Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verbly jou o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring – Prediker 11.
1906: ATV GESTIG
KULTUURDAGBOEK 3 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr de Waal het in 1903 redakteur van De Goede Hoop geword en sy lesers aangespoor om in Afrikaans te skryf. Ondanks teenstand uit verskeie oorde het hy met die hulp van manne soos drr A.I. Perold, D.F.Toit Malherbe, en D.F Malan, wie pas uit die buiteland teruggekeer het, die taalstryd voortgesit.
Op 3 November 1906 word die Afrikaanse Taalvereniging in Kaapland gestig. Die hoofdoel was om die gebruik van suiwer Afrikaans as spreek- en skryftaal aan te moedig en om meer liefde en waardering by die volk daarvoor op te wek.
DRIE AANSLAE VAN SATAN
Ds A.E. van den Berg
“Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie” (1 Pet 4:12).
Charismatiese groepe beskou die eerste Christen-kerk as die volmaakte voorbeeld waarheen alle kerke moet terugkeer om ware kerk van Jesus te wees en gee baie aandag aan die boek Handelinge. Gelowiges moet egter versigtig met Handelinge omgaan want wie die strekking daarvan nie verstaan nie, dwaal baie maklik.
Handelinge is die verhaal van die oorgang van die ou na die nuwe verbond en lê nie standaarde vir die kerk van alle tye neer nie. Paulus se briewe is meer normatief. Indien Handelinge normatief was, sou ons verplig gewees het om al ons se besittings te verkoop en die opbrengs vir arm gelowiges te gee.
1824: 1e SINODE IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 2 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1806 is die politieke bande tussen Nederland en die Kaap beëindig. Hierdie gebeurtenis het 'n diepgaande invloed op die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk uitgeoefen, want benewens die opleiding en verkryging van predikante uit Nederland, het die Kaapse Kerk onder die toesig van die klassis van Amsterdam gestaan.
Die angliseringsbeleid van die Britse owerheid het die posisie van die Kerk verder beïnvloed. Die toestand kon nie voortduur nie, en dit was met die oog op die beëindiging daarvan dat die drie leraars van die gemeente Kaapstad op 19 Junie 1824 by lord Charles Somerset, op grond van artikel 46 van JA de Mist se Kerkorde van 1804, aansoek gedoen het om "eene Synode bijeen te roepen van alle de Leeraars der Hollandsche Gereformeerde Kerk".
In hulle versoekskrif aan Somerset beklemtoon hulle die feit dat die Kerk voor die oorname van die Kaap onder die toesig van die Amsterdamse klassis gestaan het, maar sedertdien aan hulleself oorgelaat is.
1965: SELFSTANDIG- WORDING VAN BYBEL- VERENIGING VAN SA
KULTUURDAGBOEK 1 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van 1820 tot 1965, dit wil sê 145 jaar, is Bybelwerk in Suid-Afrika deur die 'British and Foreign Bible Society' georganiseer. Toe ds HPM Steyn, later bekend as Bybel Steyn, in 1922 as voltydse sekretaris diens aanvaar, is 'n nuwe era begin.
In 1924 reeds is op groter plaaslike seggenskap aangedring. Met die vertaling van die Bybel in Afrikaans is 'n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die Genootskap in Suidelike Afirka ingelei.
In 1935 is daarop gewys dat 'n Suid-Afrikaanse sekretariaat die werk doeltreffender kan doen.
1859: STIGTING VAN TEOLOGIESE SEMINARIUM STELLENBOSCH
KULTUURDAGBOEK 1 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe aan die bekende dr AJ van der Merwe by die Drie Eeuefees gevra is wat hy as die belangrikste gebeurtenis van die vaderlandse geskiedenis beskou, het hy sonder meer geantwoord: "Die oprigting van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch.
Die Kweekskool, soos dit in die algemeen bekend gestaan het, is die gevolg van 'n historiese bewuswording en het 'n betekenisvolle gevolg. Plaaslike teologiese opleiding sou goedkoper wees en meer studente lewer om die baie vakante gemeentes van 'n snel groeiende kerk te vul.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die meeste suksesvolle operasies waar wapens en geweld by betrokke is, hetsy in die weermag, of ‘n siviele een (gewoonlik sou die siviele of burgerlike een rondom misdaad geskoei wees), is afhanklik van goeie beplanning.
Daar word van Veldmaarskalk Sir Bernard Law Montgomery gesê dat hy baie noukeurig beplan het, elke fynste detail ontleed het en van elke moontlike haakplek voorsiening gemaak het. Hy sou sy vyand so ver moontlik ontleed, dit wil sê die man se sterk en swakpunte, sy aantal soldate, die voertuie, artillerie, ander logistieke steun, terrein - ja alle inligting tot sy beskikking gebruik om plan na plan, minuut na minuut voor te stel en daarvoor te begroot. Dan sou hy die aand voor die geveg op sy kampbed, binne in sy tent, met slaapklere aan, gaan slaap het. Hy het geglo as elke offisier, onderoffisier en manskap hulle werk doen soos hy dit uitgestippel het, is sukses onafwendbaar. (Hy het wel sy D-Dag plan op ‘n enkele foliovel papier uitegestippel). Hy was die meeste van die tyd reg.
1517: HERVORMINGS- DAG
KULTUURDAGBOEK 31 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het.
Die inhoud van die stellinge het gehandel oor die verwerplikheid van die aflaathandel en die aard van die ware boetedoening. Luther se daad het heelwat opsien verwek en uit verskeie oorde steun ontvang. Die Pous was verplig om te reageer, en toe Luther weier om sy stellinge terug te trek tensy met bewyse uit die Skrif aangetoon kan word dat hy verkeerd is, is hy in die ban gedoen.
In 1521 is hy voor die Ryksdag in Worms gedaag waar sy saak ondersoek is. Toe hy weer weier om sy geskrifte terug te trek is hy tot ketter verklaar en is die ryksban op hom toegepas. In Wartburg by Eisenach het hy skuiling gevind en daar die Bybel in Hoogduits vertaal. Toe hy in 1546 sterf was die Hervorming in Duitsland in volle gang.
1890: EERSTE TAALKONGRES IN SA
KULTUURDAGBOEK 31 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die opkoms van die Afrikaanse taal het die voorstanders van Hollands hulle tot 'n front saamgesnoer met die stigting van die Zuid-Afrikaanse Taalbond. In De Zuid-Afrikaan van 6-8 Mei 1890 verskyn 'n oproep van dr A Moorrees aan belangstellendes tot die bywoning van 'n taalkongres wat op 31 Oktober en 1 November 1890 in Kaapstad, veral op inisiatief van dr N Mansvelt, gehou sou word.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis baie moeilik om spore te verberg, en nog moeiliker as dit deur ‘n hele aantal voertuie gemaak is. Thomas Mans en sy manne het die groep s’n maklik opgespoor, al het hulle dit met takkies probeer doodvee. Hulle wag tot dit amper dagbreek is, en jaag dan die bult op.
Die vier wagte het hulle betyds gesien aankom en die hoofgroep probeer waarsku, maar dit was te laat. Die vier van hulle, dit is die wagte, het vanuit hulle skuilings begin skiet sodra hulle besef het dat Thomas se spul onvriendelik is, maar dit was te laat en te min. Hulle is binne minute uitgehaal en die aanvallers het deurgejaag. Fred en Vaatjie Muller was al op, want die natuur wag nie vir ‘n man bo vyftig nie en hulle het, soos Vaatjie altyd sê:
“Gaan kyk of daardie boom nog groei.”
1899: SLAG BY MODDERSPRUIT
KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Tweede Vryheidsoorlog het die Boere probeer om die Engelse garnisoen by Ladysmith te isoleer. Die Engelse aanvoerder, genl White, was bewus van die Boere wat rondom die dorp stelling ingeneem het, en in die nag van 29 Oktober het hy probeer om die Boere te omsingel ten einde 'n verrassingsaanval die volgende oggend uit te voer.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Ledigheid is die duiwel se oorkussing en Thomas Mans besef dit net so goed as enigiemand. Sy manne begin rusteloos raak en dit lei tot frustrasie, opgeboude irritasie en natuurlik gevegte onder mekaar. Hierdie bakleiery is ook nie beperk tot vuiste nie, maar sluit ook messe, bajonette en gebreekte bottels in. Hy is opnuut gewalg oor die tipe man wat hy as makkers in hierdie geveg moet aanvaar. Hy beskou homself natuurlik verhewe bo hulle almal en onder gewone omstandighede sou hy hulle vermy het.
1914: PROTESSKRIF VAN CF BEYERS EN CR DE WET OOR DUITS-SUIDWES-OORLOG
KULTUURDAGBOEK 29 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat genl Christiaan Beyers op 19 Oktober 1914 Pretoria verlaat en na Damhoek verskuif het is hy op 22 Oktober op 'n volksvergadering as leier van die protesterende burgers in Transvaal aangewys.
Op 27 Oktober het 'n regeringsmag sy manne by Commissiedrift uiteengejaag, en 'n dag later het hy genl JCG Kemp op Steenbokfontein ontmoet. Met die hulp van ds HD van Broekhuizen is 'n 'kennisgewing' opgestel waarin misnoeë uitgespreek word omdat die regering besluit het om Duits-Suidwes-Afrika te verower sonder raadpleging van die volk.
1899: SLAG BY NICHOLSONS- NEK
KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na die neerlae wat die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog by Talana en elandshoogte gely het, was hulle vasbeslote om die terugvallende Engelse by Ladysmith te verslaan. Die slag by Nicholsonsnek vind op hierdie dag plaas toe die Britte 'n aanval op die Boerelinie doen. Oppad na Nicholsonsnek bestyg lt. kol. Carleton se afdeling Cayingubokop, waar hy met die Boeremagte slaags raak. Ten spyte van die chaos wat dit veroorsaak slaag Carleton daarin om sy soldate in 'n boogverdediging op die kop op te stel.
1944: 1e PSALM- EN GESANGBOEK IN AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 29 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds vanaf die middel van die 19e eeu het daar stemme in die Hollandse Kerk in Suid-Afrika begin opgaan om vernuwing van die kerkliedere. Die Psalms was die Nederlandse beryming van 1775 met die Geneefse melodieë uit die 16e eeu, en die Gesange was die 192 Envangelische Gezangen, saamgestel vir die Hervormde Kerk in Nederland tussen 1803 en 1805, en hier by ons in gebruik geneem in 1814.
Aanvanklik het dit gegaan om die ou melodieë waarvan baie vreemd geval het op die oor en vir baie lidmate 'onsigbaar' geword het. Met die opkoms van Afrikaans, en veral sedert sy verowering van een vesting na die ander in ons volkslewe ná 1915, was dit onvermydelik dat die kerk ook aan die beurt sou kom.
SLIM ID-KAARTE, DIGITALE IDENTITEIT ...
...EN KONTANTLOSE SAMELEWING
Hier volg ‘n skrywe van John Brice Belgrove – warm inhoud met betrekking tot internasionale toutjies wat in Suid-Afrika getrek word. U kan maar u eie gevolgtrekkings hieroor maak...
Ek gaan nie nou alles onthul nie, maar ek besit al die bewyse wat alles voor die G20-beraad in Suid-Afrika sal uitkom. Wat ek wel kan onthul, is dat Cyril Ramaphosa voor die Covid-19-pandemie geweet het dat Bill Gates alle Suid-Afrikaanse burgers se digitale identiteite wou verkry. Dit is aan Bill Gates, Rockefeller en Rothschild se families belowe deur 'n groep miljardêrs in Suid-Afrika, insluitend Koos Bekker, Christo Wiese, Whitey Basson, Paul Harris, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Michael Jordaan, Riaan Stassen, Patrice Motsepe, Cyril Ramaphosa, Rob Hersov en Johann Rupert.
1912: BRIEF AAN LOUIS BOTHA OOR KONSILIASIE- POLITIEK
KULTUURDAGBOEK 28 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 'n brief deur J van Graan van Bloemfontein aan premier Louis Botha kom enkele gedagtes na vore wat baie Afrikaners oor baie jare diep gekwel en ontstel het. Hy kla by Botha daaroor dat die indruk bestaan dat die regering slegs mense van die Opposisiepartye tevrede wil stel. Wat van die regeringsondersteuners word, kan die owerheid nie skeel nie. Wat in die Opposisiepers gevra word, word gewoonlik toegestaan.
Die skrywer noem talle voorbeelde van dienste deur genl Hertzog aan die Afrikaner gelewer, en van die herstel van Engelstalige amptenare in hoër ampte hoewel hulle onbevoeg en swakker gekwalifiseer was as die Afrikaners wat ook daarom aansoek gedoen het.
EK HET GESTERF!
HALLOWEEN
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
Toe ek voor Jesus staan, het Hy met ʼn hartseer stem vir my gevra: “Ek het my lewe aan ʼn kruis gegee sodat julle in my Naam die koninkryk van die duisternis kan oorwin, maar julle eer hulle deur saam met hulle fees te vier op Halloween! Besef julle nie dat julle met vuur speel nie?”
My naam is Elijah Vance. Ek is 45 jaar oud en ek bly in New Orleans, Louisiana. Dit is ʼn stad wat bekend is vir geskiedenis, argitektuur en sy Kreoolse kultuurerfenis. Die skeidslyn tussen kultuur en die okkulte in ons stad, is baie dun, en ek het nooit gedink dat my professionele lewe as ʼn argitektuur-historikus ʼn geestelike oorlogsveld sou word nie. Ek was nog altyd flink van denke, sinies en hoog aangeprys deur my werkskollegas. My werk het hoofsaaklik gedraai om die verborge geestelike argitektuur van die Vieux Carré (Ou Plein). Dit is die historiese deel van New Orleans wat gevestig is in 1718, en bekend is vir sy ryk kultuurgeskiedenis.
HALLOWEEN SE DEMONE
Liewe ouers en elke Christen, dit is ons missie om elke Oktober meer erns met gebede vir geestelike oorlogvoering (en spesifiek ons kinders se veiligheid) te maak.
Miskien is Halloween nie so ʼn groot ding in SA as elders in die wêreld nie, maar ʼn geestelike oorlog woed steeds oor ons kinders en kleinkinders se harte en gedagtes. Sonder uitsondering erken bekeerde voormalige sataniste dat Halloween hul besigste tyd was. So, as jy met die regte mense gesels, besef jy vinnig hoe die vyand se gewerfdes hul aanslag op ons kinders fokus, veral tydens hierdie laaste week van Oktober. Die Bybel beveel ons om te waak en bid.
U word uitgenooi om veral tydens hierdie laaste week van Oktober (26-31 Oktober) saam te bid teen die volgende:
● Dank God dat ons kinders van die Lig kan wees, ʼn Koning van die Lig het wat vir ons lief is, en ons gered het teen die een wat ons met ʼn passie haat omdat daar geen lig of vreugde uit hom kan skyn nie.
● Bid vir al die onskuldige maar onkundige mense wat Halloween as ʼn blote "menslike feesviering" beskou, bid vir hul veiligheid en dat hulle geestelike oë deur Goddelike ingryping geopen sal word sodat die sluier van geheimenis gelig sal word en hulle die demoniese werking in hierdie feeste sal kan raaksien.
● Bid vir die bewaring en veiligheid van kinders oral oor wat hierdie Halloween gaan "trick or treat" of na partytjies uitgenooi is; teen ontvoerings en ander gevaar van enige aard wat hierdie tyd van die jaar hoogty vier, en dat die bose nie sy kwade dade met hierdie kinders uitgerig sal kry nie, omdat die Here dit sal blokkeer.
● Bid dat die Here op sy tyd en sy manier in die harte van mense sal werk wat satanisme, New Ageism, Wicca ens. aanhang, sodat hulle tot bekering kan kom en deur die Heilige Gees insig ontvang, om nie die Koninkryk van die Here verder te saboteer nie, maar op te bou met nuwe ywer en krag.
HERE, ons bid vir u Lig op ʼn dag wat andersins die donker dinge vier. Skyn asb regoor ons wêreld en lei mense na Uself. Ons vra dat mense wegdraai van die bose, towery, New Age en die donker. Openbaar asb u Lig en Majesteit om hulle te help. Help ons om teen die bose werke van die duiwel te veg, rus ons toe en maak ons sterk vir geestelike oorlogvoering, want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, die magte, die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Ons vra u insig en onderskeiding in hierdie oorlog. Gee ons asb nie ʼn gees van vreesagtigheid nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing, in Jesus se Naam. AMEN.
1901: EMILY HOBHOUSE IN ARRES
KULTUURDAGBOEK 27 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Emily Hobhouse is op hierdie dag in militêre arres geplaas by haar aankoms met die Avondale Castle in Tafelbaai. Hierdie arbitrêre stap het gevolg op die verklaring van krygswet in die Kaapkolonie, maar vir mej Hobhouse was dit 'n bittere vernering en maar net nog 'n tasbare voorbeeld van oorlogsonreg.
Nadat 'n deportasiebevel aan haar beteken is, is sy met geweld deur Britse soldate na die Roslyn Castle oorgeplaas en na Engeland teruggestuur. Haar gesondheid is as gevolg van hierdie voorval ernstig benadeel en haar vertroue in "Britsh fairplay" blywend geskok.
1937: AFRIKAANSE RADIODIENS BEGIN
KULTUURDAGBOEK 27 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Enkele brokkies Afrikaans is vir die eerste keer in 1924 oor die radio gehoor. In daardie jaar het die radio in Suid-Afrika as drie afsonderlike private ondernemings in Johannesburg. Kaapstad en Durban begin. Die uitsendingsterkte van hierdie drie streekstasietjies was uiters beperk, en die Afrikaanse bydraes sporadies en heel gering.
In 1927 het die regering 'n konsessie aan die Schlesinger-organisasie toegeken om die uitsaaiwese in die land te beheer en is die African Broadcasting Company gestig. Daar het nog 'n paar senders bygekom maar die uitsendings was steeds op 'n streekbasis.