Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wonder ons waarom ons volk tans so verkneg en vermoor word? In Jesaja 65 waarsku die HERE dat Hy die opstandige volk wat eintlik knegte van Hom is maar hul nie so gedra nie, sal straf: "Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem, hulle ongeregtighede ... "
1869: TEOLOGIESE SKOOL BURGERSDORP OPEN
KULTUURDAGBOEK 29 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die ontstaan van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in 1859 was die vrug van 'n krisis op kulturele, politieke, sosiale en godsdienstige gebied wat die geskiedenis teen die middel van die vorige eeu oorheers het.
Tot 1864 is die hoop gekoester dat predikante uit die konserwatiewe Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland, self die vrug van 'n krisis in 1834, bekom sou word. Toe slegs twee predikante na herhaalde beroepe gehoor gee het die herderlose kerkraad van Burgersdorp by die Sinodes van 1866 en 1869 daarop aangedring dat daar 'n skool opgerig moet word waar predikante en onderwysers opgelei kan word.
DIE DOOD VAN 'N HELD
M T STEYN STERF OP 28 NOVEMBER 1916
"Die Afrikaner onder die Afrikaners,” so het mense president Steyn genoem. Maar hy was ook ’n groot Suid-Afrikaner. Soos Louis Botha was hy ’n man met die ideaal om alle gemeenskappe in die land in vrede en harmonie te sien lewe. Hy het geregtigheid vir almal nagestreef: vir Afrikaner, Engelssprekende, Kleurling, Swarte en Indiër. Maar hy wou dat elke groep sy eie identiteit, sy eie kultuur, en alles wat vir hom heilig en dierbaar is, behou sodat elk met trots en waardigheid sy eie plek kan volstaan. Die Afrikaners is verpletter. Slegs deur weer op te staan, met volkstrots en waardigheid, kon hulle hul regmatige plek inneem. Alle Engelssprekendes wat lojaal aan Suid-Afrika was en wat hul Afrikaanse landgenote met regverdigheid, vriendelikheid en respek behandel het, was na aan Steyn se hart.
1916: PRES M.T. STEYN
KULTUURDAGBOEK 28 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
" ...die stryd was 'n smeltkroes waarin die Afrikaner gelouter sou word – 'n skeiding van getroues en ontroues, van hensoppers en bittereinders – 'n tyd wat die Afrikaner binnekort weer in sy volle felheid sal beleef wanneer die Boerevolk van God hom sonder keuse sal moet afskei van die verraaiers, die liberaliste, die geldmagverslaafdes en veral die ongelowiges en diegene wat hulle rug op hul Skepper gekeer het."
Net drie jaar jonger as die Oranje-Vrystaat, sou president Steyn saam met hierdie republiek grootword. Marthinus Theunis Steyn is op 2 Oktober 1857 by Rietfontein digby Winburg gebore.
Soos feitlik alle Vrystaatse seuns van daardie tyd sou hy gaan boer maar op aandrang van regter Buchanan, 'n huisvriend van die gesiene Steyns, besluit hy om hom in Nederland en daarna in Engeland in die regte te bekwaam.
Ná sy terugkeer bou hy 'n florende praktyk as advokaat in Bloemfontein op en met die rondgaande hof ontmoet hy vir Rachel Isabella (Tibbie) Fraser, pastoriedogter van Philippolis, met wie hy in 1887 getroud is.
1798: ANDRIES PRETORIUS
KULTUURDAGBOEK 27 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius, groot Voortrekkerleier, is op hierdie dag op die plaas Driekoppen, distrik Graaf-Reinet gebore. As Oosgrensboer speel hy 'n belangrike rol in die gebeurtenisvolle jare voor die Groot Trek.
Gedurende die Sesde Oosgrensoorlog van 1834 tot 1835 voer hy 'n kommando van 800 burgers aan. Toe die eerste Voortrekkers in 1836 uit Graaff-Reinet vertrek, gaan hy nie saam nie maar besoek in 1837 die Voortrekkers in die Vrystaat en Natal en koop selfs 'n plaas in Natal. Daarom is hy die vanselfsprekende keuse om ná Pieter Retief se dood, leier van die herderlose Voortrekkers te word.
Op 22 November 1838 sluit hy hom by die hooflaer teen die Klein-Tugela aan en begin dadelik voorberei vir die stryd teen Dingaan.
VERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (5)
NIE MEER SABOTASIE, MAAR OORLOG!
Die Johannesburgse stasiebom
Bram Fisher (Slot)
"In afsienbare tyd sal Suid-Afrika weer die kruheid en wreedaardige dade van die Kommunisme en sy terroristiese barbaarsheid beleef wat weer sal begin met gevegte onder sogenaamde 'comrades', waarvan die gevolge elkeen in die land ernstig sal raak."
Die onmenslike gebeure rondom die stasiebom kan beskou word as 'n intermezzo in die hoofdrama waarin die Kommunisme met Bram Fischer en sy 'comrades' die botoon gevoer het.
Tydens die Rivonia-verhoor waarin Mandela en sy mede-terroriste verhoor is, is 'n opdrag uit die binnekring van die ANC/SAKP-alliansie na buite gestuur met die strekking dat tot tyd en wyl die verhoor afgehandel sou wees, geen sabotasiedade gepleeg moes word nie, klaarblyklik omdat gemeen is dat sodanige dade die beskuldigdes se saak sou benadeel. Hierdie opdrag is nagekom, want terwyl die verhoor aan die gang was, was daar relatiewe stilte op die veiligheidsterrein. Hierdie stilte sou egter nie lank duur nadat die verhoor op 12 Julie 1964 ten einde geloop het nie.
1862: HOF BESLIS OOR NG KERK
KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is deur die Kaapse Hooggeregshof beslis dat die Kaapse NG Kerk slegs uit gemeentes binne Kaapland geleë, saamgestel moet wees, en dat al die ander gemeentes wat tot dusver in die Sinode sitting gehad het, voortaan nie meer daardie reg sou geniet nie.
Vir ouderling Hugo Hendrik Loedolff van Malmesbury, was dit 'n persoonlike triomf. Hy het lankal oor die saak ontvrede gevoel, 'n hofgeding aanhangig gemaak en gewen. Vir die Kerk was dit 'n ellendige oomblik. Dit het daarop neergekom dat die staatsgrense ook as kerklike grense gegeld het, en dat die lidmate in die ander gebiede sonder sinodale gesag of binding was.
1931: GENL A.M. PRINSLOO
KULTUURDAGBOEK 26 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar is heelwat dapper Boereleiers van wie ons nie veel weet nie omdat hulle nie so bekend as genl Koos De la Rey of genl Christiaan de Wet was nie. Maar hulle het dieselfde tydperk van oorloë en politieke spanning beleef en verdien vandag nog ons erkenning. So 'n generaal is Antonie Michael Prinsloo wat op 11 Julie 1862 in Bloemfontein gebore is en op 26 November 1931 oorlede is. Sy vader en moeder het in Bloemfonteindistrik geboer maar toe hy 'n jong seun was na Betlehem getrek waar hy ook mettertyd begin boer het.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 ruk hy saam met die Betlehemse kommando op waar sy leierskaphoedanighede spoedig opgemerk is sodat hy teen Februarie 1900 reeds tot kommandant van sy kommando bevorder is.
Prinsloo se ontluikende kalme onverskrokkenheid het spoedig vir hom verdere bekendheid meegebring. So is hy byvoorbeeld tydens die Britse aanslag op Colesberg in Maart 1900 in die lugpyp gewond. Desnieteenstaande was hy die laaste burger wat uitgejaag het, in die proses 'n medeburger op sy perd gelaai en daarna ook nog die Norvalspont-brug opgeblaas het.
VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (4)
BRAM FISCHER
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Fischer se finale verhoor
In Clingman se werk word Fischer geprojekteer as 'n beteuterde, gefrustreerde, platsakmannetjie wat deur sy kamerade wat knus in Londen weggekruip het, versaak is en wat, versteek agter 'n mombakkies, en met hoofsaaklik die bystand van 'n groepie bang vrouens (teen die einde het hy dit selfs oorweeg om sy dogter, Ilse, deeglik bewus van die gevare wat dit vir haar sou inhou, te betrek as lid van die Sentrale Komitee van die party), probeer het om die Kommunistiese Party weer in Suid-Afrika op dreef te kry. 'n Patetiese prentjie, om die minste daarvan te sê.
Volgens Pike se boek, daarenteen, is Fischer deur die polisie, wat tot op die datum van sy herarrestasie bykans 'n volle jaar regdeur die land na hom gesoek het, steeds beskou as die gevaarlike Kommunis wat die vermoë gehad het om die regering met wapengeweld te laat oorneem. Derhalwe is daar dan ook 21 polisiebeamptes onder die bevel van 'n kolonel gestuur om Fischer in hegtenis te neem. Party van hulle het in bosse en op 'n huis se dak in die omgewing geskuil om seker te maak dat Fischer (en wie ook al by hom was om hom te beskerm) nie kon wegkom of teenstand sou kon bied nie.
1899: SLAG BY GRASPAN
KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 23 November moes die Republikeinse kommando's onder bevel van genl Jacobus Prinsloo met 2 500 man by Belmont wyk voor die oprukkende Engelse lord Methuen, wat met 10 500 man opdrag ontvang het om Kimberley te ontset. By Graspan het genl De la Rey hom by die magte aangesluit en het hulle posisie in die rante ingeneem.
Op 25 November begin Methuen die aanval met 'n hewige bombardement. Die barstende bomme tusen die granietklippe het die toestand vir die burgers onhoudbaar gemaak, en toe die Britse infanteriestormloop begin, moes hulle andermaal die wyk neem. Methuen sou eers in die bloedige slag by Magersfontein op 10 Desember 1899 in sy opmars gestuit word.
1497: VASCO DA GAMA SE RUILTRANSAKSIE
KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Laatmiddag op hierdie dag het Vasco da Gama naby die huidige Mosselbaai anker gewerp. Hy was oppad na die Ooste – via die nuwe roete om ons Kaap, wat jare lank reeds deur die Portugese begeer en gesoek is.
Eers die volgende dag kon hy aan land gaan en presies die gebied se voorkoms bepaal – en eers op 1 Desember het Hottentotte hier van Angra de Sint Bras opgedaag om van hulle vee vir vreemde goedere soos klokkies en rooi musse te verruil Dit was die eerste handelsverbintenis tussen Europeër en inboorling op ons bodem.
1931: WESTMINSTER BEVESTIG
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Balfourverklaring van 1926, wat die onafhanklike status van Suid-Afrika en die ander Britse Dominiums geformuleer het, het geen regsgeldigheid gehad nie. Om wetlike status daaraan te verleen moes dit eers in 'n Britse wet beliggaam word. Terselfdertyd moes die Colonial Laws Validity Act herroep word, want hierdie ou koloniale wet van 1865 het spesifiek bepaal dat geen dominiale wet strydig met 'n Britse wet mog wees nie.
Solank hierdie wet van krag was, was die Dominiums ondergeskik aan Brittanje.
1951: 1e GOUDSTAAF GEGIET
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Waar eens mielielande en 'n rustige, landelike atmosfeer was, is op hierdie dag die eerste goudstaaf in Welkom gegiet – vyf jaar nadat die ontdekking van goud in die OVS op 16 April wêreldkundig gemaak is.
Hierdie reuse nywerheidsgebied is deur kol. Deneys Reitz onder andere soos volg beskryf: "As kind het ek op die kruin van Koppie Alleen ten noorde van die huidige Welkom gesit en na die wildoortrekte vlaktes onderkant my gekyk. En nou soos toe, het daar groot troppe wild, bokke en wildebeeste aan die voet van die heuweltjie gewei..."
Die avontuurlike soektog en die goudbore het binne enkele maande die idilliese rustigheid in 'n sentrum van bedrywigheid omskep.
1858: ZAR VERENIG MET REPUBLIEK LYDENBURG
KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Onderlinge verdeeldheid in die ZAR was in Desember 1856 vir die afskeiding van die Republiek Lydenburg verantwoordlik.
Voordat Lydenburg weer tot enige verenigingspogings sou instem wou hy eers sy posisie verstewig deur vereniging met die selfstandige republikeinse gemeenskappe van Soutpansberg en Utrecht.
Op 15 September 1857 is 'n verdrag met Soutpansberg gesluit.
VURIGE GEBED
Ds A.E. van den Berg
“Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag” (Jak.5:16).
Die mensdom is geweldig behep met krag. Hoe meer, hoe beter! Let maar net op die moderne meganika; masjiene raak al hoe kleiner, maar sterker. Dit wat 'n 1600cc masjien 20 jaar gelede gedoen het, verrig 'n 1100cc masjien vandag! 'n Paar jaar gelede kyk ek op TV hoe 'n groot boot wat met die destydse getygolf in Japan hoog en droog op land gelaat is, met masjinerie in die water teruggeplaas is en die toejuiging wat die bergingspan van die skare ontvang het. Ja, mense het eerbied vir krag. So ook vir mag, veral wanneer die skynbaar onmoontlike vermag word.
1899: SLAG BY WILLOWGRANGE
KULTUURDAGBOEK 23 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die aanleiding tot die slag by Willowgrange in Natal was 'n poging wat die Britse bevelvoerder, genl-maj HPT Hildyard, aangewend het om 'n ongeveer 260 meter hoë kop, Brynbella-heuwel, te verower om daardeur die Republikeinse magte by Mooirivier vas te keer. Gevolglik het Hildyard aan lord Kitchener opdrag gegee om die heuwel wat met Boere-artillerie beset was, gedurende die nag te verower.
Die stormloop was ondanks gure weersomstandighede vir die Britte suksesvol, en die Boeremagte is verdryf.
1853: NED HERVORMDE KERK IN SITTING MET VOLKSRAAD
KULTUURDAGBOEK 22 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die rol van die Kerk was deur alle tye heen so 'n integrale deel van die volk en sy politiek dat dit die logiese hoofinstrument was wat deur die Geldmag gebruik is om die Afrikanervolk later jare op sy knieë te dwing. Vandag is die rol van die Kerk in die vernietiging van die Afrikanervolk meer deursigtig as ooit en het talle Afrikaners reeds hulle kerke verlaat.
Op hierdie dag het die Algemene Kerkvergadering van die Ned Hervormde Kerk saam met die Volksraad van die ou ZAR op Potchefstroom vergader. Dit was 'n besondere gebeurtenis en het daarna nooit weer plaasgevind nie.
Hierdie vergadering het weer gegaan oor die vraag of die selfstandige Transvaalse Kerk deel van die Kaapse kerklike organisasie moet word. Met hierdie vergadering was die kerkraadslede en die Volksraadslid vir Lydenburg, wat nie die Algemene Vergadering op Rustenburg op 3 Augustus 1853 bygewoon het nie, ook nou teenwoordig.
GELD, MAG EN SEKS…
…ONS VOLK SE DRIE-ENIGE AFGOD?
Timothy Keller se publikasie 'Counterfeit Gods: The Empty Promises of Money, Sex and Power, and the Only Hope that Matters' ontbloot die dwaling waar mense die goeie dinge in die lewe neem en dit die heel belangrikste dinge in hulle lewens maak.
Die meeste van ons is op hierdie dwaalpad; en die uiteinde daarvan is presies dít wat ons as volk in 1994 gekry het – die straf op ons afgodediens. En ons kan maar voortgaan om die Swartes en die Kommuniste te skel – die meeste daarvan verdien hulle – maar dit gaan geen snars verander aan ons situasie voordat ons die werklike oorsake van ons knegskap erken, en dit met oortuiging beveg nie.
Waarom sukkel die Afrikanervolk so om na die kern van die waarheid in die Woord van God terug te keer? Natuurlik is herkenning en erkenning van die dwaalpaaie waarop ons stap nooit maklik nie, nog minder die terugkeer na gehoorsaamheid, veral wanneer Satan die waarheid oor ons afgode so versluier dat ons dink ons doen die regte ding; daar is mos niks mee verkeerd nie want ons moet geld hê om van te leef, en ons moet mag uitoefen oor baie dinge in ons lewe, en 'n seksuele verhouding met my huweliksmaat is dan 'n wonderlike geskenk van God self – hoe kan hierdie dinge afgode word?
1968: ONS VIER VOORTREKKER- MONUMENTE
KULTUURDAGBOEK 21 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Afrikaner het vroeg reeds die behoefte gevoel om 'n waardige monument ter ere van die Voortrekkers op te rig, maar hierdie strewe het eers sy finale beslag gekry toe die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) op 4 April 1931 in Bloemfontein gestig is. Die hoofdoel van die SVK was om hom vir die oprigting van 'n nasionale Voortrekkergedenkteken vir die Voortrekkereeufees in 1938 te beywer. Daarna sou hy ook die oprigting van ander goedgekeurde volksmonumente onderneem.
Die SVK se eerste taak was die oprigting van die Voortrekkermonument by Pretoria, maar die komitee het ook verantwoordelikheid vir die oprigting van drie ander Voortrekkermonumente aanvaar. Die hoogpunte van die SVK se werksaamhede was dus die onthulling van die Bloedriviermonument op 16 Desember 1947, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria op 16 Desember 1949, die onthulling van die Voortrekkermonument in Pietermaritzburg op 6 April 1962 en dié van die Voortrekkermonument by Winburg op 19 Oktober 1968.
1930: FAK KONDIG HANDHAAF- EN-BOU-REEKS AAN
KULTUURDAGBOEK 20 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die FAK het van sy stigting af voortdurend by die Afrikaner aangedring op die suiwer gebruik van Afrikaans, maar het besef dat van baie Engelse woorde, die Afrikaanse ekwivalent nie bekend is nie.
Die noodsaaklikheid van woordelyste is besef en daar is aan die werk gespring om woordelyste, wat geen wetenskaplike vakwoordeboeke moes wees nie, saam te stel.
Op 20 November 1930 is aangekondig dat die eerste woordelys in die Handhaaf-en-Bou-reeks, soos dit bekend gestaan het, beskikbaar is. Dit was die Woordelys van Motor-terme.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Ten spyte van voorbereiding, kennis van die landsomstandighde, gesprekke daaroor, objektiewe waarneming van die situasie en alles wat daarmee gepaard gaan, het die aanslag heeltemal onverwags gekom.
Hoe dikwels het hy nie die moontlike scenario in sy kop laat afspeel nie, hoe hy homself en sy vrou en kinders sou beskerm met vaardigheid en paraatheid. Hoe hy sy wapen outomaties en instinktief sou laat geld. Waar hy sal staan, hoe sy waarneming van die situasie sou wees en hoe hy sy pad daaruit kon losveg. Hy kon homself sien omring deur lyke van die vyand, terwyl die nege millimeter skoot na skoot tussen hulle instuur; hoe hy magasyne ruil en koel en kalm baklei.