Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons is nie almal gebore met 'n goeie sin vir humor nie maar dit kan ontwikkel word. Humor is die kuns om mens se verstand ewewigtig te hou en lyding te versag. 'n Goeie skaterlag kan verstandelike spanninge verslap en is goed vir die asemhalingstelsel. Dis meer as om net 'n grap te vertel: dis om 'n simpatieke gesindheid met ander se teëspoed te wys en nooit jou eie sukses of mislukking te ernstig op te neem nie. So bring ons sonskyn in ander se lewens. Bid dat God deur die Heilige Gees sprankel in jou lewe sit.
EMILY HOBHOUSE... (11) (SLOT)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
'N HELDER STEM DOOF UIT
"Ons sal aan hulle dink, nie om ou verdriet weer wakker te maak nie,” sê sy, "maar as ’n heroïese inspirasie. Want wat nooit sterf nie, en nooit mag sterf nie, is die groot voorbeeld..."
Vir iemand wat die onreg in die wêreld so heftig aanvoel soos Emily, is daar nie baie kans vir selfbejammering of uitspan nie. Dis vir die swakkeres, sê sy in ’n brief van later jare: "ons wat mag ken, ons moet eenvoudig tot die laaste krieseltjie vegkrag gedaan is bly stry teen onreg en boosheid, waar dit ook in die wêreld kop uitsteek.”
Haar hart is so verswak, haar gestel en senuwees so ooreis en uitgeput na die veeleisende jare in Suid-Afrika dat die hele laaste vyftien jaar van haar lewe feitlik een lang stryd op sigself is. "Jy sal jou baie stil moet hou.” "Jy sal die res van jou lewe maar min of meer op ’n rusbank moet deurbring,” waarsku dokter na dokter haar. Maar elke keer as jy kyk, is sy weer iewers op ’n voorpunt in ’n stryd.
Twee groot sake oorheers haar later jare : vroueregte, en vrede, en die twee hang na haar siening nou saam. Na wat sy in Suid- Afrika van oorlog gesien het, glo sy onwrikbaar dat daar nie so iets kan wees as ’n "beskaafde” oorlog, soos die Haagse Konvensie so vrugteloos in 1899 nog probeer reël het: die ding is in sy wese ’n verskrikking, en oorlog self moet eenvoudig uitgeroei word.
DIE GEES VAN ISEBEL
Ds AE van den Berg
“Waarlik, daar wás niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie, omdat sy vrou Isebel hom verlei het”.
Ek weet van geen opeenvolgende hoofstukke in die Bybel wat in stemming so van mekaar verskil soos I Kon 18 en 19 nie! Die een oomblik skyn die son helder en die volgende oomblik is dit pikdonker. In 1 Kon.18 triomfeer Elia oor adgodsdienaars en in die volgende hoofstuk stort hy in die afgrond af. In hoofstuk 18 is hy kragtig in God en daarna begeer hy om te sterf. In die een hoofstuk laat hy afgodspriesters ombring en in die volgende vlug hy vir ʼn vrou!
Alles begin by Elia se uitdaging aan die Baälprofete en God se magsvertoning op die berg Karmel met die slagting van die afgodspriesters daarna. Agab het sy vrou Isebel slegs van die slagting vertel, maar niks van God se magsvertoon nie. En dit het haar rooi laat sien! Sy is deur die eeue ʼn toonbeeld van boosheid; veral die vernietiging van die ware godsdiens deur afgodery.
DIE EINTLIKE RASSEHATERS
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Valse skulderkenning
Blankes is oor die algemeen katvoet vir die woord rassisme. As hulle daarvan beskuldig word, slaan baie soos 'n oester toe wat natuurlik op ‘n skulderkenning neerkom. Sulke misplaaste skulderkennings doen ons volk oneindige skade aan want daardeur maak ons sagte teikens van onsself.
Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie!
2. Geen gelyke nie!
Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Enersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort te eien. Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want hulle is dan almal blank!
BLY WEG UIT VERKIESINGS- BORDEEL!
Kriewelkop
Vrae word nou volop gevra oor die komende algemene verkiesing, veral dié een oor vir wié daar gestem moet word. En jy wonder: gaan jou stem gebruik word om ons volkskrag te versterk? Is die DA of die VF+ ’n werklike opposisie teen die ANC of is dit alles 'n klug? Of hoe moet ons dan ons volkstryd 'n slag met erns aanpak? Jy sou nie hierdie vrae gevra het indien jy nie gedink het ons volk is in 'n benarde posisie nie - heeltemal tereg. En indien ons hierdie stryd nie oorleef nie, sal ons die jongste volk ter wêreld in die geskiedenis wees wat uitgesterf het – deur volksmoord en rasse-integrasie.
Die antwoord lê in Hosea 4:6. Besef jy dat daar net een rede vir ons haglike omstandighede is? Oningeligtheid omdat ons doelbewus mislei is deur wêreldmagte wat verskuilde belange in Suid-Afrika het!
Daar is talle volksgenote wat hierdie vrae vra want hulle dink nog soos in die ou bedeling dat hulle stem dalk 'n verskil kan maak aan die korrupsie, misdaad en chaos van die kommunistiese ANC-regime. Vrae word veral gevra omdat mense nie die valsheid van die ANC-grondwet verstaan nie. Blankes redeneer dat jy darem iets met jou stem moet doen om ’n sterk opposisie te verseker.
DERDEWÊRELD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Botsende beskawings
Die Amerikaanse politieke wetenskaplike Samuel Huntington het ‘n paar jaar gelede gewaarsku dat konflikte in die toekoms nie soseer tussen lande nie, maar eerder tussen botsende beskawings gaan plaasvind. 'n 'Beskawing' is die bepaalde wyse waarvolgens mense en volke kragtens ‘n eie ingeburgerde waardesisteem dink en dinge doen. Huntington was reg. Neem Suid-Afrika as voorbeeld waar Eerste- en Derdewêreldse beskawings daagliks bots.
2. Geen onvermydelike toestand nie
Miljoene mense glo dat om Derdewêrelds te wees ‘n soort noodlotvonnis is waaronder sommige lewenslank gebuk moet gaan. Nee, dis geen onvermydelike toestand nie maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie. Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.
AFRIKA SE WIT REUS (13)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
"Psigopolitiek" en Disinformasie
"Van 'n onafhanklike pers ... kan daar geen sprake wees nie. Nie een enkele een waag dit om sy eerlike opinie uit te spreek nie. Ons is die instrumente van die rykes agter die skerms. Ons is marionette. Daardie manne trek aan die toutjies en ons dans. Ons trou, ons talente, ons lewe en ons kragte is almal eiendom van daardie manne - ons is intellektuele prostitute." - John Swinton, Hoofredakteur van die 'New York Times', in 'n toespraak by die jaarlikse banket van die 'American Associated Press'.
Wie ken nog nie die gebeure van die Duitse persmanne wat in Suid-Afrika handevol lekkers in asblikke gegooi het en dan die Swart kinders gefotografeer het toe hulle met die kop na onder in die asblikke gevroetel het nie! 'n Paar dae later het die foto's in geïllustreerde tydskrifte verskyn met banieropskrifte soos "Hongerige Swart kinders lewe van Blankes se oorskiet" en soortgelyke bewoordings. Sulke gevalle is glad geen uitsondering nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
STOP DIE GEVEG!
In 1974 het die Springbokrugbyspan Frankryk besoek. Die Franse kan, soos almal weet, baie vinnig rammetjie-uitnek raak en kort voor lank begin die vuiste te swaai.In een van hierdie onderonsies was Johan de Bruyn, slot van die Springbokke. Johan het 'n glasoog gehad en klaarblyklik het sy opponente nie daarvan geweet nie.
Toe Johan 'n dwarshou van sy blinde kant af teen die kop kry, spat die oog letterlik uit sy oogkas. Hy buk vinnig, raap die oog op en vroetel dit terug in sy plek, terwyl die vuiste om hom klap.
Toe een van die Fransmanne dit sien, dog hy Johan het regtig sy oog verloor, en dit was selfs vir 'n geharde voorspeler darem te rof. Hy het Johan seker regtig jammer gekry want met wilde gebare stop hy al die vuisslaners om 'n oomblik later sy fout te ontdek, maar toe is die geveg gelukkig verby!
DIE DAG VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Mal. 2:17 – 4:3
Hoe dikwels maak ons as kinders van God onsself nie ook skuldig aan hierdie aanklag van twyfel in God se regverdigheid waaroor Hy sy volk aanspreek in hoofstuk 2:17 nie? Alhoewel dit soms vir ons voel asof die goddelose voorspoed sonder einde beleef hier op aarde, durf ons nie so vermetel raak om God se regverdigheid te betwyfel nie!
Genadiglik dat God ons verseker dat Hy die Engel van die verbond na ons sal stuur om ons, wat Hom liefhet, dog nie ‘n vlekkelose lewe leef nie maar tog die goddelose wil veroordeel oor hul verkeerdheid, te reinig van ons ongeregtigheid. Hierdie reiniging gaan dalk nie lekker of maklik wees nie, maar wel baie, baie deeglik (hoofstuk 3:2&3). Hoe dikwels betrap ek myself nie peinsende oor “slegte” dinge wat gedurig die “goeie” mense in die lewe oorkom nie?
POLITIEK 'N HEILIGE SAAK
Ds AE van den Berg
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel diè aan oor hulle...” - Ex.18:21
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet sy haar liefs daar uithou? Die algemene gevoel by die meeste mense is dat sy haar uit die politiek moet hou. Dis die verkeerde ding om te doen; die kerk is dan God se spreekbuis! Is daar dan iewers ʼn lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee ook baie duidelike aanwysings oor hoe dit gedoen moet word. Die Bybel slaan geen lewensterrein oor nie, ook nie die politiek nie!
Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak. Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).
GEWETTIGDE ROOF
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Die roofkultuur
Swartes het ‘n roofkultuur. En dis geen haatlike opmerking nie, maar ‘n duidelik waarneembare verskynsel wat blankes wêreldwyd ervaar en in baie gevalle selfs moet ontgeld. Let maar net op hoe deurspek is die ANC-regering se optredes van hierdie kultuur teen ons Boerevolk! Wat is dit anders as roof wanneer my volk deur middel van swart ekonomiese bemagtiging doelbewus verarm word? Swart bemagtiging is eintlik niks anders as gewettigde roof nie; dit verskil in beginsel niks van transito-roof nie.
Dit pla die swart kultuur skynbaar nie dat een stam geweld gebruik ten einde ‘n ander stam se besittings te bekom nie. Dis, om die waarheid te sê, een van die hoofredes waarom Afrika gedurig geweld en stamoorloë die hoof moes bied. Swartes glo dat jy jou rykdom alleenlik kan vermeerder deur jou buurman se veekrale te beroof. Ons Westerlinge glo weer dat rykdom deur verstandelike vermoëns en harde werk verkry word.
AFRIKA SE WIT REUS (12)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Misleiding van die Volkere (vervolg)
Wie in Suid-Afrika woon en die totale aanval op hierdie land meemaak, gewaar hier waarskynlik duideliker as op enige ander plek in die wêreld die gekoördineerde aanslag van die geheime magte van duskant en van anderkant die ystergordyn. Dit mag wees dat hulle hier minder moeite doen om die samewerking tussen Oos en Wes geheim te hou omdat Suid-Afrika se mond propagandisties so gesnoer is dat die land - in elk geval van amptelike kant - byna nie effektief kan terugslaan nie. Of dit mag ook wees dat die toenadering of sogenaamde "glasnost"- politiek ("propaganda") van die Sowjetunie met die Verenigde State intussen al so ver gevorder het dat hulle die wêreldbevolking so stadigaan wil voorberei vir die beplande samesmelting tot 'n eenwêreldregering.
BUITELANDSE BELEGGINGS
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Geen litte roer nie
Die Wêreldbank dring al vir etlike jare by Afrika aan om hom deur ekonomiese ywer van sy ellende-bestaan te bevry. Westerse lande is meer as gewillig om hom daarmee te help. Afrika se reaksie op hierdie oproep om vir ‘n slag self hand aan die ploeg te begin slaan, is egter 'n oplaaiende kreet dat al sy skuld as 'n tipe van boetedoening vir sg. onregte van die verlede afgeskryf moet word. Afrika wil doodeenvoudig nie litte roer nie. Bakhand staan, is baie minder moeite!
Al wat werklik in Afrika floreer, is geweld, getalle en ellende. En hierdie dinge skrik buitelandse beleggers af. Geen nugterdenkende instansie sal in ‘n geweldgeteisterde, onstabiele land belê nie. Dis net te riskant. Buitelandse beleggers verlang eerder veiligheidswaarborge en sal hulle derhalwe na meer stabiele regerings wend.
DIE AARD VAN ONS GELOOF
Hannes Ollewagen
Hebreërs 11:1-40
Hoe lyk my en u geloof vandag? Is dit ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop en dan ook ‘n bewys van wat ons nie sien nie? (Vers 1). Glo ek wat ek glo omdat ek myself probeer bevoordeel of glo ek wat ek glo omdat ek dit uit God se suiwer Woord geleer het - soos goud wat sewe maal in ‘n smeltkroes gelouter is? Is my geloof ‘n bewys van dit wat ek nie kan sien nie?
SKEIDING BRING VREDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Vrede verdwyn
Swart Afrika se onverskillige sug na onafhanklikheid het hom nie net van sy eertydse koloniale bewind bevry nie, maar ook van vrede. Nadat die koloniste uit Afrika verdryf is, het burgeroorlog in die meeste lande uitgebreek en miljoene lewens geëis. Tot vandag toe nog ervaar min swart lande vrede. Vrede is net so skaars in Afrika as Nazi-sentimente in Jerusalem!
Suid-Afrika is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die misdaadsyfer het in die eerste vyf jaar van swart bewind met 770 % gestyg! Dis alles te wyte aan die gewese Nasionale Party en huidige NG Kerk se aandrang om die ANC en sy onheilige bedmaats in 1990 te ontban. Dit was die begin van die einde van vrede vir ons!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Kliënt vra: "In watter gang kan ek die bloubulwors kry?"
Die jong winkelassistent vra: "Is Oom 'n Bloubulondersteuner?"
Die kliënt, duidelik gebelgd, antwoord: "Ja ek is, maar laat ek jou iets vra: As ek gevra het vir Italiaanse worsies, sou jy my gevra het of ek Italiaans is? Of as ek gevra het vir Duitse bratwurst, sou jy my gevra het of ek Duits is? Of as ek sou vra vir 'n kosher warmbrak, sou jy my gevra het of ek Joods is?"
Die winkelsassistent sê: "Nee oom, ek sou waarskynlik nie."
Die kliënt sê: "Nou ja seun, omdat ek vra vir bloubulwors, waarom vra jy of ek 'n bloubulondersteuner is?"
Die winkelassistent antwoord: "Omdat oom in Builders Warehouse is."
HET JY 'N BRUILOFSKLEED AAN?
SOEK DIE HERE TERWYL HY NOG TE VINDE IS
Ds AE van den Berg
“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” Mt 22:12,13
As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie maar as ‘n vereiste beskou! Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne: Luister wat sê Dawid daaroor: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer .... want u hand was dag en nag swaar op my....” (Ps.32:3,4). “Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd” (Ps.102:4).
Wanneer ‘n dokter jou meedeel dat jy kanker het, het jy net een hartsbegeerte - om daarvan ontslae te raak voordat dit jou lewe eis. ‘n Mens sal enigiets doen om die lewe te behou. Wat ‘n heuglike dag as jy na deeglike behandeling die goeie nuus ontvang dat jy gesond is! Maar wat maak ons met sonde, daardie kanker wat ons siel aanval? Dis veel erger as fisiese kanker. Waarom? Omdat die liggaam sterf, maar die siel leef voort – of in die hemel of in die hel!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die probleme met rugbyskeidsregters kom nie van vandag af nie. Dit bly maar 'n netelige saak wanneer 'n skeidsregter nie die opponente se foute wil raaksien nie. Met die All Blacks se toer in 1970 hier in Suid-Afrika het daar ook so 'n insident plaasgevind.
Die Springbokspeler kon dit nie meer hou nie en sê vir sy spanmaats:
"Kêrels, hierdie skeidsregter is blind!"
"Wat sê jy daar?" kom dit van die gebelgde skeidsregter.
Speler: "O magtig, hy's nog doof ook!"
AFRIKA EN DEMOKRASIE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Die poeierkwas
In die buiteland word daar bykans geen woord oor Suid-Afrika gerep sonder om die poeierkwas van demokrasie kwistig aan te wend nie. Buitelanders glo dat dinge hier aan die suidpunt van Afrika klopdisselboom gaan omdat demokrasie hier geseëvier het. Een-mens-een-stem was die towerstaf wat alles wat in ons land verkeerd was, reggemaak het. Maar het dit?
Die blink muntstuk het ook 'n dowwe keersy. Sedert die ANC aan bewind is, vrees blankes soos nog nooit tevore vir hulle veiligheid. Daarbenewens verarm hulle teen ‘n ontstellende tempo soos wat kundiges stelselmatig uit staatsdiens- en aanverwante poste gerangeer en deur onbevoegde swartes vervang word. Hierdie verfynde roof en nog talle ander onregte vind in die naam van demokrasie plaas!
AFRIKA SE WIT REUS (11)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Misleiding van die Volkere
"Die kragte van die wêreldrewolusie werk vandag van albei kante van die ystergordyn af en dit is wat hulle werk so gevaarlik en suksesvol maak. Dit is die rede waarom die barbaarsheid van die brandende "nek- band", wat deur die ANC teen onskuldige swartes in Suid-Afrika gebruik word, die leidende koerante in die hele westerse wêreld nie verhinder het om Winnie Mandela as 'n heldin op te hemel nie alhoewel sy hierdie onvoorstelbaar wrede massamoord openlik met geesdrif goedgekeur het. ('Met ons vuurhoutjiedosies en ons halsbande sal ons hierdie land bevry!' – onthou u?)"
"Vandag is die wêreldverhoog in gereedheid gebring vir die derde bedryf (die Derde Wêreldoorlog) wat die doel het om die proses te voltooi. Die geldmag en die rewolusionêre mag is formeel gevestig en wel in duidelik afgebakende kampe ('Kapitalisme' of 'Kommuriisme') en in presies gedefineerde vestings ('Amerika' - 'Rusland'). Dieprentjie wat vir die massas gewys word om genoeg onrus by hulle te verwek, is dié van 'n vyandige en wanhopige konfrontasie. Dit is die spektakel wat openlik vir die mense as wêreldtoneel voorgehou word. Maar wat daarvan as manne van dieselfde gesindheid, met dieselfde geheime doel voor oë in albei kampe baas is en hulle doelwitte probeer bereik deur die botsing van die massas?"- Douglas Reed in "Behind the Scene".
In hierdie boek is daar nou al baie oor die agtergrond van die huidige onverklaarde oorlog teen Suid-Afrika geskryf. Die leser word versoek om, op grond van die beskrewe werklikhede, die gebeurtenisse en veral die toekomstige verwikkelinge, vas te stel of die insigte in hierdie boek strook met die waarheid. Vir miljoene mense lê hierdie waarheid nog altyd verborge in die donker van vyandelike propaganda, wat Peter Simple van die Londonse "Daily Telegraph" as " 'n wêreld vol leuens" beskryf het.
Die tragiek van hierdie aanslag op Suid-Afrika is nie soseer geleë in die feit dat so baie goedgelowige mense (Christelike organisasies, predikante, studente, professore en welmenende huisvrouverenigings deur protesaksies, boikot-oproepe en massademonstrasies, sonder dat hulle dit weet of wil, die vuil werk van 'n internasionale samesweerderskliek ondersteun (en so van hulself die "nuttige idiote" maak volgens Lenin se uitspraak), maar dis eerder daarin geleë dat hul ywerig help om die tak af te saag waarop hulle self sit.
ONS IS BOERE !
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1.1 ‘n Gawe van God
In Gen.25 lees ons hoe Esau sy eersgeboortereg verag en sy nageslag in onbeduidenheid laat verval het. God het lank voor ons geboorte bepaal dat ons aan ‘n spesifieke volk sou behoort. Derhalwe is volkwees kosbaar en mag ons nie ons erfenis versmaai nie - dis 'n gawe van God. Esau se nageslag het die gevolge van sy onverskilligheid gedra en 'n veragte volk geword wat gereeld goed op hul baadjie gekry het.
Verraderlike politici, ontspoorde kerke en ander volksvyandige instellings dring al jare lank daarop aan dat ons ons erfenis vir die verfoeilike lensiesop van internasionale erkenning verruil. Nee, ons sal eerder dit wat ons uit die hand van God ontvang het, bewaar omdat ons eendag ook daarvan rekenskap sal moet gee.