Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.
1940: ADV STRIJDOM EN DIE REPUBLIKEINSE IDEAAL
KULTUURDAGBOEK 9 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die jaar 1940 is gekenmerk deur vergeefse pogings wat aangewend is om die Afrikanerdom polities te verenig. Te midde van hierdie onsekere krisistye het adv JG Strijdom, leier van die Nasionale Party in Transvaal, dit sterk beklemtoon dat Afrikanereenheid alleen op 'n duidelike en ondubbelsinnige republikeinse grondslag verkry kan word.
Hierdie wekroep van Strijdom is op 9 Januarie 1940 deur die spreekbuise van die Nasionale Party uitgedra. Adv Strijdom het naamlik op 8 Januarie op Morgenzon verklaar dat die republikeinse doelstelling van die Afrikaner nie ter wille van eenheid verwater mag word nie omdat dit dan tot nog groter verdeeldheid aanleiding sal gee. Die republikeinse strewe moes dus dien as dié saambindende faktor.
MISDADE TEEN DIE BOER
EJG Norval
"Dankie meneer Brit vir al die gemors wat jy in hierdie land aangevang het en daarna ons volk verdruk en besoedel het."
Erge gruwels en oorlogsmisdade was tydens die Engelse oorlog van 1899-1902 deur die Britse owerhede en Tommies gepleeg, waarvan sommige opgeteken is in my boek “Onskuldige Bloed”. (Dit kan bestel word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. - Red). Dit sluit in seksuele aanrandings, pedofilie met kinders deur Britse offisiere, onetiese entstof-eksperimente op kampkinders en die vergifting van karige rantsoene met kopersulfaat, laudanum, arseen, rotgif, skaapdip, fenol, lysol, belladonna en nog meer.
‘n Ander gruwel was opgeteken deur A de V Minnaar van die Human Sc. Res. Councilin google: “Zululand and the Anglo-Boer war (1899-1902). Die onderstaande aanhalings onderskryf hierdie boosheid van die Bitish Army in Noord-Zululand en in die suidelike distrikte van die ZAR, wat getuig van die wreedheid, gierigheid, barbarisme en moorde gepleeg op ons volk deur volksvreemdes, net om die Boer fisies en materiëel uit te wis. Om die Brit se psige te verstaan, kyk gerus na google: “Up to 70% of British men are related to the Egyptian” en u sal begryp waarmee ons te doen gehad en steeds het.
1918: STIGTING VAN DIE KWV
KULTUURDAGBOEK 8 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Chroniese oorproduksie en die ongeorganiseerde stand van die wynboere bring mee dat, deur die ywer van CWH Köhler, die Ko-operatiewe Wijnbouers Vereniging van Zuid-Afrika Beperkt, geregisteer word. Hoofsaaklik as 'n stabilisasiefaktor en deur bedryfsleiding, het dit bygedra tot die vooruitgang en welvaart van die wynprodusente.
1806: SLAG BY BLOUBERG
KULTUURDAGBOEK 8 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Sterk Britse troepemag onder genl D Baird het die swak garnisoen van genl JW Janssens by Blouberg beslissend verslaan. Dit was die begin van die vestiging van 'n Britse owerheid oor 'n Hollandssprekende bevolking. Die militêre botsing was tegelyk ook simbool van die kultuurstryd tussen Boer en Brit deur baie dekades hierna.
Deur middel van wegewing, die onderwys en kerklike optrede, deur ekonomiese en politieke belemmering en heulery met bedreigers van die Afrikaners en deur middel van verleidingspogings van Afrikaners self, is probeer om Britse oorheersing te bevestig.
1914: STIGTINGS- KONGRES VAN NP IN OVS
KULTUURDAGBOEK 7 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die politieke situasie in Suid-Afrika en veral onmiddellik na die Uniewording was van so 'n aard dat dit vir 'n sekere groep Afrikaner-politici onmoontlik geword het om aan hulle politieke beskouinge binne die geledere van die Suid-Afrikaanse Party van genl Louis Botha uiting te gee. In die lig daarvan het afgevaardigdes van Transvaal, Kaapland en die Vrystaat van 7 tot 9 Januarie 1914 in die Ramblerssaal in Bloemfontein vergader.
1826: OUDSTE PROEWE VAN AFRIKAANSE BRIEWE
KULTUURDAGBOEK 7 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum het die eerste blad – 'n weekblad wat in die Hollandse taal aan die Kaap uitgegee is – verskyn. Sy naam was De Verzamelaar, sy redakteur J Suaso de Lima (1791 – 1858) van Kaapstad.
De Lima wou nuttige, leersame en vermaaklike leesstof verskaf. Vir die koddigheid is onder meer gesorg deur 'n aantal briewe wat die redakteur self onder skuilname in die Biedermeier-styl geskryf het en wel in 'n taal wat ons vroeë Afrikaans kan noem – soos gepraat deur die gegoede stand buitemense.
IN HOM IS LEWE
Hannes Ollewagen
Joh. 10:1-21
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Hierdie woorde van Christus laat my dink aan die eerste openbaring van die Satan in God se Woord. Wanneer ons in Gén. 3 vir die eerste keer met hom kennis maak, is dit inderdaad waar hy met leuens en bedrog kom om die vryheid van die mens, die vreugde en vrede van die mens te kom steel. Hy kom met sy listigheid en neem die fokus van al die begeerlike bome in die tuin van Eden af weg en oorreed die vrou om alleen te fokus op daardie één boom waarvan God die mens belet het om te eet. En hierna bedrieg hy die mens om daarop te sinspeel dat God eerder as hy, die leuenaar is wat die mens om die bos lei.
1900: SLAG BY PLATRAND
KULTUURDAGBOEK 6 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die enigste poging van Boerekant om die beleërde Ladysmith stormenderhand te verower, het uitgeloop op die slag by Platrand, suid van Ladysmith. Indien dié posisie verower kon word sou Ladysmith val. Ná 'n verwoede geveg met swaar verliese aan albei kante, moes die Boere onder genl Schalk Burger en hoofkmdt M Prinsloo terugval, deels vanweë onoordeelkundige leiding, maar ook as gevolg van toenemende Britse versterkings.
1857: VIERKLEUR 1e KEER GEHYS BY MW PRETORIUS SE INHULDIGING
Lees volledig by Kultuurdagboek
By geleentheid van MW Pretorius se plegtige beëdiging as eerste president van die Suid-Afrikaanse Republiek op 6 Januarie 1857, is ook die nuwe vlag van die Republiek, die Vierkleur, vir die eerste keer gehys te Potchefstroom. Die ontwerper is waarskynlik ds Dirk van der Hoff.
Marthinus Wessel Pretorius, gebore op 17 September 1819, word in 1853 komdt-genl van Transvaal; in 1855 word hy op Potchefstroom tot provisionele Staatspresident verkies en in 1856 tot Staatspresident.
1976: SAUK BEGIN MET GEREELDE TV-UITSENDING
KULTUURDAGBOEK 5 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gereelde televisie-uitsendings begin in Suid-Afrika nadat daaglikse proefuitsendings reeds op 5 Mei 1975 'n aanvang geneem het. Die uitsendings was uit die staanspoor in kleur, en die PAL-stelsel is gevolg. Daar is vyf ure per dag uitgesaai, met 'n bykomende drie uur sportuisending op Saterdagmiddae.
Die uitsaaityd is gelykop verdeel tussen die twee amptelike tale. Afrikaans en Engels. Die volledige programspektrum is bestryk: nuus, nuusagtergrond en –kommentaar, aktualiteits-, joernaal- en besprekingsprogramme, dokumentêre-programme, drama, musiek, verskeidenheid en sport.
1864: BURGERSTRYD BY KROKODILRIVIER
KULTUURDAGBOEK 5 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Pres MW Pretorius se pogings om die twee Boererepublieke te verenig, was nie voldoende beweegrede vir die Transvalers om hom op die duur as president van albei state te aanvaar nie.
Terwyl hy in die Vrystaat was, het kmdt-genl Stephanus Schoeman as president van die ZAR waargeneem, maar die nuutverkose Volksraad van 1862 wou Schoeman nie aanvaar nie. Ongekende onderlinge onenigheid het sedertdien hoogty gevier.
1952: AANVANG VAN RIEBEECKFEES
KULTUURDAGBOEK 5 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die amptelike opening van die Van Riebeeckfees waarmee die 300-jarige bestaan van die blanke volk in Suid-Afrika herdenk is, het op Ohrigstad plaasgevind. As hoofspreker het opgetree dr DF Malan, wat by dié geleentheid gesê het dat die doel van die fees eenheid onder alle groepe in Suid-Afrika sal wees. Op sy teken het die Voortrekkers en die Boy Scouts, onderskeidelik die verteenwoordigers van die Afrikaanssprekende en die Engelssprekende jeug, die fees laat begin deur vreugdevure in al die stede aan te steek en die kerkklokke te laat lui.
5 JANUARIE 2026
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die moderne mens praat deesdae baie meer openlik oor vroeëre taboes – seksualiteit, hartsgeheime ens. Maar praat oor die dood en oor sterwe, dan droog die geselskap op – is dood vir mense 'n verskrikking? Dit hoef nie te wees nie! Ons gaan in die wonderlikste harmonie in nuutopgestane liggame saam met God en Jesus en ál ons geredde geliefdes vir ewig kuier!
ONS BLYDSKAP IN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Fil. 3:1-21
“VERDER, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.” (:1).
Dit is duidelik dat Paulus meermale die gemeentes oor hierdie saak onderrig het, nl. ons blydskap in die HERE. Ons sien ook sommer weer in die volgende hoofstuk waar Paulus hierdie saak weer ‘n keer aanroer. En weereens herhaal hy hierdie opdrag wat die belangrikheid van hierdie saak onderstreep. “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Fil. 4:4).
In Fil. 3 word hierdie opdrag gevolg met Paulus se relaas teen die godsdienstiges van sy tyd wat met groot ywer en tradisie - maar sonder die regte gesindheid en liefde -hul godsdienstigheid beoefen. En Paulus was eens deel van hierdie groep godsdienstiges, maar na sy bekering het hy tot die insig gekom dat die ware diens aan God veel meer as net gewoontes, reëls en tradisies is. Die ware Godsdiens vereis ook van die mens om God met die regte gesindheid en met opregtheid te dien. “Opreg moet jy wees met die Here jou God.” (Deut. 18:13). En ’n gesindheid van swaarmoedigheid, dwang en eenvoudig onderhouding van reëls uit vrees vir straf of bloot uit gewoonte is vir God nie welbehaaglik nie.
1901: NOG BRITSE ONREG: JGW JANSEN
KULTUURDAGBOEK 4 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag is Johannes Gert Wolfaardt Jansen se vrou en vier kinders na 'n konsentrasiekamp by Kimberley gebring. Hy is later gevang en weens sogenaamde diefstal van vier perde en koeëls van die Britse leër ter dood veroordeel.
Sy vrou is nooit toegelaat om hom tydens die aanhouding te besoek nie. Sy het sy doodsberig in 'n koerant gelees wat, oopgevou op die plek waar die berig geplaas is, deur 'n Britse soldaat voor haar kamptent laat val is. In die paar uur tussen vonnis en teregstelling op 11 Oktober 1901 het Jansen aan sy vrou 'n briefie geskryf, sy onskuld bely, haar iets oor hulle vee meegedeel, haar in Jesus Christus bemoedig en sy eie droefheid bevestig.
1900: SLAG BY SYFERGAT
KULTUURDAGBOEK 3 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Een van die kleiner skermutselinge by die Kaaplandse noordgrens ná Stormberg op 10 Desember 1899, het by Syfergat plaasgevind toe 'n Boeremag van duisend man deur hoofkmdt JH Olivier gestuur is om Britse stellings by Boesmanshoek te verken.
Die Boere het die polisiekamp by Syfergat aangeval en Loperberg beset, maar Britse versterking uit Sterkstroom het betyds opgedaag en die Boere verdryf.
1856: 'HET VOLKSBLAD' OPGERIG
KULTUURDAGBOEK 3 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die koerant Het Volksblad is aanvanklik in 1849 in Kaapstad deur BJ van de Sandt de Villiers - - 1826 tot 1878 – opgerig. Dit het net een jaar bestaan maar in 1856 laat Van de Sandt de Villiers dit herleef.
In die stryd tussen die Liberale en Ortodokste Party het die koerant die Liberalisme ondersteun en so vinnig vooruitgang gemaak dat dit spoedig drie keer in plaas van een maal per week kon verskyn.
BYBELSE BEGINSELS EN DIE GOUE REËL...
...teenoor Liberale beginsels
Jann Schlebusch
ñ Boodskap aan die Boerejeug en ons volkstryders
Ek hoor deesdae dikwels dat jongmense sê hulle was nog nie eens gebore in Apartheid nie – en daarom is dit onregverdig om teen hulle te diskrimineer op grond van hulle ras. Hierdie benadering is verkeerd, want daarmee word beide die liberale beginsels en die leuens van ons vyand aanvaar as waarheid.
Die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat ons vyande‘Apartheid’ noem, was gebaseer op Bybelse beginsels. Eerstens die baie belangrike opdrag dat elke volk volkereverskeidenheid verorden het. In Gen 11sien ons hoe die mense onder invloed van Satan daarteen in opstand kom met ñ plan om die volkereverskeidenheid te vernietig en die mensdom te verenig onder ñ eenwêreld imperiale ryk. Die Here gryp in en verydel die Sataniese plan (Gen 11).
1896: OORGAWE VAN JAMESON
KULTUURDAGBOEK 2 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 29 Desember 1895 het dr LS Jameson die Transvaalse Republiek sonder provokasie uit Betsjoeanaland (Botswana) binnegeval en na Johannesburg opgeruk, voorsien van 'n skriftelike uitnodiging van die Uitlanderleiers om die "vrouens en kinders aldaar teen die Boere te beskerm".
Dit was 'n dag ná die datum wat oorspronklik beplan was vir die uitbreek van 'n Uitlanderopstand in Johannesburg, wat deur Engeland aangegryp sou word vir die anneksasie van die Republiek, maar wat ter elfder ure uitgestel.
1666: HOEKSTENE VAN KASTEEL GELÊ
KULTUURDAGBOEK 2 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Kaap was vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie eerstens 'n verversingspos, maar tegelyk ook vir Nederland 'n basis van militêre waarde teenoor Europese vyande in die wedloop om die handel met die Ooste. Daarom is kleiner wagposte selfs in die binneland as beskerming teen Hottentot-aanvalle opgerig. Vandaar die ywer geopenbaar om 'n nuwe, sterk Kasteel De Goede Hoop te bou toe die eerste poging van hout en klei minder doeltreffend geword het.