Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die dag as u weer kan lag sal genesing van u gees en u liggaam vinnig intree. Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en lyding nie.
EK HET GESTERF ! (5)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
Toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my gevra: “Waarom stuur soveel ouers hulle kinders die lewe in sonder om vir hulle te leer Wie Ek is? Dit is net Ek wat aan hulle die ewige kan lewe gee.”
My naam is Sarah, en ek het nooit gedink dat ek op ʼn dag voor die Here Jesus sou staan en met Hom sou praat en dan nog lewe, sodat ek dit vir ander kan vertel nie.
Ek het ʼn doodgewone lewe as ma van drie kinders gelei en soos talle ander moeders, was ek altyd besig, altyd moeg, altyd probeer om my bes te doen om alles bymekaar te hou en gedoen te kry.
Soggens was my huis gevul met geluide van ontbytborde, skooltasse wat gepak word, stemmetjies wat baklei oor die laaste stukkie roosterbrood.
NUWEJAARSBOODSKAP 2026
RUIM DIE ROMMEL OP
Ds A.E. van den Berg
“En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand” (Neh.1:3).
Baie mense se nuwejaar begin met mooi voornemens. Sulke voornemens word gewoonlik baie gou verbreek omdat dit nie volgehou word nie. Dis soos ’n baba wat gebore maar nie gevoed word nie. As goeie voornemens nie gevoed word nie, gaan dit dood; - veral geestelike voornemens. Een van die mooiste geestelike voornemens word van Josua in Jos.24:15: opgeteken:“...maar ek en my huis, ons sal die Here dien” .
1951: SA-SEEMAG HERBENOEM TOT SA VLOOT
KULTUURDAGBOEK 1 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die naam Suid-Afrikaanse Seemag word op dié dag met die naam Suid-Afrikaanse Vloot vervang. Daardie vloot het in die dekade wat gevolg het, 'n eg Suid-Afrikaanse karakter aangeneem. Nie net is die Simonstadse skeepswerf in April 1957 formeel aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorhandig nie, maar is die titel HMSAS (Haar Majesteit se Suid-Afrikaanse Skip) voor die skeepsname in 1952 verkort tot SAS.
WAT KAN VIR HOM TE WONDERBAAR WEES?
Hannes Ollewagen
Jer. 32:1-44
“Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?” (:27)
In hierdie gedeelte word die egtheid van Jeremia se geloof deur sy optrede bevestig. God gee aan Jeremia die opdrag om teen Israel te profeteer en hulle te waarsku dat God hul land aan die Chaldeërs sou oorgee a.g.v. hul afvalligheid van Hom. Dit raak dan ook duidelik dat hierdie profesie in vervulling gaan wanneer die koning van Babel Jerusalem beleër. En dan kom die opdrag van God in hierdie tyd na Jeremia om ’n stuk grond in die land Benjamin te koop!
Dit is opvallend dat Jeremia nie in ’n worsteling met God tree oor hierdie onverstaanbare opdrag voordat hy dit uitvoer nie. Hy voer die opdrag van God sonder huiwering uit – nieteenstaande die feit dat hy glad nie verstaan hoe God te werk gaan nie. Laasgenoemde is duidelik uit sy optrede nadat hy die stuk grond gekoop het soos wat God aan hom die opdrag gegee het. Hierna wend hy hom tot God om met Hom oor hierdie saak te worstel.
TRADISIONELE OUJAARS- GEBRUIKE
KULTUURDAGBOEK 31 DESEMBER
Dit is 'n baie ou Afrikaanse gebruik wat reeds uit die eerste kwart van die negentiende eeu dateer om op Oujaar fees te vier en die nuwe jaar in te lei met jolyt. Dit is egter 'n ouer en goeie gebruik om die jaar met 'n kerkdiens af te sluit en die nuwe jaar op dieselfde wyse te begin. By dié geleentheid kyk gelowiges in ootmoedige dankbaarheid teenoor die Here terug oor die afgelope jaar en vertrou hulle hul aan God se sorg en leiding toe vir die komende jaar. Dié diens strek daarom gewoonlik vanaf die laaste gedeelte van die ou jaar tot in die eerste minute van die nuwe jaar.
1877: ADV JHH DE WAAL
KULTUURDAGBOEK 30 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr (Jannie) de Waal, is op hierdie dag op Bakkerskloof, Somerset-Wes, gebore. Nadat hy sy opleiding in Kaapstad voltooi en 'n tyd lank in die onderwys gestaan het, vertrek De Waal in 1894 na Londen om hom daar as advokaat te bekwaam.
Terug in Suid-Afrika sedert 1897, sou hy die eerste advokaat word wat 'n saak in die hooggeregshof in Afrikaans bepleit.
In April 1903 aanvaar hy die redakteurskap van die maandblad De Goede Hoop. Aangesien hy 'n groot voorstander van Afrikaans as skryftaal was, maak hy wel deeglik gebruik van sy posisie om self verhale te skryf, onder meer Johannes van Wyk, wat eers as vervolgverhaal in sy tydskrif verskyn onder die skuilnaam 'Jannie'. In 1906 verskyn dit in boekvorm as eerste Afrikaanse historiese roman. So verskyn ook 'n aantal toneelstukke waarvan Anjelina die eerste is.
1831: 1e UITGAWE GRAHAM'S TOWN JOURNAL
KULTUURDAGBOEK 30 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1820 het die Britse Setlaars 'n houtpers met hulle saamgebring, maar die owerheid wat gevrees dat daarmee die openbare mening aan die Oosgrens verenig kon word, het die pers gekonfiskeer. 'n Tydlank is dit vir regeringspublikasies in Graaff-Reinet gebruik totdat Louis Henri Meurant dit op 'n veiling in 1831 gekoop het.
Op 30 Desember 1831 het die eerste uitgawe van die Graham's Town Journal verskyn en gou sou dit in die omgang tot die 'Setlaar's Bybel' gedoop word. As die enigste koerant tot 1840 buite die Kaapse Skiereiland, het dit as die spreekbuis van die Oosgrens se blankes 'n groot invloed gehad.
JESUS VERSLAAN BOSE GEESTE
Ds A.E. van den Berg
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).
'n Paar jaar gelede is die vraag of die Satan werklik bestaan tydens 'n NG Sinode-sitting gevra en 'n debat daaroor gevoer. Dat dit enigsins bevraagteken kon word, wys juis hoe geslepe die Satan is dat selfs 'n kerk enigsins aan sy bestaan kan twyfel. Sy bestaan en sy bose geeste is 'n Bybelse gegewe. Wees egter versigtig teen 'n ongesonde belangstelling in die bose omdat dit baie gevaarlik kan wees!
NUWEJAARSBOODSKAP MOSSELBAAI
Indien u die krag, moed en teenwoordigheid van ons hemelse Vader vir nou en 2026 met u hele hart begeer, luister/kyk na hierdie kragvolle uitsending deur ds Dawie Pretorius van die APK Mosselbaai - u sal dit nodig kry in die dae wat kom!
1811: MOORD OP LANDDROS A STOCKENSTRÖM
KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorsprong van die moordlustigheid en onbetroubaarheid wat swart op blank openbaar, het waarskynlik geen datumverwysing nie aangesien dit maar altyd bestaan het – en altyd sal; wie dit nie glo nie is naïef, onkundig oor die swart-kultuur en oningelig oor die verlede. Ook die gebeure op hierdie dag in 1811 getuig van die barbaarse gewelddadigheid van die swartman. Landdros Anders Stockenström was bekend vir sy ooglopende gewildheid as vriend en weldoener onder die swartes. Spesifiek onder die Kôsas het hy bekend gestaan as 'n witman met 'n oop hand.
1909: BRIEF VAN LOUIS BOTHA OOR AFRIKANERBOND
KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vyf jaar voor hy sy ware kleure as verraaier en liefhebber van Brittanje tydens die rebellie wys, skryf Louis Botha op hierdie dag van sy plaas Rusthof af aan FS Malan in die Kaap dat hy – Botha – baie bly daaroor is dat Malan vir Onze Jan Hofmeyr as leier van die Afrikanerbond opgevolg het.
Hy sou verder graag die Bond landwyd as 'n sterk politieke faktor wil sien word. Maar hy het veral gehoop dat die gematigde ondersteuners van die Progressiewe Party met die ander partye soos die Bond, die Orangia-Unie en die Het Volk-party sou saamwerk.
HET GOD ALLE MENSE EWE LIEF?
Ds A.E. van den Berg
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:16,17).
Met die oordeelsdag sal daar meer mense in die hel as in die nuwe Jerusalem beland. Jesus sê dit self:“Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mat.7:13,14).
1912: "MISHOOP"- VERGADERING; HERTZOG SE WAAKSAAMHEID- KOMITEE
KULTUURDAGBOEK 28 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die samestelling van die eerste Unie-kabinet wou die aangewese premier, genl Louis Botha, nie graag sy vroeëre mede-generaal van die Engelse Oorlog, genl JBM Hertzog, insluit nie. Dit was polities egter onvermydelik. Van die begin af het Hertzog, die Afrikaner in Suid-Afrika, en Botha, die konsilialis in Britse skaduwee, die toekomspad gesoek.
In 1912 het die politieke bom ná Hertzog se De Wildt-toespraak gebars. Die gevolg was dat hy uit genl Botha se nuwe Kabinet gelaat is. Maar die getroue Afrikaners het hulle om Hertzog geskaar en hom hulle persoonlike steun, voorbidding en politieke hulp aangebied.
Tielman Roos het landwyd 'n volksprotes teen Hertzog se weglating gereël. Ongeveer 5 000 Afrikaners het op hierdie dag in Pruisepark, Pretoria, regoor die standbeeld van pres Paul Kruger, byeengekom. Die platform was 'n hoop verrotte gras wat vir bemesting in die park gebruik sou word.
1838: SLAG BY OPATEKLOOF EN UMFOLOZI- VLAKTE
KULTUURDAGBOEK 27 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
“Hierdie slag het 'n uiters betekenisvolle rol in ons geskiedenis gespeel, want indien die Zoeloes hulle oorrompel het, sou die oorwinning by Bloedrivier tot niet gemaak wees”.
Ná die Slag by Bloedrivier het die Wenkommando Dingaanstat besoek en laer op die Entonjaneni-hoogte getrek. Op 27 Desember het 'n kommando van ongeveer 300 man en 40 Port Natalse swartes uitgetrek om die Zoeloes aan te val en die beeste wat op 17 Februarie by Bloukrans gesteel is, terug te kry.
Volgens Bongoza, 'n Zoeloespioen wat hom klaarblyklik opsetlik gevange laat neem het, was die beeste in die nabygeleë Opatekloof. Pretorius se gewonde hand het begin pyn en hy het die bevel aan Karel Landman oorgedra en na die laer teruggekeer. Halfpad in die kloof af het Bongoza verdwyn en het die Zoeloe-krygers, nadat 'n deurdringende kreet vanuit die koppie weerklink het "i zi pagati (hulle is binnekant!)", uit die klowe gestorm om die kommando van die laer af te sny.
1932: SA STAP VAN GOUD- STANDAARD AF
KULTUURDAGBOEK 27 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Reserwebank en die vernaamste handelsbanke in 'n formele brief aan die Minister daarop gewys dat die geskil rondom die afstap van die goudstandaard onhoudbaar geword het.
Nadat Brittanje op 21 September 1931 andermaal die goudstandaard opgeskort het deur die Bank van Engeland te onthef van sy verpligting om staafgoud op aanvraag te verkoop, het die vraag ontstaan en is omvattend bespreek of Suid-Afrika Brittanje se voorbeeld moet volg. Hierdie debat het hom afgespeel in 'n toestand van ernstige ekonomiese depressie wat in Suid-Afrika en die meeste ander lande van die wêreld geheers het.
Terwyl dit in wese oor 'n ekonomiese aangeleentheid gegaan het wat op grond van ekonomiese argumente besleg moes word, het dit spoedig 'n sterk politieke inslag gekry.
EK HET GESTERF ! (4)
Hierdie ware naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
Toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my gesê: “Angela, baie huwelike lyk geseënd in die oë van mense, maar hulle huisves bitterheid, trots, jaloesie, wellus en onvergewensgesindheid. Hulle eer My met hulle lippe, maar hulle harte is ver van My af.” (Matt. 15:8)
My naam is Angela Matthews. Ek is 36 jaar oud en as jy vir enigeen in my kerk sou vra om my te beskryf, sou jy waarskynlik woorde gehoor het soos gelowig, toegewyd en geseënd. Mense kyk dikwels na my en my man, Michael, en sê dinge soos: “Julle twee is so ʼn mooi getuienis van God se goedheid. Ons wil ook ʼn huwelik soos julle s’n hê.”
1905: KERKDIENSTE
KULTUURDAGBOEK 26 DESEMBER 1905
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dit was aan die begin van die twintigste eeu nog die gebruik om op Tweede Kersdag, Tweede Paasdag en Tweede Pinksterdag gereeld kerkdienste te hou.
Op Tweede Kersdag in 1905 het dit egter dae lank op Stellenbosch en omgewing gereën. Dit was 'n harde en aanhoudende reën en die omgewing was so deurdring van water dat daar haas geen aktiwiteite soos kerkdienste, kon plaasvind nie. Daarvandaan het die gebruik uitgesterf.
KERSFEES 2025
Ds A.E. van den Berg
“Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord omdat my oë U heil gesien het” (Luk.2:29.30).
Daar is min dinge so aangenaam as wanneer 'n groot belofte waar word. 'n Pa beloof sy kind 'n geskenk en die is opgewonde want hy weet dat sy pa sy woord hou. Dan breek die dag aan en die kind ontvang sy geskenk. Daar is vreugde in sy hart want hy weet dat sy pa se belofte was eg.
In die gelese gedeelte ontmoet ons so 'n vader – God self. En die kind – Simeon, 'n man diep in sy 80s. 'n Mens beweeg normaalweg van kind na volwassene. Kindskap van God word egter nie aan ouderdom gemeet nie. Joh.1:12 sê dat almal wat Jesus as Verlosser aangeneem het, kinders van God is – ook die bejaarde Simeon.
KERSFEES
25 DESEMBER
Kersfees is naas Pinkster die hoogtepunt van ons Christelike kalender. Hoewel niemand weet wat Jesus Christus se werklike geboortedag is nie, het die Westerse kerk hierdie datum aangeneem as feesdag vir die viering daarvan. In die Afrikanerkultuur word dié dag gehuldig as 'n Sabbat, 'n Christusfees en 'n geleentheid vir families en vriende om bymekaar te kom en geskenke aan mekaar te bring.
Die viering van Kersfees is deur die kerk ingestel in die tyd van keiser Kontstantyn (4 nC).
BEDE OM ‘N REIN HART
Hannes Ollewagen
Ps. 51:1-21
“Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.” (:4-6, 12).
Ons begeertes gee vir ons ’n goeie aanduiding van dit wat werklik in ons hart aangaan – daardeur word die onsigbare tot ’n groot mate openbaar. Luister wat sê Christus in Mark. 7:21 – 23. “Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.” En hoe verpletter en verslae was koning Dawid nie toe die onreinheid van sy hart deur sy sondige optrede van egbreuk openbaar is nie. Kyk hoe lyk ek – afskuwelik vuil!