Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die heel beste geneesmiddels ter wêreld is 'n hartlike lag. Martin Luther het gesê hy sou nie graag hemel toe wou gaan as hy nie seker was dat God 'n goeie grap sal kan waardeer nie. Ons moet leer om vir die regte dinge te lag sodat ons die slegte dinge beter kan hanteer.
HY SOEK JOU SIEL!
...Satan, die vader van die leuen
Dit is baie duidelik dat die hele Korona-klug eers deur sielkundiges se hande is; spesialiste in breinspoeling, mense wat weet hoe om ‘n sielkundige oorlog te beplan. Om die griepvirus, Korona, soos dit deur eeue bekend staan, te neem en met leuens ‘n wêreldwye, kapende paniek te skep, verg uitstekende kennis van die psige van die mens, amper soveel soos wat Satan, die magtige vyand van God en God se skepsels, het.
Maar die statistiek wys dat die Koronavirus geen pandemie tot gevolg het nie. Sommige dokters erken nou dat daar bitter min sterftes as gevolg van die virus is, dat dit soortgelyk is aan elke jaar se grieptydperk. As hulle dapper genoeg is sal hulle ook erken dat die hele ding gemanipuleer is en dat daar buitensporige korrupsie plaasvind om die syfers te laat styg. Maar dokters en verpleegsters is met afdanking gedreig indien hulle met die media sou praat. ‘n Paar het egter naamloos erken dat die hospitale geensins so besig is as wat die media uitbasuin nie. Volgens die eerlikes was daar slegs ‘n geringe aantal Korona-griepgevalle. En die mense wat daaraan sterf is mense met hartsiektes, diabetes, longprobleme, ens. Die res van die sterftesyfers is gekook op soveel wyses dat mens ‘n boek daaroor alleen behoort te skryf. Tot op persone wat selfmoord gepleeg, aan kanker oorlede is, aan hartaanvalle gesterf het, se doodsertifikate staan geskryf: Oorsaak van dood: Koronavirus.
Nog een van die slenters wat die besmettingsyfer so opjaag is dat positiewe grieppasiënte soms klomp kere getoets word en dan is elke toetsing aan ‘n ander persoon toegereken. So is slegs een positiewe pasiënt vir soveel as 12 gevalle getel. Ook is die korrupsie ontbloot waar duisende mense se neusdepper as een toets tel, en sy mondspeeksel as nog ‘n toets; dus vir elke een geval is daar nou twee.
Daar bestaan ook nie iets soos ‘n positiewe geval sonder simptome nie. Vra enige medikus wat sy sout werd is: indien iemand ‘n griepvirus onderlede het sal daar minstens een simptoom wees soos koors, naarheid, pyn, uitslag, ens. En as daar geen simptome is nie, is daar geen virus. Nou word talle mense sonder simptome positief getoets, skrik hulle boeglam, gaan binne ‘n paar dae weer vir ‘n toetsing en toets dan negatief. Dan het ‘n skryfster wat op Maroelamedia aangehaal word die verstommende vermetelheid om te sê dat so ‘n pasiënt intussen gesond kon geword het. Wie is die eintlike idiote –die wat so lieg of die wat dit glo...
Baie verpleegpersoneel en dokters dra maskers net wanneer daar lede van die publiek of kameras teenwoordig is. Dit behoort ons te vertel dat hulle nie almal so dom is om al die leuens te glo nie en maar net saamwerk.
In Brittanje begin die leuens nou plek maak vir brutale optrede. Daar is alle algemene sjirurgie gestaak. Pasiënte moet telefonies skakel as hulle met hulle huisdokter wil praat. Nou is daar besluit om die noodeenhede oop te maak maar slegs vir pasiënte wat geskakel en ‘n afspraak gemaak het. Dink jou in, iemand was in ‘n ernstige motorongeluk, hy verloor vinnig bloed maar nou moet daar eers ‘n afspraak telefonies gemaak word. Of moet ons vooraf weet wat met ons gaan gebeur: “Ek dink ek sal Donderdagaand ‘n beroerte kry. Kan ek asseblief ‘n afspraak maak vir kwart voor elf?” Hoeveel mense het nie gesterf as gevolg van hierdie waansin nie! Nog erger, algemene operasies en bystand met noodgevalle in Engeland sal binnekort slegs per internet bespreek kan word. Oog tot oog in die mediese wêreld word nou iets van die verlede. Watter groter gekheid kan mens kry? En hierdie dinge wag op ons almal.
Maar daar is ‘n verduideliking voor: dit is die Geldmag se oorgangsroete na ‘n volkome elektroniese wêreld. Die ideaal is om operasies met robotte uit te voer. Gesondheidswerkers sal later sonder werk wees.
So sal ook aanlyninkope later die enigste wyse wees om iets te bekom. Alles moet digitaal werk sodat dit deur die Een Wêreldregering beheer kan word. Kontant is aan die uitsterf en in sommige lande reeds uit die stelsel verwyder. So kan alles wat gekoop en verkoop word digitaal plaasvind en beheer word. Elke aspek van mense se lewens sal elektronies beheer word, of dit inkope, banksake, gesondheidsake of wat ook al is, daar sal niks wees waaroor ons self sal kan besluit nie – ‘Big Brother is watching us...’
In Amerika mag restourante en kroeë nog oop wees maar omdat almal verplig word om maskers te dra en al hulle persoonlike gegewens daar aangeteken word, ontmoedig dit mense om daarheen te gaan. Hier in Suid-Afrika was restourante gesluit, nou weer oop, maar kyk hoe het dit mense ontmoedig om uit te eet. En nou is talle eetplekke en drankverskaffers bankrot en kan nie weer oopmaak nie selfs gee Ramaphosa hulle vandag toestemming om weer ten volle in bedryf te staan.
Die psige-spesialiste se voorskrif aan regerings wêreldwyd is om ons te tart deur ons ‘n klein bietjie vryheid te gee en dit dan weer weg te neem. Dit alles maak mense moeg en moedeloos sodat hulle later nie meer sal terugveg vir hulle regte nie. Hier in Suid-Afrika dink ons dat die besluitloosheid van die owerheid met hulle wisselvallige maatreëls slegs is as gevolg van hulle onvermoë. Nee, hulle is opdrag gegee om dit te doen, so werk stelselmatige oorname: neem baie weg, gee bietjie terug, neem baie weg, gee weer bietjie terug – hierdie sielkundige oorlog slaag altyd. Ons sal nog lank heen en weer beweeg tussen vlakke 1 tot 5 met elke keer ander reëls...
Regerings het nog altyd vir die bevolking gelieg maar dit het nou nuwe hoogtes bereik. Hulle samewerking om ‘n Een Wêreldregering tot stand te bring verbind hulle tot die uiterste leuens. Binne in daardie leuens tree hulle onverbiddelik op. In Texas in die VSA het ‘n wag sy pistool op ‘n man in ‘n winkel gerig omdat hy nie ‘n masker opgehad het nie. In sekere state in Amerika word ‘n jaar tronkstraf op persone sonder ‘n masker opgelê. In ander state is die straf 2 000 dollar. Dit terwyl geen masker ‘n virus uithou nie. Dat dit wel virusse keer is een van die leuens waarvan die doel is om ons te groepeer, ons as die gepeupel te klassifiseer en elkeen se persoonlike identiteit op die lange duur te vernietig.
Daar het ‘n wêreldwye aanslag op ons plaasgevind, gelei deur die VN, die WGO, die Bill en Melinda Gates Foundation, die Wêreld Ekonomiese Forum en ‘n hele klomp verskeie multi-triljoenêrs. Dit alles oor geld en mag. Hulle wil die hele wêreld herstruktureer en volle beheer oor elke lewende wese verkry.
Om daarin te slaag is dit ook nodig om die wêreldbevolking drasties te verminder. Dit kan bereik word met onder andere giftige inentings soos reeds in Indië en Afrika gedoen is deur miljoene van die jong meisies daarmee onvrugbaar te maak. Ook sal die inentings teen virusse verpligtend word en sal ons nêrens buite ons huise toegelaat word daarsonder nie. En om dít te bewerkstellig sal daar ‘n mikroskyfie ingespuit word sodat al ons bewegings gemonitor sal word.
Vir diegene wat nog nie hierdie aanslag verstaan of wil glo nie wag daar ‘n baie groot ontnugtering. Ons word deurentyd vertel dat “die wêreld nooit weer dieselfde sal wees nie” en dat dit die “nuwe normaal” is. Dit gaan nie weer verander nie. Die satan wat hierdie plan beraam het om mag oor die hele wêreld uit te oefen, gebruik diegene met ‘n onkeerbare smagting na geld en mag, iets wat nooit gaan stop nie. En dit is die satan wat met hierdie plan vir ons siele baklei. Wanneer ons dan uiteindelik sou meedoen in hierdie slawerny van die Een Wêreldregering, sal ons reeds ons siele aan hom gegee het. Diegene wat nie kans sien om sy siel aan Satan te verloor nie, moet nou reeds daardie besluit in alle erns neem.
Verbreed dus u kennis en moenie ondergaan as gevolg van ‘n gebrek daaraan nie. Lees, bid en begryp dat hierdie hele gebeure die begin van ‘n ernstige oorlog om ons siele is. En wanneer die dag aanbreek het u hopelik lankal reeds die regte keuse gemaak het om téén Satan en vir God te kies want dit gaan nie maklik wees indien u dan twyfel nie!