Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou.
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te bou,
dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly –
knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry!
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer!
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees: God regeer!
1890: OOPSTEL VAN SPOORLYN KAAPSTAD NA BLOEMFONTEIN
KULTUURDAGBOEK 17 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In Mei 1884 het die Zuid-Afrikaansche Republiek met Portugal 'n soort finale reëling oor 'n spoorlyn van Delagoabaai af na Pretoria bereik. Die ontdekking van goud aan die Rand in 1886 het so 'n spoorlyn gebiedend gemaak. Maar Natal wou 'n spoorlyn verder van Kimberley af na Johannesburg verleng. Spoorverbindings het dus 'n ekonomiese en politieke magsfaktor geword.
Paul Kruger het verkies om met die Portugese saam te werk omdat hulle los was van Brittanje en omdat so 'n spoorlyn vir Transvaal groter voordele ingehou het. 'n Roete oor die Vrystaatse gebied het natuurlik vir mede-Afrikaners voordeel in gehou maar was nog altyd 'n Britse-Kaapse spoorlyn.
1856: DE REPUBLIEK LIJDENBURG IN ZA
KULTUURDAGBOEK 17 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
De Republiek Lijdenburg in Zuid-Afrika is op hierdie dag uitgeroep as die Oos-Transvaalse pioniers se reaksie op die konstitusionele, administratiewe, kerklike twispunte en leiersbotsings binne die drie Oorvaalse regionaal-politieke groepe, wat uiteindelik op 4 April 1860 verenig het tot die Zuid-Afrikaansche Republiek.
GELOFTEFEES 2025 - VILJOENSKROON
Dewald Schoeman
Vandag, 187 jaar gelede, het een van die mees betekenisvolle veldslae op Suid-Afrikaanse grondbodem plaasgevind.
Hierdie veldslag het ‘n direkte invloed gehad op ons volk se voortbestaan. Dit kan vandag gesê word dat van ons, selfs almal van ons, nie vanoggend hier sou sit indien ons voorsate nie deur die genade van God hierdie roemryke oorwinning behaal het nie.
Vriende, volksgenote, kom ons kyk ‘n bietjie na die Slag van Bloedrivier.
Om beter te begryp hoe enorm die wonderwerk van Bloedrivier was, moet ons ‘n oorsig oor die gebeure kry wat in daardie tyd afgespeel het.
In November 1837, ongeveer 13 maande voor die slag van Bloedrivier, het Piet Retief, ‘n Voortrekker leier in Natal, met Dingaan, koning van die Zoeloes, begin onderhandel vir ‘n grondgedeelte. ‘n Stukkie grond wat, alhoewel verlate was op daardie stadium, onder Zoeloe-beheer was. Retief wou graag grond bekom waar die Trekkers onafhanklikheid kon verklaar van die Engelse in die Kaapse Kolonie. Dit was juis die einddoel van die bekende Groot Trek, Vryheid en onafhanklikheid.
GELOFTEDAG 2025
Ds A.E. van den Berg
“Ons staan in die gees by ons eie Ebenhaeser stil – Bloedrivier. Baie volksgenote het dit vergeet. Ander het dit tot ’n knievallige versoeningsdag afgegradeer. Ons volk is soos oud-Israel aan heidense magte onderworpe. Baie van ons volksgenote lek soos tjankende honde die hande van hul kastyders. Wat het met ons volk gebeur dat ons so verval het?”
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp” (1 Sam.7:12).
Mense leer uit hul foute; ook volke. Wie nie daaruit leer nie, misluk. Want wat is 'n mislukking anders as 'n fout wat begaan maar nie reggestel is nie? Israel het so ’n fout gemaak maar dit eers 20 jaar later na talle ontberings tydens ’n keerpunt in hul volkslewe reggestel. 1 Sam.17 is die verhaal van dié keerpunt. Nadat die Filistyne die ark van die verbond tydens ’n oorlog van Israel afgeneem het, was Israel gebroke: “...die hele huis van Israel het agter die Here aan geweeklaag” (:2).
INSTRUMENT TOT SY VERHEERLIKING
Hannes Ollewagen
“Was daar nie by Bloedrivier hierdie klein groepie mense van 464 in getal wat ’n ervare Zulu-leër van ongeveer 15 000 moes trotseer nie alleen ’n vaste geloofsvertroue nie, maar ook ’n merkbare gehoorsaamheid, ootmoed en nederigheid aanwesig nie?”
2 Kon. 1:1-18
“Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.” (:3&4).
God stuur Elía om die boodskappers van Ahásia onderweg na die god van Ekron voor te lê. En hy stuur hierdie boodskappers terug na Ahásia met die boodskap van God se ontevredenheid met hierdie optrede van die koning. Hierdie optrede van Ahásia wat God tot oneer strek. Waarom sou hy nodig hê om ander volke se vreemde gode te raadpleeg – asof Israel geen God het nie?
DIE BLOEDRIVIER- GELOFTE
16 DESEMBER 1838
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy Eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Ons is die opkomende geslagte van wie die Gelofte spreek. Daarom verbind ons ons jaarliks opnuut tot die nakoming van die Gelofte, met gebed en smeking dat God ons sal bystaan en help om dit te volbring. Dit doen ons met dankbare erkenning van die uitkoms van die Slag van Bloedrivier wat vir die voortbestaan van die Afrikanervolk deurslaggewend was. Ons herdenk dit as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.
Hier volg ook 'n nuwe gelofte uit die pen van ds Andrè van den Berg, een van ons gereelde skrywers hier op Gelofteland. Lesers sal sien dat dit slegs aanvullend tot die ou gelofte is om die huidige toestand waarin ons volk verkeer te reflekteer. U word vriendelik genooi om u siening en moontlike voorstelle daaroor te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
DIE NUWE GELOFTE
Ons staan hier voor die Heilige, Drie-enige God, Beskikker van volke en nasies, aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort,
Om aan Hom ‘n nuwe gelofte te doen en te pleit dat Hy ons volk van ‘n gewisse uitwissing sal red en ons vyande, soos die Mideaniete van ouds, sal verskrik en verdelg.
Ons onderneem om uit dankbaarheid hierdie dag elke jaar soos ‘n Sabbat deur te bring en ons nageslag daartoe op te roep.
Ons onderneem om hulle van God se reddende ingryping te vertel en hulle gedurig te vermaan om tot sy Eer te leef.
Verder onderneem ons om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk heilig en opreg voor God kan wandel.
Die eer en die verheerliking van sy Naam sal ons eer en hoogste strewe wees.
Mag die almagtige, barmhartige God ons genadig wees!
GELOFTEDIENS DS ADRIAAN SWART
https://www.youtube.com/watch?v=xQwA3xcoQdM
GELOFTEDIENS 2025 deur ds Adriaan Swart
KYK ONS NA HOM?
Hannes Ollewagen
Jes. 22:1-14
“...en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die Onderste Dam op. En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk. En julle maak 'n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie. En in dié dag roep die Here, die Here van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.” (:9-13).
Ons is weer op die vooraand van 16 Desember wanneer ons DV die Gelofte van Bloedrivier herdenk. ’n Dag van groot historiese waarde vir ons volk, maar myns insiens ’n dag van veel groter geestelike waarde.
DIT IS DIE HERE!
Ds A.E. van den Berg
“Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! .......“(Joh.21:7).
Al leef gelowiges as kinders van die lig, word dit soms so donker in hul lewe dat dit voel asof hulle nooit weer die lig sal sien nie. Dan gebeur iets wat die krisis omkeer, die lig weer laat skyn en hulle laat besef dat God ingegryp het.
In die tyd van die Rigters het Israel van God afvallig geraak en Hy het hulle gestraf. “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Mideaniete, sewe jaar lank” (Rigt.6:1).
Na sewe jaar het, het God vir Gideon geroep om Israel te verlos. Hy kon slegs 32,000 teenoor die Mideaniete se 135,000 man monster. Die verhaal eindig met Gideon wat met slegs 300 man die oorwinning behaal het. Vir elke Israeliet was daar 450 vyande en Israel het geweet dat dit die hand van God was!
Uit ʼn militêre oogpunt was die situasie hopeloos, maar nie met God se ingryping nie. Wat by die mens onmoontlik blyk te wees, is vir God moontlik. Die mens wik maar God beskik want Hy het die hele wêreld in sy hande.
GEBEURE BY BLOEDRIVIER
Opgestel deur die Geloftevolk Koördineringskomitee
Dit is 15 Desember 1838, Saterdag namiddag laat.
Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier, beweeg 64 kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.
Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere, hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.
Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu, die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert hulle intog in Natal in Januarie daardie jaar.
Aan die spits van hierdie optog, fier en regop op sy perd, ry Andries Pretorius, leier en kommandant.
Sy gedagtes gaan terug na die lotgevalle van sy mede-landgenote sedert Januarie 1838...
DIE PAARDEKRAAL- GELOFTE
Ons plaas dit vir vandag sodat u dit weer kan lees:
13 DESEMBER 1880
Die Paardekraalgelofte lees soos volg:
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.
MORE IS GELOFTEDAG - DAG VAN DIE HERE
Hoe kom ons die Gelofte van 1838 na?
Jaar na jaar kom duisende volksgenote oor die lengte en breedte van ons land op verskillende plekke byeen om die gelofte van 1838 te herdenk, en om deur die gesamentlike herhaling daarvan of die stilswyende nasê van ’n voorganger, dit weer af te lê. Daarmee verbind ook ons geslag ons telkens tot die gelofte en aanvaar ons die verpligting om dit wat ons daarmee belowe, na te kom.
Die gelofte bevat vier ondernemings:
• Dat ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring,
• en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen (die standaard Afrikaanse vertaling hiervan laat te veel aan betekenis verlore gaan),
• en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; en
• dat die roem en die eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word.
GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
Ook hierdie Gelofte wat so maklik vergeet word plaas ons hier sodat die erns van geloftes aan God ons kan bybly:
6 APRIL 1654
Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6e April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
1912: GENL LOUIS BOTHA BEDANK
KULTUURDAGBOEK 14 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl Hertzog se De Wildt-toespraak het heftige reaksie van Unioniste en ander Brits-gesindes tot gevolg gehad. In die Kabinet het die ergste reaksie gekom van kol George Leuchars, Minister van Openbare Werke, 'n Nataller wat homself 'n imperialis genoem het. Hy was so kwaad oor genl Hertzog se woorde oor die belange van die Ryk teenoor dié van die Unie dat hy gedreig het om uit die Kabinet te bedank.
Dit lei tot 'n kabinetskrisis en die Premier, genl Louis Botha en sy regterhand, genl JC Smuts, vra Hertzog om in die openbaar sy spyt oor sekere van sy uitlatings uit te spreek.
ONTSTAAN EN INSLAG VAN DIE GELOFTE
Dr Pieter vd Dussen
Die ontstaan en bestaan van die Gelofte van Bloedrivier word in talle boeke en artikels in besonderhede beskryf. Oor die geskiedkundige werklikheid daarvan bestaan geen twyfel nie. Daarvan getuig geskrifte van ooggetuies en ander betroubare persone, ook van Zoeloekant. Dit is egter noodsaaklik om oor die inslag van die Gelofte te besin ten einde die saai van twyfel teen te werk.
Die Gelofte was deel van die gebed van Sarel Cilliers op Sondag 9 Desember 1838 tydens die aanderediens. Later, en tot vandag toe, word dit as 'n verklaring herdenk. Dit kan nie weer in die gebed opgeneem word nie, aangesien dit op 16 Desember 1838 volbring en die belofte van jaarlikse herdenking tot in die opkomende geslagte bevestig is.
Meestal word dit vandag tydens 'n erediens herhaal en bevestig en word in die gebed en prediking op die onderhouding daarvan in die volkslewe klem gelê, tot bemoediging en aansporing van die Afrikaner. Die nakoming van die Gelofte is en bly 'n vereiste vir elke Afrikaner, hetsy van bloedafkoms of dat hy uit vrye wil hom by die Afrikanervolk gevoeg het en voeg.
16 DESEMBER: OPROEP VIR ONS AFSPRAAK MET DIE HERE
GELOFTEDAG DEUR DIE EEUE...
EN 'N NUWE GELOFTE
Jeanette Koekemoer
"Op daardie tyd wanneer Hy ons weer vry maak van die verknegters wat ons volk daagliks vermoor en vermink, sal ons ook 'n nuwe gelofte nodig kry, een waarin al die ou beloftes teenwoordig bly maar waarin ons ook onderneem om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk weer heilig en opreg voor God kan wandel, en nooit, maar nóóit weer, sal omdraai na ons pad van selfvernietiging nie. Indien ons dit nie sou belowe nie, en dit ook nie nakom nie, sou die hele pad van ellende onder 'n moordbende tevergeefs wees."
Die Slag van Bloedrivier was nie sodanig die botsing tussen wit en swart nie as wat dit die verheffingsuur van 'n wordende volk was wat sy hoogste bestaansreg en voortbestaansgeleentheid in die hand van God geplaas het. Dié herdenking wat ons binnekort op 16 Desember vier is steeds die nakom van 'n afspraak met die Here.
Volgens Wet nr 3 van 1910 was 16 Desember as openbare vakansiedag bevestig, en sedert 1952 is dit as Geloftedag bekend, hoewel dit intussen ook die lelike naam Dingaansdag, en ook Dankdag, Wendag, Retiefdag, Voortrekkerdag en nog ander name genoem is.
1880:ZUID-AFRIKAANSCHE REPUBLIEK OP PAARDEKRAAL HERSTEL
KULTUURDAGBOEK 13 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar was meer as 5 000 burgers met sterk perde, blink geweerlope, bandeliere vol patrone en bladsakke gepak met beskuit en biltong op hierdie dag op 'n rantjie bymekaar op die plaas waar genl Andries Pretorius ongeveer 30 jaar vroeër met perde begin boer het.
Ernstige beraadslagings het 'n paar dae geduur. Die burgers was gereed en bereid om vir die onafhanklikheid en vryheid van hulle vaderland te veg nadat sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877 onverwags geannekseer het.
Die eise op verskeie groot protesvergaderings en die werk van twee deputasies na Engeland was tevergeefs.
1890: SKRYWER EN WETENSKAPLIKE 'HENDRIK BRAND'
KULTUURDAGBOEK 12 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die skrywer van talle boeke waaronder 'n reeks speurverhale, het onder die skuilnaam Hendrik Brand geskryf. Sy regte naam was Sydney Harold Skaife, wat op hierdie dag in Londen gebore is waar hy ook later skoolgegaan het.
Nadat hy sy studies voltooi het kom hy in 1913 na Suid-Afrika en begin sy loopbaan as onderwyser aan die Hoër Jongenskool Rondebosch, waarna hy in diens tree van die Departement van Landbou as insektekundige.
BROKKIES UIT DIE BOEK –OUMANSLAND (2)
)
Dis amptelik: die Suid-Afrikaanse staat is bankrot. President Cyril Ramaphosa het dit weke gelede bevestig toe hy vrae in die parlement beantwoord het.
Ramaphosa se presiese woorde was: "Ons hulpbronne is nou uitgeput."
In eenvoudige terme beteken dit dat die regering nie meer geld het nie.
-Prins Mashele*
“My haat groei met 'n woede wat onbekend is en wat in my siel gebrand is. 'n Hartseer wat in woorde van stilte uitgespreek word terwyl my liefde vir die mensdom in vlak walging gesterf het!” Kopiereg: Retha Kelly
'n Perfekte storm. Selfstandige naamwoord...
1953: AFRIKAANSE TAAL- EN KULTUURBOND GESTIG
KULTUURDAGBOEK 11 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Groepie Afirkaanssprekende posamptenare het op hierdie dag in Pretoria byeengekom om 'n organisasise te stig wat hom sou beywer vir die uitbou van die Afrikanerkultuur onder posamptenare. Weldrae is die gedagte verder uitgedra en is die een na die ander tak gestig sodat feitlik alle poskantore mettertyd by 'n plaaslike tak betrek was.
Die bond het berus op 'n Afrikaans-Christelike grondslag en hom beywer veral vir die gebruik van suiwer Afrikaans binne sowel as buite die poswese, die bevordering van die Afrikaanse kuns en kultuur, en om 'n goeie gees van samehorigheid onder sy lede aan te wakker.