doen.  Gelukkig het Jesus hulle telkens gekeer om dit te doen, want dit was nie die aangewese tyd of plek daarvoor nie.  Dit moet in Jerusalem gebeur, wanneer die hele volk gereed is en die Romeine oorwin is.

U is die Christus

By Gorasin het Jesus vir die mense in die sinagoge gepreek.  Daarna het ons tot so ver noord as Sesarea-Filippi gegaan.  Selfs hier in die buiteland het die mense al van Jesus geweet en saamgestroom om Hom te sien en aan te hoor.  Hier het ek die eerste keer gehoor dat Jesus Homself die Seun van die mens begin noem het.  Ek het nie heeltemal verstaan wat Hy daarmee bedoel nie.

Toe ons gereedmaak om weer na Kapernaum terug te keer, roep Jesus ons twaalf dissipels bymekaar en sê:  “Ek wil baie graag weet wat die mense van My sê.  Hoe dink hulle wie is Ek?”
Johannes antwoord toe:  “Here, die meeste mense wat ek teëkom, is vas oortuig dat U Elia is wat weer na die aarde gekom het.”

Jakobus, sy broer, sê toe:  “Ja, maar ek het ook gehoor hulle dink Johannes die Doper se gees het weer in U herleef.”

Daarop sê my broer Andreas dat baie mense al vir hom gesê het Jesus is niemand anders nie as Jeremia, of een van die ander profete.

“Maar júlle, wie sê júlle is Ek?” vra Jesus.

Ek het onmiddellik geantwoord:  “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

“Ja Simon, my Vader in die hemel het dit aan jou openbaar.  Jy is Petrus.  Ek gaan op hierdie rots my gemeente bou.  Niks sal dit ooit kan oorweldig nie.  Ek gaan vir jou die koninkryk van die hemel se sleutels gee.  Wat jy op die aarde vasbind, sal in die hemel vas wees.  Wat jy op die aarde losmaak, sal in die hemel los wees.”

My kop het geduisel toe ek dit alles hoor.  Ek?  Vergelyk die Here my weer met ‘n rots?  Ek, met my voortvarende mislukkings?  Maar toe begin daar ‘n sterk selfvertroue in my groei.  Jesus dink ek is in staat om ‘n groot en verantwoordelike werk te doen.  Ek sal hom nie teleurstel nie!

Daardie middag het Jesus vir ons gesê dat ons een van die dae vanaf Kapernaum en die Galilese See suidwaarts na Jerusalem toe moet gaan.  Hy sal daar nog baie moet ly onder die vyandigheid van die volksleiers.  Die ouderlinge, priesterhoofde en skrifgeleerdes sal Hom daar laat doodmaak, maar Hy sal op die derde dag daarna weer uit die dood opstaan.

Ek dink sy mededeling het my van al die dissipels die meeste geskok.  Dis tog onmoontlik!  Ons gaan Jerusalem toe om Hom as koning uit te roep.  Waarom sê Hy sulke dinge?  Ek het Hom aan die hand geneem en ‘n endjie van die ander dissipels af weggelei.  Toe het ek vir Hom gesê:  “Here, U moenie sulke dinge sê nie. Dit sal nooit gebeur nie.  Daarvoor sal ék sorg.”

Jesus het na my gekyk.  Dit het gelyk of sy oë van toorn vlam.  “Gaan weg van My af, Satan!  Jy is vir My ‘n struikelblok en jy staan in my pad.  Jy dink nie aan die dinge wat God wil hê nie, maar wat die mense wil hê.”

Daardie woorde van Jesus het my heeltemal lamgeslaan.  Ek het van Hom af weggestrompel en uiteindelik onder ‘n boom gaan sit en probeer om my verwarde gewaarwordinge te orden, maar ek kon nie verstaan waarom Jesus my so hard geslaan het nie.  Daardie aand het ek probeer lig en troos soek by Andreas en by Jakobus en Johannes, maar hulle kon ook nie vir my verklaar waarom Jesus sê dat Hy sy dood in Jerusalem tegemoet gaan nie.  Dit mag mos nie gebeur nie!  Is Hy dan nie die Messias wat gekom het om ons volk te verlos nie?  Vanmiddag, toe ek vir Hom gesê het Hy is die Christus, die Seun van die lewende God, het Hy dit erken.  Hy het mos nie na die aarde gekom om vermoor te word nie.  Ag Here, ek weet nie watter dinge nog verder gaan plaasvind nie. Help my asseblief om dit te verstaan wanneer dit begin gebeur. 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1933 gaste aanlyn