Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe – Neh 39:6
PASSIEWE CHRISTENSKAP?
Hannes Ollewagen
Judas 1:3-16
Een van die mooiste eienskappe wat ‘n mens kan besit, is om positief te wees. Dit is egter uiters belangrik om die verskil tussen positiwiteit en naïwiteit te onderskei. Om positief te wees, beteken om uitkoms te sien en hoop en geloof te behou in selfs die moeilikste omstandighede. Om naïef te wees daarteenoor, sal moontlik die rede wees waarom jy in ongemaklike situasies beland, want jy ontken die dreigende werklikheid daarvan. Hoewel jy gevaar sien naderkom, wil jy wegkruip sodat jy nie negatief hoef te voel nie en vermy jy doodeenvoudig die dreigende gevaar – wat nie gaan verdwyn bloot omdat jy jou oë daarvoor sluit nie.
Hierdie naïwiteit het veroorsaak dat soveel mense agter die verskoning wegkruip: “Alles is in God se Hande en dinge sal reg uitwerk.”
VEREISTES VIR CHRISTELIKE VOLKSLEIERSKAP
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
God is in volle beheer van die wêreld en almal wat dit bewoon: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon” (Ps.24:1). Gevolglik is niks vir Hom verborge nie: “Die HERE is in sy heilige paleis....sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).
Hy seën ‘n volk met goeie leiers en straf hulle met slegtes. Die Bybel bevat talle verhale van die Bondsvolk wat swaar onder slegte konings en voorspoedig onder goeies geleef het. Alhoewel hulle soms bitter swaar gekry het, het God hulle altyd in tye van nood verlos omdat sy genade altyd helderder as sy oordeel skitter.
Omdat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hom behoort, is alle aardse gesag afgeleide gesag en is ‘n volksleier nie ‘n baas nie, maar ‘n dienaar van God: “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel” (Rom.13:1).
Ongelowiges kan nooit goeie volksleiers wees nie omdat dit wat vir die Evangelie skadelik is, ook vir ‘n volk skadelik is.
JOU HART SKRYF JOU VOLK SE TOEKOMS
Ds AE van den Berg
“...wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk vergewe – want U leer hulle die goeie weg waarin hulle moet wandel...” 1 Kon.8:36
Baie mense bid, maar niks gebeur nie omdat hulle verkeerd bid. Egte gebed begin by dit wat in die hart aangaan en soos Dawid eerlik voor God te wees. “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps.139:23,24).
In die gelese gedeelte hoor ons Salomo met die inwyding van die tempel bid. En hy begin reg – by die kwellinge van sy hart. Hy verwys na onaangename dinge wat Israel hulself op die hals gehaal het omdat hulle van God afgedwaal en Hy hulle getug het. Salomo het geweet dat Israel se onreine harte ʼn groot rol in God se oordeel oor Israel gespeel het. Dit leer ons ʼn baie groot waarheid; jy kan nie vir die geestelike genesing van jou volk bid sonder dat jou eie hart genees is nie! Ons besef nie hoe die verdorwenheid van ons eie harte die toekoms van die Boerevolk raak nie!
God se oordeel oor volke en enkelinge is persoonlik van aard – Hy ondersoek harte: “Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë...” (Jer.17:10).
AFRIKA SE WIT REUS (17)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Rol van die "Bevrydingsbewegings"
Cato Manor en Sharpville
"Soos in Kuba en Suid-Viëtnam was dit beplan dat sabotasie- en guerrilla-operasies die weg sou baan tot magsoorname deurdat die Blankes daardeur in angs en paniek gestort sou word en wantroue teenoor die regering sou ontstaan en die Swartes daarvan oortuig sou word dat sterk magte vir hulle bevryding werk."
"Ons, lede van die Kommunistiese Party, is die mees ontwikkelde rewolusionêres van die moderne geskiedenis ... Die vyand moet eers volkome verpletter en uitgeroei word van die aardbodem, voordat die Kommunistiese Wêreld verwerklik kan word." - Nelson Mandela, gevange eertydse leier van die African National Congress
Hoe meer die probleme in Suid-Afrika deur die media oordrewe uitgebasuin word, hoe luider word die stemme van diegene wat die regering in Pretoria versoek om saam met die "bevrydingsbewegings" aan die onderhandelingstafel te gaan sit. Alhoewel daar 'n hele aantal wettige opposisiegroepe in Suid-Afrika bestaan wat vir die regte van die Swartes langs vreedsame weg intree, is dit tog juis die militante "African National Congress" (ANC) wat as "die enigste regmatige verteenwoordiger van die Swart bevolking van Suid-Afrika" daargestel word.
Jare lank reeds word die ANC tot 'n "bevrydingsbeweging" opgegradeer wie se onselfsugtige doel dit kamma is om vrede en geregtigheid vir almal en 'n nuwe demokratiese sisteem in Suid-Afrika in te voer.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BOET, JY GAAN SEERKRY!
Boy Louw was seker een van Suid-Afrika se roemrykste rugbyvoorspelers van alle tye. Hy was 'n harde, eerlike en onverskrokke speler. Sy forse gestalte en sy vreeslose benadering tot die spel het by menige teenstanders ontsag uitgelok... behalwe by 'n paar onnoseles wat gou hulle foute ontdek het!
Op 'n goeie dag speel Boy Louw in 'n plaaslike wedstryd. In die lynstaan het 'n belowende jong slot, ene Malherbe, Boy aanhoudend om die nek beetgekry en sy bene geskop, of hy nou die bal gehad het of nie. Boy het hom gewaarsku, dog sonder sukses.
Toe Boy se humer begin ontvlam, "vee" hy die spelers voor hom weg, gaan staan regoor Malherbe en beduie vir sy vleuel by 'n lynstaan hy moet die bal vir die jong skoorsoeker gooi. Toe hy die bal vang, was ou Boy op hom. Hy gryp hom agter die kraag, bring hom hardhandig aarde toe en vryf sy neus met geweld heen en weer in die grond.
En toe gryp hy hom aan sy kraag en sy broek en smyt hom soos 'n vrot vel heeltemal van die veld af, tot groot vermaak van die toeskouers natuurlik!
WERK, WERKLOOSHEID EN ARMOEDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Geen ontwikkelende land nie
Regeringslui reken dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is. Daar is ongelukkig geen noemenswaardige ontwikkeling te bespeur nie. Al wat duidelik waarneembaar is, is 'n ontstellende agteruitgang op elke lewensgebied. Die vernietiging van ons paaie, skole, ekonomie, lewenstandaarde, sedes, wet en orde is elke dag in die nuus.
Dit was nie nodig dat Suid-Afrika in die dryfsand van onbevoegdheid en wanadministrasie moes versink nie. Die ANC-regering het genoeg bevoegdes geêrf om die land doeltreffend te kon administreer as hulle wou. Rassehaat en onbeskaamde diskriminasie het dit egter gekelder. Toe die Bybelse meriete-benadering vir 'n skaamtelose velkleur-benadering moes plek maak, was die spreekwoordelike hond in die pot.
2. ‘n Sosio-ekonomiese moeras
As ‘n mens vandag na al die foute van die ANC-regime kyk, is dit moeilik is om te sê watter een die grootste is. Werkloosheid staan redelik bo aan die lys. Ons arbeidsterrein is besig om in 'n sosio-ekonomiese moeras te verander, want oral waar onbevoegdes aan die stuur van sake geplaas word, ly die ekonomie skade.
SLAWEVANGERS
Ds AE van den Berg
1. Vergoeding geëis
Op die 35ste herdenking van die Afrika-bevrydingsdag het die destydse PAC vise-president, Motsoko Pheko, daarop aangedring dat Afrika vergoeding vir slawerny, kolonialisme en apartheid moet begin eis. Hy het beweer dat dit wat die Weste aan Afrika skuld, baie meer is as wat Afrika aan hulle skuld.
In die VSA gaan daar toenemend stemme ten gunste van vergoeding aan Afrika op vir sg. onregte wat hulle in die verlede aangedoen is. Hierdie selfverklaarde veronregtes is sonder uitsondering almal swart terwyl blankes die skobbejakke is. Blankes word as die selfsugtige, ryk bevolkingsgroep voorgehou wat swartes doelbewus onderdruk en van voorregte ontneem het. Dis 'n growwe belediging vir blanke gewetens!
VERLORE, MAAR NIE VERGETE
Hannes Ollewagen
Lukas 15:11 – 32
Hoe dikwels sien ons nie in ons hedendaagse samelewing hierdie droewige verhaal in mense se lewens afspeel nie? Mense wat ‘n gesonde en gelukkige gesin en lewe lei en dan deur die misleiding van die wêreld in hul harte onvergenoegd raak en na ‘n “beter lewe” soek - een wat uiteindelik op ellende en hartseer uitloop?
Omdat die mens wysgemaak word dat hy sy eie lotsbepaler is en alles rondom hom draai en hy gelukkig moét wees, kies hy die pad van “vryheid” – daardie oorweldigende vryheid om homself te vernietig in ‘n lewe waarin hy nooit vrede het nie.
AFRIKA SE WIT REUS (16)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die noodsaak van apartheid
" Daar kan geen twyfel bestaan dat apartheid sielkundig geregverdig is nie. Omdat God die natuurwette daargestel het waartoe die menslike gees en die menslike natuur behoort, moet apartheid ook moreel, regverdigbaar wees... die Bybel veroordeel rassevermenging (gemengde huwelik). God verwag ook in die Bybel dat die Israeliete hulle van die omringende nasies apart hou: van die Egiptenare, die Assiriërs, die Filistyne ea. "
Vir buitelandse lesers wat tot nog toe hulle inligting oor Suid-Afrika uit eensydige bronne gekry het, mag dit interessant wees om 'n slaggie leserstemme en menings uit ander bronne te hoor. Hier volg 'n brief uit Engeland aan die Suid-Afrikaanse koerant "The Citizen" (1.10.1987):
"In Engeland begin ons nou om die voordele van apartheid in Suid-Afrika te verstaan. Die ouers hier wil graag hulle Blanke kinders in skole laat onderrig waar hulle nie 'n minderheid is nie en waar die Engelse kultuur beoefen word. Daar bestaan hier in Engeland 'n groeiende vrees dat die Swartes en die Gekleurdes besig is om die Blankes oor te neem en die vreemde kultuur aan hulle op te dring.
In stryd met die waarheid word die mense hier in Engeland wysgemaak dat die vermenging van rasse vir ons goed is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEEN GEHEUEPROBLEEM
'n Man onthou goed. As hy gesê het hy sal iets doen, dan word dit gedoen. Dit is nie nodig dat sy vrou hom elke ses maande daaraan moet herinner nie...
WAAROM TWEE AFRIKAANSE BYBEL- VERTALINGS?
Ds AE van den Berg
2 Kor.6:11-18; 1 Joh.4:1-5
Die Roomse Kerk (RK) het met die Hervorming (16de eeu) baie seer gekry toe duisende van haar lidmate afgodery laat staan en by Protestantse kerke aange-sluit het. Dit het haar aansien lelik geknou en kon sy nie meer die septer swaai en teenstanders laat folter of doodmaak nie. Haar ego was geskonde. Die Engelse spreekwoord lui: “Hell has no fury like a woman scorned” Dis ook van die RK waar. Daarom het sy gesweer dat elke Protestantse kerk na haar in berou sou terugkruip!
Die RK het tot en met 1962 weinig sukses daarmee gehad omdat Protestantse kerke hul lidmate deeglik teen die Roomse verderf gewaarsku het. Die NG Kerk het selfs ʼn boekie uitgegee Die Roomse Gevaar waarin sy haar lidmate in geen onduidelike taal teen die invloed en leer van die RK gewaarsku het.
RASSEVERSKILLE IS 'N WERKLIKHEID
Ds AE van den Berg
1. ‘n Teenstrydigheid
Rasse verskil nie net in velkleur van mekaar nie. Rasseverskille lê baie dieper as dit. Die miskenning van hierdie verskille is een van die hoofredes vir die voortslepende chaos en wanorde in ons land. Suid-Afrika is ‘n daaglikse toneel van verskeurdheid, onversetlikheid en rassehaat. Die ANC kan baie maklik by lande met veelvuldige rasse-groeperings wat die rasse-aspirasies van elke groep eerbiedig gaan leer, maar hulle wil nie. Suid-Afrika is kwansuis nie-rassig, 'n teenstrydige begrip en ‘n leuen wat vir die waarheid verkoop word.
Terwyl feitlik elke nuusberig oor die werklikheid van rasseverskille berig, bepaal die nuwe grondwet dat daar geen onderskeid op grond van ras gemaak mag word nie. Dit skep ‘n onhoudbare situasie. Selfs buitelandse nuusmedia berig toenemend oor die werklikheid van rasseverskille. Dis immers 'n Godgegewenheid waarmee deeglik rekening gehou moet word. Die minagting daarvan maak rassebotsings onafwendbaar.
DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK
DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme
'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van Ds AE van den Berg, het pas in gedrukte vorm verskyn.
Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.
DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.
U kan hierdie boek bestel by
ds AE van den Berg
Tel: 083 230 5686 of
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
'N NUWE TREK: TERUG NA GOD
BOEK TE KOOP
‘n Nuwe Trek: Terug na u God
Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte
J L du Toit & dr L du Toit
('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180
Gustav Preller (1938b) verduidelik dat die Gelofte by die Slag van Bloedrivier na ons afgekom het in die vorm van drie oorkondes. Hierdie drie oorkondes is in die twintigste eeu saamgevoeg tot die gangbare weergawe algemeen in gebruik by herdenkingsfeeste:
Eerstens (Oerteks 1), Andries Pretorius se Kommandantsverslag (waarvan die eerste deel amper 'n week na die slag neergepen is). Die volledige Kommandantsverslag is in die tweetalige Kaapse koerant, De Zuid-Afrikaan, 'n paar maande na die oorwinning gepubliseer.
Tweedens (Oerteks 2), die inskrywing 'n week voor die slag in die Kommandojoernaal (deur Jan Bantjes, Pretorius se Sekretaris), soos in De Zuid-Afrikaan afgedruk in die volgende jaar.
MISDAAD EN GEWELD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. ‘n Mislukking
Die ANC se sg. reënboognasie is ‘n groot mislukking. Misdaad is besig om soos ‘n Middeleeuse plaag in ons land te versprei en duisende lewens te eis. Swartes heg maar relatief min waarde aan 'n menselewe. Die sinnelose moorde op plaasboere en ander weerlose mense oorheers ons nuusbulletins daagliks. Slagoffers van motorkapings word dikwels ten aanskoue van hul geliefdes koelbloedig doodgeskiet. Eienaars van openbare ondernemings word beroof en selfs om die lewe gebring, nie eens te praat van die jong sekuriteitswagte wat tydens transitorooftogte genadeloos met AK 47's afgemaai word nie.
2. Skokkende statistiek
Elke wêrelddeel het sy kwota geweld. Wat geweld in Suid-Afrika egter uitsonderlik maak, is dat dit dikwels sonder provokasie voorkom. Veral plaasboere kom hier sleg van af. Hulle word tans teen ‘n tempo van 120 per 100,000 in vergelyking met 13 per 100,000 vir die res van die bevolking vermoor. Hierdie moordenaars is sonder uitsondering almal swart. En dis nie haatspraak nie. Dis die waarheid en ‘n feit wat nie geminag, verskoon of versag durf word nie.
AFRIKA SE WIT REUS (15)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Uitbuiting van die Rasseprobleem (vervolg)
Die eertydse wêreldbokskampioen, Cassius Clay, alias Muhamed Ali, het gesê: "Wanneer ek in Alabama lewe, sal ek altyd vir die goewerneur Wallace stem, omdat hy die Blankes nie met die Negers meng nie."
Marxiste is alles behalwe vriende van die Swartes. Wie glo dat die Marxiste van die Sowjetunie geen rassiste is nie, dié behoort die boek "Karl Marx: die Rassis" van Nathaniël Weyl te lees, 'n Paar aanhalings daaruit sal u beslis prikkel:
"In die openbaar en om politieke redes het Marx en Engels hulle voorgedoen as vriende van die Negers. Privaat was hulle egter anti-Swart rassiste van die ergste soort. Hulle het die totale Swart ras verag - 'n veragting wat daarin uitdrukking gevind het, dat hulle die Negers met diere en idiote vergelyk het. In hulle private korrespondensie het hulle dan ook gedurig die naam 'Nigger' gebruik." Karl Marx het die Swartes van Afrika beskryf as "onbeduidend" en "irrelevant" en in vergelyking met sulke progressiewe mense soos die Russe as "ver agtergebly".
BESETTING EN BESMETTING
Ds AE van den Berg

Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. ‘n Droewige prentjie
Hoe vergelyk ons stedelike veiligheid met die van twintig of dertig jaar gelede? Is daar waarneembare verskille? Net ‘n dwaas sal dit ontken! Dis om die waarheid te sê ‘n droewige toneel. Ons stede was vir baie jare betreklik vreedsaam, ordelik en skoon. Mense was bv.nie bang om saans lang ente te gaan stap nie. Vandag is dit ‘n ander prentjie en neem jy jou lewe in eie hande as jy dit sou waag! Die kans dat jy deur ‘n swarte beroof, aangerand of vermoor kan word, is baie goed.
Misdaad vier hoogty in ons land en ons stede loop veral deur. Blankes vermy die sentrale stedelike dele so ver as moontlik omdat dit al hoe swarter en gevaarliker word Talle blanke ondernemings wat jare lank in ons stede besigheid bedryf het, het na April 1994 óf gesluit óf na veiliger voorstede verskuif.
AFRIKA SE WIT REUS (14)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Uitbuiting van die Rasseprobleem
" Daarvolgens produseer die Amerikaanse Neger gemiddeld per kop van die bevolking agtmaal soveel buite-egtelike kinders, sesmaal soveel swaksinnige volwassenes, pleeg negemaal soveel roofaanvalle, sewemaal soveel verkragtings en tienmaal soveel moorde as die Blanke man. .. Daarteenoor lewer die Neger in die Verenigde State per kop van die bevolking net een-sesde soveel persone met 'n IK van meer as 130, d.w.s. in die kategorie van die begaafdes." - FBI, Uniform Crime Report
"Ons moet nooit uit die oog verloor dat die magtigste wapen van ons party die bestaande rassespannings is. Deurdat ons die gekleurde rasse onophoudelik inprent dat hulle eeue lank deur die Blankes onderdruk is, kan ons hulle wen vir die program van die Kommunistiese Party." - Israel Cohen, kommunistiese agent in sy boek "A racial Program for the twentieth Century" (1912).
'n Ideologie het seker nog selde 'n noodlottiger uitwerking op die mensdom gehad as die Marxistiese dwaalleer van die gelykheid van alle mense. Hiervolgens bestaan daar slegs uiterlike verskille tussen mense afhangende van die sosiale klas, godsdiens of rykdomsgraad waartoe hulle behoort. Origens, ongeag die ras of nasie waaraan hulle behoort, is hulle volgens hulle natuur almal gelyk en besit dieselfde bekwaamhede, talente en potensiaal.
DIE STEM VAN GOD
Hannes Ollewagen
1 Sam. 3:1 – 21
Is dit nie opmerklik dat ons in vers 1 van die gelese gedeelte daarop bedag gemaak word dat die woord van die Here skaars was in daardie dae nie? Dit is baie opvallend en dan besef ons later dat mense in daardie tyd ook baie afvallig van God geleef het. Selfs Eli se twee seuns wat in die tempel diens gedoen het, het met hul goddelose optrede God mishaag. Ek glo elke nugtere, behoudende volksgenoot sal met my saamstem dat dinge in ons tyd nie veel anders lyk nie. Dit mag dalk net vir ons erger voel omdat ons daarin teenwoordig is en daagliks daarmee te doene kry.
Ons lees dan hoe God na Samuel roep om aan Hom ‘n opdrag te gee, maar Samuel herken nie God se stem nie. Hoe is dit moontlik?
PRESIDENT M.T. STEYN (1)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Familiegeskiedenis
Die hele wêreld het eens van president Steyn geweet. Maar dit was in ’n stadium van sy lewe toe sy kop kaal was, sy oë opgeswel en byna toe, en sy besonder lang baard oor sy bors gerank het. Hy was toe reeds middeljarig en baie siek.
Maar daar was natuurlik ook ’n tyd toe hy jonk en vol lewenslus was, toe mense sy mooi bruin oë en sterk neus, sy frisgeboude liggaam en mooi hande bewonder het. In die bekendste portrette van die president is daar geen aanduiding van sy heerlike sin vir humor nie, ook nie van sy warme menslikheid, sy deernis en sy krag nie. Hy het die intelligensie, die waardigheid en die kultuurbewustheid gehad wat ’n mens van ’n koning sou verwag. En hy was ook inderdaad baie jare lank bekend as die ongekroonde koning van Suid-Afrika.