Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word." Spreuke 31:30
TATOEËER OF NIE?
Ds Andrè vd Berg
Tatoeëring is geen moderne gier nie. Heidene het in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui. Soos ‘n brandmerk. Afgodedienaars het hul graag laat tatoeëer om daarmee aan te dui dat hulle aan ‘n sekere afgod behoort het. Slawe van die Satan! So het elke afgod sy eie merktekens gehad.
Israel het tatoeëermerke as toewydingstekens aan afgode verafsku. Dit het wel in tye van afvalligheid aan God voorgekom. Openb.13 meld dat afvallige mense die merk van die dier sal ontvang - slawe van die laaste afgod.
Duisende mense, veral sportlui, laat hulle deesdae tatoeëer. Ook jongmeisies. Wat sê die Bybel daarvan?
DIE LEWE IS TE KORT ... (1)
... OM VERKEERD TE KIES
Margaret Foth
Lees reeks by Die lewe is te kort...
Om op een en veertigjarige ouderdom terug te gaan universiteit toe verg moed. Stel jou voor: 'n middeljarige, gesette huisvrou tussen die slanke jeugdiges met hul tanghare en blou klinknaelbroeke. Vyftien jaar lank was ek 'n huisvrou en moeder, en ek het maar alte goed besef: die afstand tussen my en die universiteit was nie in kilometers te meet nie. My "studies" het die afgelope jare dinge ingesluit soos: hoe om etes voor te berei terwyl honger en moeë kinders om my ore neul, hoe om 'n stukkende lampkap met gom reg te maak tien minute voor die gaste opdaag, waar om skoene te kry vir kinders met smal voete ... En nou terug kampus toe?
Maar ek wou 'n graad verwerf sodat ek Engels-onderwyseres kon word. Daar was dus geen ander genade nie: ek moes terug universiteit toe.
REËNBOOGLAND (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Blink
Ben Kopelowitz aan die woord
Ek is ‘n Jood. Ek en my broer Abe het ná die Tweede Vryheidsoorlog donkiejare lank ‘n winkel op Swartruggens gehad. Jy kan maar sê, ons het ons lewens op hierdie Wes-Transvaalse dorpie geslyt. Ek maak daarop aanspraak om ‘n “Boere-Jood” genoem te word, want na feitlik ‘n leeftyd se verblyf onder die Afrikanergemeenskap waarin ek hulle leer ken het as pliggetroue, eerlike en hardwerkende mense, het ek naderhand so verweef geraak in hul lewensomstandighede dat ek my later met hulle vereenselwig het en met hul lief en leed meegeleef het.
Ek en my broer Abe se winkel het ‘n baie groot gebied van die twee distrikte Marico en Rustenburg bedien.
KERN - TEKEN VAN ONS TYD
Israel wat in angs en bewing staan oor hierdie nuus, het by Amerika gaan huil en natuurlik kon Obama nie wag om Iran te probeer boikot nie. Daarom het hy 'n wêreldverbod vir talle lande met die uitsondering van 11, gehef op die uitvoer van olie uit Iran. Ook Suid-Afrika moet glo vanaf 1 Julie sy 26% olie wat hy van Iran invoer staak.
Nuus ter aansluiting daarby is Pakistan wat nou 'n intermediêre ballistiese kernmissiel Woensdag suksesvol getoets het en dit minder as 'n week na Indië 'n langafstandmissiel afgevuur het. Magsvertoon?
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (7)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
'N HUIS VIR DIE HERE
Dawid was nie net 'n soldaat nie maar ook 'n gelowige, 'n aanbidder van die Here God. As ons hom ontmoet is hy 'n jong man met 'n slingervel wat musiek vir die Here maak – en wanneer ons van hom afskeid neem is hy 'n magtige koning met 'n leër en 'n volledige bouplan vir 'n pragtige tempel vir die Here.
Hy wou sy lewe lank graag vir die Here 'n tempel bou maar dit was nie deel van God se plan vir sy lewe nie; daarom lees ons in 1 Kronieke 22 "...jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het. Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hy sal 'n man van rus wees... Hy sal vir my Naam 'n huis bou." Dawid se lewenslange ideaal om 'n tempel te bou sou nog moes wag en hy sou nie uiteindelik die een wees om dit te doen nie.
TEL WEER!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Koos en sy buurman gesels politiek. Koos sê: “Weet jy buurman, die ANC het so wragtig my sensusvorm teruggestuur!”
Buurman, ewe verbaas, vra: “Hoe dan so Koos? Alles op ‘n sensusvorm is mos in elkgeval ‘n spul leuens, waaroor sal hulle nou joune uitsonder?”
Koos antwoord: “Buurman, hulle weier om my antwoord oor my getal afhanklikes te aanvaar. Ek moet glo weer tel en oor invul.”
Buurman: “Ag nee Koos, wat het jy dan geskryf?”
Koos beduie: “Man, ek het net die waarheid gepraat maar hulle hou nie van die waarheid nie. Ek het onder afhanklikes ingevul ek het 2.1 miljoen onwettige immigrante, 4.5 miljoen werkloses, 901,000 in die tronk, en vyf miljoen VIGS-pasiënte.”
“O, natuurlik Koos, nou verstaan ek, jou antwoord is onvolledig! Jy het vergeet om die 565 idote in die parlement vir wie jy ook sorg by te tel.”POLITIEKE OORSIG
In 'n goeie politieke oorsig skryf mnr Meinhard Peters in Die Afrikaner dat die ANC baie maklik uitmekaar kan spat al dink sommiges dat die eens magtige kommunistiese party vir ewig sal leef. Dalk moet ons onthou hoe magtig die ou Nasionale Party destyds was...
So is die Verenigde Party van die verloopte Jan Smuts in 1948 deur Afrikaners in 'n verkiesing verslaan, dit ten spyte daarvan dat die hele Britse Ryk hom ondersteun het nadat hy sy volk verlaat en Brittanje terwille was - soos gewoonlik vir eie gewin.
Die oorsaak van die Nasionale Party se val was hoofsaaklik sy inkruipery by die swart kommuniste en FW se gekruipery by die internasionale geldmag - weer eens tot sy persoonlike voordeel van miljoene rande, eer en 'n sogenaamde vredesprys. Sy pogings om saam met die kommunistiese magte te probeer regeer het egter het klaaglik misluk. In 1996 het FW de Klerk bedank uit die ANC-regering en slegs enkele jare later het die party heeltemal verdwyn - soos beplan natuurlik.
Dit is ‘n noodwendige uitvloeisel in politiek dat ’n party wat sy beginsels versaak, wat sy ondersteuners in die steek laat en wie se leiers hul mag misbruik om te oorleef of vir eie gewin 'n verskuilde agenda volg, uiteindelik die prys daarvoor moet betaal. Die ANC is lankal op dié glybaan en hy kan homself nie meer daaruit red nie.
NOG 3 SUIDWES-AFRIKA BOERE VERMOOR EN AANGEVAL
Alani Janeke
Die landbousektor in Namibië is geskok nadat drie boere in dieselfde week slagoffers van geweldsmisdade was, sê die Namibiese Landbou-unie (NLU).
Luidens ’n nuusbrief sê die organisasie hy is geskok deur die moorde van mnre. Louis Vorster en Piet van Helsdingen.
Vorster, ’n boer van die distrik Gobabis, is by ’n vulstasie in Johannesburg deur drie gewapende (mans) doodgeskiet. Van Helsdingen is verlede week deur ’n tydelike swart werker op sy plaas vermoor.
Die organisasie sê die presiese gebeure rondom sy dood is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die saak. “Die NLU wil graag sy diepste simpatie met die familie en vriende van mnre. Vorster en Van Helsdingen betuig.”
Roof
Intussen is mnr. Piet Berg, ’n lid van die Leonardville-boerevereniging, Vrydag (20 April 2012) in Windhoek deur vier gewapende (mans) aangeval.
ANC- POLISIE STEEDS GROOTSTE MISDAAD- ORGANISASIE IN SA
Wetsbeskermers word wetsverkragters
Die Afrikaner
Kan die Suid-Afrikaanse publiek enigsins kwalik geneem word as hulle van oordeel is dat die polisie eerder ‘n samevoeging is van skurke wat polisielede geword het juis om daardeur te poog om uit die tronk te bly?
Die voorlaaste kommissaris is ‘n veroordeelde misdadiger. Sy opvolger is tans nog op spesiale verlof hangende ‘n ondersoek na onreëlmatighede wat hy gepleeg het wat moontlik met korrupsie verband hou. Die hoof van misdaadinligting, Mdluli, is geskors hangende strafregtelike ondersoeke wat selfs moord ingesluit het. Die sake teen hom is voorlopig teruggetrek, maar dit beteken nie dat hy onskuldig is nie. Toegegee, niemand is skuldig tot hy skuldig bewys is nie, maar die vrae rondom die beskuldigings is ook nie bevredigend beantwoord nie. Bowendien word sy naam genoem as moontlike opvolger vir Bheki Cele wat tans geskors is.
SO STEEL SA-OWERHEDE JOU GOUD
Krugerrand-skandaal ruk SA Munt
Die Afrikaner
Bykans ‘n jaar nadat dit plaasgevind het, het die SA Munt – ‘n filiaal van die Reserwebank – erken dat dit ondergewig proef- en versamelaarsmunte van Krugerrande gemaak het.
Sommige van die Krugerrande wat tussen April en Mei verlede jaar gemunt is, is na wat berig word, ondergewig en het te min goud bevat.
Die Krugerrand is die gewildste goudmunt ter wêreld en word teen sowat R14 000 verkoop.
Die aangeleentheid word allerweë as baie kommerwekkend beskou omdat SA Munt aan die Reserwebank behoort, wat ‘n baie belangrike staatsinstelling is. Die ekonoom, Dawie Roodt, het aan die media gesê dat die voorval kommer wek omdat die Reserwebank betrokke is en verhewe bo moontlike bedrog moet wees.
DOPPERS EN FILISTYNE (1)
BASTA POLITIEK
Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven
"Ons Afrikaners haat mekaar mos maar met 'n wrewelige haat oor die politiek – en ons is maar goddank bly ook oor die oorsaak, anders moes ons 'n ander oorsaak soek."
Toe die drukkers- en uitgewerfirmas dwarsdeur die land te hore kom dat ek aan't boek skrywe is het hulle van alle kante oormekaar geval en my bestorm om die een voor die ander my manuskrip in die hande te kry om dit vir my te druk en uit te gee en profyt uit my te maak. Ek was nes 'n aantreklike nooi met baie vryers. (Met die oorvloedige geleentheid om uit te soek, soek sy egter dikwels juis swak uit.) Hoe ek op die ou einde uit al daardie vryers die Natpers gekies het sal ek, volgens verstandhouding, nie op die lappe bring nie. (Die leser moet verstaan – aan my kant is daar niks om weg te steek nie.)
"Maar julle is 'n spul Nattes," het ek aan Die Burger se mense gesê.
"Daardie verskilletjie kan maklik uit die weg geruim word." was hulle antwoord.
"Hoe so?" vra ek.
"Word oom Stoffel ook Nat."
REËNBOOGLAND (10)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Geel (2)
Whang Ling en die ander Asiate
Toe die eerste skeepsvragte met ons Chinese in Julie 1904 in die Durbanse hawe land, het ons besef dat ons in China gewerf is om in Suid-Afrika in die goudmyne te kom werk. Daarna het ons verneem dat die land ‘n groot tekort aan goedkoop, ongeskoolde, nie-blanke arbeid ondervind het en dat ons Chinese die behoefte daaraan in die goudmyne moes kom voorsien.
Die duisende Bantoes wat voor die Engelse-Boere-oorlog vir die mynbase ondergrond gewerk het, is gedurende die oorlog deur die Engelse só ruim vergoed dat hulle na die oorlog nog geen onmiddellike behoefte gehad het om weer te gaan werk nie. Hulle het, versadig van hul oorlogtydse geld, in ledigheid gesit en wag op die millennium wat die Engelse hulle beloof het.
By ons aankoms aan die Johannesburgse Rand was ons uitermate verbaas om die algehele verwoeste toestand van die land te aanskou. Die Engelse het met hulle oorlog teen die Boere feitlik alles vernietig.
REËNBOOGLAND (9)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Geel
Abram Salogee en die Indiërs
Ons het ook hierdie storie van ‘n sogenaamde “reënboogland” gehoor, waar alle rasse dan kwansuis moet saamsmelt om in Suid-Afrika één wonderlike nasie te vorm. Indien so iets ooit sou gebeur, sal die Indiërs van hierdie land beslis nie ‘n onderdeel daarvan wees nie. Die aard van ons verblyf in Suid-Afrika gedurende ‘n anderhalf eeu, getuig daarvan dat ons beslis nie met ander rasse meng nie.
In 1860 het ‘n skeepsvrag van ons Indiërs in Durban voet aan wal gesit om in Natal se suikerplantasies te gaan werk. Die Engelse, wat toe nog baas was in Natal, het ‘n arbeidstekort ondervind en dit met ons koms probeer oplos. Ons is onder kontrak aan werkgewers toegeken vir ‘n tydperk van 3 jaar. Hulle het die lone vasge-stel, maar na 5 jaar kon ons gaan waar ons wou. Ons kon weer na Indië teruggaan, of kroongrond ontvang vir die selfde bedrag. Teen 1865 het ons getal Indiërs in Natal reeds op 6 500 gestaan.
DIE GRONDSLAG VIR VOLKSEENHEID
ONS GEMEENSKAPLIKE HISTORIESE ERFENIS
In ons tyd is die versugting na volkseenheid ‘n intense verlange onder baie Afrikaners. Te midde van die meedoënlose aanslag op ons voortbestaan word die feit dat ons in soveel kampe verdeel is wyd betreur en dit veroorsaak wanhoop en ‘n insinking in ons moraal. Ons voortbestaansuitdaging vereis gesamentlike en eendragtige optrede. Daarvoor is ‘n saambindende krag nodig en dit
Ons gemeenskaplike geskiedenis bied die enigste ware grondslag vir blywende volkseenheid.
ROELF BOKGAL EN SY BENDE PROBEER SA TERUGSTEEL
Natuurlik kan die SA Weermag van die swart kommunistiese ANC Suid-Afrika nie beskerm nie, soos tans in die media berig word. Ons weet mos dat hulle nie in staat is om 'n Eerste Wêreldland in stand te hou nie soos ons gesien het vandat hulle ons land onwettig in 1994 op 'n skinkbord by die verraderlike FW de Klerk, Pik Botha en Roelf Meyer gekry het – ja, dieselfde Roelf Meyer wat destyds by swart hoofde in hul statte en krale die voorvadergeeste aanbid het met 'n sataniese ritueel waartydens bokgal oor sy kop uitgestort is.
Nou kom Roelfie en bring 'n sogenaamde oorsigkomitee tot stand, 'n man wat toe hy die land saam met sy twee verraaiervenote wegegee het, se pos as minister van verdediging daarmee heen is en hy tans minder as nul met die ANC uit te waai het. Dat Lindiwe Sisulu, die ANC se minister van onverdediging deur haar eie slimmigheid of selfs uit 'n werklike besef van die vervalle toestand van die weermag die komitee verlede jaar aangestel het vir ’n sogenaamde diepte-oorsig van die SANW, hoef nie eers met 'n knippie sout geneem te word nie. Net soos FW knaend sedert 1994 probeer om weer die politiek te betree ná sy verraad teenoor die blankes in Suid-Afrika, so probeer sy maatjie Roelf Bokgal om weer 'n voet in die politieke deur kry.
Die idee van die komitee kon net van hom en sy meelopers gekom het.
REËNBOOGLAND (8)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
GRYS
William Oliver, alias Willem Olivier en die Suid-Afrikaanses
Ek dink die groep mense in Suid-Afrika wat ék verteenwoordig, se oorsprong lê maar daar in die ou Kaap-kolonie. Ons het die koms van die Engelse in 1795 en weer in 1806 verwelkom en het daarna uitgesien om saam met hulle hier aan die suidpunt van Afrika vir ons almal ‘n lekker nuwe toekoms te bou. Die Engelse het ons eintlik nooit regtig aanvaar nie, maar ten spyte daarvan het ons mettertyd daarin geslaag om stadigaan te verengels, want ons het geen toekoms gesien vir die opstandige grensboere wat in 1836 die wildernis ingetrek het nie.
Ek, William Oliver, was eintlik Willem Olivier, maar my Engelse naam maak my meer aanvaarbaar vir die samelewing waarin ek en my ander vriende beweeg. Sommige van hulle het ook probeer om hulle name so ‘n bietjie te verander, of net anders uit te spreek.
'N JONG STUDENT WORD GERED
Abie van der Merwe
Ek het in 'n Christelike huis grootgeword en is van kleins af deur my moeder geleer omtrent die Here Jesus Christus, om my geloof en vertroue in Hom te stel.
Op negejarige ouderdom het ek 'n ernstige siekbed gehad. Toe ek eindelik kon opstaan was my niere en hart uiters swak. Waarskynlik deur die invloed van die onderrig van my moeder en 'n behoefte waarvan ek bewus was, het ek my toevlug tot die Here God geneem, en aan Hom 'n kinderlike – sowel as kinderagtige – belofte gemaak wat ek met verloop van tyd nie kon nakom nie. Die Here het egter in sy wonderlike genade en liefde, my aangesien en volkome herstel.
Op 13-jarige ouderom is ek na 'n skool in die Boland. Hier was die versoekinge groot, en gou het ek in sonde geval.
JONA EN DIE KOMKOMMER- PLANT
Ds Kobus van der Westhuizen
Die verhaal van Jona en die komkommerplant interesseer my reeds baie jare. Die boodskap wat dit vir Jona moes bring is beslis vir meer mense as net hy bedoel. Een aspek van die boodskap is dat 'n mens nie selfsugtig en besitlik moet raak ten opsigte van gawes wat die Here uit goedheid aan jou geskenk het nie.
Jona se wonderboom was eintlik 'n komkommerplant wat 'n onverwagte en kortstondige skaduwee oor hom gegooi het toe die hitte van die skroeiende son besig was om hom kapot te brand. Toe die komkommerplant net so vinnig verdroog as wat dit verskyn het, was Jona bitter ontvrede. Sonder dat hy dit verdien het, het hy sondermeer die boom vir hom toegeëien. Hoe kon die Here nou sy boom, wat so gerieflik was, wegneem?
REËNBOOGLAND (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
BRUIN
Karools Plaatjie en die Kleurlinge
Ek wil vir jou ‘n paar besonderhede oor die herkoms en lewe van ons Kleurlinge in Suid-Afrika meedeel en sal dit nie teen jou hou as jy by die lees hiervan so af en toe ‘n jammerhartige sug slaak nie en mompel: “Ag, die arme Kleurlinge van Suid-Afrika; hulle het nie gevra om daar te wees nie en nou word hulle so stiefmoederlik behandel....”
Ons herkoms dateer uit die jare van die tweede Britse besetting van die Kaap. Die Engelse het in 1828 met hulle Ordonnansie 50 die Hottentotte gelyk gestel met die Blankes. In daardie tyd het hulle ook die slawe vrygestel. Met hulle gesagsoorname van die Kaap in 1806 het hulle daar ‘n bevolking aangetref van 26 000 Blankes, 30 000 slawe en 20 000 Hottentotte. In Kaapstad self was 6 000 Blankes, 9 000 slawe en 450 Hottentotte.
SANRAL OF TE NIE, SA GAAN HOES!
Kriewelkop
Die ANC sal vorentoe nog hewig teenstand kry deur organisasies soos Cosatu en andere oor die SANRAL-tolstelsel maar tans is die finansiële implikasies daarvan in verskillende bedrywe van die land vir eers besig om deur te dring. Of die tolstelsel suksesvol in werking gestel word, en of dit weens erge teenstand deur massabetogings weerstaan word, betaal gaan die burgers van Suid-Afrika betaal, of een of ander manier. Dalk sal dit die pensioenarisse wees wat die gelag gaan betaal as die stelsel nie funksioneer nie aangesien 17 miljard rand van hulle geld onregmatig in SANRAL deur die ANC belê is – vandaar die stoomrollery om die tolstelsel in werking te kry. En as die stelsel wel in werking kom, sal dit elke landsburger wees wat hierdeur geraak word.
Intussen het die landboubedryf gaan kyk hoe hulle geraak gaan word indien die stelsel in werking kom: