Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
“Hou maar net vas wat julle het,totdat Ek kom”- Openb.2:25
DIE LEEU VAN WES-TRANSVAAL (1)
Leopold Scholtz
KRYGSMANNE VAN FAAM
Lees reeks by Krygsmanne van faam
“Koos de la Rey, een van die Tweede Vryheidsoorlog se grootste leiers, bly tot aan die einde van die stryd onoorwonne, maar word twaalf jaar later doodgeskiet toe die verraderlike Jan Smuts se polisie kwansuis sy motor vir dié van 'n berugte rampokker aansien”.
KOOS DE LA REY het hom tot pres. Paul Kruger gewend: "Ek sal my plig doen soos die Volksraad verlang, en u sal my nog in die veld aantref lank nadat u en die spul wat met hulle monde oorlog voer, die land uitgevlughet." Hierdie snydende en tragiese ware woorde aan Kruger het De la Rey volgens getuienis gerig op 'n geheime sitting van die Volksraad in die spanningsvolle weke kort voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Wie was hierdie man wat die alom geëerde en patriargale Staatspresident van die Zuid-Arikaansche Republiek op so 'n vreeslose wyse durf aanspreek het?
VERSEKER 'N FRATSONGELUK!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Tipies man, sit hy hom en verkyk aan die mooi verpleegster in die bus op die sitplek skuins voor hom. Sy kon dit naderhand nie meer hou nie en skuif na 'n oop sitplek aan die oorkant van die paadjie waar sy hom nie meer uit die hoek van haar oog kan sien nie. Maar so maklik laat bring hy hom nie van stryk bring nie. Hy staan toe op, stap ongeêrg na haar en fluister in haar oor:
"Ek wens die bus maak 'n ongeluk sodat jy my kan verpleeg".
Sy kyk hom meewarig reg in die oë en antwoord:
"Meneer, dit sal waarlik 'n massiewe ongeluk moet wees want ek is 'n kraamsuster".
HOU OP OM VIR POLISIE TE WAG VIR OPLOSSINGS!
Kriewelkop
Nathi Mthethwa, die swart kommunistiese ANC se Minister van Polisie, word uitgenooi om 'n vergadering oor veiligheid by te woon die afgelope Dinsdag maar daag net nie op nie. Natuurlik het hy ook geweet dat die vergadering sou gaan oor plaasaanvalle en dit verklaar waarom hy nie daar was nie – dit is een ding om jou stem publiek dik te maak met allerhande mooi stories en beloftes maar dis 'n ander ding om die betrokkenes van aangesig tot aangesig te moet antwoord.
Luidens ‘n berig op News24.com sê mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA, dat Mthethwa geskeduleer was om die vergadering by te woon maar toe kom sy woordvoerder, Zweli Mnisi, en sê hulle het nie bywoning van die vergadering bevestig nie, want hulle is nie genooi nie- is dit nou nie pragtig suiwer Afrika op sy beste nie!
KLOMP DONKIES IN PARLEMENT?
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
PARLEMENTÊRE SALARISSE
In November 1931 skryf Langenhoven hierdie bespreking oor parlementslede se salarisse wat laat blyk dat die onderwerp van parlementslede se salarisse deur al die jare heen maar 'n netelige sakie is:
Parlementslede is die enigste klas werknemers in die hele samelewing wat die reg en die mag het om die bedrag van hulle eie loon vas te stel na willekeur; as hulle dit seweduisend pond wou maak in plaas van sewehonderd was daar niks om hulle te belet nie. Daarom is dit raadsaam om met hierdie bespreking by die bron te begin. Persoonlik wil ek graag vooraf my spyt te kenne gee dat die parlement nie in die jongste sitting die salarisse van sy eie lede met so tien persent verminder het nie. Dan kon hulle die beleid om nie ander staatsdienaars se salarisse te verminder nie, verdedig het sonder om hulle aan die verdenking van eiebelang bloot te stel. Soos dit nou is, met my onaangeraakte sewe honderd pond vind ek my in 'n skaam posisie wanneer ek die algemene vraagstuk van loonstandaarde op die platform moet bespreek – of in die pers soos nou hier.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (5)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
GOD SE UITVERKORENE STRUIKEL
Die geskiedenis van Dawid en Goliat is waarskynlik een van die opwindendste verhale in die hele Bybel en juis daarom is die verhaal van Dawid en Batseba des te tragieser. Dit maak 'n mens eintlik seer om te sien hoe die man van God struikel en val. Dawid se owerspel is natuurlik nie iets ongewoons in die geskiedenis van die wêreld nie. 'n Mens hoef maar net enige koerant vandag oop te slaan om te sien dat dit elke dag oral in die wêreld gebeur. Ons sou byna kon sê dat die hedendaagse samelewing 'n obsessie het oor seks en die slagspreuk: "As dit goed voel, dan is dit goed!" - is alombekend.
DIE AARDE HET GEBEWE! (17)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
DIE DOOD van Matheus Steenkamp en sy twee seuns tydens 'n vakansie, het ons gemeenskap diep geskok. Hierdie man wat die nag van 29 September sy lewe saam met drie ander gewaag het om Ceres se watervoorraad te red, en gespaar gebly het, moes nou op hierdie tragiese wyse saam met sy twee seuns en 'n kleurlingarbeider verdrink. Nee, ons sal nooit die weë van die Here verstaan nie.
Ek glo dat die beproewinge tydens en na die aardbewing later as een van die hoogtepunte in ons lewenservaring sal uitstaan — ek glo dat ons eendag, as ons so lank gespaar mag bly, sal terugkyk na hierdie fase van ons lewe as die mees verrykende.
DIE BELHAR- BELYDENIS (6) (SLOT)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
WAT GAAN DIE NG KERK IN DIE TOEKOMS DOEN?
7.1 In stryd met die Skrif
Na alles wat ons nou weet, gaan dit ‘n mens se verstand te bowe dat die NG Kerk kan sê dat die Belhar-belydenis nie met ander Gereformeerde belydenisse in stryd is nie. Die Afrikaanse Protestantse Kerk wil skerp van die NG Kerk verskil. Wie hierdie belydenis indringend bestudeer, kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat dit, ten spyte van al die mooiklinkende teksverse, nie die Woord van God as fondament het nie. Dit het eerder ‘n Marxistiese onderbou wat ‘n valse wêreldvrede en ‘n Babelse eenheid najaag!
Die Belhar-belydenis is nie alleen met alle ander Gereformeerde belydenisse in stryd nie, maar ook met die Skrif. Alle ware Gereformeerde belydenisse staan baie stewig op Skrifwaarhede; die Belhar-belydenis allermins!
ANC- GRONDWET NOU OPENLIK OOR UITMOOR VAN BLANKES
Kriewelkop
Die ANC se besprekingsdokument in verband met sy Grondwet het uiteindelik meer lig op die werklike agenda daaragter gewerp – nie dat ons nie geweet het wat daar agter sit nie maar dat die ANC nou nie meer omgee om dit openlik aan die groot klok te hang nie. Die veranderings wat hulle aan die Grondwet wil aanbring is om die kommunistiese revolusie in ‘n vinniger rat te plaas. Selfs liberale onnadenkendes soos Freek Robinson word nou dringender as te vore ingespan om hierdie stap te help bevorder deur die reeks advertensies oor die Grondwet wat hy aanhoudend op KykNet en watter ander TV-kanaal dalk ook, sit en opdis – die grootste spul snert wat mens nog gehoor het oor hoe goeie Grondwet dit is en hoe ons dit moet ondersteun; Freek Robinson is maar een van die wesens wat ingespan word met flagrante politieke bedrog en misleiding – natuurlik nie sonder genoegsame vergoeding nie.
WIE SIT AGTER KABELDIEFSTAL...
Kriewelkop
Waar is daar nog 'n land in die wêreld waar kabeldiefstal - dit is ook net dié wat aangemeld en bereken kon word – meer as R5 miljard per jaar beloop! Veral blanke boere loop kwaai deur onder hierdie sabotasie. Die hele land se ekonomie is besig om in duie te stort as gevolg van korrupte bestuur en geen belang om misdaad aan te spreek nie. Maar die landbou word die ergste geraak omdat hierdie soort diefstal op die platteland meer ongemerk kan plaasvind. Boere en landbou-ondernemings sit gereeld vir dae lank sonder kommunikasie- en ander infrastruktuur weens kabeldiefstal. Besproeiingstelsels word lamgelê, melkerye en kuikenhuise gaan staan en kosproduksie ly onder dié misdaad. Dit het nou so hande uitgeruk dat boere se produksievermoë ernstig daardeur geraak word.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (4)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
WAG OP DIE HERE
Allerhande versoekings steek in tye van druk en spanning kop uit. Pyn en frustrasie kan ook tot gevolg hê dat eienskappe wat nog nooit sigbaar was nie, skielik na vore kom.
Die versoeking om iemand in eie munt terug te betaal
Dit sou vir Dawid sekerlik maklik gewees het om te kla oor die onregverdigheid van sy situasie. Hy het immers niks gedoen om bedreig of kwaad te maak nie — en tog het hy nie een keer iets negatiefs oor die koning gesê nie. Hy het nooit eers so ver gegaan om te sê dat Saul verkeerd en hy reg was nie! Die koning en sy manskappe het selfs eenkeer in die grot waar Dawid en sy soldate geskuil het lê en slaap — en tog het Dawid nie van die gulde geleentheid gebruik gemaak om Saul dood te maak en 'n einde aan sy ellende te maak nie.
POLISIE HET 'N WARE 'MAG' GEWORD
Kriewelkop
"David Bruce se bevinding was dat daar geen sistematiese optrede teen korrupsie is nie en dat die polisie vrot van korrupsie is as gevolg van die 'konsep' van ‘n parallelle loopbaan waarin baie polisielede reeds in die eerste week misdadigers word. In sy ondersoek het hy onder andere by een gevangene verneem dat hy as polisieman 17 jaar lank doenig was met voertuigkapings, ‘n prostitusienetwerk, inbrake en vals vuurwapenlisensies voordat hy aangekeer is."
Daar is darem iets wat nié die afgelope jare in die Nuwe Suid-Afrika verander het nie: die polisie blyk steeds die grootste misdaadnuusmakers te wees. In die goeie Suid-Afrika het ons die polisiediens die 'polisiemag' genoem want hulle het daardie naam verdien. Onder 'n swart kommunistiese regime is die naam verander na 'polisiediens'. Maar hulle het voorwaar weer 'n 'mag' geword – 'n oormag. 'n Gevaarlike oormag oor wetsgehoorsame burgers.
Waarom is daar so verskriklik baie korrupsie en misdaad in Suid-Afrika, word gereeld gevra?
Niemand sal dit betwis dat daar uit ons buurstate daagliks ‘n beduidende getal roofgieriges arriveer nie, wat as gevolg van werkloosheid en gevolglike armoede steel en moor onder Suid-Afrikaners. Mens kan dalk sê dat dit verstaanbaar is met ‘n Afrika-kommunistiese regime soos die ANC met hul roekeloosheid jeens immigrasiebeheer.
Maar die oormag van misdadigers in ons land wat die voorreg het om besoldigde lede in magsposisies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens te wees is onverskoonbaar.
Reeds in 2000 berig die Mediese Navorsingsraad (MNR) dat 20 000 polisielede misdaadrekords het.
BOER SE 2 WAARSKUWING- SKOTE KOS HOM R300 000
Kriewelkop
Verskeie persone sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in Junie 2009 begin.
Dr Dawid Swart, destyds 'n lektor in kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met navorsing oor plaasmoorde as moontlike verhandeling vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy plaas bly steur het. Die hele gebeure was weer 'n tipiese swart rassistiese Cosatu-toneel aan die afspeel: 'n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en tot vervelens toe gevandaliseer maar hy mag homself nie verdedig nie.
Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele treurmare tot leuens verdraai. Dit was 'n deursigtige maar grootse poging om van 'n wit boer in die noordweste van Transvaal 'n moordenaar en monster te maak met 'arme swart kindertjies' as 'slagoffers.'
Nou, na twee en 'n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom gevoer kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig staan aan die aantygings nie. Dit was nogal 'n swart regter wat hom vrygespreek het met die uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Dr Swart het gister besluit om myself van hierdie uitslag te kom verwittig want daaroor sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul onderspit is te groot.
SKALIEGAS IN KAROO IS OMGEWINGS- OORTREDING
Alani Janeke
‘n Navorsingsverslag wat die voordele van skaliegas-ontginning in die Karoo uitwys, is deur die Treasure the Karoo Aksiegroep (TKAG) verwerp.
Luidens ‘n verklaring sê mnr. Jonathan Deal, voorsitter, die verslag het nie sterk standpunte nie en die navorsing is gebrekkig ten opsigte van die holistiese feite rakende skaliegas-mynwerksaamhede.
“Die feit dat die verslag deur Shell aangevra is laat erge ‘duike’ in die kredietwaardigheid van die dokument. Shell is op dieselfde tyd as wat hy aan die Suid-Afrikaanse publiek vertel het hoe oop, eerlik en deursigtig hy is, oor die vingers getik vir 37 omgewingsoortredings
SIMSON (4) (SLOT)
Die unieke metodes wat die Rigter Simson aangewend het om Israel van Filistynse oorheersing te bevry.
Dr JP Botha
Lees reeks by SIMSON
SIMSON GEE IN
Delila het elke dag tot vervelens toe by hom bly neul totdat hy gevoel het hy word gek daarvan. Hy het toe sy hart vir haar oopgemaak en vir haar gesê: “My hare is nog nooit geskeer nie. Ek is van geboorte af aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn. Ek sal dan magteloos wees soos enige ander mens.”
Delila het besef dat hy hierdie keer vir haar sy geheim vertel het. Sy het die leiers van die Filistyne laat kom en gesê: “Hierdie keer moet julle kom! Hy het my nou sy geheim vertel!”
DIE BELHAR- BELYDENIS (5)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
"Bybelse geregtigheid, soos dit voor 1990 in ons land gevolg is, het in billikheid teenoor alle mense bestaan. Die kwade is is gestraf en die goeie is beloon. Nadat Suid-Afrika onder swart oorheersing verval het, het die teenoorgestelde plaasgevind - die kwade is beloon en die goeie gepenaliseer. Voorbeelde hiervan is legio".
Versoening:
Wat is versoening? Hier is twee moontlike definisies waarvan net een reg is. Wanneer jy glo dat versoening alleenlik verkry kan word deur alle menslike onderskeid te vernietig en die losstaande dele dan saam te bind, is jy nie met versoening besig nie, maar met duiwelswerk! Gelowiges glo dat versoening alleenlik deur ware berou oor die kwade verkry kan word.
Wanneer die Bybel van versoening praat, praat dit hoofsaaklik van die versoening wat Jesus deur sy kruisdood vir ons by God verwerf het. Sonde het verwydering tussen ons en God gebring. Jesus het gekom en die mens met God versoen.
Wanneer die woord versoening in die Bybel gebruik word, handel dit dus oor mense wie se skuld vergewe is.
SIMSON (3)
Die unieke metodes wat die Rigter Simson aangewend het om Israel van Filistynse oorheersing te bevry.
Dr JP Botha
Lees reeks by SIMSON
BY DIE SKEUR IN DIE ROTS
Die Filistyne was nou desperaat om wraak te neem en het in Juda gaan kamp opslaan. Hulle het Legi geplunder en daar uitgesprei.
Die mense van Juda wou toe weet: “Waarom kom maak julle oorlog teen ons?” Hulle antwoord: “Ons wil Simson vang. Ons wil hom terugbetaal vir wat hy met ons gemaak het.”
Uit Juda is daar toe 3 000 man na die rotskloof by Etam. Hulle sê vir hom: “Onthou jy dan nie dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?”
Hy sê: “Ek doen maar net aan die Filistyne wat hulle aan my gedoen het.”
SIMSON (2)
Die unieke metodes wat die Rigter Simson aangewend het om Israel van Filistynse oorheersing te bevry.
Dr JP Botha
Lees reeks by SIMSON
SIMSON VERLIEF
So is Simson toe uit die stam Dan in Sora gebore en weens sy moeder se streng nakoming van die Here se opdrag, het die Gees van die Here reeds vroeg-vroeg daar in Magane-Dan in hom begin werk. As jongman het hy dikwels rondgeloop.
Op ‘n dag kom hy in Timna, waar hy ‘n pragtige Filistynse meisie sien. Tuisgekom sê hy vir sy pa: “Ek het in Timna ‘n Filistynse meisie gesien. Ek wil met haar trou.”
Toe sê sy ouers: “Is daar nie iemand tussen die mense van ons stam, of onder jou volksgenote met wie jy kan trou nie?”
Simson antwoord: “Kry haar vir my. Ek wil haar hê.”
Sy ouers het nie geweet die Here soek ‘n geleentheid om iets aan die Filistyne te doen nie.
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (4)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE SKADUWEE
Altyd reikhals 'n mens na die onbereikbare. Dis die diep mense wat jy wil verstaan omdat dit juis hulle is wat onpeilbaar is. Maar ds. Paul Drieske, een van hulle, het eenmaal vir 'n maat van my ‘n hoekie gelig van die sluier waaragter sy innige siel verborge gebly het. Of laat ons sê, daar het 'n skaduwee oor sy lewe gelê en hy het my maat een kort kykie daaronderin gegee. Omdat dit my maat was en nie ek nie, kan ek nie die dominee as verhaler laat optree nie. Die res van die gebeurtenis waar hy mee te doen had, het ek van ander mense gekry wat daarmee bekend was, en van nog een wat betrokke was. Die slotsom is dat die leser maar hierdie slag die verhaal in my eie woorde moet ontvang.
Die eerste indruk wat 'n mens onder die dominee se preke gekry het, was dat hy te onmoontlik ernstig was vir hierdie wêreld — die soort dweper wat vir niemand geduld had nie as vir die volmaakte heiliges wat nêrgens te kry is nie.
...VERANDER VAN HAAR MAAR NIE VAN KLEUR...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Kliek hier vir hierdie een...
DIE BELHAR- BELYDENIS (4)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
"God het volke, nasies en tale apart geplaas. Daarom sal geen kunsmatige samevoeging slaag nie. Die huweliksformulier sê dat dit wat God saamgevoeg het, geen mens mag skei nie. Dis korrek. Wat egter ook waar is, is dat dit wat God geskei het, geen mens bymekaar mag voeg nie!"
6. TEOLOGIESE INHOUD
6.1 Vyf basiese begrippe
Die Belhar-belydenis probeer om aan vyf basiese Bybelse begrippe nuwe dog vreemde definisies te gee naamlik: geloof, eenheid, versoening, geregtigheid en gehoorsaamheid.
Al vyf begrippe word gebruik om iets van die NG Sendingkerk te sê. Desondanks word nie een daarvan behoorlik omskrywe of korrek gebruik nie. Dis duidelik dat die opstellers va die Belhar-belydenis nie werklik in die volle rykdom van dié begrippe belanggestel het nie en dit met opset verskraal het.