Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die voordeel van pyn is dat dit ons meegevoel met ander leer. Wie eenmaal diep pyn ervaar het kan nooit weer ongevoelig staan teenoor die lyding van ander nie.
HERODUS VAN KERSFEES
"...is daar vandag weer ‘n Herodus oor ons en staan ons volk tans ook magteloos teenoor die volgehoue bedreiging en sistematiese vermoording en die pleeg van die gruwelikste misdade, wat met stilswyende goedkeuring van die mag wat oor ons gestel is, plaasvind, en waarvan die uitsluitlike mikpunt is om ons as 'n volk uiteindelik van ons vaderlandse bodem af weg te vee. Daarom is die felste aanslag tans, net soos toe, weer teen ons kinders gerig, om hulle met 'n diaboliese onderwysstelsel totaal te ontsiel en te omvorm tot vreemde wesens wat uiteindelik vyandig sal staan teenoor God, hul ouers en hul Afrikaner-herkoms."
Ons lees in die Skrif wat alles plaasgevind het voor, tydens en ná daardie unieke gebeurtenis met die geboorte van die Here Jesus meer as 2000 jaar gelede, wat ons tereg die eerste Kersfees kan noem, toe engelesang oor die velde van Bethlehem weerklink het, die herders hul hulde aan die Kindjie gebring het, die wyse manne gekom en gegaan het en Josef gereed gemaak het om met Maria en Jesus na Egipte te vlug, toe Herodus die Kind se lewe bedreig het.
Wie was hierdie Herodus die Grote en waarom het hy dit gedoen?
KERSTYD VIR DIE CHRISTEN- AFRIKANER
DIE CHRISTELIKE KERSFEES
Ons het die voorreg om weer vanaand en môre die geboorte van Jesus Christus te herdenk. God het sy enigste Seun gestuur omdat dit noodsaaklik was dat Jesus waarlik volkome mens word sodat Hy as't ware saam met ons onder die oordeel oor die sonde kon inskuif, ten spyte daarvan dat Hy sondeloos is. Dit was juis sy sondeloosheid wat gemaak het dat Hy sy groot lyding en God se toorn kon verduur – iets wat geen sondaar kan doen nie. So het Hy die sonde oorwin en vir ons verlossing gebring.
En vanaand op Ou Kersaand, wanneer ons graag 'n Kersboom met mooi liggies en persentjies daaronder in die meeste van ons huise het, maak seker dat jy weet waarom die persent-uitruilery gaan: die geskenk van God aan die mensdom – sy Seun; en die geskenk van die mens aan God – wanneer ons ons harte vir Hom gee.
Deur die eeue is daar telkens berekenings gemaak om die datum van die geboorte van Christus vas te stel. Hoewel die plek van Christus se geboorte in Betlehem met redelike sekerheid aangewys kon word, kon die presiese datum van sy geboorte nog nooit vasgestel word nie.
Een van die groot struikelblokke van navorsers was die feit dat die mens se sterfdatum in die ou tyd baie belangriker geag is as sy geboortedatum.
DIT WAT DIE MENS SAAI
Hannes Ollewagen
Gal. 6:1-18
“Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.” (:7&8).
Ek dink dat ons as mense die erns van hierdie waarskuwing nie behoorlik ter harte neem nie. Ons bring onsself dalk maklik onder die wanindruk dat God se genade en barmhartigheid hierdie werklikheid ongedaan maak – wat nie die geval is nie. Dit is natuurlik so dat die barmhartigheid van God groter as ons oortredinge is. “Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” (Ps. 103:8-12).
1838: INNAME VAN UMGUN- GUNDLOVU
KULTUURDAGBOEK 23 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In De Zuid-Afrikaan van 16 Februarie 1839 verskyn 'n brief wat Andries Pretorius op 23 Desember 1838 aan Jacobus Boshof van Graaff-Reinet geskryf het om hom in te lig oor die oorwinning by Bloedrivier en die iname van Umgungundlovu (volgens die Graham's Town Journal waarin die brief op 14 Februarie 1839 verskyn het, het Pretorius dit op 22 Desember 1838 geskryf).
Die dae tussen 20 en 24 Desember was vir die kommando van Andries Pretorius 'n emosiebelaaide tydperk. Op 20 Desember 1838 het Pretorius en 'n geselskap die hoofstad van die eens magtige Zoeloevolk, Umgungundlovu, heeltemal verlate gevind. Die stat was boonop deels deur brand in puin gelê. Omdat die inname van Umgungundlovu deur die Voortrekkers 'n gedenkwaardige gebeurtenis was, het Pretorius 'n gedenksteen met sy naam en die datum van inname daarop uitgekap in die stat opgerig.
MET SÚLKE ‘VRIENDE’ – WIE HET VYANDE NODIG!
16 Desember –Wonder van God! ...
...en Carl Boshoff van Orania vier ‘Versoeningsdag’ met ANC!
Met die 16de Desember pas afgeloop is die gebeure van daardie wonderdag in ons volk se geskiedenis weer helder in die geheue opgeroep. ‘n Dag van stryd – ‘n onmoontlike, onewe stryd waarvan die uitslag volgens menslike oordeel maklik voorspel kon word. Op die slagveld van die vyand, met ‘n oormag van sowat 2 teen 800.... . ‘n Slag wat nie alleen op fisiese vlak sou uitspeel nie. Nee, inderdaad ook ‘n stryd tussen Lig en Duisternis.
EK HET GESTERF ! (3)
Hierdie ware naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“Jesus het voor my gestaan, sy oë hartseer en sy stem sag maar ferm: ‘Ek moet vir jou wys waarom fortuinvertellery soveel mense die hel insleep.’ ”
My naam is Larah, en ek het nooit in my lewe gedink dat ek ooit ʼn storie soos hierdie een sou vertel nie. Ek het in ʼn Christenhuis grootgeword en het in ʼn boekwinkel gewerk. Ek het ʼn stil, rustige lewe gelei en hard gesukkel om my kop weer op te tel na elke verbreekte liefdesverhouding wat ek moes verwerk.
Daar was egter ʼn ander storie wat in my tienerjare begin het, waarvan min mense geweet het. My ouma en my ma het my eenkeer saamgeneem na fortuinvertelster, en van daardie dag af het ek ʼn vreemde beheptheid daarmee gehad. Ek het gedink dat dit skadeloos was, net sommer ʼn tradisie van sommige bevolkingsgroepe en ʼn speletjie vir ander. Dit het gelyk soos prettige maniere om ʼn blik in die toekoms te kry, maar geleidelik het dit ʼn houvas op my gekry en ʼn gewoonte geword.
1838: AANLEG VAN POTCHEFSTROOM
KULTUURDAGBOEK 22 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Potchefstroom (in die aanvangsjare bekend as Mooirivier, Mooirivierdorp of Vryburg) is deur AH Potgieter en sy mede-Trekkers aan die standhoudende Mooirivier aangelê, ongeveer tien kilometer stroom op vanaf die huidige ligging van die dorp.
Geen definitiewe dokumentêre getuienis behalwe een, dui daarop dat dit in Desember 1838 gewees het nie. Die een noem egter pertinent dat dit op 22 Desember was.
1880: BELEG VAN PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 22 DESEMBER\
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Transvaalse Vryheidsoorlog het die Britse beleg van Pretoria op hierdie dag begin maar dit was van korte duur – net sowat drie maande.
In hierdie tyd het die vasgekeerdes in Pretoria heelwat lief en leed verduur, hoewel die leed blykbaar nooit eintlik van die heel ernstigste was nie. In die Britse kamp in Schoemanstraat het byvoorbeeld 'n vlooiplaag uitgebreek tot groot ontsteltenis en ongerief van die vroue en kinders.
VURIGE GEBED
Ds A.E. van den Berg
“Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag” (Jak.5:16).
Die mensdom is geweldig behep met krag. Hoe meer, hoe beter! Let maar net op die moderne meganika; masjiene raak al hoe kleiner, maar sterker. Dit wat 'n 1600cc masjien 20 jaar gelede gedoen het, verrig 'n 1100cc masjien vandag! 'n Paar jaar gelede kyk ek op TV hoe 'n groot boot wat met die destydse getygolf in Japan hoog en droog op land gelaat is, met masjinerie in die water teruggeplaas is en die toejuiging wat die bergingspan van die skare ontvang het. Ja, mense het eerbied vir krag. So ook vir mag, veral wanneer die skynbaar onmoontlike vermag word.
1880: KRYGSWET 'MARTJIE LOUW'...
KULTUURDAGBOEK 21 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gebruik om deur vervorming van 'n persoon se naam of 'n gebeurtenis, dikwels met 'n bewuste ironiese bedoeling, daardeur 'n persoon se aansien en status te verlaag of aan te dui welke afkeer daar jeens iemand bestaan, kom ook in die Suid-Afrikaanse geskiedenis voor. Dit is veral so wanneer die burgers direk geraak is, byvoorbeeld deur anneksasie.
Rondom die anneksasie van ZAR in 1877 en die daaropvolgende Vryheidsoorlog het heelwat van hierdie volksetimologieë ontstaan en was dit veral Britse amptenare en militêre gesagvoerders wat die voorwerpe van Afrikaner-ironie was. Ná die onverwagte anneksasie van die ZAR deur sir T Shepstone in 1877, verwerf hy die naam Duiwel-se-Slypsteen of Die-ou-vuilis-slypsteen.
1900: KITCHENER- MEMORANDUM OOR KONSENTRASIE- KAMPE UITGEREIK
KULTUURDAGBOEK 21 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die totstandkoming van konsentrasiekampe in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog, waardeur 'n bykans onuitwisbare letsel op die Afrikanervolk gelaat is, was in hoofsaak 'n uitvloeisel van die beleid van brandstigting en verwoesting wat deur die Britse militêre owerheid in werking gestel is. Hierdeur is die nie-vegtende deel van die bevolking in die republieke by die oorlog betrek, en die Britse owerheid was van oortuiging dat die aantasting van hul vroue en kinders die Boeremagte tot oorgawe sou dwing.
Die wegvoering van vroue en kinders na kampe sou voorts 'n einde bring aan die bevoorrading van die Boeremagte deur die vroue op die plaas, alles faktore wat 'n spoedige einde van die oorlog in die hand moes werk. Vyftig konsentrasiekampe, waarin tot 110 000 mense oor 'n tydperk van minder as twee jaar gehuisves was, het gevolglik van die einde van 1900 af tot in 1902 tot stand gekom. Die inwonertal van die konsentrasiekampe was byna vier keer meer as die getal krygsgevangenes wat hier te lande en oorsee in kampe aangehou is.
EK HET GESTERF ! (2)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“ ʼn Homoseksuele miljoenêr het gesterf en toe hy voor Jesus staan, het Hy vir hom gesê: ‘Jou lewensboek is leeg, omdat jou keuses die storie wat Ek oor jou lewe skryf, uitvee.’ ”
My naam is Darren Whitmore, en op die 17 ͤ Augustus 2018 het my lewe op ʼn manier verander wat ek nooit gedink het enigsins moontlik was nie. Ek het in Vancouver, Kanada gewoon, in ʼn luukse wooneenheid wat oor die see uitgekyk het. Ek was ‘n senior vennoot in ʼn baie groot, finansiële firma wat bekend was daarvoor dat ons regtig groot kontrakte aangegaan het. Ek het saam met my lewensmaat Ryan geleef en ons was vir ongeveer tien jaar saam. Ons was, vir die meeste mense, ʼn prentjie van sukses en rykdom, omring deur die vernaamste sosiale kringe en ons was baie trots op wat ons bereik het.
Ek was beroemd en baie LGBTQ+ - groepe het my genooi om hulle te gaan toespreek oor bemagtiging in besigheid. My kliënte het my bewonder, maar onder die masker van selfvertroue wat ek voorgehou het was daar iets wat ek voortdurend moes onderdruk – iets geestelik wat ek lang gelede agtergelaat het.
1914: JOPIE FOURIE TEREGGESTEL
KULTUURDAGBOEK 20 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gebore op 27 Augustus 1878 op die familieplaas Wildebeesthoek, distrik Pretoria, het Joseph Johannes (Jopie) Fourie, nadat hy in verskeie skole in Pretoria was, aan die Greykollege, Bloemfontein, studeer. Hy onderbreek sy studie om aan die gevangeneming van Jameson by Doornkop deel te neem en studeer daarna by die Victoria-kollege op Stellenbosch, om uiteindelik tot die kantoor van die Ouditeur-generaal van die ZAR toe te tree.
In die Engelse Oorlog onderskei hy hom as 'n bekwame rapportryer en onverskrokke vegter. Nooit het hy teruggedeins om die gevaarlikste take te onderneem nie. Hy word sodanig verwond dat hy aan die een kant van sy hoof sy sig en gehoor verloor.
1880: SLAG BY BRONKHORST- SPRUIT
KULTUURDAGBOEK 20 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ten einde die Britse garnisoen in Pretoria te versterk, is 'n afdeling van die voetsoldate, 94e Regiment bestaande uit 263 offisiere en manskappe, gelas om onder bevel van lt-kol Philip Anstruther, van Lydenburg na Pretoria te gaan. Die Boerekrygsraad het egter besluit dat hierdie opmars verhinder moet word aangesien 'n konsentrasie van Britse troepemagte in Pretoria vir die Boere 'n lastige situasie kon skep. Gevolglik is komdt Frans Joubert (Frans Held) van Paardekraal na 'n posisie oos van Pretoria gestuur om Anstruther se opmars te stuit.
EK HET GESTERF (1)
Hierdie ware naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“Ek het gesterf, en toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my gevra: ‘Het jy werklik gedink dat Ek jou nie sien wanneer jy pornografie in die geheim kyk nie?’ ”
Ek het soos ʼn man van God gelyk. As jy vir iemand in my kerk sou vra, sou hy of sy vir jou gesê het dat ek werklik ʼn gelowige is, betroubaar, met ʼn salwing van die Heilige Gees. Sondae het ek die aanbidding voor die kerkdiens gelei – met my hande in die lug en met trane van aandoening wat oor my wange geloop het, verlore in die mooi melodieë waarmee ons God geloof het. Ek kon Skrifgedeeltes aanhaal, met welsprekendheid vir ander bid en hulle bemoedig.
Tog het nie ʼn enkele mens die waarheid oor my geweet nie. Agter toe deure, was ek ʼn ander mens. Ek het ʼn geheim gehad wat ek jare lank gedra het. Een wat geen mens ooit sou verwag nie. Die enkeles wat dit dalk soms vermoed het, het die moontlikheid vinnig laat vaar. Ek is nooit uitgevang nie en ek het gedink dat ek dit reggekry het om dit selfs vir God weg te steek.
1792: AH POTGIETER
KULTUURDAGBOEK 19 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Kmdt-genl Andries Hendrik Potgieter is op hierdie dag in die distrik Graaff-Reinett gebore. Deur hardwerkendheid het hy mettertyd die plaas Kommandodrif aan die Tarkarivier in die distrik Cradock bekom. Hoofsaaklik vanweë die verydeling en verbittering wat deur die Britse Oosgrensbeleid gewek is, het Potgieter, wat eintlik by sy tweede naam Hendrik bekend was, die Kaapkolonie teen die einde van 1835 verlaat. Aanvanklik het sy trek uit familielede bestaan maar later aansienlik aangegroei onder meer deur die aansluiting van Sarel Cilliers se groep.
Teen die middel van 1836 het die laer by Bloudrif aan die Sandrivier gestaan. Van daar het Potgieter 'n besoek aan Louis Tregardt in die Soutpansberg gebring.
LAAT ONS VOLKSTROTS HERLEEF!
Ds A.E. van den Berg
Ons volk leef op die snypunt van twee kulture wat mekaar grootliks uitsny. Daarom het daar toe nie 'n beter toekoms op die puinhope van apartheid verrys soos verkondig is nie maar eerder 'n treurspel van onstabiliteit, wanbestuur en 'n toename in misdaad wat ons land eerder na 'n skrikbewind as 'n demokrasie laat lyk.
Dinge het begin skeefloop toe Suid-Afrika in 1996 haar Christengrondwet prysgegee het en formeel 'n grondwetlike wêreldstaat geword het. Daarna het ons land die spoor so byster geraak dat dit tot op hede nie weer op die hooflyn kon kom nie. Wat het dit veroorsaak? Die misplaaste optredes van verraderlike blanke politici en kerkleiers, mense wie se gevoelens in die hoogste versnelling beland het sonder dat hul verstand in rat gekom het.
1929: STIGTING FAK
KULTUURDAGBOEK 18 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die rede vir die stigting van die FAK kan teruggevoer word tot 1925 toe Afrikaanse naas Engels as amptelike taal deur die Hertzog-regering erken is. Hierdie erkenning het deels bygedra tot 'n nuwe bewuswording onder die Afrikaanssprekendes van sy taal en eiesoortige kultuur.
Ná 1925 was daar ook 'n sterk en groeiende behoefte om die kulturele erfenis van die Afrikaner sterker te beskerm teen die indringing van die Engelse taal en kultuur op alle terreine van die samelewing. Op 24 Augustus 1929 word daar onder die beskerming van die SA Akademie vir Taal, Lettere en Kuns eenparig besluit om 'n Uniale konferensie op te roep onder die naam:
GELOFTEFEES 2025 – VILJOENSKROON (SLOT)
Dewald Schoeman
In die een hand het ons God se belofte aan die Afrikanervolk, soos in Josua: "Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.”
In die ander hand het ons Satan se belofte aan die Zoeloes. Doen vir my ‘n duiwelse ritueel van 3dae, eer my wat Satan is en ek gee vir julle medisyne wat julle in staat sal stel om die veldslag te wen.
Vriende, hier kan ons baie duidelik die twee koningkryke sien bots, die Koningkryk van die Lig en die koningkryk van duisternis.
Die aanvalstaktiek van die Zoeloes het gewoonlik ‘n oskop, bors en horings uitgebeeld. Die twee horings, links en regs, was jonger en meer gevegslustige krygers. Hierdie horings sou dan die vyand vleuel en probeer omsingel. Hulle was ook met werpassegaaie bewapen en kon so ‘n assegaai dan akkuraat oor ‘n afstand van 50m gooi.
GEKNAK
Geloftevolk,
GEKNAK
Ons lamppit rook, geknak ons riet,
maar sag in smeking pleit ons lied...
Net soos ons vad're op hul dag,
beleef ons almeer Oosgrens-nag,
sien Moordspruit, Weenen, Bloukrans wag.
Wéér nader Bloedrivier se Slag.
Wéér drom die swarte hordes wyd.
Wéér wag hul wreed op weerloosheid
- om bloed te slaan wie velskoen dra -
buite die laer... téén elke wa.
Wéér sak 'n uitsiglose wolk
oor ons klein ras-verskrikte volk...
Ons lamppit rook, geknak ons riet,
maar sag in smeking pleit ons lied:
U is ons toevlug in die nood,
U is ons hulp oneindig groot.
Ons skuil by U, U 's ons naby,
Heer, maak ons van die vyand vry...
©Stienie
"'n Geknakte riet sal hy nie verbreek nie,
en 'n lamppit wat rook sal hy nie uitblus nie,
totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.
(Matt 12: 20)
(Nav Ps 37: 25 berymd)