Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jyself nie kan glo dat God oor al die mense heers en alles kan doen nie, luister, God sê dit self: "Ek is die HERE, die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?" Jeremia 32:27.
SATAN VERVANG GOD SE DNS IN ONS
Ons is nou in 'n tyd wat die Bybel voorspel waar groot misleiding die aarde sal bedek en waar moontlik, selfs die uitverkorenes mislei sal word. Die boek Openbaring profeteer dat daar 'n tyd sal kom wanneer daar 'n eenwêreld ekonomie en ’n eenwêreld regering sal wees, wat uiteindelik regeer sal word deur 'n eenwêreld diktator bekend as 'die Antichris’ of die 'Seun van die verderf’, alias Satan, alias die dier of dan Lucifer soos ons die gevalle engel ook by sy naam ken.
Genesis 1 v 27 sê dat God die mens na sy beeld geskape het ... en al daardie inligting van SY skepping op fisiese vlak is in ons DNS gekodeer. Nou betreë ons die tyd waar Satan sy verklaarde oorlog teen God en die mensdom gaan uitbrei in ‘n poging om God se DNS binne ons te verander na iets wat Satan se merk sal dra. So sal hy instaat wees om die meerderheid van die wêreldbevolking sy kinders te maak. Die Bybel vertel ons dan van die breë pad hel toe en die smal pad na die hemel.
Vir Satan om ons DNS te verander, het hy gesorg dat sy handlangers soos Bill Gates en die hele Kabaal, met die noukeurigste sorg die sataniese proses reeds vir jare beplan het en vir hom het die tyd nou aangebreek om resultate te sien. Daarom het hy gesorg dat die viruskabaal losgelaat word en die sogenaamde inenting die begin van die veranderinge aanbring; en so sal elke verdere inspuiting wat drie maandeliks verpligtend gaan word die werk doen tot die hele mensdom goddeloos en verdorwe is en net die vermoë het om kwaad te bedink en te doen – ooglopend is ons nie ver daarvandaan nie.
Die eerste woord wat onwillekeurig opduik by die lees van die woord "merk" in Openbaring 13 v 16, is die woord "tatoeëer". Interessant genoeg word die huidige spuitstowwe ook “kwantum-punt-tatoes”genoem.
Maar die merk op die liggaam wat deur hierdie inspuitings agtergelaat gaan word, sal nie noodwendig 'n blywende merk op die vel wees nie maar ’n merk op die DNS – die bloudruk van die skepping toe ons na God se beeld geskape is – waar Lucifer nou 'sy beeld' in ons wese wil afdruk en God s’n vernietig.
Openbaring 13 v 16 -18: “16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n *merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of *die getal van sy naam het.
18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is *die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.”
Die 'merk' van die DNS-veranderinge sal binne elke sel van die menslike liggaam voorkom, daarom sal daar enige plek ‘n skandering gedoen kan word maar die hand en die voorkop is opsigtelik die mees aangewese plekke daarvoor.
Teen die tyd wanneer die antichris die wêreldtoneel betree, sal die meeste mense in die wêreld reeds geprogrammeer wees om hom te aanbid – geestelik geprogrammeer, in hul siel en in hul liggaam geprogrammeer reg vanaf die vlak van hul DNS.
Hierdie inspuitings bevat fetale sellyne - met ander woorde selle vanuit die liggaamsweefsel van geaborteerde babas. Hierdie sellyne kan baie chroniese- en lewensbedreigende siektes in die liggaam veroorsaak, soos outo-immuun siektes, siektes wat chroniese inflammasie en pyn insluit, en kanker, om maar enkele voorbeelde te noem maar die doel van hierdie artikel is nie om uit te brei oor die fisieke skade nie, wel om te weet wat met ons geestestoestand agv van die fisieke veranderinge gaan gebeur.
Afgesien van die skade wat dit die liggaam aanrig, het dit vanuit 'n geestelike perspektief te make met ’n bloedverbond. In die Bybel, elke keer wanneer 'n belangrike verbond gesluit is, is bloed vergiet – byvoorbeeld die verbond wat God met Abraham gesluit het, wat die offer van 'n lam behels het. Ons sien dit ook met die huweliksverbond in 'n Bybelse konteks: Wanneer die vrou 'n maagd is en die man en die vrou vir die eerste keer gemeenskap het, word die maagdevlies gebreek en bloed word gestort, wat die verbond verseël – nie net vanuit 'n fisiese perspektief nie, maar ook geestelik. Ons liefdesverhouding met Abba Vader deur sy Seun Jesus is ook gebaseer op 'n bloedverbond, dit wil sê die Bloed wat Jesus aan die kruis gestort het vir die vergewing van ons sondes en vir ons verlossing en herstel.
Vir alles wat God doen, het Satan 'n namaaksel (vervalsing). Ons het 'n verbond-liefdesverhouding met Abba Vader deur die Bloed van Jesus gebaseer op LIEFDE. Deur middel van verskillende metodes wil die vyand (Satan) 'n bloedverbond vorm wat gebaseer is op VREES met soveel mense as moontlik – wat hulle nie net fisies nie, maar ook geestelik bind.
Die COVID 19-mRNS-spuitstowwe het tegnologie wat die DNS van die ontvanger verander – veel meer as wat DNS beïnvloed sou word deur enige virus wat al dekades lank bestaan.
Deur middel van wat CRISPR-tegnologie genoem word, kan gene in geheel uitgevee word, of vervang word met sintetiese gene, of onderdruk word. Uiteindelik is dit wat Satan wil bereik – om die beeld van God van die aarde af te verwyder.
Hoeveel persone wat so graag vir die inspuiting gereed gestaan het, besef watter proses hulle in hul liggame aan die gang gesit het?
1 Petrus 5 v 8: 8 “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, *die duiwel,loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind”.