Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan?  Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.

7 OKTOBER 1854: GENL C DE WET

Dr JP Botha

"Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het  - hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie.  Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem.  Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie. "

In die boek 'My Vaderland Suid-Afrika' sê die skrywer onder andere van genl Christiaan de Wet:  "Op 7 Oktober 1854 is die grootste krygsman van Suid-Afrika, Christiaan Rudolph de Wet, in 'n eenvoudige hartbeeshuisie op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, Oranje-Vrystaat gebore."  Die onderskeiding om die grootste krygsman van Suid-Afrika te wees, het hy waarskynlik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog verwerf.

Die skrywer meld dan verder tereg dat hy as 'n eenvoudige plaasseun opgegroei het en maar min skoolonderrig ontvang het. Genl de Wet vertel:

Ek is op 19-jarige leeftyd met Cornelia Kruger getroud.  Ons het uit die staanspoor baie hard gewerk om ons eie stukkie grond te kon koop.

Kort voor die Eerste Vryheidsoorlog het ons in Transvaal in die distrik Heidelberg gaan woon, maar as gebore Vrystater het ek maar altyd terug verlang en het ons ons later in die distrik Heilbron gaan vestig.

Toe ons staatspresident, FW Reitz, in 1895 weens swak gesondheid sy amp moes neerlê, het ek as volksraadslid die toe reeds alombekende en geliefde regter MT Steyn as kandidaat voorgestel. Toe hy met 'n groot meerderheid teenoor die ander twee kandidate as die sesde staatspresident van die Oranje-Vrystaat verkies word, het ek nooit kon dink dat ek en hy gedurende die komende oorlog feitlik sy aan sy sou stry vir die verdediging van ons land se onafhanklikheid nie

Die oorlogswolke het elke dag hoër geklim.  Ek het een van my seuns op 'n dag in September 1899 na Bethlehem gestuur om vir my die beste perd wat hy kon kry te gaan koop.  Hy het met die uithaler ryperd Fleur teruggekom, wat £30 gekos het.

Kort daarna is ons Vrystaatse burgers op 2 September 1899 vir krygsdiens opgekommandeer.  Ek het as gewone burger gegaan en my drie seuns, Kotie, Izak en Christiaan met my saamgeneem.

Toe die oorlog uitbreek was ons kommando's reeds op Harrismith en het ons verder beweeg tot aan die Natalse grens.  Marthinus Prinsloo van Winburg is as hoofkommandant gekies en ek het onder kommandant Steenekamp van ons Heilbron-kommando gedien.   Ek is as waarnemende kommandant aangestel.

Met ons eerste geveg teen die Engelse te Nicholsonsnek was kommandant Steenekamp siek en moes ek die bevel oor die burgers op my neem.  Ons het met net 300 man die koppie waarop die Engelse was, aangeval en daarmee volgehou totdat hul hele mag oorgegee het.

Tydens die geveg het ons in 'n stadium oor 'n terrein beweeg waar daar maar min skuiling was, toe 'n Jood sluip-sluip na 'n Boer wat agter 'n klip geskuil het, aankom.  "Verkoop my  jou klip (skuiling) vir 'n halfkroon," sê die Jood.  "Loop!" skree die Boer.  "Ek lê hier, kan jy nie sien nie?"  "Ek sal jou vyftien sjielings daarvoor gee," hou die Jood aan.

Maar die Boer het nie lus gehad om op daardie oomblik met die Jood handel te dryf nie en het die aanbod finaal van die hand gewys.  Ek twyfel of hy ooit tevore in sy lewe iets besit het wat so skielik en vinnig in waarde gestyg het.

Ná die slag het ek persoonlik 203 dooies en gewondes getel.  Hoeveel daar nog op ander plekke was, weet ek nie.  Die gevangenes het ek vier-vier voor my laat verbyloop. Dit was 817.  Ons het ook twee Maxims en twee bergkanonne van hulle geneem en meer as 5000 Lee-Metfordgewere, 20 kiste patrone en 'n paar muile en perde gebuit.  Dit was vir die Engelse 'n gevoelige slag.

Hulle het trouens vyf keer soveel manskappe in die geveg as ons gehad.  Ons verlies het maar uit 4 gesneuweldes en 5 gewondes bestaan.

Die Engelse het hierna hul hoofmag na Ladysmith teruggetrek en ons het begin om die plek te beleër.  Ek sou egter nie meer langer by ons strydende magte in Natal aanbly nie, want ek het op 9 Desember 'n telegram van president Steyn ontvang waarin hy my vra om in die hoedanigheid van veggeneraal na die wesgrens te gaan.  Ek het die rang met huiwering aanvaar en nog dieselfde nag per trein vertrek, vergesel van 14 Heilbronse burgers wat my viende was.  Ons het oor Bloemfontein gereis en op 16 Desember te Magersfontein aangekom.

Hier het ons burgers die Engelse kort tevore 'n baie gevoelige neerlaag besorg.  Generaal Piet Cronjé was hier in bevel oor ses- of seweduisend Transvaalse burgers, met generaal De la Rey by hom.  Ek moes nou oor die Vrystaters bevel voer.

Ek en generaal De la Rey het aan generaal Cronjé voorgestel dat ons twee met 'n mag van vyftienhonderd man in die rigting van Hopetown en De Aar moes beweeg om lord Methuen se spoorverbinding te gaan verbreek, maar Cronjé wou niks daarvan hoor nie.  Hy het generaal De la Rey na die kommando's by Colesberg gestuur en ek moes die bevel voer oor ons burgers wat hier by Magersfontein in 'n reeks stellings ingegrawe was wat oor 'n afstand van 25 kilometer gestrek het.  Die Engelse het hulle by Modderrivier vasgegrawe en op die aankoms van lord Roberts se hoofmag gelê en wag voordat hulle tot die aanval sou oorgaan.  Generaal Cronjé was met sy hoofmag en lompe laer, waarby ook 'n aantal vroue en kinders was, op die oewer van die rivier by Paardenberg ingegrawe.

Ek het vir hom gesê die Engelse gaan nie probeer om deur ons stellings te breek nie, maar met 'n ompad na Bloemfontein aanruk.  Hulle het toe pogings aangewend om ons magte te verdeel deur met twee vleuels 'n omsingelingsbeweging te probeer uitvoer, maar ons het daarin geslaag om hulle terug te dryf.  Terselfdertyd het ons gewaar dat die hele mag van lord Roberts met ontsaglike groot getalle na Paardenbergsdrif aan die beweeg was.  Generaal Cronjé se groot laer was in gevaar.  Ek het vir kommandant Gideon Scheepers, die latere held van die Kaapkolonie, na generaal Cronjé gestuur en hom aangeraai om so gou moontlik met sy laers pad te gee.Toe Scheepers terugkom, het hy vir my 'n baie lelike antwoord van generaal Cronjé gebring:  "Het julle julle weer - - - vir die Engelse?  Gaan en skiet die goed dood en vang die ander!"

Intussen het ek my kommando van 350 man goed versteek en die bewegings van die vyand dopgehou.  Daar het 'n groot konvooi met kosvoorrade agter die groot troepemag aangetrek en ek het besluit om hulle aan te val en te probeer buitmaak.  Die troepemag wat hierdie enorme konvooi moes beskerm, het uit ongeveer 400 troepe bestaan.  Hulle het die aand van 18 Februarie naby Bloubank aan die Rietrivier gekamp, terwyl Roberts met sy duisende voortgetrek het.  Ons het die konvooi die volgende dag aangeval en op verbete weerstand gestuit, veral toe daar vir hulle versterkings opdaag wat uit berede troepe en 4 Armstrong-kanonne bestaan het.  Maar ons het nie voor hulle geswig nie.  My kommando'tjie was te klein om hulle te kon omsingel en daardie nag het ons toe maar op ons pos in ons stellings gebly.  Die volgende oggend ontdek ons tot ons verbasing dat al die Engelse gedurende die nag gevlug het en die hele laer in die steek gelaat het.

Wat 'n buit het ons nie gemaak nie!  Daar was meer as tweehonderd swaarbelaaide waens en tien of twaalf waterkarre en trollies.  In die kiste was "corned beef," klinkers, jam, melk, sardientjies, salm en nog meer ander eetware.  Daar was wavragte rum, perdevoer in bale gepers en saadhawer.

Ek het 200 man van my leërtjie gebruik om hierdie groot buit oor Edenburg na Koffiefontein te vervoer, want gelukkig het ons hulle 1600 trekosse ook buitgemaak.  Met my orige 150 man het ek in die rigting van Paardenbergdrif beweeg.

Toe ek berig ontvang dat Kimberley ontset is en dat generaal Cronjé al vegtende voor lord Roberts uit na Paardenberg terugwyk, het ek besluit om daarheen op te ruk.  Ons geledere is versterk deur 150 man van assistent-generaal Philip Botha.  Met hierdie ongeveer 300 man het ons verbete pogings aangewend om generaal Cronjé en sy laer te red, waar hy toe volkome vasgekeer aan die regteroewer van die Modderrivier gestaan het.  Ons het van 22 tot 27 Februarie die groot Engelse mag wat Cronjé se omsingelde laer aanhoudend gebombardeer het, op verskillende punte aangeval en met die paar kanonne wat ons gehad het 'n pad oopgeskiet waarlangs hy kon ontsnap as hy gewillig was om sy walaer te verlaat en met sy ruitery uit te kom, maar hy wou nie.

Ek het vir kaptein Danie Theron, wat by ons aangekom het, gevra of hy nie 'n mondelinge verslag na generaal Cronjé sou neem nie.  Hy was dadelik gewillig.  Hy moes vir Cronjé gaan sê om in die nag alles in die laer in die steek te laat en vir hom op 'n sekere punt 'n pad oop te skiet, terwyl ek hom op twee punte sou tegemoet kom en die Engelse sou verhinder om hom te agtervolg.  Die volgende nag het ek tevergeefs op die plek gewag waar Cronjé moes deurkom.

Danie Theron was op die oggend van 27 Februarie weer by my terug nadat hy heen en weer tussen die Engelse wagte deurgekruip het.  Sy broek was flenters en sy knieë deurgeskaaf.  Generaal Cronjé het gesê hy sien geen voordeel in die plan wat ek voorgestel het nie.  Dieselfde dag om tienuur het generaal Cronjé hom oorgegee.

Dit was vir my 'n bittere teleurstelling.  Op ons burgers se gesigte was daar moedelose verslaenheid te lees.  Die generaal se oorgawe met al sy burgers, ongeveer 4 000 in getal, was 'n geweldige terugslag vir ons republieke se oorlogspoging, wat tot hiertoe feitlik deurgaans nog net met militêre suksesse bekroon was.  Maar ons sou nie verder meer kon standhou teen lord Roberts, wat met sy duisende tommies en honderde kanonne gereed gemaak het om oor ons mooi Vrystaatse vlaktes na ons hoofstad aan te rol nie.  Ons burgers was totaal gedemoraliseer en het feitlik skrikbevange voor die vyand uitgevlug.  Ons kon hulle nie beheer nie, maar het darem daarin geslaag om so hier en daar wal te gooi en weerstand te bied, wat egter nie veel beteken het nie, want op 13 Maart 1900 het lord Roberts Bloemfontein ingeneem, byna sonder om een enkele skoot af te vuur.

Wat het nie alles in my hart opgekom toe ek Bloemfontein in die hande van die vyand sien val het nie!  Dit was genoeg om elkeen se moed te breek.  Ons burgers was nou volslae moedeloos en dit het gelyk of hulle geen teenstand meer wou bied nie.  Die kommando's was heeltemal gedemoraliseer.  Ek het besef dat die boere, wat reeds ses maande van hulle plase en families weg was, geleentheid moes kry om tot verhaal te kom en daarom het ek al die kommando's verlof gegee om tot 25 Maart huis toe te gaan.  Generaal Joubert was daaroor baie ontsteld, maar ek het vir hom gesê 'n mens kan nie met onwillige honde 'n haas vang nie; hulle moet nou maar huis toe gaan en dié wat sal terugkom, sal weer met nuwe moed besiel wees.

Ons het op 20 Maart 1900 te Kroonstad 'n krygsraadvergadering gehou onder voorsitterskap van president Steyn, wat ons regering van Bloemfontein na Kroonstad verskuif het.  By hierdie vergadering was 40 tot 50 offisiere van ons twee republieke, verskeie lede van die regerings en ook president Kruger self teenwoordig.  Daar was nie eers 'n gedagte van oorgawe by enigeen van ons nie.  Ons het besluit om die stryd kragdadig voort te sit, om die walaers af te skaf en die oorlog verder met perdekommando's te voer.  Op 25 Maart het ek na die spoorwegbrug by Sandrivier gegaan, waar ek op ons burgers se terugkeer gewag het.  Hulle het my verras.  Waarop ek gehoop het, het gebeur.  Hulle het tot verhaal gekom en nou met nuwe moed vir die stryd teruggekeer.  Gedurende die eersvolgende paar dae het hulle in getalle opgedaag wat my stoutste verwagtings oortref het.

Daarna het ons na Brandfort gegaan, waar ons die Transvaalse kommando's onder generaal De la Rey, en 'n paar van die Vrystaatse onder generaal Philip Botha, gelaat het terwyl ek met die ander in die rigting van Sannaspos aan die Modderrivier getrek het om die groot mag van generaal Broadwood te gaan aanval.  Ons het die vyand verras en hulle daar by die drif na 'n verbete geveg op die vlug gedryf en 480 krygsgevangenes gemaak.  Die vyand het die aftog geblaas met 'n verlies van 350 dooies en gewondes en 7 kanonne en 117 waens in ons hande gelaat.

Ons was nou weer behoorlik op die oorlogspad en toe ek verneem van 'n groot infanteriemag wat deur De Wetsdorp gemarsjeer het en op pad na Reddersburg was, het ons hulle ook gaan aanval en 470 krygsgevangenes gemaak.  Die dooies en gewondes het oral verstrooi gelê.  Die Engelse het gesê hulle verlies was 100 man aan gesneuweldes en gewondes, maar hulle opgawes kon 'n mens nooit vertrou nie.  Na 'n geveg het hulle verslaggewers altyd honderde Boere dood gewaan en honderde Engelse wat gesneuwel het weer laat leef.

'n Paar dae later, op 6 April 1900, het ek kolonel Dalgety, met die hooggeroemde Cape Mounted Rifles  en  Brabant's Horse, wat hulle by die Caledonrivier ingegrawe het, gaan aanval.  Maar hulle stellings was so goed dat ek hulle nie daar kon uithaal nie en toe begin het om hulle te beleër.  Ons het elke dag hulle vee afgeneem tot ons naderhand 800 van hul trekosse en 300 perde gehad het.  Na 16 dae het groot versterkings vir hulle vanaf Bloemfontein aangekom, wat my daarvandaan betyds laat padgee het.

Die Engelse het letterlik ons land oorstroom.  My kommandante het met hul individuele kommando's die vyand op verskillende plekke aangeval en veel skade berokken, maar toe Roberts met die grootste deel van sy ontsaglike leër uit Bloemfontein begin om noordwaarts te beweeg, was ek genoodsaak om ons kommando's wat nou 4 000 man sterk was, meer te konsentreer.  Ons het vir Roberts by Sandrivier ingewag, waar hy ons aangeval het en na 'n harde geveg deurgebreek en verder na Kroonstad opgeruk het.  Ek het vir president Steyn gehelp om ons regering vanaf Kroonstad na Heilbron te verskuif, maar Roberts het, toe hy Kroonstad bereik het, op 18 Mei weer sy reuse leër in beweging gebring en in vier afdelings noordwaarts gerig, hoofsaaklik in die rigting van Heilbron, Vredefort en Parys.

Ons twee regerings het besluit dat al die Transvaalse burgers wat hulle nog in die Vrystaat bevind het, na Transvaal moet terugtrek en dat wanneer die Engelse Transvaal binneruk, ons Vrystaters hulle nie daarheen sou volg nie.  Dit was 'n baie goeie reëling, want spoedig was ons burgermagte nie net voor die Engelse nie, maar ook agter hulle, om hulle van alle kante in te sluit en lastig te val.

Danie Theron is met sy verkennerskorps ook Transvaal toe, maar ek het vir Gideon Scheepers aangestel om in sy plek my op die hoogte te hou van Roberts se bewegings en om ons ammunisievoorraad wat by die stasie te Greylingstad was, in veiligheid te bring.

So het ons twee republieke gereed gemaak om verder teen die vyand weerstand te bied, al het daar van die 45 000 man waarmee die oorlog begin is skaars een derde oorgeskiet na Cronjé se oorgawe en die huistoe gaan van so baie burgers, wat nou teen 'n oormag van 240 000 man met 300 tot 400 kanonne moes veg.  Ek het besef dat ons ook baie sal moet rondvlug om uit die hande van die oordonderende vyand te bly.  Vlug?  Hoe bitter was dit om hieraan gewoond te word.  Dit het nie in my aard gelê om te vlug nie, maar tydens die verdere stryd wat voorgelê het, moes ek male sonder tal vir die vyand vlug, want hoe sou ons met een man teen twaalf die mas kon opkom?  Daarom het ek besluit om van taktiek gebruik te maak waar ek nie kon storm nie.

My verkenners, onder die bekwame leiding van kaptein Danie Theron, wat weer uit Transvaal terug was, het my volkome op die hoogte gehou van die vyand se groot troepebewegings.  Ek het met die herorganisasie van ons Vrystaatse kommando's net 'n klein beweeglike afdeling van 600 man onder my bevel geneem en die ander aan die ander offisiere toegesê om die Engelse op aangewese plekke aan te val.

Op 7 Junie 1900 het ek 'n Engelse mag wat 'n baie groot konvooi met voorrade na die noorde begelei het agter die hoofmag aan, naby Heilbron by Rooiwal aangeval.  Hulle het oorgegee en ons het 200 krygsgevangenes geneem en 'n geweldige groot voorraad oorlogsmateriaal gebuit.  Daar was geperste bale klere, komberse, possakke, honderde kiste met allerlei benodigdhede asook 'n ontsaglike hoeveelheid ammunisie in duisende kiste, kleingeweerkoeëls en liddietgranate, kartetse en etlike honderde skeepskanonkoeëls waarmee lord Roberts van plan was om Pretoria te bombardeer.  Hierdie reuse bomme was só swaar dat een man alleen dit nie kon oplig nie.

Ek het later in 'n koerant gelees dat ons Engeland hiermee 'n skade van driekwart miljoen pond berokken het.  Lord Roberts het seker nie alte vriendelik teenoor my gevoel oor hierdie baie groot verlies aan ammunisie, kosvoorrade en veral warm klere vir sy tommies nie, want die winter was op hande.  Ons kon baie min van hierdie buit benut, feitlik alleen maar net wat die burgers as ekstra las op hulle perde kon vervoer en die res moes ek noodgedwonge verbrand om te verhoed dat veral die ammunisie nie weer in die hande van die Engelse val nie.  Ons het vanaf  'n afstand die fraaiste vuurwerkvertoning wat 'n mens jou kan voorstel, aanskou, veral toe die eerste bomme begin ontplof.

Na etlike skermutselings met troepesametrekkings op  punte  wat die Engelse van strategiese belang geag het en waar ons altyd die beste daarvan afgekom het, het hulle met groot getalle op ons toegesak, sodat ek noodgedwonge al ons Vrystaatse kommando's ooswaarts moes laat uitwyk tot agter die berge langs die Basoetolandse grens.  Die Engelse het gedink dat hulle ons nou daar gaan vaskeer en uitwis, maar ek het ons kommando's daar in drie afdelings verdeel en met twee daarvan weer weswaarts vertrek.  Die derde afdeling onder Marthinus Prinsloo moes daar bly en die Engelse daarheen lok en dan oor die berge ontsnap, maar ...ek het nie lus om te vertel hoe Prinsloo en sy burgers 'n maand later op 18 Julie 1900 toe die Engelse daar deurgebreek het, sonder slag of stoot oorgegee het nie.  Dis vir my te pynlik.

Hierna het ek die regering en 2 600 man onder my vlerk gehad en vierhonderd waens en karre.  Wat ek ook al gedoen het, die waens kon ek maar nie afgeskaf kry nie en hierdie walaer het my kommando se bewegings baie belemmer.  Die Engelse se verkenners het hulle ook  goed op die hoogte van my bewegings gehou, want hulle het begeer om my en president Steyn te vang.  Om 'n groot mag, wat op 20 Julie baie naby aan my was, te ontwyk, moes ons oor die spoorlyn by Serfontein-systasie gaan, waar Danie Theron 'n trein met 98 soldate oorrompel het.  Ons kon nie die kosbare vrag ammunisie daarvan wegvoer nie.  Die burgers het genoeg koffie, suiker en ander voorrade geneem en daarna het ek die trein aan die brand gesteek.

Nou het die Engelse begin saamtrek en met groot leërmagte om my vergader.  Van agter het daar uit die rigting van Bethlehem en Kroonstad gedurig meer kolonnes bygekom totdat my mag in vergelyking met hulle s'n in die niet verdwyn het.  Ek het op die plaas Renosterpoort aan die Vaalrivier gestaan. Ek het vasgestel dat daar vyf of ses Engelse generaals was met ongeveer 50 000 berede troepe om ons regering en my manne te vang.  My leërtjie het uit 2 500 manskappe bestaan.

Ons is deur die Vaalrivier, voor hulle uit, terwyl hulle voortdurend getrag het om ons te omsingel en in te sluit. Ons is by die Mooirivier verby en op pad na die Witwatersrand het ek die weiveld aan die brand gesteek en die wêreld agter ons het swart geword, sodat daar geen weiding vir die Engelse se osse en perde was nie.  Ons is oor die Witwatersrand in die rigting van Rustenburg en deur die Magaliesberg by Olifantsnek en toe wou ons terugdraai en met die Rustenburg-Pretoriapad  ooswaarts, weer oor Kommandonek suidwaarts trek, maar ontdek toe dat die Engelse hierdie nek ook beset het.  Toe is ons noordwaarts langs die Krokodilrivier die bosveld in, met president Steyn en die regering by ons, om hulle uit die hande van die Engelse te hou totdat ons nie meer agtervolg is nie.

Hier het president Steyn die begeerte uitgespreek om met sy gevolg ooswaarts na Machadodorp te gaan om met die Transvaalse regering te velde te gaan beraadslaag, voordat president Kruger verder ooswaarts na Lourenço Marques vertrek om vandaar na Holland uit te wyk.  Die President het op 14 Augustus die laer verlaat op pad na die ooste.  Ek het kommandant Steenkamp met ons walaer noordwaarts die bosveld in gestuur.  Ek self het drie dae later met 246 man weer na die Vrystaat vertrek.  Ons moes nou weer oor Magaliesberg gaan.  Olifantsnek was te ver wes en Kommandonek was deur die Engelse beset. Toe besluit ek om direk oor die berg tussen hierdie twee passe met 'n voetpad oor te gaan.  Ons het daarin geslaag, maar dit was nie kinderspeletjies nie.  'n Bobbejaan kon skaars daar loop.  Ek was nog nooit in my lewe weer so moeg as toe ons uiteindelik die kruin van die berg bereik nie.

Nadat ons die berg oor is en op ons terugtog die vyand by verskillende plekke moes ontwyk, het ons na dae weer ons  geliefde ou Vrystaat bereik.

Ek het dadelik begin reëlings tref om die agtergeblewe burgers wat by hul huise gesit het, weer by ons kommando's te laat aansluit.  Ek het vir kommandant Piet Fourie, regter Hertzog en veldkornet Badenhorst deur die hele Vrystaat gestuur om hulle bymekaar te maak.  Hulle moes vrywillig kom.  Ek was verras, want op hierdie wyse het ons spoedig weer byna 3000 burgers die wapen  teen die Engelse laat opneem en kon ons Vrystaatse kommando's die vyandelike troepesametrekkings by die verskillende strategiese punte met groter sukses aanval en verwar.

Maar die vyand het hom daarop toegespits om my te probeer vang.  Hulle het met groot troepemagte aanhoudend pogings aangewend om my en my kommando te omsingel, in te sluit en te oorrompel, veral in tye wanneer ek president Steyn en sy laertjie ook onder my sorg gehad het.  Ek het egter steeds geleenthede gesoek en gevind om besettings van die vyand onverwags aan te val en 'n gevoelige hou toe te dien.  Ek het selfs op 22 November 1900 die bekende Dewetsdorp, wat na my vader vernoem is en deur 'n groot Engelse mag beset was, gaan aanval en verower en 408 krygsgevangenes geneem en tussen 70 en 100 laat sneuwel.  Toe 'n groot kolonne uit die rigting van Reddersburg op pad was om ons weer te kom verdryf, het ek met my kommando suidwaarts verdwyn, want ek was van plan om 'n inval in die Kaapkolonie te maak.

Toe ons deur die Caledonrivier trek, reën dit groot duiwels dood en kleintjies die been af.  Die Oranjerivier was ondeurgaanbaar.  Die brûe laer-af en hoër-op was deur garnisoene beset en so ook die brûe oor die vol Caledon.  Ons kon nie ooswaarts deur Basoetoland terugtrek of ontsnap nie, want ons wou nie hierdie ou nasie se argwaan ook nog teen ons opwek nie.  Ons sou onmoontlik in die smal ruimte tussen die twee vol riviere teen 'n groot Engelse mag kon uithou.  Ek het gevoel asof die Engelse my nou uiteindelik in 'n strik gevang het, want die riviere kon weke lank ondeurgaanbaar bly. Maar gelukkig vir ons het die Caledon hierdie keer binne 'n dag soveel gesak dat ons deur een van sy driwwe hoërop kon ontsnap.

Generaal Knox was met 'n groot mag weer gou op ons hakke, want die Engelse was tog so verlief op my en president Steyn.  Om nie geheel en al ingesluit te word nie, moes ons op 14 Desember deur Sprinkaansnek tussen twee sterk forte, 'n 1 000 tree uit mekaar aan weerskante van die nek, met ons 800 man oop en bloot deurjaag, onderwyl die burgers oor 'n afstand van  3000 tree aanhoudend onder skoot was.  Net een enkele burger is dié dag daar gewond, omdat die almagtige God sy beskermende hand genadiglik oor ons gehou het.

Ek was vasbeslote om die Kaapkolonie binne te dring, want die Engelse het gereeld, wanneer hulle agterkom dat ek suidwaarts mik, in baie groot getalle my agterna gesit.  Al kon ek met my invalspoging nie veel koloniale burgers beweeg om by ons aan te sluit nie, het ek met my tog soveel Engelse troepe uit die Vrystaat weggelok, dat dit verligting gebring het vir ons ander kommando's wat moes voortgaan om die troepesametrekkings wat in die Republiek agtergebly het, lastig te val.  Ook ons vroue wat gedurig moes rondvlug om nie in die hande van die vyand te val nie, kon 'n bietjie asemhaal onderwyl ek duisende van die vyand in die Noordwes-Kaap besig hou.

Dit het weer in Februarie 1901 gebeur toe generaal Knox met 'n groot oormag my probeer verhinder het om die Kolonie binne te dring en om my en president Steyn te vang, want hy was met die regering toe weer by my.

'n Taktiek wat ek deurgaans suksesvol toegepas het wanneer ons met ons moeë perde gevaar loop om deur die aanrukkende hordes oorval te word, was om 'n groep ruiters met goeie perde 'n koppie te laat beset, onderwyl ons ander na die beste van ons vermoë voorttrek.  Sodra die vyandelike mag vir die burgers op die koppie onder skoot kom, vuur hulle 'n paar sarsies af.  Die groot Engelse leër roep dan halt, bring hul kanonne nader en begin die koppie bombardeer.  My groepie burgers het dan by die bars van die eerste bomme ongemerk oor die koppie verdwyn, om weer by ons aan te sluit.  Wanneer die Engelse na ure se bombardering van die koppie, meen dat hulle die hardnekkige Boere wat nie wil oorgee nie, nou behoorlik sag gemaak het, sprei hulle in twee groot flanke uit om die koppie te omsingel en teen die tyd dat hulle ontdek dat die koppie verlate is en dat die "bang" Boere almal gevlug het, het daar reeds ure verloop wat ons weer 'n goeie voorsprong voor die vyand gegee het.

By meer as een geleentheid waar ek met my kommando feitlik ingesluit en omsingel was, het ek 'n gerug versprei dat ek van plan was om op 'n sekere punt deur te breek.  Dan trek die vyand daar buitengewoon sterk saam en verswak sodoende die ander uitgange in so 'n mate dat ek daar maklik kan deurbreek.

My invalspoging in die Kaapkolonie het nie geslaag nie.  Daarna het ek al ons Vrystaatse strydmagte in kleiner kommando's verdeel en onder bevel van hul offisiere die Engelse troepesametrekkings oor die hele land laat aanval en lastigval.  Dit het die Engelse se woede laat styg.  Hulle het meedoënloser as ooit tevore voortgegaan om met behulp van hul swart bondgenote hul uitroei-oorlog teen ons vroue en kinders voort te sit, die hele land te verwoes en alle kosvoorrade te vernietig.

Die Transvaalse regering het in hierdie stadium, in Mei 1901, amper moed opgegee vir die stryd, maar nadat ons met hulle beraad gehou het, het ons twee republieke die oorlog teen die vyandelike indringer weer kragtig voortgesit.  Dit was vir lord Kitchener so 'n doring in die vlees omdat hy nie in staat was om die oorlog wat so sloer, te beëindig nie, dat hy in Augustus 1901 met 'n laaste proklamasie gedreig het om al die Boere wat nie voor 15 September 1901 die wapen neerlê nie, te verban.  President Steyn se antwoord aan hom sou enige regdenkende mens sy kop in skaamte laat sak het, maar Kitchener het hom nie daaraan gesteur nie.

Ek het moeg geword daarvan om voortdurend deur groot Engelse magte voortgedryf te word en het besluit om hulle weer 'n slag goed te laat proe hoe 'n verbete Boere-aanval smaak.  Die geleentheid daartoe het hom op Kersdag 1901 voorgedoen toe ek kolonel Firman se kamp op Groenkop, naby Tweefontein, gaan aanval het.  Ons het hierdie kop, waarop die Engelse aanvoerder hom met ses- of sewehonderd tommies deeglik ingegrawe het, in die nag bestorm en ingeneem en hulle 'n verlies van ongeveer 116 dooies en swaargewondes besorg en 240 krygsgevangenes geneem.  Ons self het 'n gevoelige verlies van 14 gesneuweldes en 30 gewondes gely, want dit was 'n harde geveg.  Nietemin het ons weer 'n buit gemaak van 20 waens, 'n groot hoeveelheid geweer- en kanonammunisie, geweers, tente, 500 perde en muile en 'n wa vol drank.

Gedurende Februarie 1902 het die Engelse weer 'n reusagtige poging aangewend om my te vang en met 'n totale mag van ongeveer 60 000 man ons kommando's begin omvleuel.  Ek het daarin geslaag om met 250 man deur te breek en 'n dag later het nog 350 burgers ontsnap, maar die vyand het ongeveer 400 burgers onder kommandant Jan Meyer krygsgevange geneem.

Dit het op 27 Februarie 1902 gebeur, 21 jaar na Majoebadag van 27 Februarie 1881 en twee jaar na generaal Cronjé se oorgawe op 27 Februarie 1900 by Paardenberg.  27 Februarie, wat eers so 'n gelukkige dag was, het nou al twee keer 'n droewige dag geword.

Dit het uiteindelik vir ons twee republieke baie moeilik geword om die oorlog teen Groot-Brittanje voort te sit.  Ons bittereinders in die veld is sistematies deur die vyand gestroop van alle lewensmiddele.  Ons huise en plase is verwoes, ons vroue en kinders in konsentrasiekampe vermoor en duisende verraaiers het gemene saak met die vyand teen ons gemaak,

Uit Transvaal het daar weer stemme opgegaan dat ons met die Engelse oor vrede moes onderhandel en die samesprekings onderling en met die vyand het twee maande lank, vanaf begin April tot einde Mei 1902 geduur. Dit het uiteindelik uitgeloop op die Vrede van Vereeniging wat op 31 Mei 1902 in Pretoria onderteken is en waardeur ons twee republieke ons vryheid verloor het.

Daarna was ek weer lid van die regering toe die Vrystaat in 1907 selfbestuur ontvang het en ook lid van die Nasionale Konvensie wat in 1909 die grondwet opgetrek het van die Unie van Suid-Afrika, wat die vier Suid-Afrikaanse state in 1910 verenig het.

Ons het  in geloofsvertroue voortgegaan met die versugting dat daar weer 'n dag sou aanbreek wanneer ons die kosbare vryheid van minstens ons twee gewese Boererepublieke sal terugkry, want in die Unie van Suid-Afrika het ons nog maar steeds in 'n sekere mate onder Britse hiel gestaan.  Gedurende daardie spanningsvolle dae in April 1902 toe ons volksverteenwoordigers in Vereeniging met mekaar beraadslaag het of ons sou probeer om die oorlog voort te sit, of aan die Engelse sou oorgee, het Louis Botha alles in sy vermoë gedoen om vir my en generaal De la Rey oor te haal om toe te stem tot oorgawe aan die vyand.  Met die belofte van sy kant af dat ons weer ons republieke se vryheid sal herower by die eerste gunstige geleentheid wat mag opduik, het ons toe in die onvermydelike berus.

Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek, het ons dit as die aangewese geleentheid gesien om ons verlore onafhanklikheid te herwin op 'n tydstip wanneer Engeland al sy aandag in die oorlog aan sy vyande sou bestee.  Ag, hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar ... min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie.  Generaal Louis Botha en generaal Jan Smuts, bittereinders van die Tweede Vryheidsoorlog, wat saam met my en al die ander die heroïese stryd teen Groot-Brittanje vir die behoud van ons onafhanklikheid gevoer het, het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree.

Die rebellie wat toe as protes daarteen plaasgevind het, was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem.  Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee.

Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie.  Maar die wete dat ons gedurende ons vryheidstryd nie tevergeefs gestry het nie en dat uit die vernedering van ons neerlaag teen die vyand, nuwe hoop en daadkrag by ons verslane ou volkie besig was om te ontwaak en te groei totdat daar weer volkome vryheid oor ons Suid-Afrikaanse velde sal skyn, was my stukrag en my troos om met berusting voort te gaan totdat die aandskaduwees ook oor my lewe in 1922 finaal  verdonker het.

Genl Christiaan de Wet se begrafnis het soos dié van president Steyn, aan die voet van die Vrouemonument plaasgevind.  Later het ook die stoflike oorskot van sy vriend, ds Daniël Kestell bygekom en ook dié van daardie uitsonderlike vrou, Emily Hobhouse, wat so baie gedoen het om die lyding van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe en daarna, te versag.

In die dood is die drie goeie vriende, wat soveel vir mekaar beteken het, weer bymekaar op die terrein van die monument: Christiaan de Wet die krygsman, president MT Steyn die staatsman en prof dr JD Kestell die Godsman.

Die Here het hulle gebruik om op verskillende terreine diens te lewer aan ons swaarbeproefde Afrikanervolk.

 

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3503 gaste aanlyn