Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verstaan u die verskil tussen vertroue en vergifnis? Vergifnis is om die verlede los te laat. Vertroue het met die toekomstige gedrag te doen. Vergifnis moet onmiddellik plaasvind, terwyl vertroue mettertyd gebou word. Maar so is beide ewe belangrik en noodsaaklik in ons lewens.
SYFERS VIR BEPLANDE WêRELDONTVOLKING
Deagel is Amerika se mees geheime intelligensie-agentskap – so geheimsinnig dat min mense van die bestaan daarvan bewus is. Volgens sy eie webwerf bied Deagel nuus en inligting oor internasionale militêre lugvaart en gevorderde tegnologie. Die webwerf bevat heelwat artikels maar min is bekend oor die werklike eienaars. Baie aanlyn-navorsers het hierdie webwerf verkeerdelik verwar met 'deagle.com', wat besit word deur Edwin A. Deagle, Jr., assistent van die minister van verdediging en assistent-sekretaris van verdediging in die VSA.
Deagel se verslae word ook tydens presidensiële inligtingsessies aan die VSA-president verskaf. Deagel verskaf dus inligting wat dan deur globale intelligensiegemeenskappe en regerings gebruik word. Die webwerf ontleed oa watter begrotings aan watter markte toegewys sal word om militêre vliegtuie aan te skaf. Dit kom voor of dit al is wat regtig vir hulle saak maak maar uit die dieper waarneming op hul webwerf word dit duidelik dat dit juis die front is waaronder hulle werk, daarom die openbaarmaking van “onskuldige” beskikbare verslae van instellings soos die CIA, die IMF en die VN.
Hier is 'n gedeeltelike lys van bekende Deagel-vennote en -klante, volgens hul eie webwerwe: National Security Agency, North Atlantic Treaty Organization (NATO), Organization for Economic Co-operation and Development (OECD), the Organization for Security and Cooperation in Europe (OVSE), die Russiese agentskap vir verdedigingsverkryging, Stratfor, die Wêreldbank en die Verenigde Nasies.
WikiLeaks -dokumente het onthul dat Deagel wettiglik as verwysingsmateriaal gebruik is in 'n Stratfor-verslag oor die tegnologiese vermoëns van die Volksrepubliek Noord-Korea. Stratfor staan in die intelligensiegemeenskap bekend as Consultant CIA of Shadow CIA. Ondanks hulle geheimsinnigheid word Deagel gereeld deur die CIA en ander veiligheidsagentskappe gebruik.
Hierdie hoog aangeskrewe intelligensie-organisasie het 'n somber vooruitsig vir 189 lande in die wêreld in die komende jare op hul webblad geplaas (www.deagel.com) Deagel voorspel in sy jongste verslag die ontvolking van die wêreld weens die COVID-19-krisis en die Groot Herstel (Great Reset.)
Dit sluit inigting in oor die verwagte ekonomiese ineenstorting sowel as syfers van ‘n drastiese afname in die wêreldbevolking tot 2025. Die voorspelling het klaarblyklik so groot herrie veroorsaak dat dit weer verwyder is. Daar is ‘n skakel na die argief waar dit glo gestoor is maar word met ‘n waarskuwende boodskap gekodeer indien jy daar wil inskakel. Daar is egter ‘n ander webblad wat betyds ‘n paar lande se inligting bekom en bewaar het naamlik Kanada, Engeland, Amerika, Duisland, Australië en Frankryk; dit gee ‘n mens ‘n duidelike beeld van die Geldmag se planne. Dit is jammer dat Suid-Afrika se syfers nie ook betyds gekaap is nie.
Die COVID-krisis is gebruik om die lewensduur van hierdie sterwende ekonomiese stelsel te verleng deur die sogenaamde Great Reset.
Die ineenstorting van die Westerse finansiële stelsel - en uiteindelik die Westerse beskawing - was die belangrikste dryfveer van die voorspelling.
Dit is heel waarskynlik dat die ekonomiese krisis as gevolg van die toesluitings meer sterftes as die virus wêreldwyd sal veroorsaak. Die sterk werklikheid vir uiteenlopende en multikulturele Westerse samelewings is dat 'n ineenstorting 'n tol van 50 tot 80 persent op hulle sal bring, afhangende van verskeie faktore, maar in die algemeen sal die mees uiteenlopende, multikulturele en rykstes die hoogste tol betaal.
Hierdie hoog aangeskrewe intelligensie-organisasie het vir die komende jare donker vooruitsigte vir die Verenigde State voorspel, insluitend 'n afname van 81% in sy bevolking van 327 miljoen in 2017 tot 100 miljoen in 2025. Trouens, dit voorspel 'n soortgelyke rampspoedige lot vir die Verenigde Koninkryk, Australië, Duitsland, Japan, Denemarke en ander VSA-bondgenote. Volgens Deagel sal die bevolking van Frankryk byvoorbeeld afneem van 67 miljoen inwoners in 2017 tot 39 miljoen in 2025, dié van Engeland sal daal van 66 miljoen tot 15 miljoen, Australië van 23 miljoen tot 15 miljoen, Duitsland van 81 miljoen tot 28 miljoen, terwyl die bevolking van Kanada van 36 miljoen in 2017 tot 26 miljoen in 2025 sal afneem.
Ons hoef nie meer te wonder hoe die Geldmag beoog om soveel miljoene mense te laat sterf nie – die sogenaamde inenting teen Covid wat duisende mense nou laat sterf onder die vaandel van Covid of aan bloedklonte, hartaanvalle, ens, is ‘n uitstekende vertrekpunt daarmee!