Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die "Onregverdige Mammon" is 'n term wat Jesus in Lukas 16 self aan geld gegee het omdat mense op oneerlike maniere probeer om meer en meer daarvan te kry. Daarby sê Jesus dat dié mens wat getrou is met klein dingetjies soos geld, ook getrou sal wees in die groot dinge; en Hy voeg daarby: "En hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig". Glo u dat die belangrikste saak vir die Afrikanervolk naamlik sy voortbestaan en lewe, veilig is in die hande van 'n regime wat nie eers met die klein dingetjies getrou is nie?
AS 'N ENGEL VERVEER (2)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID WORD GESALF
Toe Samuel na Rama teruggekeer het, het hy vir etlike dae gevas en hom voor die Here afgesonder. God se oordeel oor Saul het bitter swaar op sy gemoed gelê. Die Here was eens en vir altyd klaar met Saul. Israel sou ‘n ander koning moes kry. Wie sou dit wees?
"Samuel, Samuel, waarom treur jy oor Saul en waarom is jy bedroef? Ek het hom as koning oor Israel verwerp omdat hy aanhou sondig het. My oordeel is finaal. Verknies jou nie verder oor hom nie” het God een nag met Samuel gepraat.
"Ek aanvaar U oordeel, my God, maar wie gaan U volk lei? Gaan U die koningskap afskaf en weer rigters soos Gideon en Simson verwek? Israel het aan ‘n koning gewoond geraak. Dit sal nie maklik wees om sonder een oor die weg te kom nie" sê Samuel besorgd.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
LAAT HY BOET VIR SY FOUT
'n Jong getroude egpaar het 'n yslike rusie. In trane bel die jong vroutjie haar ma en sê: "Hy maak al weer met my rusie; ek kom by Ma bly."
Haar ma sê: "Nee skat, hy moet betaal vir sy fout. Ek kom by júlle bly."
KINDERS IN DIE BYBEL (2)
ISMAEL
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
DIE naam Ismael beteken: "Die Here hoor.” Toe Hagar van Sara weggevlug het, verskyn die Here in die woestyn aan haar. Daar sê Hy aan haar dat sy haar seun Ismael moet noem. Terselfdertyd sê die Here ook aan haar watter soort mens Ismael sal wees. Hy sal ’n wilde esel van ’n mens wees. Sy hand sal teen almal wees en almal se hand sal teen hom wees. Hy sal woon waar elkeen hom sal kan sien. Hy sal ’n vrye en ongebonde swerwerslewe lei net soos die wilde esel wat deur die vlaktes swerf en nie getem kan word nie en hom ook nie laat tem nie.
Toe Ismael gebore is, was Abraham ongeveer 86 jaar oud. Ismael was ongeveer veertien of vyftien jaar oud toe Isak gebore is. Hy was dus al ’n redelike groot seun.
Op die dag toe Isak gespeen is, het Abraham ’n feesmaaltyd gehou. Isak was toe ongeveer twee of drie jaar oud terwyl Ismael so sewentien was. Ismael neem ook deel aan die maaltyd en daar bespot hy die kleine Isak. Hoe hy dit presies gedoen het, word nie aan ons vertel nie, maar dit kos seker nie baie verbeeldingskrag om vir jouself in te dink hoe hy dit gedoen het nie. Heelwaarskynlik het hy vir Isak geterg soos alleen ’n sewentienjarige seun dit maar kon doen.
BRIEWE AAN CHARLES (1)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Beste Charles,
Jy kan getuig dat 'n man baie keer in die hitte van die stryd onnodige dinge kwytraak. Dit het baie met my op die sogenaamde “Betogerstoer” van 1969/70 deur die Britse Eilande gebeur. Ek wonder dikwels wat jy alles sou gesê het as jy op die toer agter die mikrofoon was.
Vandag, as ek na al die jare rustig sit en terugdink aan die 25 wedstryde wat tussen Woensdag 5 November 1969 en Saterdag 31 Januarie 1970 gespeel is en ek lees weer wat ek in my boek Rugby agter doringdraad geskryf het, besef ek al hoe meer dat die ouderdom tog wysheid meebring. Jy het altyd gesê dat geen kommentator naby ’n sportmikrofoon moet kom voordat hy minstens 35 jaar oud is nie. Ek was op daardie toer in my vroeë veertig, maar my uitsendings kon nie altyd suiwer oor sport gaan nie. Die boek wat ek knap na die toer geskryf het, het as gevolg van die aard van die betogings oor baie meer as net sport gehandel. Vandag dink ek oor baie voorvalle miskien anders. Oor een ding is ek nog baie seker en beslis: Politiek moet onder geen omstandighede met sport inmeng of betrekkinge tussen nasies of volkere vertroebel nie.
AS 'N ENGEL VERVEER (1)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
SAUL WORD GEWAARSKU
"Hier is 'n besoeker wat u dringend wil spreek, my heer" sê Jaben senuweeagtig.
Hy weet nie aldag waar hy met sy koning staan nie. Hy is die afgelope tyd baie buierig en sy optredes onvoorspelbaar. Die een oomblik is hy vriendelik en die volgende is hy op die oorlogspad. Dan moet almal wat hul lewe liefhet, seker maak dat hulle uit sy pad bly!
"Ek is baie besig, wie wil my tyd kom mors?" vra Saul bars en neem 'n lang teug wyn uit sy silwer wynbeker.
"Dis Samuel, die profeet, my heer" sê Jaben en tree kop omlaag terug.
Saul verstik aan die wyn en gaan kwaai aan die hoes. Jaben wil help, maar is te bang hy kry 'n oorveeg of selfs iets erger. Saul se optrede laat sy hart in sy keel klop. Daar is alweer onweer in die lug!
Jaben verstaan nie waarom Saul so negatief teenoor Samuel geraak het nie. Eers kon hy nie wag dat die ou profeet hom besoek nie en dikwels by hom gepleit dat hy langer moes bly. Nou haat hy elke besoek van hom! Na die ou man se laaste besoek, was Saul buite homself van woede en moes ‘n paar van die paleisamptenare dit ontgeld!
PRESIDENT M.T. STEYN (7)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Rebelle
Die Eerste Wereldoorlog het in Augustus 1914 uitgebreek. Vanweë al die politieke woelinge in Suid-Afrika was die mense onrustig en agterdogtig. Toe versoek die Britse regering vir genl. Botha om Duits-Suidwes binne te val en te verower. Hieroor was die Afrikaners geweldig verdeeld. Waarom, het hulle gevra, moes hulle Engeland help na dit wat die Engelse die Boere aangedoen het? Wat het hulle teen die Duitsers? Pleks van die Engelse te help, so het ’n man soos genl. Koos de la Rey gemeen, het die tyd aangebreek om Suid-Afrika ’n onafhanklike republiek te verklaar. Steyn het die republikeinse strewe van sy volk maar alte goed geken, maar aan die ander kant was Botha moreel verplig om Engeland te help.
Deur die jare het Steyn gestrewe om die twee blanke rasse in Suid-Afrika verenig te sien, en daarom was hy ten gunste van die unifikasie van Suid-Afrika en het hy die Nasionale Konvensie bygewoon.
KINDERS IN DIE BYBEL (1)
KAIN EN ABEL
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
KAIN
HY is die eerste kind wat op hierdie aarde gebore word. Sy naam beteken eintlik "aanwins” of "besit”.
Toe Kain gebore is, moes sy ouers Adam en Eva seker nog met groot verlange en droefheid teruggedink het aan die paradys wat hulle deur hulle moedswillige ongehoorsaamheid verloor het. Hulle moes seker ook daaraan gedink het hoe lekker en aangenaam elke dag in die paradys was. En hulle moes hulleself seker dag na dag verwyt het omdat hulle na die leuens van die duiwel geluister het. Elke dag in die paradys was ’n wonderskone dag sonder enige moeite en verdriet en enige bekommernis.
Toe hulle uit die paradys verdryf is, het die Here aan hulle beloof dat Hy iemand sal gee wat die paradys weer aan hulle sou teruggee. Hierdie gedagte het by hulle bly vassteek en hulle het gedurig daaraan gedink. Heelwaarskynlik het hulle gehoop dat dit ook binnekort sou gebeur.
Toe Kain dus gebore is, moes sy moeder dadelik daaraan gedink het.
CLIVE DERBY-LEWIS SLAGOFFER VAN KORRUPTE REGIME
Ons het tot dusver slegs 'n verklaring van die Herstigte Nasionale Party ontvang oor die tweede aanval op Clive Derby-Lewis:
Mediaverklaring
Clive Derby-Lewis is die slagoffer van ’n korrupte regime
Mnr Clive Derby-Lewis is ’n veronregte slagoffer van ’n korrupte regime. Só sê die leier van die HNP, mnr Andries Breytenbach, na aanleiding van die tweede aanval op mnr Derby-Lewis.
“Dit is ’n onreg wat teen hom gepleeg word deur hom steeds aan te hou terwyl hy bejaard, siek en gewond is. Hierdie tweede aanval op mnr Derby-Lewis is die bewys dat hy onder lewensgevaarlike omstandighede aangehou word. Hy word nie deur die owerhede teen sulke aanvalle beskerm nie, in weerwil daarvan dat hy lankal reeds vir parool gekwalifiseer het”, sê mnr Breytenbach.
Die volgehoue weiering om mnr Derby-Lewis vry te laat, is haatdraend en onmenslik.
WAAR IS JY, MY KIND?
Hannes Ollewagen
Gen. 3:1 – 24
In vers 1 van die gelese gedeelte is dit die eerste keer dat ons met die duiwel in die Woord kennis maak. Ons sien hoedat sy taktiek nog nooit verander het nie. Net soos in ons hedendaagse bestaan, verdraai die duiwel die waarheid sodat dit hom pas en wek hy twyfel en agterdog by die mens. Hy weet dat die mens bewus is van die waarheid, maar nou het dit reggekry dat die mens aan hom aandag gee en sy versoeking deurdink.
Wanneer die sonde eers in oorweging gebring word, hou hy dit as iets mooi en skadeloos voor en sodoende word die mens in die versoeking gebring om tog maar self te beproef dít waarteen sy Skepper hom gewaarsku het. Nooit is dit ook anders nie, dat die satan dan ewe skielik verdwyn (wel, so dink ons), maar dan kan ons sy gevolge duidelik in ons lewens sien - waar dit hartseer en verwoesting saai.
PRESIDENT M.T. STEYN (6)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Onzerust
"Daar het dus twee kampe ontstaan: die Steyn-Hertzog- groep en die Botha-Smuts-groep. Die gevoel tussen hulle kon dalk verdwyn het, maar groot dinge was in die buitewêreld aan die broei. Tussen Engeland en Duitsland het daar ’n oorlog gedreig wat op ’n wêreldoorlog sou uitloop."
Onzerust was reeds sedert 1897 Steyn se toevlugsoord. Hy en Tibbie het altyd die plaas se naam as een woord geskryf. In hul afwesigheid is die huis deur vriende vergroot en verbeter. Aangesien die Steyns nie gedurende die oorlog daar gebly het nie, het die Engelse die plek in vrede gelaat. Dit was een van die min Vrystaatse plase wat nie verwoes is nie. Al teleurstelling was dat ’n sterk fontein opgedroog het. Op Steyn se versoek is armblankes gebruik vir die werk aan die huis. Vir Tibbie was dit ’n vreugde om weer ’n eie huis te hê.
Steyn se geliefkoosde vertrek was sy studeerkamer. Aan die mure het hy portrette van die lede van sy gesin en van sy vriende en kollegas gehang.
ONS BEWAARDER SLAAP NIE!
Ds AE van den Berg
“My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het” - Ps.121:2
Ps.121 is ’n Bedevaartslied, ’n lied wat pelgrims op pad na die groot Joodse feeste in Jerusalem gesing het. Die Psalm vertel van die gevare op pad. Ja, daar was destyds ook rowers. Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel van ’n Jood wat na ’n rooftog vir dood agtergelaat is.
Vers 1 is nie ’n belydenis van geloof nie, maar eerder ’n uitroep van wanhoop; ’n man wat bang is om op pad te wees. Hy vertel van die gevaar wat in die heuwels skuil en rowers wat wag om moeë reisigers te beroof omdat die booswigte geweet het dat hulle geld by hulle gehad het. As so ’n reisiger aangeval is, waar sou hy hulp vandaan kry? Beroofde mense is dikwels aan hul eie lot oorgelaat. Mense wou, soos die priester en die Leviet, nie betrokke raak nie. Die Psalmdigter beantwoord sy eie vraag. Sy hulp kom van God. Ook ons s’n.
VRYHEIDSUG
Johan Botha
O, dat die nagtegaal weer eens
Suid-Afrika, jou velde sal besing;
'n Luide jubeltoon weer opstyg tot jou lof,
'n Ryker glans van liefde jou omring!
Mag uit die puinhoop van vernieling weer
Besieling vir jou dapp're stryders straal;
O, dat heldemoed en durf weer seëvier,
jou liefde weer my volk se arm staal!
'N KLAAGSANG
Johan Botha
Daar rys 'n weeklag in die nag
van mensekinders wat in onreg ly;
En uitdaend, spottend klink daarby.
'n tergend, honend Satans-lag.
Wil U hierdie lot versag,
en ons van Satans-hand bevry!
Want, o Heer, as ons moet stry
verdwyn die lig, en word dit nag.
VERLOS SUID-AFRIKA!
Pieter Botha
Daar's 'n nasie deur verdrukking
tot 'n bedelras verlaag.
Vaag sy skoonste vergesigte
deur die honger in sy maag.
Om hom lê die rykste velde,
bo hom is sy hemel ruim.
Knegte juig nou oor sy erfnis,
vloek die volk vir "Blanke Skuim".
Dis mý volk wat deur uitbuiting
wankel-val van hongersnood.
Driemaal honderdduisend, sugtend,
bedel-snak om liggaamsbrood,
maak Suid-Afrika se paaie...
dis ons roeping, dis ons lot...
Veilig oor ons sweet en weedom
ry die Weelde met genot.
Dis my nasie, hoor, my nasie.
Dis 'n grap, 'n lawwe grap!
"Knegte heers oor hierdie nasie?"
Knégte gee hom mieliepap.
Soet gedoog ons nog die lyding,
kinders wat die folt'ring dra.
God, gee ons 'n hoër lewe,
O, verlos Suid-Afrika!
PRESIDENT M.T. STEYN (5)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Oorlog is Verby
Die eerste nag op Krugersdorp kon Steyn nie slaap nie. Cornelis du Preez was by hom en kon ook nie slaap nie. Cornelis staan toe op en trek sy broek onder sy naghemp aan. Toe Steyn hom vra wat hy doen, se Cornelis dat hy sy broek aantrek. "Ag, ou seun,” sê Steyn toe, "trek myne tog ook vir my aan, asseblief.” Op kommando het hulle so gewoond geraak daaraan om met hul broeke aan te slaap in geval van ’n skielike aanval dat hulle daarsonder nie meer gemaklik was nie. So het hulle toe aan die slaap geraak.
Jack Brebner het vir Steyn kom vertel dat vrede gesluit is. Hy het sy kop na die muur gedraai. Buiten sy verdriet was daar ook ’n sterk verlange na sy vrou en kinders. Tibbie het niks van haar man se siekte geweet nie. Nadat daar so lank geen korrespondensie tussen hulle moontlik was nie, het Tibbie nou weer gereeld geskryf. Maar Steyn kon nie meer ’n pen hanteer nie.
NIKS IS NUUT NIE (10) (SLOT)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE VERNIETIGING VAN APARTHEID
" Die Britse pers het hierdie beleid egter aangeval en selfs die Afrikaanse woord daarvoor in hulle smeerveldtogte gebruik omdat dit op die oor af soos 'apart hate' geklink het. In werklikheid was dit niks anders as 'separation' of 'separatism' nie."
Met die ontwikkeling van die mynbou in die geroofde Boererepublieke het duisende swartes na die stede gestroom ten einde met die blankes om werksgeleenthede mee te ding. Ironies genoeg het die Britse mynbase wat voorgegee het om die belange van die swart mynwerkers op die hart te dra, hulle minder as die blanke werkers betaal. Die skynbaar besorgde buitelanders het eerder in eiebelange as in goeie menseverhoudinge belanggestel en oral dinge wat nie aan hulle behoort het nie vir hulself toegeëien.
- Die volksvyand probeer swartes nog al die jare wys maak dat hul armlastige bestaan aan die Boerevolk se uitbuitery te wyte is. Oor die Britte wat met behulp van goedkoop swart arbeid baie vergaar het, word gerieflikheidshalwe geswyg. Vandag word die Boerevolk wat ook slagoffers van buitelandse onderdrukking was, gedwing om dit wat hulle eerlik en opreg vergaar het met luiaards te deel! Die internasionale geldmag het van meet af aan 'n bedekte rol in die ondermyning van die Boerevolk gespeel.
PRESIDENT M.T. STEYN (4)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
President Steyn vertel hoe hy ontsnap het
Een van die joiners het 'n Britse kolonne vroeg die more van 10 Julie 1901 na die Noord-Vrystaatse dorp Reitz gelei om byna al die lede van die Vrystaatse regering te vang. Omdat pres. Steyn "die siel van die oorlog" was, soos genl. Louis Botha dit uitgedruk het, sou sy gevangeneming 'n nekslag vir die stryd gewees het.
Die lede van sy staf en kommando het allyd die grootste respek en liefde vir Steyn gehad. Meer as een maal het van hulle gesê dat die wyse waarop hy die agting van almal behou en die onderlinge vrede bewaar het, 'n wonderwerk was. Daar was soms meningsverskille tussen sy manne, maar Steyn kon met 'n paar woorde die eensgesindheid herstel. Sy kalm, deurdringende aanblik kon niemand weerstaan nie. "As President liewers wil raas of die sambok gebruik, dan kon ek my man beter staan," het een van sy vernaamste amptenare eendag gesê, maar daardie kyk!"
NIKS IS NUUT NIE (9)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
"Indiërs het baie jare later 'n beduidende rol in die beplanning van Marxistiese terreur in Suid-Afrika gespeel, iets wat veral met die opspraakwekkende Rivoniaverhoor aan die lig gekom het."
Die Britse owerheid se openlike vyandiggesindheid jeens die Boerevolk was al te duidelik in die aanloop tot die Tweede Vryheidsoorlog te bespeur. Nadat goud in die ZAR (
Toe Chamberlain verneem dat buitelanders dit vir president Paul Kruger moeilik gemaak het om wet en orde te handhaaf, het hy met voorbedagte rade in die sake van die ZAR-regering begin inmeng. Chamberlain het eerstens teen die aanname van die Uitsettingswet beswaar aangeteken, ‘n wet waarmee hy van ongewensde immigrante ontslae geraak het. Brittanje kon laasgenoemdes natuurlik baie handig teen Kruger gebruik!
NIKS IS NUUT NIE (8)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
MOEILIKHEID IN DIE BOEREPUBLIEKE
"
Die Transvaalse swartes was uitsonderlik wreed. In 1854 is Hermanus Potgieter, broer van Andries Potgieter byvoorbeeld op die grond met penne vasgespyker en onder barbaarse toejuiging lewendig afgeslag! Die strafkommando wat daarna uitgestuur is, het by die een kraal uitgebraaide mensvet en by ‘n ander op mensehande wat oor 'n spit gebraai is, afgekom."
Die burgers van die Oranje Vrystaat (OVS) het gereeld onder die Basoetoes se stroop- en plundertogte deurgeloop. Nadat die OVS in 1854 selfbestuur verkry het, het opperhoof Mosjesj sy onderdane aangehits om die grense oor te steek en op die Boere se grond aanspraak te maak. Dit het Sir George Grey genoodsaak om met die swart rusverstoorder 'n vredesverdrag te sluit ten einde oorlog te voorkom.
Die Basoetoes het hulle egter nie aan hieraan gesteur nie en hul rooftogte op blanke eiendom hervat. Duisende swartes het oor die grens gestroom en alles in hul pad geplunder en vernietig. Talle Boerewonings is in die proses afgebrand en landerye verwoes. Dit het die OVS geen ander keuse gelaat as om oorlog teen die swart booswigte te verklaar nie.
PRESIDENT M.T. STEYN (3)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Presidentskap
Tydens ’n buitengewone sitting van die Volksraad op 11 Desember 1895 het pres. Reitz sy bedanking ingedien. Dit was nadat hy met die toestemming van die Volksraad vir mediese behandeling na Europa gegaan het. Aangesien daar geen beterskap was nie, het Reitz dit sy plig geag om te bedank. Met al die woelinge in die land was dit noodsaaklik dat ’n man wie se gesondheid niks te wense oorlaat nie, aan bewind sou wees. Die staatsekretaris, Pieter Jeremias Blignaut - hy was met Steyn se oudste suster getroud - het intussen as president waargeneem. Die verkiesing sou op 19 Februarie 1896 plaasvind.
Die kandidate vir die presidentskap was sir John Fraser, ds. G. W. A. van der Lingen, en tot sommige se verrassing, Marthinus Theunis Steyn. Hy is deur J. A. Venter as kandidaat genomineer en gesekondeer deur Christiaan Rudolf de Wet. In die begin was Fraser se kanse baie goed. Hy was voorsitter van die Volksraad en alom bekend en gerespekteer. Ander kandidate wat voorgestel is, het vroeg uit die stryd getree. Die keuse het gevolglik tussen Fraser en Steyn gelê. Fraser kon dalk gewen het, maar toe vind die Jameson-inval plaas. Die doel daarvan was om die Suid-Afrikaanse Republiek te annekseer. Die inval het misluk, en ’n sterk anti-Britse gevoel het ontstaan.