Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As iemand wat jou te na gekom het en jou vergifnis vra sê die Woord jy moet hom vergewe:
"Pasop vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op dag na jou terugkom en sê: Ek het berou – moet jy hom vergewe." – Lukas 17:3,4
En as hy nie vergifnis vra of berou toon nie?...
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (4)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Die begin van die omsetting van sy handewerk in brons - 'n allooi wat volgens ooreenkoms sou bestaan uit 92 persent koper en 8 persent tin—was vir die jong beeldhouer 'n aansporing en het hom met nuwe moed besiel vir die volvoering van die moeilikste deel van sy taak, t.w. die modellering van die twee Voortrekkerbrandwagte en die basreliefs. Hy het ondertussen die reeds vermelde Voortrekkermondering uit Pretoria ontvang en dit het nie lank geduur nie of in sy verbeelding het hy sy twee Voortrekkers sien sit, tipiese verteenwoordigers van 'n "dapper, geduldige, vlytige, ordelike en godsdienstige volk, die keur van die grensboere, die bebouers, verdedigers en belastingbetalers van die land "-soos die Engelse goewerneur, sir Benjamin D'Urban, hulle eertyds beskryf het —ware volksplanters en staatbouers !
KINDERVERHALE (6)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Verwagtende Geloof
WAT sal julle dink van 'n kind wat sy ouers om hulp vra, en dan tog op sy eie voortgaan sonder om van daardie hulp gebruik te maak? Dom en onverstandig, natuurlik!
Maar op geestelike gebied gebeur dit elke dag. Die Here Jesus het gesê: "Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind ...." m.a.w., Hy het hulp belowe. En tog, baiemaal nadat ons die Here om hulp gevra het, gaan ons maar op ons ou gewone manier voort; ons vergeet dat as ons ons hemelse Vader om hulp gevra het, Hy ons nie in die steek sal laat nie.
Ons dink aan die onwrikbare geloof van 'n Skotse seuntjie in Edinburg baie jare gelede.
Hy het gereeld die bidure bygewoon en eendag sê hy vir sy onderwyser: "Meneer, ek wens my suster kon sover kom om die Bybel te lees. Sy lees dit nooit nie."
"Johnny, waarom wil jy hê sy moet dit lees?" was die vraag.
"Want ek is seker daarvan dat as sy dit een maal lees, sy tot bekering sal kom en gered word."
"Dink jy werklik so, Johnny?"
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (4)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die 21ste was ’n opwindende dag. Kaptein Scott het berig ontvang dat die skip in moeilikheid verkeer. Die ys waaraan die skip vasgemeer was, het weggebreek en is die vaartuig weer met die ysankers vasgemeer. Om 6.30 het die Terra Nova ’n skeepsvlag aan die grootmas uitgehang. Dit was ’n teken waaroor vooraf ooreengekom is. Almal het dus gegaan om die ysankers te kry. Die skip het van die staaltoue waaraan die ankers vas was, losgeraak en was reeds besig om in die see-engte weg te drywe. Die ys was vinnig besig om op te breek.
Toe is stoom gemaak, en voordat hy in veiligheid was, was die skip maar net ’n halwe kabellengte van Kaap Evans wat regvoor aan die lykant gelê het. Die skip is darem veilig daaruit.
Daarna is’n lekker ontbyt genuttig, want die lede was baie honger na die werk in die vroeë oggendure en van die koue wind.
DEURGROND MY, O GOD!
Hannes Ollewagen
Psalm 139:1-24
In verse 1 – 6 van hierdie gedeelte beskryf die psalmdigter vir ons hoe naby God aan elkeen van sy kinders is wat Hom waarlik liefhet en in wie se harte sy Gees woon. Veral in vers 3 sê die psalmdigter dan ook dat God deurgaans bewus is van waarmee ons besig is – “… en U is met al my weë goed bekend.”
Almal van ons voel soms asof God daar ver in die hemel op sy troon sit en vandaar regeer oor die aarde. Hierdie grote heelal met sy warboel en bedrywighede is volgens ons genoeg om Hom só besig te hou, dat Hy nie veel erg het aan dit wat ons doen nie. Dit is egter nie waar nie aangesien ons weet dat Hy met al ons weë goed bekend is.
KINDERVERHALE (5)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Vernielde Brug
DAAR word vertel dat daar een winter in Italië soveel sneeu geval het, gevolg deur skielike warm weer, dat daar groot oorstromings plaas, gevind het. Op hierdie wyse is die grootste gedeelte van die brug oor die rivier Adige weggespoel, behalwe die middelste deel. Op hierdie deel van die brug het die huis gestaan van die man wat die tolgeld vir die gebruik van die brug moes insamel. Hy en sy familie was dus vasgekeer op 'n soort eilandjie in die middel van die bruisende water, en dit het gelyk asof hulle sekerlik sou verdrink. Die skare mense wat op die oewers van die rivier saamgedrom het.
Daar is vertel hoe die wanhopige gesin hulle hande tevergeefs uitstrek en smeek om hulp. Elke nou en dan val daar nog 'n stukkie van die brug weg en dit sou nog net 'n rukkie duur voordat die hele brug inmekaarstort.
Een van die toeskouers was 'n ryk edelman.
JOU BRON VAN BLYWENDE BLYDSKAP...
...IS DIE SEKERHEID VAN JOU VERLOSSING DEUR JESUS CHRISTUS
Ds Andrè van den Berg
“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” - Fil.4:4
In die ou tyd kon onderdane met die nodige toestemming hul koning persoonlik gaan spreek het. So lees ons hoe Salomo twee vroue wat elkeen die moederskap van ʼn sekere baba opgeëis het, te woord gestaan het. Dit het ook gebeur dat die koning soms op reis moes gaan en sy onderdane hom nie kon spreek nie. Hoe het hulle geweet of hy tuis of op reis was? Wanneer hy tuis was, het die paleis-owerheid ʼn vlag voor die paleis laat wapper. As dit nie gewapper het nie, was die koning nie tuis nie.
Blydskap is die koninklike vlag wat voor die paleis van gelowiges se harte wapper wat sê: Jesus, die Koning is hier tuis. Hierdie blydskap beland nie toevallig in ʼn mens se lewe nie, maar is die gevolg van regte besluite en regte optredes.
Wat dryf ʼn mens tot sulke besluite en optredes?
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (3)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Die owerheid in Pretoria—by name die Staatsekretazis—het egter geen moeite gespaar om Van Wouw tegemoet te kom nie. 'n Ekspedisie, vergesel van 'n fotograaf en 'n ooggetuie van die gebeure, is - en dit het nogal 'n aardige sommetjie gekos - spesiaal na die grotte gestuur, waar die fotograaf op aanwysing van die ooggetuie 'n stel foto's van die terrein geneem het vir versending, vergesel van uitvoerige beskrywings van wat elkeen voorstel, aan Van Wouw in Rome.
Daarby het die Staatsekretaris 'n verklaring van wat presies destyds gebeur het van oud-komdt. Herculaas Malan van Rustenburg verkry vir gebruik deur die kunstenaar.
Met die Voortrekkerklere en hierdie stel foto's en beskrywings in sy besit, was Van Wouw se moeilikhede maar gedeeltelik opgelos. Wel het hy hom nou opgewasse gevoel vir die twee Voortrekkerbrandwagte en die toneel wat vier en veertig jaar tevore by Makapaan se grotte afgespeel het maar toe moes hy tot die ontnugtering kom dat hy oor ten minste nog twee van die drie panele wat hy nog moes maak so min helderheid had dat hy gladnie met hulle kon voortgaan tensy die mense in Pretoria hom weereens aan foto's en beskrywings help nie.
KINDERVERHALE (4)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
"EN DAN?"
TWEE vriende het eendag by 'n ryk man se pragtige landgoed verbygegaan. Die jongste van die twee kon homself nie bedwing nie en het uitgeroep: "Ag, as hierdie landgoed my eie was, sou ek myself die gelukkigste man op aarde ag!”
"En dan?" vra sy vriend.
"0, dan sou ek daardie ongerieflike ou huis afbreek en 'n pragtige paleis oprig. Ek sou gedurig kuiergaste hê, ek sou die beste soorte wyne aan hulle voorsit en sulke opregte perde en honde aanhou, soos 'n mens nie maklik elders sou aantref nie."
"En dan?" vra sy vriend weer.
"0, dan sal ek jag en perdry en rook en drink en dans en altyd gasvry wees en die lewe tenvolle geniet."
"En dan?" was nog steeds die vraag.
"Wel, ek veronderstel ek sal so stadigaan ouer begin word en later nie meer soveel omgee vir die dinge nie."
"En dan?"
WARE KWINKSLAE (3)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Jan. H. Meyer, Kommando-jare, p. 322:
Na die insident op Klipkraal tussen Richmond en Victoria-Wes was ons buit groot. Ek het tussen die gevangenes rondgestap en orals gehoor hoe teleurgesteld hulle was oor die lokval. Aan allerlei beskuldigings en verskonings het dit ook nie ontbreek nie.
Een van die burgers het aan 'n soldaat gevra: "Wat beteken die letters K.F.S. op julle skouers?"
Hy het geantwoord: "Kitchener's Scouts."
"Maar waarvoor staan die F?"
Bedeesd het die Engelsman geantwoord: "Fighting." Verontwaardig het die burger toe uitgeroep: "Maar waarom veg julle dan nie?" ...
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (3)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die lede is nou in drie geselskappe ingedeel en is die bevel van die skip aan Pennell oorhandig. Hy sou in bevel bly totdat die skip die volgende jaar van Nieu-Seeland terugkeer. Campbell is in bevel van die vervoer oor die anderhalfmyl see-ys tussen die skip en die kus gestel en adm. Evans die bevel oor die basis, die oprig van die hutte, en dies meer, aanvaar. Kaptein Scott het toesig gehou, dinge beplan en verbeter.
Tot laat die nag is nog goed op die ys oorgebring en teen etenstyd, om 7 nm, is twee motorsleë, al die honde en ponies, asook die meeste van die gewone sleë en die tente aan wal gebring.
Die volgende dag is almal om 4.30 wakker gemaak. Om 5 vm. is ontbyt bedien en om sesuur begin werk. Al die petrol, die paraffien en die timmerhout vir die hutte aan wal gebring. Die meeste van die karweiwerk is deur die motorslee en die manne gedoen, maar ’n paar trekke is met die ponies vervoer. Op die strand by Kaap Evans het hulle ’n groot tent opgeslaan en hier het die hutbouers en die manne wat die voorrade geberg en die slee op die strand afgelaai het, geëet en geslaap.
DIE OES VAN ONS LAND...
...HOE LYK DIT?
Hannes Ollewagen
Matt. 13:1-23
In hierdie gelykenis wat Jesus vertel, sien ons hoe die saaier uitgegaan het om te saai en hoe die saad op die verskillende plekke geval het. In verse 19 -23 verklaar Jesus aan sy disspels die gelykenis sodat hulle dit beter kan verstaan.
In vers 19 verduidelik Hy dat die saad wat op rotsagtige plekke geval het, is soos iemand wat die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie. Die woorde van die Woord vind dus nie ingang is sy/haar lewe nie. Is dit nie daarom dat dit so uiters noodsaaklik is om nie van ons stiltetyd net ‘n gewoonte te maak om ons gewetens te sus nie? Verstaan ek werklik wat ek lees wanneer ek die Woord van God open sodat Hy met my kan praat, of rammel ek maar net gou ‘n paar versies af om my gewete stil te kry vir die dag? Indien ek nie erns van my tyd saam met God maak nie, moet ek nie verbaas wees wanneer die Bose kom en my van die saad wat in my hart gesaai is, beroof nie!
Maar wat as ek nie verstaan wat ek lees nie?
MAN EN VROU
Ds Andrè van den Berg
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld.... En God het die mens geskape.... man en vrou het Hy hulle geskape” - Gen.1:26,27 (Efes.5:22-33)
Die krag van ’n volk hang van sy geloof in God asook die gehalte van sy gesinslewe af. Die gesin is die kern van ʼn beskawing en die smidswinkel waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word. Daarom is ʼn gelukkige gesin een van God se meesterwerke - iets soos ʼn vervroegde hemel.
Dit gaan op talle lewensgebiede werklik sleg met ons volk. Een van die opvallendste is die verbrokkeling van ons gesinslewe - ʼn euwel wat ʼn rimpeleffek veroorsaak, wat eerstens die gesinslewe aantas waarna dit die kerk en gemeenskap binnedring.
Die verbrokkeling van gesinne neem ook toe omdat daar aan die rolverdeling van man en vrou verander word. Die Bybel is baie duidelik oor die rol wat laasgenoemdes in die gesin moet speel. Ongelukkig slaag Satan meesterlik daarin om hierdie rolle om te keer.
WARE KWINKSLAE (2)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
J.S. Malan, uit Luitenant John Bernard Andrews van die Veldtelegrafie vertel:
Toe ek weer sterk genoeg is om met behulp van krukke entjies te loop, word ek een oggend na die deur geroep. Drie Skotte wag my daar in met bajonette en die saaklike opdrag: "You are wanted at the Provost Marshal's Office."
Daar aangekom, vra hulle my naam waarop ek trots antwoord: "Lieutenant John Bernard Andrews."
Hulle reaksie is oorweldigend: "An Englishman fighting for the Boers! An officer in the Dutch Army, we will fix you!"
Ek word toe gevra om die eed van getrouheid teenoor die Britse koning af te lê, maar natuurlik weier ek.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (2)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Deur die Pakys na die Land – Antarktika in sig
Op Woensdagaand 7 Desember is op breedtegraad 61 die eerste ysberg gesien. Van toe af is allerlei soorte ysberge verbygevaar, van die groot tafeltipe tot die klein, verweerde, deur die water afgeslete soort. Die skip het baie naby party van hulle verbygestoom en hulle het amper soos groot stukke suiker wat in die water drywe, gelyk.
Van breedtegraad 60 tot 63 was ’n redelike aantal voëls gesien: suidelike stormvoëls, rosse franjepote, malmokke, bruin malmokke en af en toe nog Kaapse seeduiwe.
Scott vertel self:
"Toe die bruin stormvoëls gewaar is was dit ’n sekere teken was ons die pakys nader. Teen dagbreek op 9 Desember was die skip amper op breedtegraad 65, en het deur dun strome gebroke pakys met skotse van ses tot twaalf voet in deursnee, gestoom. ’n Paar pikkewyne en robbe is gewaar en teen 10 vm. was nie minder as sewe-en-twintig ysberge te sien. Diegene wat hierdie streke die eerste maal binnegegaan het, het in klein groepies op die voorkasteel en die agterdek bymekaargekom."
Hier het hulle geskets en geskilder, en oor die boeë gehang en opgeruimd gesien hoe hierdie ligter ys deur die sterk voorstewe van die skip weggevee word.
KINDERS IN DIE BYBEL (23)
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
TIMOTHEUS
HY was nie een van daardie sterk, gespierde, atleties-geboude seuns nie. Hy was maar ’n tingerige, swak en sieklike kind. Hy was een van daardie kinders wat kort-kort griep kry of een of ander kindersiekte. As gevolg van sy tingerigheid was hy baie makliker vatbaar vir siektes as ander kinders.
Heelwaarskynlik as gevolg hiervan was Timotheus ’n bedeesde en teruggetrokke kind wat homself nie na vore gedring het nie. Hy was nie een van daardie soort kinders wat in die grootmense se geselskap kom sit het en aandag gesoek het nie.
Hy was ook heelwaarskynlik bangerig van geaardheid omdat die bullebakke hom miskien afgeknou en gespot het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
- Politiek is veronderstel om die tweede oudste beroep te wees. Ek het tot die besef gekom dat dit vele ooreenkomste met die oudste vertoon – Ronald Reagan.
- Sy het gesê sy gaan om hulp skree. Ek het aan haar gesê ek het nie hulp nodig nie - Bob Hope.
- Drie wyse manne? Jy maak seker 'n GRAP - Rita Rudner.
WARE KWINKSLAE (1)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
"Good heavens, Mike" het hy aan sy maat gesê, "the Boers speak better English than we do in Dublin!"
A. Cohen skryf in sy boek Human Behaviour in Concentration Camps: "Humour is a weapon of the mind in the struggle for its preservation. For it is well-known that humour is better suited than almost anything else in human life to obtain aloofness to rise superior to the occasion. Albeit, as it has been stated, merely for a few seconds."
Hierdie oomblikke van ontvlugting of ontlading was vir die burgers op kommando, die vrouens op die plase en in die konsentrasiekampe en vir die krygsgevangenes so essensieel soos kos. Een van die burgers meld dan ook tereg in sy herinneringe dat hulle altyd iets gevind het om oor te lag.
In 'n Terugblik op my oorlogsjare sê R.D. McDonald dat die Afrikaner se sin vir humor hom in die donkerste en moeilikste tye van sy lewe staande gehou het. Dit het hom in staat gestel om byna drie jaar lank met die onewe stryd teen Brittanje te volhard.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (1)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die seevaart van Engeland tot by Nieu-Zeeland
Dit was kaptein Robert Falcon Scott se lewensideaal om die eerste persoon te wees om die geografiese Suidpool te bereik. Hy was ook bewus van die Noorweër Roald Amunsen se planne om die Suidpool te probeer bereik. Scott was dus in ‘n wedloop met Amundsen. Hy moes egter al die uitgawes verbonde aan die ekspedisie dmv eie fondsinameling loods wat heelwat tyd geneem het en uiteindelik die oorsaak van sy agterstand was.
Amundsen se mikpunt was egter om eerste die Noordpool te bereik, maar berigte dat Robert Peary en Frederick Cook dit reeds reggekry het, het gemaak dat hy sy planne in die geheim verander het in ´n tog na die Suidpool. (Wie van Peary of Cook eerste by die Noordpool was – en of enigeen van hulle dit vermag het – is tot vandag toe 'n twispunt.) Daar word beweer dat Amundsen 'n skelm, professionele ontdekkingsreisiger was wat sy aanslag op die Suidpool geheim gehou en die vermetelheid gehad het om die Britte in hul Antarktiese gesagsgebied uit te daag – en met baie geluk en goeie weer gewen het.
Beide Scott en Amundsen het teen 1911 ondervinding van die arktiese gebiede gehad - Scott met sy eerste suidpoolpoging in 1902, waarin hy tot by 82ºS gevorder het; Amundsen met sy ontdekking van die Noordwestelike Deurvaart, noord van Groenland en Kanada.
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (2)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Van Wouw het weldra genoeg wenke oor sy voorgenome skepping van die Paul Krugerbeeld gekry.
Die Gesant van die Republiek, Jonkheer dr. G. J. T. Beelaerts van Blokland, 'n goeie kenner van die kuns, het algou beswaar geopper teen die keil op die President se kop omdat dit voortdurend 'n skaduwee oor Sy Hoog Edele se gelaat sou werp, die trekke waarvan dan nie so duidelik sigbaar sou wees nie ; dog op hierdie punt wou die kunstenaar onder geen omstandighede toegee nie. Die President kaalkop in die bloedige son van Afrika soos 'n wafferse hierjy —dit was vir Van Wouw nou eenmaal te erg! Immers was die Transvaalse Boere feitlik sonder uitsondering hoededraers; en die enigste wenk van die Gesant wat, sover bekend, by die kunstenaar in die smaak geval het, was om 'n passende teks op een van die vlakke van die voetstuk aan te bring en in hierdie verband kon die Gesant aan niks meer vanpas dink as die laaste twee verse van Psalm 91 nie, die inhoud wat as volg lui:
EEN PLUS GOD - DIE WENSPAN!
WEES ‘N REGVERDIGE ONDER JOU TYDGENOTE
Hannes Ollewagen
Gen. 6:1-22
Dit voel baie maal vir ons asof die wederkoms van Christus al op hande is en die einde van alle dinge eersdaags sal aanbreek wanneer ons na die afvalligheid van die mense in die samelewing rondom ons kyk en die sedelike en morele verval in oënskou neem. Wanneer ons hierdie gedeelte lees, wat maar die sesde hoofstuk in die Woord van God is, sien ons dat die afvalligheid en onheiligheid van ons tyd, niks nuuts is nie.
Alreeds in hierdie dae, wat maar nog as die begintye van die huidige skepping, soos wat ons dit ken, beskou kan word, was die mense al baie afvallig van God en was die boosheid van die mense groot en die versinsels van hul harte altyddeur sleg. (Vers 5). Die mense het soveel boosheid bedrywe en hul handelinge só sleg gemaak, dat dit God selfs berou het dat Hy die mens op die aarde gemaak het.