Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ware vreugde ontdek jy slegs deur die krag van gebed en die werking van die Heilige Gees.
ONTMASKER DIE MASKER...
Nege maande ná die COVID-19-pandemie duur die bittere konflik oor die dra van maskers in elke land nog voort. Die meeste van ons hou nie van die ding oor ons gesig nie maar daar is diegene wat glo dat die dra daarvan noodsaaklik is. En dit word steeds deur owerhede op die publiek afforseer te midde van die feit dat alle navorsing sover aantoon dat die dra van maskers nie die verspreiding van virale siektes voorkom nie.
In ‘n video voer Robert F. Kennedy Jr., stigter van Children's Health Defense, 'n onderhoud met die ondersoekjoernalis Jeremy Hammond - bekend vir sy talle artikels oor buitelandse beleid, finansies, inentstowwe en meer onlangs oor pandemiese reaksiemaatreëls.
In die onderhoud het hulle 'n reeks vrae bespreek, waaronder:
• Wat is die einddoel van wêreldwye maatreëls soos inperkings en die dra van maskers?
• Gaan dit regtig om die beskerming van die volksgesondheid, of is daar 'n ander agenda?
• Wat sê die wetenskap oor die doeltreffendheid van maskers teen virussiektes? Is daar nadele, soos gevolge vir slegte gesondheid? Moet kinders maskers dra, alhoewel hul risiko vir die opdoen van COVID-19 feitlik nie bestaan nie?
• Wat is die groter samelewingsgevolge van die dra van maskers?
Wat sê die wetenskap?
Wat die universele dra van maskers betref, sê Hammond dat die wetenskap nie hierdie aanbevelings steun nie. Onder sekere omstandighede kan dit nuttig wees, maar in die algemeen is daar geen steun vir die idee dat mense wat oral maskers dra, die infeksiesyfers sal verminder en lewens daardeur sal red nie.
Hammond wys daarop dat selfs die Wêreldgesondheidsorganisasie in sy leiding in die gebruik van gesigmaskers op 5 Junie 2020 opgemerk het dat daar geen direkte bewyse is dat die dra van maskers deur gesonde mense 'n effektiewe teenvoeter teen asemhalingsiektes is nie. Volgens ‘n verslag van die WGO:
"Meta-ontledings in sistematiese literatuuroorsigte het bewys dat die gebruik van mediese maskers nie verband hou met enige statisties beduidende laer risiko vir kliniese respiratoriese siektes, of laboratorium-bevestigde griep- of virusinfeksies nie.
Op die oomblik is daar geen direkte bewyse (uit navorsing oor COVID-19 en by gesonde mense in die gemeenskap) oor die doeltreffendheid van die dra van maskers deur gesonde mense om infeksie met respiratoriese virusse, insluitend COVID-19, te voorkom nie. “
Destyds het die WHO aanbeveel dat doekmaskers “slegs ... deur besmette persone gebruik moet word ... in gemeenskapsinstellings en nie ter voorkoming nie.” Soos verwag het die WGO egter sy storie op 20 Oktober 2020 omgedraai, en is die WGO nou weer besig om mense aan te spoor om maskers te gebruik "as deel van 'n omvattende strategie van maatreëls om oordrag te onderdruk en lewens te red."
Beleidsoorsig: Geen ondersteuning vir die universele dra van maskers gevind nie
In 'n verslag van die beleidsoorsig gepubliseer in Emerging Infectious Diseases in Mei 2020 - die joernaal van die Center for Disease Control and Prevention, is ook geen bewyse gevind om universele maskerdra as beskermende maatstaf in nie-gesondheidsorg-instellings te ondersteun nie. Volgens die outeurs:
"Alhoewel navorsing die potensiële effek van handhigiëne en gesigmaskers ondersteun, het bewyse uit ewekansige beheerde proewe van hierdie maatreëls nie 'n wesenlike effek op die oordrag van laboratorium-bevestigde griep gehad nie...
Weggooibare mediese maskers (ook bekend as chirurgiese maskers) is lospassende toestelle wat ontwerp is om deur mediese personeel gedra te word om onvoorsiene besoedeling by die verbinding van pasiëntwonde te beperk, en om die draer te beskerm teen spatsels van liggaamsvloeistowwe ...
Daar is beperkte bewyse vir die doeltreffendheid daarvan om oordrag van griepvirusse te voorkom as dit deur die besmette persoon gedra word vir bronbeheer, of wanneer dit deur onbesmette persone gedra word om blootstelling te verminder.
Ons oorsig het geen beduidende effek van die dra van gesigmaskers met die oordrag van laboratorium-bevestigde griep gevind nie ... In hierdie oorsig het ons geen bewyse gevind wat die beskermende effek van persoonlike beskermingsmaatreëls of omgewingsmaatreëls om die oordrag van griep te verminder, ondersteun nie. “
'n Ander meta-analise en wetenskaplike oorsig - wat gefokus was op ewekansige gekontroleerde studies eerder as op waarnemingsnavorsing en gelei deur die gerespekteerde navorser Thomas Jefferson, medestigter van die Cochrane Collaboration - het in April 2020 in die voorpublikasie van medRiv verskyn:
“ Net soos met geen masker nie, het die dra van maskers in die algemene bevolking of onder gesondheidswerkers nie gevalle van griepagtige siektes (ILI) of griep verminder nie. In een navorsing wat gedoen is op werkers in kwarantyn, het dit eintlik die risiko om griep op te doen verhoog. Hulle het ook bevind daar is geen verskil tussen chirurgiese maskers en N95-respirators nie.”
Jefferson skryf ook 'n interessante artikel vir die Centre for Evidence-Based Medicine (CEBM), geplaas op 23 Julie 2020, waarin hy 'n kort oorsig van navorsing gee en hy dit betreur dat gebrek aan wetenskaplike bewyse dat maskers van waarde is, deur die politici verswyg word.
In 'n artikel van Wall Street Journal, op 28 Oktober 2020, het Joseph Ladapo, 'n medeprofessor aan die David Geffen School of Medicine van UCLA, daarop gewys dat alle navorsing toon dat die dra van 'n masker geen uitwerking op die oordrag van respiratoriese virusse het nie.
Die publiek neem aan dat navorsing wat sedert die begin van die pandemie gedoen is, die dra van maskers ondersteun want die waarheid word nie deur die media uitgesaai nie. Daar word ook videos vertoon wat die publiek mislei maar vir elkeen daarvan is daar ook ‘n video wat die waarheid uitbring byvoorbeeld die een wat wys hoe dampe uit 'n e-sigaret dwarsdeur die chirurgiese masker vloei. As daar dampe kan deurvloei, kan virusse ook.
Maskers kan ons nie beskerm teen die harde realiteite nie. As ons die fokus wegskuif van maskers en liewer op die werklikheid van respiratoriese virale verspreiding konsentreer, sal dit tyd en hulpbronne bevry om die kwesbaarste mense te beskerm ...
Alex Berenson, 'n voormalige verslaggewer van die New York Times het navorsing aan die lig gebring waarin dit blyk dat die dra van maskers gelei het tot miljoene besoedelings wat elke dag voorkom as mense die maskers nie reg gebruik nie, kort-kort aan hul gesigte raak en nalaat om hul hande te was. Om hierdie redes kan die dra van maskers meer skade doen as goed. Dit is duidelik belangrike inligting wat van die algemene publiek weerhou word.
Onbekende maskergevare
Kennedy en Hammond bespreek ook navorsing wat daarop dui dat chroniese dra van maskers kan lei tot ander risiko’s vir die gesondheid, soos:
Longskade en patologiese gevolge van ingeasemde maskervesels - Een artikel dui daarop dat maskervesels 'n groot gesondheidsrisiko inhou as dit ingeasem word. Die volgende van die outeurs:
• As selfs 'n klein gedeelte maskervesels ingeasem word of as daar vreemde stowwe is by die vervaardiging of verpakking of hantering van maskers, dan is daar die moontlikheid om nie net vreemde materiaal in die lugweë te kry nie, maar ook skade in die longweefsel met potensiële patologiese gevolge.
• As wydverspreide maskerdra voortduur, gaan die potensiaal vir die inaseming van maskervesels vir honderde miljoene mense werklikheid word.
• Verergering van asma - 'n Ander moontlike probleem hou verband met die gebruik van plastiese materiaal. Chirurgiese maskers word byvoorbeeld gemaak van polipropileen wat 'n bekende asma-sneller is. As u asma het, kan die dra van 'n chirurgiese masker u toestand moontlik vererger.
• “Masker-mond" (tandbederf, tandvleisontsteking) is 'n nadelige effek wat tandartse regoor die wêreld bekommer. Dr. Rob Ramondi, 'n tandarts en medestigter van One Manhattan Dental, het aan die New York Post gesê:
"Ons sien ontsteking in mense se tandvleis wat nog altyd gesond was, en kaviteite by mense wat dit nog nooit gehad het nie. Ongeveer 50% van ons pasiënte word hierdeur geraak."
• Hipoksie-verwante klagtes soos moegheid, hoofpyn, kortasem en angs.
• Verhoogde infeksierisiko - Volgens dr. Russel Blaylock hou gesigsmaskers 'ernstige risiko's in vir die gesondes', aangesien die masker kan lei tot 'n konsentrasie van virusse in die neusweë waar hulle die reuksenuwees kan binnedring en na die brein kan beweeg. "As u u gesig en masker gereeld aanraak, kan dit die infeksierisiko verhoog. Die meerderheid mense wat positief toets, is getroue maskerdraers.”
Ter afsluiting toon 'n onlangse CDC-analise dat 85% van die pasiënte wat vir COVID-19 positief getoets het, in die twee weke voor hul positiewe toets "dikwels" of "altyd" gesigsmaskers gedra het. Dit is nie 'n ewekansige beheerde proefneming wat hier gedoen is nie maar dit vertel ons dat gesigsmaskers in die algemeen nie baie goeie beskerming bied nie.
Intussen ontneem maskermandate ons van ons individuele soewereiniteit en menslikheid. Soos opgemerk deur Hammond, lyk dit asof maskermandate eerder bedoel is om ons te leer om opdragte te gehoorsaam, maak nie saak of dit vir iemand sin het of nie. Dit gaan oor die onderrig van gehoorsaamheid wat die Wêreldgeldmag op ons afdwing.
Die moontlikheid is groot dat verpligte maskerdra sal verval mits almal ingeënt word. Teen daardie tyd is baie dalk bereid om enigiets te doen solank hulle nie meer 'n masker hoef te dra nie. Dan kom ons by die volgende berg om te klim: die gifstowwe wat in die inenting is en ons baie, baie siek gaan maak.
Laat ons eerder nou burgerlik ongehoorsaam wees, sonder maskers asemhaal en gesond bly sodat ons ook die leuens oor maskers en inentings wat aan ons opgedis word, kan ontmasker!