Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here Jesus, u graf en kruis was nie die laaste woord oor U nie. Dankie dat die donkerte van ons ellende ook nooit die laaste woord oor ons is nie omdat U uit liefde vir ons gesterf en opgestaan het. U weet dat die lewe 'n manier het om ons te breek sodat ons nooit weer dieselfde kan wees nie Maar dankie, Here Jesus, dat U in staat is om ons situasie en onsself so te verander dat ons bokant die donker kan uitkom.
COVID EN DIE NUWE WÊRELDORDE
Die Irish Light, ‘n Ierse koerant wat deur gewone burgers gefinansier word, is ‘n tekenende bewys van die groeiende wêreldwye weerstand teen die onderdrukking van menseregte. Die hele Covid-sage het die rol van die Nuwe Wêreldorde (NWO) in hierdie verband behoorlik oopgekrap en word daar nou meer opsigtelik gemeet hoe die wêreldgeldmagte besig is om die globale mensdom te verslaaf. In die Irish Light word die saak soos volg aangespreek:
Die Verenigde Nasies (VN) is heel waarskynlik die mees sigbare uitdrukking van die onderdrukking. Die VN is in 1945 gestig ten einde “nasies te verenig”. ‘n Mens word wysgemaak dat dit voordelig sal wees, maar het u al daaraan gedink dat, as alle nasies/volke verenig sou wees, dit sou beteken dat onafhanklike soewereine nasies nie meer sal bestaan nie? Ons sal dus eindelik onder beheer staan van ‘n Eenwêreld Regering (One World Government), wat beteken dat mag al verder en verder verwyder word van individuele landsburgers.
Die VN het stelselmatig onafhanklike state se aktiwiteite begin oorneem met die daarstel van riglyne vir nasionale beleid wat voorheen die alleenreg en voorreg van elke individuele land was. Die Europese Unie is niks anders nie as ‘n “VN” vir Europa. Vryhede van volke word stelselmatig opgeslurp deur die anonieme, onverkose groepe wat beheer uitoefen oor die VN en die EU.
Gedurende die afgelope jaar kon ons sien hoe nog só ‘n internasionale agentskap – die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) – wêreldwyd aan volke en nasies dikteer watter stappe geneem moet word om die “pandemie” te hanteer. Om die waarheid te sê, dit is die WGO wat die hele krisis ontlok het. As die WGO nie bestaan het nie sou ons ‘n normale griep-epidemie in Maart/April 2020 gehad het. Daar sou geen sprake wees van maskers, “social distancing” of “lockdowns” nie, om nie eens te praat van vaksiene nie.
Die Nuwe Wêreldorde is die oorkoepelende term vir al hierdie multinasionale korporasies wat ons land oorneem en besig is om reg voor ons oë ‘n diktatorskap in te faseer. Klink dit dalk vir u na ‘n Marxistiese oorname, dit is inderdaad!
Na die Tweede Wêreldoorlog het die Internasionale Marxiste besluit dat oorlog en konflik nie die geskikte wyse is om kommunistiese wêreldregering daar te stel nie. Daarom het hul agente die kommunistiese kentekens verwyder en ‘n nuwe strategie gevolg. Hulle gee voor dat hulle deel is van ons. Hulle infiltreer regerings, die publieke sektor, kerke, die media, kultuurorganisasies, die polisie, die regbank en onderwysinstellings. Hierdie strategie word al oor dekades effektief geïmplementeer. Daarom is feitlik elke regering in die wêreld vandag kommunisties. Alhoewel hulle voorgee om demokraties te wees is die beleidsrigtings deurentyd sosialisties, kommunisties, VN-voorgeskrewe, EU-gedrewe. Dit is ontwerp om al meer van die nasionale skatte in die sakke van die heersende elite te laat beland.
U sien, Kommunisme het niks te make met die opheffing van die individu nie. Dit is ‘n sisteem wat ontwerp is om almal af te trek na die vlak waar hulle slawe is. Wie staan in beheer hiervan? Dit is diegene wat die wye finansiële middele beheer wat benodig is om hierdie stelsel glad laat te verloop het oor verskeie generasies. Dit word lank reeds beweer dat die families wat die internasionale bank-sisteem beheer ook diegene is wat in beheer staan van wêreldgebeure. En dit is waar! Hierdie elitistiese groep van ultra-ryk families is egter ook nie meer vergenoegd met die helfte van die wêreld se rykdom nie. Hulle wil nou die ander helfte ook inpalm. Mens kan dit sien wanneer plekke soos Amazon alle handel wat voorheen deur duisende klein familie-besighede gedeel is, opslurp. Hierdie klein besighede word vernietig en miljoene mense daardeur werkloos gelaat. Dit gebeur in alle sektore van die ekonomie. ‘n Handjievol mega-korporasies neem oor en dwing hulle eie reëls af. Die klein outjie word vertrap en uitgefaseer. Daardie klein outjie is u en ek. Die elite doen als in hul vermoë om soveel as moontlik besighede te vernietig.
Die Covid-“pandemie” staan sentraal in die bereiking van hierdie plan. Grendeltyd (lockdowns) vernietig persoonlike rykdom en laat gemeenskappe uitmekaarspat. Regeringsafgedwonge regulasies - waaroor die VN/WGO toesig hou – verseker dat massa-verset uiters moeilik georganiseer kan word. Dieselfde elitistiese groep beheer ook die media, met die gevolg dat die publiek gebombardeer word met valse inligting wat hulle laat glo dat “normaliteit” net om die draai is. Al wat hulle te doen staan is om die regering se diktatoriale reëls getrou na te kom! Tog hartseer dat die oorgrote meerderheid mense hierdie bose propaganda vir soetkoek opvreet sonder om te besef waarheen alles op pad is.
Die Nuwe Wêreldorde gebruik misleidende slagspreuke en verskuilde dreigemente om die publiek te manipuleer. Vele respektabele wetenskaplikes het onomwonde bewys dat die mensgemaakte globale verwarming niks anders as ‘n leuen is nie, ‘n drakoniese misleiding ten einde ‘n “internasionale outoriteit” te bemagtig om inperkende reëls en regulasies daar te stel wat gevorderde industriële ekonomieë aan bande lê. Die term “volhoubare ontwikkeling” is die magiese mantra wat hierdie towenaars gebruik om beheer oor alle menslike aktiwiteit te verseker. Wie neem die besluit oor wat “volhoubaar” is? Húlle, natuurlik!
Word wakker, mense, julle vryheid word stadigaan weggekalwe deur die tallose beperkinge wat ons opgelê word deur die Nuwe Wêreldorde.
Hoe gaan hierdie NWO lyk wanneer hy eers volledig in plek geplaas is? As jy oorsensitief is, sal dit beter wees om nie verder te lees nie. Een van die voorste segsmanne van die NWO is Klaus Schwab, hoof van die “World Economic Forum”. Hy spog op die WEF-webwerf as volg: “Jy sal niks besit nie en jy sal gelukkig wees.” En hy bedoel dit! Die eerste deel is waar – mense sal niks besit nie. Daar word ‘n reuse-oordrag van rykdom beplan deur die doelbewuste ineenstorting van die internasionale bank-sisteem. Hierdie gebeurtenis is deur hulle “The Great Reset” gedoop. Daar sal voorgegee word dat dit ‘n ongelukkige gebeurtenis is wat plaasvind omdat die skuld-borrel gebars het. So ‘n gebeurtenis sal waarskynlik aangebring word deur ‘n kuber-aanval op sleutelinstellings. Dit sal geweldige werkloosheid veroorsaak. In die chaos wat hierop volg wanneer spaarfondse uitgewis word, pensioene verdwyn, maatskappye ineenstort, openbare dienste faal en basiese dienste tot stilstand knars, gaan die publiek enige “oplossing” vir die probleem aangryp wat deur die geldmanne aangebied word. Volgens die ineenstorting-scenarios wat geskets word in verskeie “binnekring”-verslae, byvoorbeeld die een deur die Rockefeller Foundation, sal die regerings van die wêreld hul landsburgers van ‘n basiese inkomste (Universal Basic Income) voorsien. Dit sal as ‘n maandelikse onderhoudstoelae elektronies uitbetaal (en gemoniteer) word. Hulle sal ook toestem tot die kansellering van alle persoonlike skuld, maar slegs op die voorwaarde dat titelaktes aan die staat oorgedra word. Die verarmde massa, die “kudde” sal niks meer as hopelose huurders wees nie. Elektronies gemoniteer in ‘n neo-feodale koloniale samelewing.
Die Nuwe Wêreldorde huldig ‘n totale verwerping van enige Bybelse waardes. Dit is die kulminering van ‘n donker rebellie wat lank terug reeds begin het en wat in die finale fase van die uitvoering daarvan ‘n afgryslike impak op die hele wêreld sal hê.