Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle sonde is in wese 'n versuim om eer aan God te betoon. Dit is om enigiets liewer te hê as vir God. 'n Weiering om eer aan God te betoon is die rebellie van trots, en dit is die sonde wat Satan se val meegebring het – ons s'n ook.
1899: SLAG BY MAGERSFONTEIN
KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Tweede Vryheidsoorlog se rumoer naby Stormberg-stasie ten noorde van Molteno, het skaars bedaar toe een van die grootste veldslae in ons geskiedenis by Magersfontein plaasgevind het.
Deur sommige historici word dit as een van die merkwaardigste slae in die wêreldgeskiedenis beskou. Die knou wat die Boere die Britte, hoofsaaklik Skotte, hier toegedien het, het die Britse Ryk en die hele Skotland in rou gedompel. Die eienaardigste aspek van die slag is dat die opperbrein agter die hele operasie, genl Koos de la Rey, nie teenwoordig was nie. Hy was op Jacobsdal by sy seun wat dodelik gewond was. Die beveldvoerder was dus genl Piet Cronjé. Hy het hom goed van sy taak gekwyt omdat hy aan De la Rey gehoor gegee het.
1899: SLAG BY STORMBERG
KULTUURDAGBOEK 10 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie slag was een van die belangrikstes in die verloop van die Tweede Vryheidsoorlog, nie om wat werklik gebeur het nie maar omdat dit deel was van wat die Britte hul Swart Week genoem het.
Uit militêre oogpunt was dit 'n skermutseling, amper 'n geveg, maar 'n volwaardige slag was dit nie. Wat wel van belang is, is dat 'n handjievol Boere byna 'n derde van 'n Britse leër gevange geneem het, en dat hul aanvoerder, genl sir WF Gatacre, wat voor hierdie slag bestempel is as "one of the ablest of British officers" se reputasie só 'n knou toegedien is dat hy met sy tweede flater uit die Britse leër ontslaan is.
DIE GESINDHEID IN ONS GODSDIENS
Hannes Ollewagen
Matt. 9:9-13
“Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (:13).
Hy wat die grootste offer van alle tye gebring het deur Homself aan God te offer maak hierdie stelling – “...Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie;...”. Is hierdie dan nie teenstrydig met Christus wat die offer van die arm weduwee eer nie? “EN toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi. En Hy het ook ’n arm weduwe daar twee geldstukkies sien ingooi. En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het. Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.” (Luk. 21:1-4).
1838: GELOFTE AFGELÊ
KULTUURDAGBOEK 9 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is al duisende woorde oor die vraag geskryf of Die Gelofte in verband met die Slag van Bloedrivier op 7 of op 9 Desember die eerste keer afgelê is, en of dit by Danskraal of Blyrivier, dit is Wasbank, die eerste keer uitgespreek is,
Dit wil voorkom of die gedagte van 'n gelofte by Andries Pretorius as krygerleier op die trek na Dingaan se stat ontstaan het. Toe hy met Sarel Cilliers hieroor gepraat het, het Cilliers dadelik geantwoord dat hy ook al oor so iets gedink het, en vandaar sy preek op Sondag 2 Desember 1838 na aanleiding van Josua10 vers 7 tot 10. Die Sondag daarop het Cilliers na aanleidingvan Rigters 6 vers 1 tot 24 gepreek.
Intussen is van die offisiere oor die gedagte van 'n gelofte gepols en hulle het die idee heelhartig gesteun. Daarna is die manskappe op 5 Desember geraadpleeg, wat eweneens almal ten gunste daarvan was.
DIE GELOFTE VAN PAARDEKRAAL
9 DESEMBER 1880
Dit gaan sleg met Transvaal: mense is verdeeld, die land is amper bankrot en sukkel om sy Swart bure in toom te hou. Sir Theophilus Shepstone het in 1877 met 25 berede polisie in Pretoria aangekom en die meerderheid van die Volksraad oorreed om die Britse beheer te aanvaar. Hy belowe dat hulle spoedig ’n verantwoordelike regering sal kry, maar dit gebeur nie. Die Transvalers het daarna gepoog om hulle verlore vryheid terug te kry. Aanvanklik onderhandel hulle met die Britse owerheid oor hulle vryheid, maar hierdie pogings was sonder sukses. Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. In Desember 1880 het die Boere van Transvaal by die Paardekraal bymekaargekom.
1939: REDDINGSDAAD- BOND GESTIG
KULTUURDAGBOEK 8 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is rede om te glo dat die verarmde blanke nou nog 'n groter persentasie van die armblanke-vraagstuk beslaan as destyds: volgens die CIA-se nuutste statistiek (dis baie meer betroubare syfers as wat die ANC se sensussirkus kan oplewer) is daar tans nagenoeg twee miljoen blankes in Suid-Afrika oor, waarvan ongeveer een miljoen in sogenaamde klein nedersettings of reguit gestel, blanke plakkerskampe woon - hierdie feite sal nooit deur die swart regime bekend gemaak word nie.
Die ekonomiese terugslag wat die Afrikaner aan die begin van die vorige eeu getref het, hoofsaaklik as nadraai van die verwoestingsbeleid wat die Engelse militêre owerheid in die Tweede Vryheidsoorlog toegepas het, het teen die jare 1930 skrikwekkende gevolge getoon. Die droogte en die groot depressie van die beginjare dertig het die toestand vererger, en 'n armblanke-vraagstuk van enorme omvang het ontstaan: 300 000 Afrikaners uit 'n bietjie meer as 'n miljoen, was ekonomies verarm.
IS JY BANG VIR 2026?
Ds A.E. van den Berg
“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? .... want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het..... Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:31-33).
Die jaar 2025 was ʼn moeilike jaar met baie vertwyfelings en onsekerhede wat gelowiges opnuut laat besef het dat die wêreld einde se kant toe staan en Jesus se wederkoms naby is. Wat die toekoms vir ons in 2026 inhou, weet ons nie. Al wat ons weet, is dat hierdie jaar teen 60 sekondes per minuut gaan plaasvind, ongeag wat mense doen. En dit maak mense bang vir die toekoms. En jy?
Elke jaar het twee handvatsels –een is vrees en die ander vertroue in God. Jy kies aan watter een jy 2026 gaan optel. In die gelese gedeelte (Bergrede)gee Jesus raad - tel 2026 aan die handvatsel van vertroue op. Die Bergrede is ʼn wonderlike Bybelgedeelte en ʼn handleiding vir gelowiges wat van 2026 ʼn goeie jaar wil maak. Jesus vra van gelowiges om nie oor die toekoms bekommerd te wees nie. Kommer lê ʼn mens lam en kan selfs lewens eis.
1912: DE WILDT- TOESPRAAK – GENL JBM HERTZOG
KULTUURDAGBOEK 7 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het genl JBM Hertzog sy bekende toespraak by die stasie De Wildt in Transvaal gehou op 'n politieke vergadering wat sowat 100 mense bygewoon het. Die toespraak het gedagterigtinge tussen Suid-Afrikaanse nasionalisme en Britse imperialisme, wat reeds in genl Louis Botha se Suid-Afrikaanse Party en Kabinet sigbaar was, tot 'n punt gebring.
Genl Hertzog het sy toespraak in Nederlands gelewer, en die hoofpunte daarvan was:
- Wanneer 'n mens oor landsake praat moet die vraag te alle tye gestel word of Suid-Afrika daarby baat vind.
- Suid-Afrika moet deur die Afrikaner geregeer word. Die tyd het aangebreek om Suid-Afrika nie langer deur nie-Afrikaners te laat regeer nie, mense wat geen ware liefde die land het nie.
1885: STIGTING NH OF GEREFORMEERDE KERK
KULTUURDAGBOEK 7 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was die natuurlike uitvloeisel van die verraad binne die Nederduits Gereformeerde Kerk weens die druk van die internasionale geldmag met sy lang arms. Deur die blanke Afrikaner se kerke te infiltreer deur organisasies soos oa die Vrymesselary, is die Christengelowige verwar en gebreinspoel om sonder weerstand onder die juk van 'n swart kommunistiese regime te staan wat net een doel voor oë het: om die witman uit Suid-Afrika te dryf om die lankgekoesterde ideaal van 'n Swart Republiek te verwesenlik. Die stigting van die APK deur diegene wat nie bereid was om hul goedkeuring aan die verraad te gee nie, was op daardie tydstip 'n uitkoms en 'n herberg vir die blanke Christen in Suid-Afrika. "
Sedert die vyftigerjare van die vorige eeu het die kerklike toneel in Transvaal gestaan in die teken van kerklike diversiteit. As gevolg van baie faktore het drie Afrikaanse kerke naas mekaar te staan gekom te wete die Nederduits Gereformeerde Kerk, die Nederduits Hervormde Kerk, en die Gereformeerde Kerk. Hierdie toedrag van sake het baie min bevredig en so was daar verskeie pogings van kerklike kant om die onderlinge verdeeldheid te beëindig, maar sonder sukses.
1823: PRES JH BRAND
KULTUURDAGBOEK 6 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Hendricus Brand is op hierdie dag in Kaapstad gebore. Hy was advokaat, politikus en Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, waartoe hy op 2 Februarie 1864 ingehuldig en vier keer herkies is.
Hy is die vader van die slagspreuk:
'Alles sal regkom as elkeen sy plig doen'.
1906: TVL ONTVANG SELFBESTUUR
KULTUURDAGBOEK 6 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Tweede Vryheidsoorlog het die Afrikaners in die twee voormalige Boererepublieke polities oorweldig gelaat. Die aanvanklike politieke afsydigheid van die Transvaalse Afrikaners is na 1903 deur 'n politieke herlewing vervang. Die regstreekse oorsaak was lord Alfred Milner se invoer van Chinese arbeiders na die Transvaal-kolonie.
Genl Louis Botha het 'n groot protesvergadering in Julie 1903 op Heidelberg toegespreek. Daar is besluit dat die regering die verdere invoer van Chinese moet staak, dat die Hollandse taal gelyke regte met Engels moet kry, en dat selfbestuur aan die Transvaal-kolonie toegeken moet word.
Milner en sy ondersteuners wou Transvaal tot elke prys Brits-georiënteerd hou maar het deur hulle maatreëls die Afrikaners eerder vervreem.
In Maart 1904 is 'n Volkskongres in Pretoria gehou waar 'n nuwe politieke party, bekend as Het Volk met Botha as leier, tot stand gekom het.
JH BRAND - ALLES SAL REGKOM...
Johannes Hendricus Brand is op hierdie dag, 6 Desember 1823, in Kaapstad gebore. Hy was advokaat, politikus en Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, waartoe hy op 2 Februarie 1864 ingehuldig en vier keer herkies is.
Hy is die vader van die slagspreuk:
'Alles sal regkom as elkeen sy plig doen'.
As diplomaat het hy volhardend die goeie saak van die Vrystaat probeer bevorder, die ekonomie probeer versterk, sy burgers te velde in die Basoeto-oorloë bygestaan en bemoedig, die diamantkwessie versigtig en korrek gehanteer, konsuls in Europa en die VSA aangestel en voordelige traktate van handel en vriendskap met verskeie Europese state gesluit.
Op sy standbeeld in Bloemfontein staan die woorde: "Vader des Volks", wat die betekenis van sy lang presidentskap opsom.
Hy was 'n fynbeskaafde leier, bedeeld met groot wysheid, 'n geliefde gesinsman, gasvry en van Christelike wandel. Hy is in die amp van die Staatspresident op 14 Julie 1888 in Bloemfontein oorlede.
JH Brand het 'n geslag waardige Afrikaners verteenwoordig wat deur die jare heen die beste vir hulle eie mense vanuit 'n eie sterk posisie gelewer het
1894: OUD-PRES CR SWART
KULTUURDAGBOEK 5 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Charles Robberts Swart is op hierdie dag in Winburg gebore en hy deel reeds op vyfjarige ouderdom in die smart en ellende van die Afrikanervolk toe hy saam met sy moeder en ander huisgenote na die Winburg-konsentrasiekamp gestuur word. Dit sou dwarsdeur sy lewe een van sy grootste ideale bly om die republikeinse erfenis waarbinne hy gebore is, weer volkome te laat herleef.
Op dertienjarige ouderdom verwerf hy matriek en in 1918 die graad LL B. Van 1919 tot 1948 het hy as advokaat van die Hooggeregshof in Bloemfontein gepraktiseer.
In 1923 het hy Volksraadslid geword en 'n al duideliker rol in die politiek begin speel. Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 by die stembus word hy benoem as Minister van Justisie en as sodanig was hy verantwoordelik onder meer vir die herstel van die naam landdros, die vertaling van die Nederlandse Uniewette en die Romeins-Hollandse Regsbronne in Afrikaans asook die afskaffing van appèl na die Geheime Raad.
1934: STIGTING VERENIGDE SA NASIONALE PARTY
KULTUURDAGBOEK 5 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party is amptelik op hierdie dag gestig deur die samesmelting van genl JBM Hertzog se Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party van genl JC Smuts. Samesmelting is deur 'n periode van samewerking tussen hierdie twee partye voorafgegaan ooreenkomstig die wil van 'n groot meerderheid kiesers in 'n algemene verkiesing op 17 Mei 1933. Die samesmelting het egter weer 'n verdeling sowel onder Afrikaans- as Engelssprekendes tot gevolge gehad naamlik die Malangroep en die Stallardgroep.
Die voortsetting van die Nasionale Party deur dr DF Malan, dr NJ van der Merwe, adv CR Swart en adv JG Strijdom het met verloop van tyd die betekenisvolste gebeurtenis blyk te wees.
1917: DR HJ TERBLANCHE
KULTUURDAGBOEK 4 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vir die jonger geslag sal hierdie nie so 'n bekende naam wees nie; dit is egter die naam van 'n man aan wie elke Afrikanernageslag wat nog hoegenaamd trots op sy taal is,eer kan bring vir die baanbrekerswerk op Afrikaanse vaktaalgebied. Hy was die skrywer van agt woordeboeke, drie taalboeke en duisende artikels. Hy was 'n ware kultuurleier, onverskrokke, omstrede vegter vir die gelykberegtiging van Afrikaans, die taal waarvoor hy gelewe het.
Hendrik Josephus Terblanche is op hierdie dag gebore en het as boerseun in Aberdeen-omgewing grootgeword. Hy het aan die universiteite van Rhodes en Pretoria studeer. Sy werk hang ten nouste saam met die geskiedenis van Afrikaans deur drie dekades.
1837: 1e KERKRAAD IN OVS
KULTUURDAGBOEK 3 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkers was pioniers in die sin dat hulle die beskawingspad na die binneland van Suid-Afrika te midde van groot gevare en ontberings met heldemoed, dapperheid en durf oopgebreek het.
Nog 'n ander karkatertrek van die pionier is te bespeur naamlik 'n sterk neiging tot selfstandigheid en individualisme, wat dikwels tot koppigheid en partyvorming gelei het en taamlik probleme in die Voortrekkerlewe veroorsaak het, veral ten opsigte van effektiewe kerklewe en administrasie.
Maar die ander, minder goeie karaktertrekke van pioniers naamlik wetteloosheid en losbandigheid wat gewoonlik gepaardgaan met (en voortspruit uit) veragting van God en sy gebod, soek 'n mens tevergeefs by ons Voortrekkermense.
1836: VOORTREKKERS KIES 1e BESTUUR
KULTUURDAGBOEK 2 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Kaapkolonie, van waar die Trekkers afkomstig was, het die grensboere geen aandeel in die regering van die land gehad nie. Dit is dus te begrype dat die Trekkers totaal onervare was ten opsigte van doeltreffende landsbestuur.
Omdat die Trekkergroepe enigsins geïsoleerd van mekaar die binneland ingetrek het, was die noodsaak van 'n vaste regeringstelsel nie so dringend nie. Die Trekkergroepe het egter nie in wanorde die binneland ingetrek nie en daarom kan aangeneem word dat elke groep, volgens die eise van omstandighede, sy eie maatreëls getref het om sake so glad moontlik te laat verloop. Wat hierdie maatreëls was, weet ons nie omdat dit nêrens 'n skriftelike neerslag gevind het nie. Namate die verskillende Trekkergroepe in die Transoranje aangeland en in mekaar se onmiddellike omgewing begin woon het, het daar egter 'n behoefte aan groter eenheid en beter begrip vir mekaar se omstandighede ontstaan, en hiervoor was 'n regeringsvorm van een of ander aard onontbeerlik.
1914: GENL DE WET GEVANG
KULTUURDAGBOEK 1 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Ek het gedink aan die vloek van God wat op die volk gaan rus as hy hom skuldig maak aan landrowing. Nadat ek eers begin optree het, het ek vrede gehad. Ek het geen knaende gewete gehad nie. Al het ek nie daarin geslaag om die goddelose inval op die gebied van 'n volk wat ons geen kwaad gedoen het nie, te keer nie, dan het ek tog probeer."
Na liggaam en siel moeg en hulle perde uitgeput en dors, het genl CR de Wet en sy manskappe op 30 November 1914 op 'n waterryke plekkie tussen die sandduine afgekom – 'n ware paradys waar daar volop gras, water en koelte was.
Ten tye hiervan, met die wete dat die Rebellie weinig hoop op welslae het, was genl De Wet en sy klompie volgelinge op weg na Duitswes-Afrika, waar hulle met genl Jan Kemp in aanraking wou kom. Hoewel genl De Wet steeds nie die vrede vertrou het nie moes hulle noodgedwonge 'n dag lank daar uitrus. Met sonopkoms die volgende oggend weerklink die opdrag: "Ons moet begin trek!"
KERSSANG-OORDENKING
Ds A E van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)
Dis oor minder as ‘n maand Kersfees en 'n anderse dag as ander Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartssaak.
Daar is geen Persoon na wie se koms so uitgesien is as na Jesus s’n nie. Die Jode het eeue lank die koms van die Messias verwag omdat dit deur profete voorspel is. Toe Jesus gebore is, het God gesorg dat mense dit weet, maar op ’n plek begin waar dit die minste verwag is – by ’n weiveld en herders.
1938: FAKKELLOOP BY MONUMENT
KULTUURDAGBOEK 30 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) was verantwoordelik vir die reëlings by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Met die organisasies van die program en die uitnodiging van sprekers het al spoedig die grondliggende politieke verskille van die tyd baie duidelik deurgeskemer.
Genl JBM Hertzog het genoeë geneem met die lys van sprekers wat by die hoeksteenlegging sou optree,dog het gemeen dat genl JC Smuts ook gevra moet word om as spreker op te tree, en hy het verder daarop gewys dat die Goewerneur-generaal amptelik by die hoeksteenlegging aanwesig moet wees. Uit alle oorde van die land is egter hierteen protes aangeteken omdat die indruk bestaan het dat by so 'n byeenkoms, wat dan 'n staatsplegtigheid sou wees, die Britse volkslied gespeel en die Britse vlag gehys sou moes word.