Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom hoor so baie mense maar verstaan niks van wat hulle hoor nie? Jesus verduidelik dit aan sy dissipels in Matthéüs 13 as Hy sê dit is omdat die hart van hierdie volk stomp geword het – hulle hart, ore en hulle oë het hulle toegesluit sodat Hy hulle nie dalk bekeer en hulle en hul land genees nie.
OORBEVOLKING IS ‘N MITE
Terwyl die Wêreldgeldmag met sy seekatarms almal nou hard aan die werk is om die wêreldbevolking drasties met hulle gifinspuitings te verminder wat mense op hope laat sterf, kan ons gerus kyk na waar en wanneer die ontvolkingsplanne onstaan en reeds in werking gestel is. Hierdie vals “inenting” onder die vaandel van die Covid-19-virus is net ‘n voortsetting van hulle sataniese plan, nie die begin daarvan nie.
Die Bevolkingsbeheerwet ook genoem Agenda 21, was 'n Britse beleid om die bevolking van voormalige kolonies soos Indië te verminder deur middel van verskillende sterilisasieprojekte en ander beleide wat deur die Verenigde Nasies geïmplementeer is en deur Hollywood gewild gemaak is om lande effektief onder 'n Anglo-Amerikaanse duim te hou.
Ontvolkingsbeleid
Op 10 Desember 1974 voltooi die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad onder Henry Kissinger 'n geklassifiseerde 200-bladsy studie, National Security Study Memorandum 200: Implications of Worldwide Population Growth for U.S. Security and Overseas Interests. Die studie het valslik beweer dat die bevolkingsgroei in die sogenaamde Klein Ontwikkelde Lande (LDC's) soos Indië 'n ernstige bedreiging vir die Amerikaanse nasionale veiligheid is. NSSM 200, wat in November 1975 deur president Gerald Ford as amptelike beleid aanvaar is, het 'n geheime plan uiteengesit om die bevolkingsgroei in lande, insluitend Indië, te verminder deur middel van geboortebeperking, en ook implisiet oorlog en hongersnood. Brent Scowcroft, wat Kissinger toe as nasionale veiligheidsadviseur vervang het, was verantwoordelik vir die uitvoering van die plan.
Die CIA -direkteur, George Bush, is beveel om Scowcroft by te staan, net soos die staatsekretarisse, tesourie, verdediging en landbou.
Die vals argumente wat Kissinger aangevoer het, was nie eers sy eie nie. Een van sy belangrikste bronne was die Royal Commission on Population, wat koning George VI in 1944 geskep het "om te oorweeg watter maatreëls in nasionale belang getref moet word om die toekomstige bevolkingsontwikkeling te beïnvloed." Die kommissie het bevind dat Brittanje glo ernstig bedreig word deur die bevolkingsgroei in sy kolonies – die grootste is Indië – aangesien “'n bevolkte land voordele bo 'n ylbevolkte land met industriële produksie het.” Die gesamentlike gevolge van toenemende bevolking en industrialisasie in sy kolonies, het hy gewaarsku, “kan deurslaggewend wees in die gevolge daarvan vir die aansien en invloed van die Weste, veral militêre sterkte en veiligheid”.
NSSM 200 het eweneens tot die gevolgtrekking gekom dat die Verenigde State glo bedreig word deur bevolkingsgroei in die voormalige koloniale sektor. Daar is spesiale aandag gegee aan 13 “sleutellande” waarin die Verenigde State 'n “spesiale politieke en strategiese belang” gehad het: Indië, Bangladesj, Pakistan, Indonesië, Thailand, die Filippyne, Turkye, Nigerië, Egipte, Ethiopië, Mexiko, Brasilië, en Colombia. Daar is beweer dat die bevolkingsgroei in dié state kommerwekkend is aangesien dit glo hul relatiewe politieke, ekonomiese en militêre magte vinnig sal versterk.
Hierdie beleid staan bekend as die “ontvolkingsbeleid”. Dit word nou as normaal voorhou word deur middel van Hollywood-films, waaronder Mission Impossible, Fallout en Thanos in Marvel's Infinity War. Dit is ingevoer is na Indië via die Verenigde Nasies se Agenda 21. Ongelukkig was daar opvolgende Indiese premiers wat hierdie gevaarlike beleid toegelaat het.
Die memorandum van 1974 wat Henry Kissinger opgestel het, het direk daartoe gelei dat eksperimentele entstowwe op die niksvermoedende publiek losgelaat is. Dit is beskou as “aanvanklike bevolkingsvermindering” – eksperimente wat omstreeks in die jaar 2000 begin het. Hulle het Indië, Bangladesj, Pakistan, Nigerië, Mexiko, Indonesië, Brasilië, Filippyne, Thailand, Egipte, Turkye, Ethiopië en Colombia geïdentifiseer vir hulle “navorsing”.
Ons kan nie hier oor elke land se pyn en lyding berig nie maar as voorbeeld is drie miljoen Filippyne tussen die ouderdomme van 12-48 jaar wat die toets-entstof gekry se gesondheid verwoes. Noord-Amerikaanse swart en inheemse Amerikaanse vroue het dieselfde entstof gekry wat gelei het tot miskrame en steriliteitskoerse van onderskeidelik 25% en 35%. Die opdrag van die WGO vir die uitvoering daarvan was direk gekoppel aan die verslag van Kissinger.
Miljoene pond, Amerikaanse en Britse hulpgeld, is bestee om Indiese vroue met geweld te steriliseer. Baie mense het gesterf as gevolg van mishandeling.
Britse geld help om gedwonge sterilisasie van armes in Indië te finansier
Geld van die Departement vir Internasionale Ontwikkeling het gehelp om te betaal vir 'n omstrede program wat tot miskrame en selfs sterftes gelei het.
Elke Indiese vrou het gehaas om ‘n histerektomie te ondergaan; duisende het hul baarmoeders laat verwyder tydens operasies wat onnodig was en slegs uitgevoer is om gewetenlose privaat dokters te verryk. Amerikaanse en Britse belastinggeld het prosedures betaal wat slegs twee minute onder ‘n flitslig geduur het. Hierdeur het nog meer vroue gesterf.
Hierdie mite van oorbevolking het menseregteskendings regoor die wêreld tot gevolg gehad, bevolkingsbeheer afgedwing, medisyne aan die armes is geweier en is etniese minderhede en vroue geteiken.
Nou weet u hoe lank gelede die Geldmag begin het met sy sataniese plan om die wêreldbevolking te verminder om hulself te verryk en hul die mag toe te eien om oor God se werk te besluit. Daarom sal u besef dat hulle tans met die Covid-gifinspuitingsproses nie sommer sal bes gee en die verwoesting staak nie. Daar is ‘n reeks hofgedinge aan die gang waarvoor mens net kan bid maar dat dit ‘n oorwinning oor die satan en sy tranwante nie maklik sal wees nie, is gewis.
As almal maar net wou besef dat die sogenaamde vaksien juis vir die teenoorgestelde rede ingespuit word: nie om hulle lewens te red nie maar om dit te neem!