Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering. Gaan net slegte mense hel toe? Staan net hulle name in die boeke van die oordeel geskryf? Nee, daar staan ook die name van baie goeie mense geskryf – vaders, moeders, kinders, vriende; wonderlike mense want net nooit tot bekering gekom het nie – mense wat u en ek baie goed ken en met wie ons betyds moet praat!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SLAAN HOM, PHIL!
Phil Mostert, beroemde Springbokvoorryman, was so sterk soos 'n os, maar hy kon, gelukkig vir sy teenstanders, altyd sy humeur beteuel. Daardie dae, so vertel dok Craven, was rugby 'n baie harder en ruwer spel as vandag.
Phil het gereeld onder die vuiste van sy teenstanders deurgeloop omdat hy so hard en meedoënloos gespeel het. In Nieu-Seeland het hy op 'n dag weer erg deurgeloop. Danie Craven kon dit nie begryp dat ou Phil so baie kan ontvang en niks self uitdeel nie.
"Ou Phil," vra hy hom toe, "hoekom foeter jy nie daardie man wat jou so slaan nie, man?"
"Ou Danie, ek gaan hom nie slaan nie, maar ek wag my kans af; ek gaan hom met hierdie groot hande van my vermorsel. Sy nek sal soos my ma se beskuitdeeg tussen my vingers uitpeul!"
Nodeloos om te sê dat Phil nie sy kans benut het nie...
WAAR KOM DIE BYBEL VANDAAN?
2 Pet.1:16-21
Is die Bybel soos ons dit ken werklik die Bybel soos wat God dit wou hê? Is daar nie miskien boeke weggelaat wat wel in die Bybel moes gewees het of Bybelboeke wat nooit daarin moes gewees het nie? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees eg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam soos ’n Sinode wat besluit het watter boeke moet in- en watter moet uit die Bybel gelaat word nie! Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as geïnspireerde boeke herken. In die tyd van Christus se aardse bediening was dit wat ons vandag as die Ou Testament (OT) ken alreeds bekend; al 39 boeke. Israel het nooit êrens vergader om oor die inhoud van die OT te besluit nie. God het die Bybel gewil!
Minstens 90% van die NT is ten spyte van baie mondelinge tradisies onmiddellik deur gelowiges as die Woord van God erken. Oor boeke soos Jakobus en Hebreërs was daar aanvanklik ’n bietjie twyfel aangesien die naam van die skrywer by Hebreërs ontbreek en Jakobus met sy klem op goeie werke oënskynlik Paulus se klem op genade weerspreek.
SOUT VAN DIE AARDE
Hannes Ollewagen
Matt. 5:13-16
Vers 13: “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?...” Ons lees hierdie verse só dikwels, maar omdat dit so ‘n kort gedeelte is wat hoofsaaklik uit beeldspraak bestaan, neem ons dit dalk nie ernstig of letterlik genoeg op nie.
Christus sê vir ons in hierdie gedeelte dat óns, wat sy kinders is, die sout van die aarde is! Ons is dus veronderstel om dinge rondom ons en in ons gemeenskap 'beter' te maak. Anders gestel, ons moet ander mense met ons lewenswandel oortuig dat dit wél reg en belangrik is om God lief te hê en te dien. Ons is veronderstel om op so ‘n wyse te leef dat selfs heidene op ons lewenswandel ag gee en daardeur geraak sal word.
SIENER VAN RENSBURG
Ds AE van den Berg
1. AGTERGROND.
(i) Wie was Siener van Rensburg?
Nicolaas Pieter Janse van Rensburg beter bekend as "Siener" van Rensburg is op 30 Aug 1864 op plaas Rietkuil naby Wolmaransstad gebore en in Maart 1926 in die ouderdom van 61 jaar oorlede. Hy was een van die merkwaardigste figure in ons volksgeskiedenis.
(ii) Ongeletterd.
Behalwe dat Siener kon lees en skryf, was hy verder ongeletterd. Hy het slegs 20 dae skoolgegaan. Nogtans het bekendes soos genl. Koos de la Rey en Christiaan de Wet hom dikwels geraadpleeg.
Siener het reeds op 20 begin grys word soos een wat geen jeugjare gehad het nie. Hy het gelyk soos een wat oud gebore is. Desondanks het mense hom as 'n gestuurde van God gerespekteer. Wat my in my navorsing oor Siener die meeste getref het, was sy nederigheid, liefde vir sy volk en onwrikbare geloof in God.
(iii) Sy gesigte.
Oom Niklaas, soos hy onder sy mense alom bekend was, het sy eerste gesig op 'n ouderdom van 7 jaar gehad en daarna meer as 700 tot en met sy dood.
JESUS GAAN VERBY
Ds AE van den Berg
"Polities gesproke gaan ons ’n onseker toekoms tegemoet – 2014 gaan myns insiens ’n waterskeiding, ’n maak-of-breek jaar wees. Doemprofete voorspel aaklige dinge vir die Boerevolk. Moenie ontsteld word nie; laat Christus toe om die drogbeelde van moontlike onheil te verwilder... In ’n krisis sien ons net donkerte en jaag ons graag selfvervaardigde gedrogte op. Jou keel trek toe en jou hart is onstuimig, ja, jy raak so bang vir die toekoms, dat jy nie geleef kry nie! Daarvoor is daar net een medisyne – om in jou nood Jesus opnuut te ontdek. Hy is ook daar waar jy Hom nie verwag nie!"
“…..Toe spreek Hy dadelik met hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie” - Mark.6:50
Baie mense presteer slegs as hulle toegejuig word. Jesus was weer op sy beste as Hy alleen was. Hy was nie kollig behep nie, maar wel van die onderskraging van sy Hemelse Vader afhanklik. Daarom het Hy hom telkens afgesonder om alleen in gebed met sy Vader te verkeer en van ’n diepe afhanklikheid van God getuig. En dis die agtergrond van ons gelese gedeelte.
Jesus is gereeld deur skares omring en het by twee geleenthede op wonderbaarlike wyse hulle van voedsel voorsien. Die skare wat Jesus in Jerigo ingewag het, was so groot dat die arme Saggeüs in ’n boom moes klim om Hom te kon sien. Dink ook aan die vrou wat aan bloedvloeiing gely het wat net aan Jesus se mantel se soom kon raak. In Mt.21 lees ons van ’n groot skare wat Hom met sy intog in Jerusalem met hosannas toegejuig het. Mense het Jesus bewonder!
WÁT, NADAT JY STERF? (5)
Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?
Weet jy wat ná jou dood gebeur? Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?
In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.
MENSLIKE HEMELVAART
Ervarings in die hiernamaals word gewoonlik beskryf as hemels, aangenaam, verfrissend of onbeskryflik. Die meeste van hierdie beskrywings kom natuurlik voor in onderhoude wat 'n paar dae ná die resussitasie op 'n ander plek gevoer word. Baie van diegene wat hierdie soort ervarings gehad het, is oortuig daarvan dat hulle bestem is vir 'n heerlike lewe in die hiernamaals. Vir sommiges is dit miskien waar, maar ander kan onder 'n wanindruk verkeer. Diegene wat slegte of onaangename ervarings gehad het, kan gewoonlik nie onthou as hulle weggeneem is van die plek waar die resussitasie plaasgevind het nie. Dit word bewys deur verslae wat tot dusver gepubliseer is. Ons sal later gesels oor die onaangename ervarings – laat ons nou eers na die aangenames kyk.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SNELSTRIKDRAMA
In Januarie 1982 was Gert Pogtieter en ek, Hannes Botha, eendag op reis in Gert se blou bakkie naby Bloemfontein. Die bakkie se snelheidsmeter het 115 kilometer per uur geregistreer en ons twee was in druk gesprek. Gelukkig kom 'n bedagsame motoris van voor af en met flikkerende ligte waarsku hy ons dat 'n snelstrik op ons wag. Gert trap die remme en skaars het ons teen 95km per uur gery of daar voor ons is die verkeersmense in 'n groot groep besig om ons in te wag. Toe ons oor die rubberpypies ry, was ons veilig binne die snelheidsgrens.
Skielik verskyn 'n konstabel voor ons in die pad en met 'n aggressiewe gebaar beduie hy aan Gert om stil te hou. Toe die bakkie tot stilstand kom, neem hy reg voor die bakkie posisie in, trap tartend met die een voet op die buffer en skreeu vir Gert:
AFRIKA SE WIT REUS (10)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Die geheime heersers
Die “Protokolle" druk dit ewe beskeie so uit: "Die bestuurders, wat ons uit die volk sal kies, onder streng inagneming van hulle gewilligheid tot onderdanige gehoorsaamheid, sal geen persone wees wat geoefen is in die kuns van regeer nie. Hulle sal derhalwe net skaakfigure van ons spel wees, wat gehanteer word deur manne met gees en genialiteit, wat hulle raadgewers is - spesialiste wat vanaf hulle prille -jeug voorberei is vir hulle taak, om die lotgevalle van die hele wêreld te bepaal."
"Die wêreld word deur heeltemal ander vooraanstaande mense regeer as wat 'n mens dink, as jy nie agter die skerms kan inkyk nie." - Benjamin Disraeli, Britse staatsman (1804—1881)
Ongeveer 200 jaar gelede het die politieke strukture van die Westerse beskawing onder die invloed van liberale kragte begin vloeibaar raak en toe verander. Die resultaat van hierdie verandering was die sogenaamde demokratiese regeringsvorms, waarin (minstens teoreties) die mag moes uitgaan "van die volk."
'n Mens kan natuurlik oor die voor- en nadele van demokratiese regeringsvorms verskillende opinies daarop nahou, maar wat in elk geval vasstaan, is dat onvoorspelbare moontlikhede daardeur geskep is om draers van politieke beslissings, wat dikwels net enkele jare die mag in hande het, te beïnvloed en te kontroleer. Die deure is wyd oopgemaak vir die moontlikheid van korrupsie, afpersing, baantjies vir boeties en magsgierigheid.
LOOF HOM!
LOOF DIE GENADIGE EN BARMHARTIGE GOD
Hannes Ollewagen
Psalm 103:1-22
Dawid, die psalmdigter, is seker een van dié mense in die Ou Testamentiese tyd wat die omvang van God se genade en barmhartigheid as ‘n groot werklikheid ervaar het. Laasgenoemde nie omdat hy so uiters vroom en opreg was nie, maar juis omdat hy ook maar net ‘n mens met ‘n sondige natuur was. Hy het nie doelbewus en moedswillig teen God gesondig en daarin volhard nie, maar hy het wel voor die sonde geval terwyl hy geweet het dat hy verkeerd handel.
Voordat Dawid as koning gesalf is, was hy geen vooraanstaande in die samelewing nie. Inteendeel, hy was besig om sy vader se skape op te pas toe die profeet gegaan het om hom as koning te salf. God bewys genade aan hom en laat hom uit die veld as skaapwagter haal om hom te verhef tot koning van God se volk!
AFRIKA SE WIT REUS (9)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Die 'Opsetlike' Konflikte
"Die wêreld bestaan uit drie mensegroepe:
1: 'n baie klein groep wat met opset dinge laat gebeur;
2: 'n ietwat groter groep wat sien dat daar iets gebeur;
3: en die groot massa wat nie agterkom dat daar mense is wat dinge laat gebeur nie." - Dr. Nicholas M. Butler, eertydse President van die Columbia-Universiteit
Wie die toestande in Suid-Afrika vandag vergelyk met dié van dertig, veertig of meer jaar gelede, moet in verbasing homself afvra: Wat het van daardie tyd af skeef geloop?
Alhoewel die land na buite 'n indruk van rus en vrede gee en die meeste burgers aangaan met hulle normale bedrywighede, bestaan daar sedert meer as 'n jaar (1988/89) 'n nasionale noodtoestand; polisie en leër bevind hulle in 'n besondere gereedheidstoestand; in 'n paar Swart stadsgebiede kom daar altyd weer gevalle van geweld en terreur voor, en daar kan geen twyfel daaroor bestaan nie dat die ontevredenheid onder die nie-Blanke bevolking sterk toegeneem het.
Die dade van geweld en opstand het soms so erg geword dat daar van 'n "voorrewolusionêre fase" gepraat is. Indien ons dit nou aanskou teen die agtergrond van die feit dat die Swartes se lewenstandaard nog nooit so hoog soos vandag was nie, dat alle deure vir hulle oopstaan vir skool- en akademiese opleiding, dat die meeste "diskriminerende" apartheidswette opgehef is en dat Swartes vandag veel hoër posisies in die arbeidswêreld kan bereik as vroeër, behoort 'n mens eintlik die teendeel te verwag.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
AI, DIE TAAL TOG!
Die beroemde Springbokrugbyspan van Bennie Osler is destyds tydens hulle besoek aan Engeland aan koning George V voorgestel.
Die Springbokke het in 'n lang ry langs mekaar gestaan met Pierre de Villiers, klein skrumskakel, tussen twee groot voorspelers. Toe die koning by hom uitkom, kyk hy hom so op en af en vra:
"And you, do you also play?"
"Yes", antwoord Pierre met 'n hees, onsekere stem.
Koning: "And where do you play?"
Pierre (met 'n piepstemmetjie): "Please Mr King, I play scrumhalf."
GEBREK AAN KENNIS ONS ONDERGANG
Ds AE van den Berg
In Suid-Afrika steek afvalligheid en sedeloosheid die een grens na die ander oor. ’n Parlementslid het onlangs die spot-opmerking gemaak dat die parlement ’n wet moet maak wat die nie uit die Tien Gebooie na die geloofsbelydenis verskuif om in pas met die gees van die tyd te kom! Dit sou op die volgende kon neerkom: “ Jy mag vir jou enige gesnede beeld maak…Jy mag steel…Jy mag valse getuienis spreek…”
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis…”
Hosea was ’n oujongkêrel toe hy tot profeet geroep is, waarna God vir hom ’n vrou gekies het; nie ’n vroom pastoriemoeder wat in almal se harte ingekruip het nie, maar ’n prostituut met die naam van Gomer. Hierdie bizarre huwelik was die beeld van Juda se ontroue verhouding met God.
God se aanklag teen Juda was nie vaag nie, maar ’n formele hofaanklag: “Hoor die woord van die Here….die Here het ’n regsaak” (:1). Die aanklag teen Juda was dat sy geen trou, liefde of kennis van God getoon het nie. Met trou word bedoel dat Juda nie betroubaar en eerlik was nie. Gevolglik kon niemand vertrou word nie; nie die regering of die kerk nie, want almal was korrup.
Met liefde word welwillendheid, toewyding en diensbaarheid bedoel.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KEN JOU PLEK...
Voor die aanvang van die Statebondspele in Cardiff in 1958 moes die Suid-Afrikaners in die oefenkamp vanselfsprekend oefengeriewe met al die ander lande deel, onder andere ook Ghana en Kenia.
Fanie du Plessis, wie by hierdie Spele die goue medalje in die skyfwerpitem gewen het, het tydens die oefensessies groot indruk op sy teenstanders gemaak.
'n GROOT skyfwerper van Ghana wat maar effentjies presteer het, wou baie graag wenke by Fanie opdoen. Hy het toe gevra of hy maar soggens saam met Fanie kan oefen.
"Yes", sê Fanie, "if you go down to the training field, call me at my window".
"What's your name?" vra die Ghanees.
Fanie: "I've got a very difficult name to remember, just call me Baas Fanie".
'n Week lank kon mens elke oggend 'n geesdriftige Ghanees by Fanie se venster hoor roep: "Baas Fanie, Baas Fanie, it's time for training!"
EMILY HOBHOUSE... (10)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
’n Boervrou se hande staan vir min verkeerd
Dit het Emily al agtergekom!
Sy dink aan die vernuftigheid waarmee hulle vir hulle en hul seunskinders in die oorlogtyd selfs van skaapvel klere gemaak het. Sy dink aan die oulike hoedjies van koringstrooi wat sy al gesien het "so mooi as enige in ’n Londense winkel”, die vernuftige mielieblaarhoede wat sy hulle sien maak het. Die een of ander vorm van handwerk moet sy as tuisnywerheid gevestig kry sodat die vroue en meisies op die afgeleë plase nuttig kan besig wees en hul kop kan optel en voel hulle doen dinge en verdien ook iets om hul land en volk en eie gesin weer op die been te bring. Van so sit en niksdoen vergaan ’n mens se gees.
Wat van kantmaak? wonder Emily - soos die pragtige kant wat van die eenvoudigste ou Vlaamse en Italiaanse vroutjies tradisioneel al eeue lank maak. Sou dit nie ’n pragtige werk vir so ’n stil, sonnige boereplaas wees nie ? Sy dink sy gaan self Venesië toe, Brussel toe, en bestudeer die tegniek van kantmaak haarfyn.
Maar nee, sê haar vriendin mev. J. R. Green vir haar, kant is ’n luukse, wat net die ryk Johannesburgers in Suid-Afrika sal kan bekostig.
AFRIKA SE WIT REUS (8)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
GRUWELDADE VAN DIE VVO
Die Rooi Wêreldparlement
"VVO-geld gaan buitendien ook direk na sulke vyande van die land soos die African National Congress (ANC), 'n bommeplantende, Marxisties-gedomineerde terreurorganisasie, wie se bestaan deur die VVO as 'ordentlike politieke organisasie' bemark word. Daarby kom nog 25 internasionale radiostasies, wat dag na dag haatpropaganda teen Suid-Afrika uitsaai. Die VVO het ook 'n afdeling vir 'openbare inligting' wat jaarliks 142 miljoen Rand uitgee waarvan 10% jaarliks net aan "anti-Suid-Afrikaanse disinformasie" bestee word."
"Op die agterste sitplek het 'n gewonde man met glasige oë in ‘n skoktoestand gesit, wat die liggaam van sy tienjarige seun in sy arms gehou het. Die gesig en die maag van die kind was deur granaatsplinters van die VVO-soldate mismaak tot 'n bloedige pappery."
"Ons gaan 'n Eenwêreld-regering kry, of u dit nou ook al wil hê of nie, - met geweld of met instemming." - James Paul Warburg (Bankier) voor 'n Amerikaanse senaatkomitee op 19 Februarie 1950
Daar bestaan geen moontlikheid dat die ou Vrymesselaarsdroom van 'n demokratiese wêreldrepubliek volgens die patroon van die Verenigde State ooit werklikheid sal word nie.
Daarteenoor lyk dit of die totstandkoming van 'n totalitêre, sosialistiese wêreldrepubliek nog net 'n kwessie van tyd is.
Dit is die gevolgtrekking wat elkeen wat opmerksaam die gebeure van ons tyd gevolg het en weet van die allesomvattende netwerk van 'n internasionale sameswering wat uit Amerika beheer word, behoort te maak.
GOD 'N PRIORITEIT IN JOU LEWE?
Hannes Ollewagen
Johannes 14:1-31
Jesus sê vir ons in vers 3 dat Hy weggegaan het om vir ons plek te berei sodat ons ook kan wees waar Hy is. Dit is immers die rede waarom Hy aarde toe gekom het; om ons te verlos van sonde sodat ons vir ewig saam met Hom kan wees waar Hy nou is.
Eerstens het Christus gekom om ons van die sonde te verlos en nou is Hy besig om ons plekke in gereedheid te bring vir wanneer ons aardse tentwoning afgebreek word en ons verheerlikte liggame na Hom vertrek. Ons sien hierin dat sy kinders vir Hom deurentyd belangrik is.
Nou is die vraag: as Hy vandag ondersoek kom instel in my en u lewe, sal Hy vind dat Hy ook ‘n prioriteit in ons lewens is?
WÁT, NADAT JY STERF? (4)
Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?
Weet jy wat ná jou dood gebeur? Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?
In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.
Daar is net 'n paar gevalle in die wêreld bekend van mense wat 'n voorsmaak van die dood gehad het op 'n wyse soos Dwight Moody, 'n verkoopsman van Chicago wat later een van die vurigste Christen-evangeliste ter wêreld geword het. Op 'n warm Sondag in Augustus 1899 het hy in New York gesê: "Eendag sal julle in die koerante lees Moody is dood. Moet geen woord daarvan glo nie. In daardie stadium sal ek lewendiger wees as wat ek nou is. Ek is in 1837 uit die vlees gebore. In 1855 is ek uit die gees gebore. Dit wat uit die vlees gebore is sal sterf. Dit wat uit die gees gebore is sal vir ewig leef."
Op 'n wintersoggend, 22 Desember 1899, het sy seun, Will, hom in sy kamer hoor praat. Hy het gesê: "Die aarde wyk en die hemel gaan voor my oop!"
Will het hom na sy vader se kamer gehaas. Moody het gesê: "Dis geen droom nie Will, dis pragtig.
ALBERT SCHWEITZER...
'N UITTREKSEL UIT DR ALBERT SCHWEITZER, NOBELPRYSWENNER VIR VREDE IN 1952, SE BOEK:
1961
There is something that all white men who have lived here, must learn and
know; that these individuals are a sub-race; they have neither the
intellectual, mental or emotional abilities to equate or share in any of the
functions of our civilisation.
I have given my life to try to bring unto them the advantages which our
civilisation must offer, but I have become well aware that we must retain
this status; white, the superior, and they the inferior; for whenever a
white man seeks to live among them as their equal, they will either destroy
him or devour him, and they will destroy all his work; and so for any
existing relationship or for any benefit to this people let white men from
anywhere in the world who would come to help Africa remember that you must
continually retain this status; you the master, and they the inferior, like
children that you would help or teach.
Never fraternise with them as equals, never accept them as your social
equals; or they will devour you; they will destroy you.
DIE BOER VAN AFRIKA
Uittreksels uit ‘n kantate vir die 1938-eeufeesviering van die Groot Trek
(bl 513-522 Du Toit (1962))
Dis ‘n geboortenag.
En dis ‘n wieg wat wag.
‘n Uur, ‘n tydmaat kort,
In weedom-spanning lank:
‘n Boerenasie word gebore!
…
Die trek van Boerewaens
wat wentel deur die wye,
gevreesde doodsvalleie
en ander skatte dra:
die Heil’ge Boek as Leider,
die swaard as hul bevryder;
AFRIKA SE WIT REUS (7)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Die Sameswering van die Bankiers
"'n Rewolusie - die een destyds in Rusland en so ook die een vandag in Suid-Afrika - kan net met sukses deurgevoer word met behulp van deeglike organisasie en finansiering deur magtige manne agter die skerms... Sulke samesweerders het geweet dat 'n mens nie sonder militêre geweld 'n land kan beheer nie, behalwe as die betrokke nasie 'n sentrale bank het waarmee 'n mens die land se ekonomie kan beheer... Vandat die internasionale bankiers dit reggekry het om 'n private note-uitgiftebank in die vorm van die 'Federal Reserve System in die Verenigde State op te rig, het hulle vir alle praktiese doeleindes onbeperkte geldvoorrade wat hulle kon uitleen tot hulle beskikking gehad. Aan hulle is naamlik deur die wetgewer ook die alleenreg toegesê om banknote te druk wat prakties beteken dat hulle soveel as hulle wil, kan druk, terwyl die staat se hele eiendom en belastingsreg die waarde waarborg en daarvoor instaan... Suid-Afrikaanse lesers sal seker met belangstelling verneem dat volgens De Goulevitch se getuienis ook 'n ‘uitermate vermoënde Engelsman met die naam Lord Alfred Milner’ (een van die hoofkarakters in die opstokery tot die Anglo-Boereoorlog) ‘meer as 21 miljoen roebel uitgegee het vir die finansiering van die Russiese rewolusie. Milner was vantevore leier van die geheime Round Table-groep, wat deur die Huis Rothschild ondersteun is.’ "
Verklaring na aanleiding van die internasionale bankalliansie se stigting in Parys in 1913:
"Die uur het geslaan vir die supergeldmag om openlik die wet vir die wêreld te dikteer, soos hulle dit tot dusver in die geheim gedoen het... Die supergeldmag is geroepe om die trone van keisers en konings te bestyg met 'n gesag wat nie net oor een land nie, maar oor die hele aardbol strek".
Soos blyk uit 'n berig in die "Bank for International Settlements", (Basel) is die Sowjetunie in die eerste helfte van 1986 die nasie wat aan internasionale banke die meeste skuld. "Moskou het van 17 Westerse lande nuwe krediete ten bedrae van 5 miljard Rand ontvang, die meeste daarvan met lang looptye", skryf The Citizen van 31.12.86, "terwyl Oos-Duitsland en Hongarye elk 880 miljoen gekry het".