Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jou lewe is werklik wat jou gedagtes daarvan maak. Dink dan reg. Dink vrolik. Dink eerlik. Dink sonder vrees. Jou hele persoonlikheid word bepaal deur die dinge waaraan jy dink. As Christen moet jy ook dink aan jou geloof en jouself met jou denke hierin versterk.
BRIEF AAN ZUMA
Ope brief aan die President van Suid-Afrika
Uniegebou
Pretoria
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Aan die President,
• Bewerings oor verwaarlosing in die Voortrekkermuseum in Pietermaritzburg en die
Paul Krugerhuis in Pretoria verskyn van tyd tot tyd in die media.
• Verlede jaar is daar berig dat historiese dokumente en selfs 'n ou Statebybel op 'n ashoop naby Pretoria opgetel is.
• 'n Onlangse berig het gelui dat die horlosie van genl. De Wet uit die oorlogsmuseum
in Bloemfontein verwyder of gesteel is.
Die bostaande drie voorbeelde is voldoende om die omvang van erfenisverwaarlosing aan te dui.
Die Volkseie Museumraad vestig u aandag daarop dat die Staat onderneem het om erfenisbewaring op 'n hoë vlak van diens te handhaaf. Dit blyk egter dat die Afrikanervolk se erfenis verwaarloos, vernietig en selfs gesteel word. Dit is onaanvaarbaar.
Indien u regering nie daartoe in staat is of belangstel om óns volk se kultuurerfenis op te pas nie, dring die Volkseie Museumraad daarop aan dat ons volkserfenis aan ons teruggegee word sodat ons dit self kan bewaar.
Ons het waardering vir u regering se strewe en pogings om die kultuurerfenis van ú volksgenote te bevorder en te bewaar. Dit kan egter nie geskied ten koste van ander kulture nie. Ons het immers dieselfde strewe om ons Afrikanererfenis te bewaar.
Ons versoek dat u hierdie aangeleentheid in 'n ernstige lig sal beskou en die betrokke departemente wat gemoeid is met erfenisbewaring sal aanspoor om 'n duidelike beleid en voorneme tot erfenisbewaring te openbaar en uit te voer.
Prof. H. Van der Wateren
Voorsitter: Volkseie Museumraad
MOENIE GOD VERWYT
Ds AE van den Berg
Lees reeks by MY KRUIS, MY KRAG
Beproewings bring dikwels verwyte mee. Sommige mense verwyt hulself terwyl ander die Here verwyt en sê: “As dit is hoe God my behandel, wil ek niks verder met Hom te doene hê nie!” Sulke mense beskou godsdiens as ‘n ongeluk-vrywaring polis. God moet, as vergoeding vir hul kerkgang en Bybellees, alle beproewing van hulle afweer. Sulke mense raak altyd teleurgestel. Beproewings maak hulle bitter in plaas van beter. Nee, God skuld ons op aarde niks nie, nie eens die lewe nie. Alles is genade – onverdiende guns!
Mense wat die dood van ‘n geliefde nie wil verwerk nie, verkwalik met hul optrede in werklikheid die Here. Dikwels onttrek hulle hul van alles en almal, veral die kerk en die gemeenskap van die gelowiges. Sulke optrede is niks anders as opstand teen God nie en derhalwe sonde.
HOU VAS TOT EK KOM
Ds AE van den Berg
“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” - Openb.2:25
Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreldheersers geword. Die Babiloniese priesters het na Pèrgamus gevlug en hul afgodery daar voortgesit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus die Satan s’n geword namate die priesters ongekende mag oor hul mense verkry het.
“Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie; selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon” (Openb.2:13).
Toe die Romeinse ryk begin kwyn en burgers onregeerbaar begin word het, het die keiser Pergamus (’n provinsie van Rome) besoek om by die priesters te leer hoe om mense te beheer. Dit wat in godsdiens werk, moes ook in die politiek werk! Die resep was duidelik: Beheer die politiek met godsdiens.
AS 'N ENGEL VERVEER (5)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID SE LEWE WORD BEDREIG
"Dawid! Dawid!" klink 'n stem agter hom op.
Wanneer Dawid omdraai, stap ‘n jongman hom tegemoet.
"Ek is Jonatan, die seun van koning Saul" stel hy homself voor.
Dawid groet hom vriendelik. Hy hou die man met sy swart hare en breë glimlag.
"My pa vra dat jy na sy tent moet kom" gebied Jonatan die jong held.
Dawid stap saam met hom na Saul.
"Ek het 'n behoefte aan 'n ware vriend” sê Jonatan. “Koningskinders is in werklikheid baie eensaam. Mense maak nie sommer vriende met ons soort nie”.
"Ek kan dit verstaan" sê Dawid simpatiek.
"Na wat ek vandag gesien het, sal ek jou graag as 'n beste vriend wil hê; dis te sê as jy daarvoor te vinde is" sê Jonatan hoopvol.
"Beslis! Laat ons lewenslange vriende wees" sê Dawid en omhels sy nuwe vriend.
DIE WAARHEID MAAK VRY
STEM VIR VRYHEID
Frikkie Strauss
Hiermee die jongste uitgawe van Die Historiese Kompas wat u kan aflaai by sy skakel in die regterkolom op Geloftelandwebwerf by
GESKIEDKUNDIGE DVD'S EN BOEKE
Verskeie onderwerpe wat van groot belang vir die toekoms van ons volk is, word daarin behandel.
Ons volk is in ‘n voortbestaanskrisis as gevolg van vreemde oorheersing. Daar was al soortgelyke krisisse en die verkryging van vryheid en selfbeskikkingsreg was telkens ons voorouers se antwoord daarop. Dit kan hierdie keer nie anders wees nie. As ons ‘n toekoms vir ons kinders wil skep sal ons, onder die genadige hand van God, weer ons vryheid moet herwin en die mag om self oor ons lotgevalle te besluit. Op 7 Mei het ons as volk die geleentheid om ‘n groot stap vorentoe in hierdie rigting te gee. Lees die artikel Stem vir vryheid hoe ons dit kan doen.
Lees ook in hierdie uitgawe van Kompas oor grondeise, die 175-jarige herdenking van die Groot Trek, en oor die gelofte van 6 April 1654.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (5)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
BUITELANDSE SAKE EN DR. VERWOERD
Brand Fourie
Dr. B.G. Fourie het sy diplomatieke loopbaan in 1939, kort voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, in Berlyn begin. Hy was betrokke by die stigting van die Verenigde Nasies in 1945. Van 1947 tot 1952 was hy lid van Suid-Afrika se vaste verteenwoordiging in hierdie organisasie. Terwyl hy op hoofkantoor in Pretoria was (1952- 1958), het hy ook feitlik elke jaar die sittings van die Algemene Vergadering bygewoon. Van 1958 tot 1962 was hy Suid-Afrika se ambassadeur by die VN in New York. In 1963 is hy aangestel as Sekretaris van Inligting en in Julie 1966 as Sekretaris van Buitelandse Sake. Na 16 jaar in hierdie pos het hy nog drie jaar gedien as ambassadeur in Washington D.C. In 1985 het hy afgetree na byna 'n halfeeu in diens van Suid-Afrika op die diplomatieke front.
Dr Fourie aan die woord:
SUID-AFRIKA se Eerste Ministers, behalwe mnr. Strijdom, was mos almal soort van superministers van Buitelandse Sake.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Tikmasjien
Die kinders ontdek 'n stokoue tikmasjien in die huis en die pa moet verduidelik. Hy sit 'n vel papier in en tik. Die kinders staan verstom.
"Waar prop jy hom in?" wil hulle weet.
"Nee, jy prop hom nêrens in nie," antwoord die pa.
"Nou waar is sy batterye?" vra die kinders.
"Nee, hy gebruik nie batterye nie."
"Goeie genade Pa, nou hoekom het hulle dit nie al laaaankal uitgevind nie?"
AS 'N ENGEL VERVEER (4)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
GOLIAT WORD VERSLAAN
Dit lyk gewis na oorlog, my heer" sê Jeres aan Saul nadat hy van die grenswagte verneem het dat die Filistyne by Efes-Dammim tussen Sogo en Aséka saamgetrek het.
"Sal ons dan nooit van die verdomde heidene ontslae wees nie?" vra Saul vies en kyk sy leërowerste mismoedig aan.
"Dit lyk nie so nie, my heer" sê Jeres en sug ewe swaar.
"Hulle gee ons al sedert Samgar se dae onophoudelik probleme" voeg Saul en spuug op die grond.
Nadat die Filistyne destyds by Mispa verpletter is, was daar vir lank vrede in Israel. Niemand het die volk van God gehinder nie. Toe Saul later van 'n opbou van vreemdelinge op Israel se suidwestelike grens verneem, het hy geweet dat dit net die Filistyne kon wees en sy leër betyds in gereedheid gebring. Iewers het 'n skerpioen onder die sand geskuil.
"Wat stel jy voor moet ons doen? Moet ons wag en sien wat gaan gebeur, of moet ons maar inklim en eerste slaan?" vra Saul sy leërowerste om raad.
WYSE VOORSKRIF VIR MY LEWE
Hannes Ollewagen
Prediker 12:1 – 14
“…en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.” (Vers 7). Hierdie versie herinner ons aan ‘n ontsettende waarheid wat ons tog so maklik vergeet – ons Skepper alleen is die Gewer van lewe. Hy alleen is die Gewer van lewe hier op aarde, maar ook van die Ewige Lewe hierna.
In vers 1 vermaan die Prediker ons met “EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid…”, omdat hierna vermaning daartoe sal lei dat ons ‘n lewe uit dankbaarheid sal leef en ons beste sal doen om Hom te behaag. Soveel mense maak die fout om te redeneer dat hulle eers die lewe wil geniet terwyl hulle jonk is, want hulle het mos nog baie tyd om hul saak met God reg te maak wanneer hulle oud is. Indien jy laasgenoemde standpunt huldig, is daar rede tot kommer in jou geloofslewe, aangesien geen mens wat waarlik tot die besef gekom het van God se genade en liefde vir sy kinders, wil uitstel om homself te bekeer en onse Vader te behaag nie.
KINDERS IN DIE BYBEL (5)
JOSEF
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
MISKIEN is daar sommige van ons wat nie baie van Josef as kind hou nie. Want as jy die Bybel net bolangs lees, kry jy die indruk dat hy in sy kinderjare ’n verwaande ventjie was en ’n verklikbek.
Baie dink miskien dat dit nie ’n mooi trek in Josef se karakter was nie om al die slegte dinge wat sy broers gedoen het, aan sy vader te gaan oorvertel.
Wat sy broers presies gedoen het, sê die Bybel nie aan ons nie. Dit maak ook eintlik nie saak nie omdat die Bybel hier die nadruk wil laat val op wat Josef gedoen het en op wat sy houding ten opsigte van sy broers was.
Daar is mense wat wil beweer dat die verklikkery ’n swak eienskap in Josef se karakter was. Dit was vir hom lekker om nuus aan te dra by sy vader en van al die slegte dinge te vertel wat sy broers gedoen het. Hy het daar genot uit geput.
AS 'N ENGEL VERVEER (3)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
SAUL DEUR 'N BOSE GEES GEPLA
Net na middernag skrik Detanan wakker van ‘n harde gepraat iewers uit die donker gang. Hy spits sy ore en luister aandagtig. Nee, dis nie ‘n gepraat nie, maar iemand wat onophoudelik vloek en swets. Detanan skud sy kop. Miskien het hy maar net gedroom? Nee, daar is dit weer! Dit kom vanuit Saul se kamer en klink asof Saul met iemand worstel. Detanan spring uit sy bed, gryp sy swaard en storm sonder om eers die nodige toestemming te vra, Saul se slaapkamer binne.
Saul lê op die vloer voor sy bed en kryl soos ‘n slang wat in vuur gegooi is. Skuim borrel by sy mond uit en hy brul onbedaard soos 'n ondier. Het hy ‘n toeval gehad of het iemand hom dalk probeer vergiftig? flits die gedagte deur sy kop. Hy het nog nooit so 'n iets gesien nie, nog minder so ‘n stemtoon gehoor. Dit het meer dierlik as menslik geklink!
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (4)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
Louis Botha
Mnr. L. Botha is in Pearston gebore, was in Somerset-Oos op skool en het vir 'n kort tydperk aan Rhodes Universiteit studeer. Hy was 'n assistent- landdros in Pretoria toe hy in 1959 aangestel is in die Departement van die Eerste Minister, dr. Verwoerd. Ná dr. Verwoerd se tyd is hy bevorder tot sekretaris. Hy het in 1978 aftree-ouderdom bereik.
Louis vertel self:
DR. VERWOERD se reputasie as "slawedrywer" in die Departement Naturellesake het hom vooruit geloop toe hy Eerste Minister geword het. Daarom was ek verbaas om so 'n vriendelike baas aan te tref toe ek kort daarna in sy departement diens aanvaar het. My waardering vir sy menslikheid het in die loop van die jare net gegroei. Ek kan 'n hele paar staaltjies vertel om dit te illustreer.
BRIEWE AAN CHARLES (3)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Bal-vir-bal-kommentaar
Beste Charles,
My ou vriend, jy sal nie glo hoe sport en alles wat daarmee gepaard gaan, soos handomkeer verander het nie. Daar is steeds die belofte van opwindende dinge wat wag en dinge wat reeds aan die gebeur is. Veral op die gebied van krieket, rugby en sokker. Groot welslae word en is reeds behaal sedert die isolasiespook uiteindelik graf toe is. Hopelik sal hy nou daar bly, hoewel daar in die Suid-Afrikaanse sportwêreld tog nog mense is wat politieke spoke wil oproep om twis en tweedrag te kom saai.
Daar is net een terrein waar dit lyk of dinge rustig en seepglad verloop, en dit is in die geledere van dr. Ali Bacher se Verenigde Krieketraad. Dié vriend van ons doen goeie werk en geniet groot aansien dwarsdeur die krieketwêreld. Die belangstelling in krieket is besig om geweldig toe te neem.
KINDERS IN DIE BYBEL (4)
JAKOB
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
JAKOB moes seker ’n slim kind gewees het, ’n intelligente seun.
Hy was natuurlik ’n doodgewone, alledaagse mens. Stil en ingetoë. Hy het nie daardie ontembare energie en lewenslus van sy broer Esau gehad nie. Hy was nie die een wat daar in die veld koes-koes ’n wildsbok kon bekruip, of vir ure loop op die spoor van ’n gewonde bok of ’n swaar gewonde bok van agter inhardloop nie.
Esau was die atletiese tipe, die gespierde kind, die man van die veld.
Jakob was die kind in die huis, rustig, stil en bedaard. Tog het daar agter daardie stilheid en bedaardheid ’n goeie verstand geskuil. Hy kon vooruit dink. Hy kon dinge vooruit beplan en bereken.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
VERBORGE DANKBAARHEID
Die man kla trots by sy vriend: My egskeiding is op die rotse. My vrou het besluit om na my toe terug te kom...
BRIEWE AAN CHARLES (2)
Gerhard Viviers
Lees reek by Beste Charles... Van Gerhard
My eerste rugby-uitsending
Beste Charles,
Ek het gehoor dat jy 'n baie goeie onderwyser in Grahamstad was. Dok Craven, wat op ’n kol daar saam met jou klasgegee het, het aan my vertel dat jy nogal ’n skaflike krieket- en rugbyskeidsregter was. Dit is juis die dinge wat gemaak het dat die destydse SAUK jou gevra het om vir hulle deeltydse sportkommentaar te doen. Jou mooi duidelike stem en goeie taalgebruik het jou ’n aanbod om die kweperlat vir die mikrofoon te verruil, laat aanvaar. So maklik het dinge vir jou verloop om uiteindelik een van die bekendste en beste krieketkommentators te word. Ek het jou nooit vertel van my gesukkel en gesoebat om voltyds in diens van die SAUK te tree nie.
Maar voor ek daarby kom, wil ek jou eers vertel van my eerste skooldag wat letterlik ’n fiasko was. Dit het nie naastenby so glad verioop as joune daar in jou geboorteplek, Corsham, 7 myl van die stad Bath nie. Jy het my in 1965 die mooi plek in Shakespeare se kontrei gaan wys en lank oor jou kinderjare gesels.
KINDERS IN DIE BYBEL (3)
ISAK
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
Ongeveer ’n jaar ná die verwoesting van Sodom en Gomorra het die blye oomblik vir Abraham en Sara aangebreek toe daar ’n seuntjie vir hulle gebore is. Sy naam, Isak, beteken: "hy wat lag.” Die Here het natuurlik aan Abraham die opdrag gegee om die seuntjie so te noem (Gen. 17 :19). Die rede hiervoor was dat Sara ’n jaar voor die geboorte van Isak nie die Here wou glo toe Hy aan haar gesê het dat sy oor ’n jaar ’n kind sal hê nie. Sy het gelag toe die boodskap aan haar gegee is. Daarom moes die naam Isak haar altyd aan die feit herinner en aan haar ongelowigheid. Dat Sara nie omgegee het om die kindjie so te noem nie blyk uit die feit dat toe Isak gebore is, sy gesê het dat God vir haar ’n gelag berei het.
DIE NIKOLAIETE
Ds AE van Berg
Mt.20:25-28; 23:1-12
In Openb.2:6 het Christus lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” en in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op dwaalleer in hulle midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat” Dan waarsku Hy: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Nie die kerk as sodanig nie, maar die dwaling waarmee dit die kerk al eeue lank skaad. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom” vanwaar die Engelse woord laymen afgelei is. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom”.
Waarom het Christus hulle gehaat? Omdat hulle die kerk in twee segmente verdeel het – geestelikes en leke. Dis on-Skriftuurlik. Christus het nooit die kerk in die hande van ’n magsbehepte elite leierskorps geplaas nie, maar eerder in die hande van manne wat met die Heilige Gees vervul was en die Bybel as hul enigste maatstaf gebruik het.
PRESIDENT M.T. STEYN (8) (SLOT)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Dood van ’n Held
"Die Afrikaner onder die Afrikaners,” so het mense president Steyn genoem. Maar hy was ook ’n groot Suid-Afrikaner. Soos Louis Botha was hy ’n man met die ideaal om alle gemeenskappe in die land in vrede en harmonie te sien lewe. Hy het geregtigheid vir almal nagestreef: vir Afrikaner, Engelssprekende, Kleurling, Swarte en Indiër. Maar hy wou dat elke groep sy eie identiteit, sy eie kultuur, en alles wat vir hom heilig en dierbaar is, behou sodat elk met trots en waardigheid sy eie plek kan volstaan. Die Afrikaners is verpletter. Slegs deur weer op te staan, met volkstrots en waardigheid, kon hulle hul regmatige plek inneem. Alle Engelssprekendes wat lojaal aan Suid-Afrika was en wat hul Afrikaanse landgenote met regverdigheid, vriendelikheid en respek behandel het, was na aan Steyn se hart.
In Europa het die oorlog steeds voortgeduur, die grootste slagting in die geskiedenis van die mens. In Suid-Afrika het die stryd tussen Botha en Hertzog ook voortgeduur.
NUWE -E-BOEK NOU BESKIKBAAR
'N OORBLYFSEL... DEUR GENADE ALLEEN
Dit is die titel van 'n nuwe e-boek uit die pen van Hannes Ollewagen. Dit is gratis af te laai hier op Gelofteland in die regterkolom onder GRATIS E-BOEKE by die skakel 'n Oorblyfsel... deur genade alleen